Tuisblad  Wie is ons?   Argief  Soek Artikels   Beknopte Index  Registreer  
Teken Aan   FAQ   Soek   Forum   Hulpstaaf   Foto's  

Artikels

Wetenskap en wensdenkery:Deel II
Leon Retief, 2010-03-28

‘n Teorie wat nie getoets kan word nie is geheel en al nutteloos. Die stelling: “Die ganse heelal, insluitende mense en al hul herhinneringe, is dertig sekondes gelede geskep” mag dalk interessante spekulasies tot gevolg hê, maar is ontoetsbaar en as teorie dus van nul en gener waarde – anders as die evolusieteorie, wat uitnemend toetsbaar is.

In sy kommentaar oor “Evolusie as Teorie” maak Philip du Toit verskeie basiese foute oor die rol van induksie, deduksie en teorie in die natuurwetenskappe.

Du Toit skryf: “Die beste toets van evolusie sou wees om werklike evolusie empiries waar te neem terwyl dit plaasvind. Dit sou die ware toets wees of evolusie as ‘n geldige teorie beskou kan word. Dit is egter nog nooit as sodanig waargeneem of in ‘n laboratorium deur middel van ‘n empiriese eksperiment aangeteken…nie.” Inteendeel! Heelwat sulke voorbeelde is vrylik in die wetenskaplike literatuur te lees, dit is werklik nie moeilik om op te spoor nie.

Ek sal met slegs een voorbeeld volstaan om die lengte van hierdie repliek te probeer beperk, maar wil dit duidelik stel dat talle ander voorbeelde genoem kan word.

Rhagoletis pomonella is tans in die VSA besig om te ontwikkel in spesies wat geneties van mekaar onderskeibaar is. Aanvanklik was hierdie insek ‘n parasiet van die inheemse Crataegus-plante, maar toe setlaars appelbome na die VSA gebring het, het R. pomonella ook hierdie bome begin parasiteer en vandag kan navorsers onderskei tussen verskillende spesies wat op die twee plantsoorte leef.

Volgens du Toit is “bewyse” of “toetsings” van die evolusieteorie kwansuis verbonde aan bepaalde voorveronderstellings. In bogenoemde voorbeeld is geen sprake van du Toit se fiktiewe voorveronderstellings nie, aangesien objektiewe data dui op verskille in die genetiese samestelling van die betrokke insekte.

Du Toit beweer voorts dat wetenskaplikes bevooroordeeld na data kyk en gevolglik stel wetenskaplikes (volgens hom) evolusie op ‘n “onverantwoordelike en onwetenskaplike” wyse gelyk aan ‘n feit. Laat ons in meer detail na hierdie stelling kyk.

Dit is interessant dat du Toit se vernaamste verwysingsbronne die webwerwe van Answers in Genesis en Wikipedia is. Eersgenoemde is bekend as ‘n sameflansing van lank reeds gediskrediteerde kreasionistiese verdraaiings en waninformasie en net kreasioniste neem dit nog ernstig op. Ek was al by byeenkomste van regte wetenskaplikes waar grepe uit hierdie webwerf tydens teepouses as vermaaklike grappies opgedis is om die omstanders te vermaak. Wikipedia is ‘n gratis aanlyn-ensiklopedie – lofwaardig in beginsel, maar die geloofwaardigheid daarvan word meer as net so effens ondermyn wanneer mens weet dat enigiemand ‘n artikel oor bykans enige denkbare onderwerp op Wikipedia kan publiseer. Kom ons kom du Toit nogtans tegemoet en kyk wat een van sy geliefkoosde bronne als oor evolusie te sê het.

As mens op sy eerste skakel na Wikipedia kliek, sien mens onderaan ‘n lys van teorieë – en ja, sowaar, die evolusieteorie is een! Wat sê Wiki als oor evolusie? Hier is enkele voorbeelde:

“Evolution is a fact in the sense of it being overwhelmingly validated by the evidence. Frequently evolution is said to be a fact in the same way as the Earth revolving around the Sun is a fact.”

Ons lees ook op Wiki oor evolusie as teorie en feit:

Nou toe nou! En dit nogal van dieselfde bron wat du Toit gebruik om evolusie te probeer diskrediteer omdat dit kwansuis “onverantwoordelik en onwetenskaplik” is om te sê dat evolusie ‘n feit is! Volgens du Toit moet evolusioniste die sogenaamde “breër of oper” definisie van ‘n teorie aanvaar wanneer hulle van evolusie praat, aangesien evolusie nie voorspellings kan maak nie of dan op sy beste slegs bewyse of toetse kan aanvra wat op sogenaamde voorveronderstellings gegrond is. Hier is wat mens in Wiki kan lees: “A central tenet in science is that a scientific theory is supposed to have predictive power, and verification of predictions are seen as an important and necessary support for the theory. The theory of evolution did provide such predictions. Three examples are:

• Genetic information must be transmitted in a molecular way that will be almost exact but permit slight changes. Since this prediction was made, biologists have discovered the existence of DNA, which has a mutation rate of roughly 10−9 per nucleotide per cell division; this provides just such a mechanism.

