Tuisblad  Wie is ons?   Argief  Soek Artikels   Beknopte Index  Registreer  
Teken Aan   FAQ   Soek   Forum   Hulpstaaf   Foto's  

Artikels

Die dag toe God weggeraak het
Izak du Plessis, 2010-04-23

Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika se geskiedenis was van die begin af baie nou verweef met godsdiens. Vyandigheid jeens godsdiens, veral teenoor die Christelike geloof, is deesdae oral sigbaar. In meegaande dink IZAK DU PLESSIS na oor godsdiens en die Christelike geloof in die hedendaagse Suid-Afrika. Ons oupas en oumas het elke woord van die Bybel letterlik en sonder kritiek geglo. Deesdae waag al meer mense dit om die Bybel te kritiseer en te bevraagteken.

Op 'n plattelandse dorpie word die storie vertel van twee seuntjies wat duiweltjies was. As daar iets in die dorp verkeerd was, dan het die mense geweet na wie om vinger te wys. Die twee kinders se ma het met haar hande in haar hare gesit. Niks kon keer dat die seuntjies die dorp op horings neem nie.

Raadop gaan klop sy by die predikant aan om hulp. Die dominee stem toe in om die moedelose vrou te help. Hy roep die seuntjies in om met hulle te gesels. Maar hulle moet afsonderlik kom.

Toe die eerste seuntjie by hom kom, kyk die dominee hom stip aan en met sy diep donker stem vra hy: "Waar is God?" Die seuntjie skrik hom asvaal en hy kry nie woord uit nie. "Waar is God?" vra die dominee weer 'n bietjie harder.

Nog nie 'n woord uit die seuntjie se mond nie. "Waar is God?" bulder die dominee toe vir die derde keer. Die seuntjie wip van die skrik van sy stoel af en kies die hasepad huis toe. Daar gaan kruip hy in 'n kas weg. 'Wat's dit nou, wat gaan aan?" vra sy boetie. "Nee boetie, ek weet nie, maar God is weg en hulle dink dis ons!"

God is weg en hulle dink dis ons. Ek dink dit som min of meer die hedendaagse godsdienssituasie op. Dit Iyk of God weg is, en baie gelowiges wil vir iemand die skuld daarvoor gee.

Simptome van God se "afwesigheid" Eredienste in ons land

Suid-Afrika het die mooiste kerkgeboue, van pragtige sandsteenkerke tot indrukwekkende klipkerke. In die tyd van ens oupas en oumas was hierdie kerke propvol. Vandag is hulle dolleeg. AI hoe meer mense doen eerder iets anders op 'n Sondagoggend as om kerk toe te gaan. Volgens statistieke gaan 46% van Suid-Afrika se 45 miljoen inwoners op 'n weeklikse basis kerk toe. 30% gaan van nooit tot ses keer per jaar kerk toe. Dit sluit alle gelowe in.

Kritiek teen godsdiens

Vyandigheid jeens godsdiens, veral teenoor die Christelike geloof, is deesdae oral sigbaar. n Brief wat ek in 2005 aan LitNet geskryf het, is beantwoord: "My gevoelente is maar dat die Heilige Gees met een kragtige bliksemstraal maar die hele ou gedoentetjie vir eens en vir altyd in sy moer moet blaas. Ek dink in die geskiedenis van Suid-Afrika het die kerk meer skade aangerig as wat dit goed gedoen het, vanaf verskriklik individuele vlak tot op politieke vlak en seker nog innie hemel ook."

Godsdiens skuif al hoe meer weg van die openbare terrein

Ons geskiedenis as Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika was van die begin af baie nou verweef met godsdiens. Toe Jan van Riebeeck in 1652 in die Kaap aangekom het, het die Bybel en die Christelike geloof saam met hom aan wal gestap. En toe die Voortrekkers hulle Groot Trek begin het, was dit met die Bybel in die wakis.

Deesdae woon ens in 'n sogenaamde sekulre staat, met 'n liberale, demokratiese regeringstelsel en 'n vryemark ekonomie. In hierdie stelsel sien ens dat godsdiens 'n al hoe kleiner openbare rol speel. Universiteite en skole is een voorbeeld waar godsdiens nie meer in daaglikse aktiwiteite funksioneer nie. AI hoe meer openbare instellings volg hierdie voorbeeld.

Die gesag van die Bybel

Ons oupas en oumas het elke woord van die Bybel letterlik en sonder kritiek geglo. Deesdae waag al meer mense dit om die Bybel te kritiseer en te bevraagteken. Die Bybel het vir sommige mense heilige waarde en vir ander is dit een boek van vele. Daar is selfs mense wat meen dat die Bybel 'n boek vol sprokies is wat glad nie vandag op ons lewens van toepassing is nie. Sommige mense verklaar, sonder skroom, dat die Bybel geen gesag het nie.

Bydraende faktore vir God se "afwesigheid" Opkoms van die wetenskap

Die wreld waarin ens leef verskil radikaal van die wreld en die tyd van die Bybel. Op die gebied van wetenskap en tegnologie het ons geweldige vooruitgang gemaak. In baie opsigte is dit die beste tyd tot nog toe in die geskiedenis van die mensdom.

