Tuisblad   Wie is ons?   Argief   Soek Artikels   Beknopte Index   Registreer  Hulpstaaf   Foto's  
Login   Register    FAQ    Search
It is currently Thu Sep 09, 2010 5:26 am

All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 163 posts ]  Go to page 1, 2, 3, 4, 5 ... 11  Next
Author Message
 Post subject: Ateïstiese dominee glo in 'n "God wat nie bestaan"
PostPosted: Wed Jun 10, 2009 4:04 pm 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 13277
Location: Weskaap
’n Ateïstiese dominee in Nederland wat openlik sê hy glo nie in God nie sal binnekort aan sy kerk moet verduidelik hoe kry hy die kloutjie by die oor.

Ds Klaas Hendrikse van die Protestantese kerk in Nederland is onder meer die skrywer van ‘n boek met die titel: Geloof in ‘n God wat nie bestaan nie.

Die dominee se standpunte is reeds lankal bekend en sy boek is al twee jaar lank op die mark. Sy boek het uit die aard van die saak ‘n kat in die hoenderhok losgelaat. ‘n Viermankommissie wil hom en sy kerkraad nou van aangesig tot aangesig spreek.

Die voorsitter van die kommissie wat hom gaan ondervra sê dit is nog nie duidelik wat hulle alles by hom te wete wil kom nie en die klassis het nog twee weke om sy vrae te formuleer wat hulle aan hom wil stel. Daar is allerlei redes waarom hy nie eerder ondervra is oor sy omstrede standpunt nie.

Ds Hendrikse se kerkraad het laat weet wat hulle betref is daar geen probleem om die gesprek te voer nie en dit sal van die agenda afhang hoe sake sal veloop.

Nog ’n Nederlander het intussen ’n twyfelboek die lig laat sien en geniet die volle steun van ds Hendrikse. In sy boek “'Van de kaart, manifest van een gepassioneerde twijfelaar' skryf Boele Ytsma oor sy geloofskrisis van die afgelope jare. Ytsma wat ook aan die PKN behoort en aktief in die kerk se diens gestaan het sê sy geloofstryd kom al ’n lang pad.

Ds Hendrikse verwys na Ytsma as ’n geesverwant met wie hy saam op weg is is in die onbekende land van twyfel. Hulle vra van die kerk om twyfelaars te koester en sê die kerk moet ophou om aan die otodoksie vas te klou.

Bron: Nederlands Dagblad

_________________
We must move out again into the open air of intellectual discussion with the world, and risk shocking people if we are to cut any ice. - Dietrich Bonhoeffer


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Ateïstiese dominee glo in 'n "God wat nie bestaan"
PostPosted: Wed Jun 10, 2009 4:59 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed May 30, 2007 11:38 am
Posts: 3799
Location: Pretoria
Geloof in 'n god wat nie bestaan nie?

Why not?

Ek glo in Kersvader, al bestaan hy nie regtig nie. Hy maak tog 'n verskil aan baie mense se lewens?

As 'n mens op dieselfde manier in die konsep van God kon glo, sonder om jouself te moet forseer om te dink dat daar regtig só 'n persoon is, sou geloof vir my baie meer sin gemaak het.

_________________
To make an apple pie from scratch, you must first invent the universe. (Carl Sagan)


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Ateïstiese dominee glo in 'n "God wat nie bestaan"
PostPosted: Wed Jun 10, 2009 7:02 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Jul 31, 2007 10:56 am
Posts: 658
Location: Nederland
Ek het Hendrikse se boek 'n paar maande gelede gelees. 'n Interessante boek, hoewel ek sy argumente uiteindelik nie oortuigend vind nie. Ek sou hom nie so gou as 'n "egte ateïs" omskryf nie. Selfs onder sy eie kollegas is die mening of hy nou regtig 'n ateïs is verdeeld. Dit lyk asof hy tog ook 'n aantal uitsprake maak om diskussie uit te lok. Die beriggewing in die media mis ook op 'n aantal punte die fyner nuanses van sy argument.