• Some DNA sequences are shared by very different organisms. It has been predicted by the theory of evolution that the differences in such DNA sequences between two organisms should roughly resemble both the biological difference between them according to their anatomy and the time that had passed since these two organisms have separated in the course of evolution, as seen in fossil evidence. The rate of accumulating such changes should be low for some sequences, which code for critical RNA or proteins, and high for others - that code for less critical RNA or proteins; but for every specific sequence, the rate of change should be roughly constant through evolution. These results have been experimentally confirmed. Two examples are DNA sequences coding for rRNA which is highly conserved, and DNA sequences coding for fibrinopeptides (amino acid chains which are discarded during the formation of fibrin), which are highly non-conserved.

• Prior to 2004, paleontologists had found fossils of amphibians with necks, ears, and four legs, in rock no older than 365 million years old. In rocks more than 385 million years old they could only find fish, without these amphibian characteristics. Evolutionary theory predicted that since amphibians evolved from fish, an intermediate form should be found in rock dated between 365 and 385 million years ago. Such an intermediate form should have many fish-like characteristics, conserved from 385 million years ago or more, but also have many amphibian characteristics as well. In 2004, an expedition to islands in the Canadian arctic searching specifically for this fossil form in rocks that were 375 million years old discovered fossils of Tiktaalik.”

Laasgenoemde paragraaf is ‘n goeie voorbeeld van deduksie, waaraan du Toit so verknog is: ‘n groep organismes A het sekere kenmerke besit en ‘n ander groep B, wat beskou word as afstammelinge van groep A het weer sekere kenmerke besit. Indien daar wel ‘n evolusionêre verwantskap tussen die twee groepe organismes is, dan behoort daar een of meer tipes oorgangsorganisme(s) te bestaan wat sekere voorspelde kenmerke wat as intermediêr beskou word, moet besit. En siedaar! Sommer talle oorgangsvorme/groepe is al ontdek, en daar is niks subjektief of sogenaamd “induktief” (in du Toit se pejoratiewe sin) daaraan verbonde nie. Een van die bekendste voorbeelde van oorgangsfossiele is die soogdieragtige reptiele van die Karoo. Data oor die anatomie van primitiewe soogdiere en die reptiele waaruit hulle ontstaan het, het gelei tot voorspellings oor anatomiese kenmerke van oorgangstadia wat op daardie stadium nog nie ontdek was nie. Toe die betrokke fossiele wel opgespoor is, was die voorspellings in die kol!

Daar bestaan nog baie meer voorbeelde as dié wat hierbo genoem word. Evolusie is inderdaad ‘n voldonge feit, kan nie weggewens kan word nie en is ewe goed bewys as enige ander gevestigde teorie in die natuurwetenskappe. Terwyl du Toit evolusioniste beskuldig dat hulle feite op ‘n subjektiewe wyse beoordeel, is dit ironies dat dit juis kreasioniste is wat van bepaalde voorveronderstellings uitgaan, trouens, hul hele wetenskapsbeskouing (tot die mate dat daar in dieselfde asem van “wetenskap” en “kreasionisme” gepraat kan word) kan opgesom word as: “Hier is my gevolgtrekking, watter data kan ek soek/verdraai/forseer om daarby te pas?”

Du Toit vertel lesers dat “Die induktiewe metode word in baie kringe nie as deel van formele logika (wat die grondslag vir die empiriese wetenskaplike metode behoort te wees) aanvaar nie.” So ‘n eenogige sienswyse van wat die natuurwetenskappe is, het doodeenvoudig geen kontak met die werklikheid nie.

Kom ons kyk wat vertel filosowe van Louisiana State University in die VSA:

“In some fundamental religious sects there is, what appears to be, a deliberate attempt to misconstrue scientific facts. Perhaps the most blatant relates to the word theory in the expression ‘Theory of Evolution’. In a formal sense scientists do not speak of the Concept of Evolution or the Hypothesis of Evolution: both of which imply something that is still quite tentative and has not been subject to the rigor of long-term attack by the scientific community. Because the basic tenet of science is that nothing is ever proven, a theory is accepted because we ‘fail to reject it’ and any well established scientific theory is a scientific fact. In common parlance the expression really should be the Fact of Evolution. From the viewpoint of human understanding a ‘theory’ is the highest form of ‘fact’ possible, standing only below reality itself. Deductive reasoning pertains to the logical language of science. Deductive reasoning uses declaration [assertions of statements that are logically connected] and procedurally does not care whether the statements are true or false as long as they follow the logical argument. Indeed deductive reasoning does not have to be based on evidence nor use statements of fact.” (My kursief.)

En in die Encarta Ensiklopedie staan daar:

“Scientific method also involves the interplay of inductive reasoning (reasoning from specific observations and experiments to more general hypotheses and theories) and deductive reasoning (reasoning from theories to account for specific experimental results). By such reasoning processes, science attempts to develop the broad laws—such as Isaac Newton's law of gravitation—that become part of our understanding of the natural world.