Dis egter ook 'n tyd waarin dit vir die wat werklik vir God wil sien, nie so maklik is nie. Met die opkoms van die wetenskap word God op die oog af al verder uit ons alledaagse lewe geskuif.

Hoe meer ons verstaan, hoe meer word God teruggeskuif na die punte wat ons nog nie verstaan nie. Richard Dawkins (skrywer van The God Delusion) meen daar is 'n uitdyende heelal tussen wetenskap en godsdiens. Daarom is baie gelowiges hewig gekant teen die wetenskap.

Ander godsdienste

Vandag bestaan daar soveel verskillende paaie na God. Anders as vroer kry ander godsdienstige groepe ook openbare prominensie, want ons leef in 'n land met 'n Handves vir Menseregte.

Dit waarborg vir ons onder meer drie belangrike dinge:

Die reg van die individu

Vryheid van spraak

Godsdiensvryheid.

Dit het natuurlik 'n impak op dit wat Christene altyd as die waarheid beskou het. Die waarheid het nou verskillende kante. En mens kan tereg vra: Wie se waarheid is die ware waarheid? Wie se God is die ware God? Hoe moet ons weet as daar soveel verskillende opsies is? Vir baie Christene is dit 'n dilemma.

Christelike fundamentalisme

Die Christendom het 'n tragiese impak met tye op die geskiedenis van die wreld gehad. Dit het veral gebeur wanneer fundamentalisme kop uitgesteek het. In Mail & Guardian van April 1999 stel Melvyn Bragg, die skrywer van die artikel 'Onward Christian Soldiers' dit so: "I owe Christianity a debt, and so, I believe, does the world we have lived in for the past 2 000 years. Much of what is best in that duo millennial span has been due to the man who inspired the faith which took His name. But Christianity also owes me and many others an explanation: for the bigotry, wickedness, inhumanity and willful ignorance which has also characterized much of its history. Its force and extraordinary persistence have informed 'the best of times and the worst of times' from the manger in Bethlehem to the gas chambers of Auschwitz."

In Suid-Afrika het ons ook nie die slegte gevolge van fundamentalisme ontkom nie. Apartheid is vanuit die Bybel gemotiveer. Vandag voer ons onverkwiklike debatte oor die plek van homoseksuele mense in die kerk. Selfs kerkhereniging tussen die NG Kerk, die VGK en die RCA word in sommige kringe met die Bybel geboikot.

Die opkoms van postmodernisme

Die begrip postmodernisme word gebruik om die tydsgees waarin ons leef te beskryf. Sommige mense s postmodernisme is elkeen vir homself en almal vir niemand nie. Vir baie Christene is dit 'n ongemaklike tyd omdat dit baie van hulle sekerhede bedreig.

Tog is postmodernisme nie noodwendig sleg nie. Dit gee vir ons groter ruimte om in te dink en te leef. Mense in die postmoderne tyd het begin besef dat die een mens se manier van doen nie noodwendig beter is as die ander een s'n nie.

'n Gebroke wreld

God raak veral weg wanneer ons te doen kry met die swaarkry in die lewe. Volgens die Wreldbank is daar 852 miljoen mense wat honger Iy omdat hulle arm is. Armoede is die onvermo om 'n minimum lewensstandaard te handhaaf. Dit beteken dat mense nie in staat is om kos te koop nie, nie toegang lot medisyne het nie en nie n dak oor hulle koppe het nie. Van die 852 miljoen arm mense is 500 miljoen besig om te sterf van die honger. Dit veroorsaak soms dat mense dink God is weg.

Natuurrampe soos tsoenami's, orkane en aardbewings, wat duisende mense laat sterf, laat mense moedeloos voel oor God. Baie mense verklaar prontuit dat hulle niks met so 'n God te doen wil h nie. So 'n God kan nie liefdevol wees nie. 'n Stukkende wreld het 'n groot aandeel in mense se beskouing van God.

Is God weg?

Ek dink nie God is weg nie. Gelowiges kry dit dalk net reg om hom soms vir die wreld weg te steek deur hom selfsugtig toe te eien vir ons eie belange. God is egter nie een spesifieke gesig nie. Twee duisend jaar na Christus is dit nog steeds moontlik om God se baie gesigte in ons kleurryke wreld te sien. Soos wat Jesus Christus dit vir ons kom wys het.

Molefe Tsele stel dit so in Mail & Guardian (April 2006): "Christianity in its current state, obsessed as it is with its self-importance and selfrighteousness, concerned with its glory and greatness, misses the point of its existence. The source of its greatness, and indeed of its hope, is in returning to the simple message of its Teacher."

Lees die reaksie op Izak se artikel en gesels saam HIER

BRON: POMP

Deel

<< Terug
 
Wi is die historiese Jesus?
KLETSKERK VIR BEGINNERS
"Werk" Christenskap?
Die NG Kerk leer "pynlike les" met Kletskerk
Ja, maar kan 'n mens dit "geloof" noem?
Die dag toe God weggeraak het....
Bybelse potholes
Ek word bang
Is wetenskaplike studie sonde?
Eensaamheid en gode


Skryf in op ons nuusbrief.
Name:
Email:

klasifiseerd

Kontak

South Africa's Top Sites



Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
Style edited by Lee for phpBB3