Science has tremendous scope, however, and its many separate disciplines can differ greatly in terms of subject matter and the possible ways of studying that subject matter. No single path to discovery exists in science, and no one clear-cut description can be given that accounts for all the ways in which scientific truth is pursued.”

Enigiemand wat as natuurwetenskaplike werk of gepraktiseer het weet dat induksie onlosmaaklik deel is van die daaglikse beoefening van natuurwetenskaplike navorsing, sowel as van medisyne, ingenieurswese en tegnologie. Deduktiewe redenasies is wel grondliggend tot formele of wiskundige logika, maar is nie die enigste of belangrikste tipe redenasie betrokke by die beoefening van empiriese wetenskap nie, anders as wat du Toit beweer.

Induksie redeneer van die spesifieke na die algemene. Deur aspekte van die natuur te ondersoek en dit wyer uit te brei kan ons meer te wete kom van ander, verwante fasette van verskynsels ooreenstemmend met dit wat ondersoek is. Vanselfsprekend is dit nie ‘n onfeilbare metode nie, maar eweneens kan deduktiewe redenasie ook lei tot konklusies wat nie met die werklikheid ooreenstem nie. Deduksie redeneer van die algemene na die besondere en die volgende sillogisme word dikwels gebruik om deduksie te illustreer:

• Alle mense is sterflik

• Sokrates is ‘n mens

• Dus is Sokrates sterflik

Die konklusie, naamlik dat Sokrates sterflik is, vloei logies uit die twee premisse wat voor die konklusie gestel word en die konklusie is dus nie alleen geldig nie maar stem ook ooreen met die werklikheid soos ons dit kan waarneem.

Wanneer mens oor deduksie praat, dan duik die volgende vraag noodwendig op: waar kom die premisse vandaan? Hulle val nie volmaak gevorm en perfek uit die lug nie, trouens, hulle kan self die gevolg wees van induktiewe redenasie! (Hoe weet ons byvoorbeeld dat alle mense sterflik is? Deur middel van induksie: ons kan nie alle mense waarneem nie en moet dus noodwendig induktief besluit dat alle mense sterflik is – maar hierdie stelling vorm een van die premisse van die deduktiewe redenasie wat deur du Toit aanbid word!)

Dit is dus nie noodwendig ‘n gegewe dat die premisse in deduktiewe redenasie altyd korrek is nie. Kom ons beskou die volgende sillogisme:

• Alle mense het twee koppe

• Sokrates is ‘n mens

• Dus het Sokrates twee koppe

Weereens is die konklusie geldig, want dit volg logies uit die twee premisse, maar ek het ‘n vermoede dat min mense sal dink dat die konklusie enigsins met die werklikheid ooreenstem.

Kreasioniste gebruik graag ‘n sillogisme wat essensieël so lees:

• Die Bybel sê dat elke woord in die Bybel waar is

• Die Bybel beskryf ‘n skeppingsverhaal

• Dus is die skeppingsverhaal waar

Is daar in wese enige verskil tussen bostaande sillogisme en die een oor Sokrates wat twee koppe het? Die konklusie is geldig, maar helaas, wanneer dit met die skeppingsverhaal te doen het, stem dit nie met die werklikheid ooreen nie.

In die natuurwetenskappe word induksie gebruik wanneer dit deel van ‘n groter geheel vorm, ‘n vesel in ‘n groter saamwewing van feite wat gesamentlik ‘n tapisserie vorm wat die natuur aan ons uitbeeld. Die teorieë wat uit sowel induksie as deduksie ontstaan, is dus nie op enkele waarnemings gegrond nie, maar op groot massas data wat oor jare versamel is en gedurig deur wetenskaplikes beproef word.

Teorieë, en dus induksie, is voortdurend blootgestel aan falsifisering, ‘n belangrike beginsel in die natuurwetenskappe wat deur Karl Popper ontwikkel is. Die evolusieteorie is geen uitsondering nie maar kon tot dusver nie falsifiseer word nie. Dit is belangrik om te beklemtoon dat hierdie teorie by uitstek falsifiseerbaar is. Dieselfde kan meestal nie van die kreasionisme gesê word nie, soos ons in die volgende aflewering sal sien.

<< Terug
 
Die dag toe God weggeraak het....
Nuwe fossiel laat kreasioniste met eier in die gesig
Eugene Terreblanche vermoor
Bybelse potholes
Ek word bang
NG Kerk se moderatuur sê Kletskerk is 'n verleentheid
NG Kerk wil saambly weer bekyk
Is wetenskaplike studie sonde?
Ateïstiese dominee glo in 'n "God wat nie bestaan"
KLETSKERK VIR BEGINNERS


Skryf in op ons nuusbrief.
Name:
Email:
Laai AF
Kletskerk

Bemark jou Blad ook
klasifiseerd
Kontak
South Africa's Top Sites


Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
Style edited by Lee for phpBB3