_________________
"The reformer is always right about what is wrong. He is generally wrong about what is right." - Chesterton


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Ateïstiese dominee glo in 'n "God wat nie bestaan"
PostPosted: Wed Jun 10, 2009 8:26 pm 
Offline

Joined: Thu May 24, 2007 2:51 pm
Posts: 504
Beste Sok en ander Kletskerkers

Ek is bly jy skryf. Wil jy dalk nie 'n boekresensie in die Boekrak plaas nie? Wat is sy hoofargumente? Dit wat ek raak ge-"google" het, is van uitermatige reaksie tot meer ingeligte menings. Dit lyk vir my hy sê maar net dat die Godsbeeld van die Christelike geloof uitgedien en ongeloofwaardig geword het, 'n bewering wat vir elke Kletskerker ou nuus hoort te wees. Verder dink hy aan die goddelike as iets onpersoonlik... ek wonder hoe dit by prof. Julian Müller en ander se panenteïsme aansluit? Dan lyk dit my dat sy gemeente verdraagsaamheid en verskillende spiritualiteitsvorme voorstaan (amper soos die Nuwe Hervormingsnetwerk en dalk in besonder prof. Sakkie Spangenberg.) Interessant genoeg lees ek dat hy nie die Bybel gebruik met siekebesoek of sterwensbegeleiding nie. Hy "reinig" hom van alle invloede en is net homself om as mens ander mense te ontmoet.

Ek het gewonder hoe iemand soos Wedergestorwe Christen hierby sou aanklank vind? Persoonlik, lyk dit uit die brokkies wat ek bymekaar kon maak dat daar niks nuuts is wat hy sê nie. Een of ander doktor of professor kla dat hy ook geen argumente aanvoer om sy "ateïsme" te verduidelik nie.

Sok, aangesien jy die boek gelees het, vra ek mooi, help ons onwetende Afrikaanssprekendes hier aan die suidpunt van Afrika, deur die man aan ons bekend te stel deur iets soos 'n resensie of 'n sketsing van die hooflyne van sy bespreking.

Al wat ek tans kan opmerk, is dat dit interessant is dat die Protestante Kerken in Nederland meer tolerant is as die NG Kerk (óf dit nou goed en óf dit sleg is, wil ek my nie uitspreek nie). Ek wonder hoe sou hy in die moderatuur se huidige "gesprek" (monoloog en plek-plek moddergooiery as ek prof. Adrio König se boek as maatstaf gebruik) oor die opstanding sal inpas. Ek kry die idee dat hy meer 'n post-Christelike spiritualiteit aankleef. Ek wonder ook hoe hy "hervormd" kan wees, binne sy oortuigings?

Vriendelike groete
:wink:

Elimelek


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Ateïstiese dominee glo in 'n "God wat nie bestaan"
PostPosted: Wed Jun 10, 2009 8:56 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Nov 03, 2008 3:02 am
Posts: 3634
Beoordeel aan wat Sok beskryf, klink die ou vir my maar min of meer soos Spong.

Noem hy homself 'n ateis of noem die media hom 'n ateis?

kk

_________________
I have yet to hear a man ask for advice on how to combine marriage and a career. - Gloria Steinem.


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Ateïstiese dominee glo in 'n "God wat nie bestaan"
PostPosted: Wed Jun 10, 2009 10:38 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sun May 03, 2009 9:10 pm
Posts: 892
Location: Suid-oos Vrystaatse Dieretuin
Jean:

Quote:
Ds Klaas Hendrikse van die Protestantese kerk in Nederland is onder meer die skrywer van ‘n boek met die titel: Geloof in ‘n God wat nie bestaan nie.


Is die man se van nie dat Luter. Martin Luter.. ? Hy gaan brandstapel toe. Vlug Klaas vlug. Dit is mos presies wat in ons kerk ook aan die gebeur is. Hy is net wonderlik eerlik !!

Ek sien mos die oorgrote massa kerk mense wys mos in ons kerke dat Hul beoefen Godsdiens sonder werklike geloof aan 'n lewende God. Kyk net al die versekerings wat uitgeneem word as God nie sy kant bring. Versekering teen Rampe wat God nie beheer, lewensversekering, bere geld in banke want God keer nie diewe. Ek dink Klaas verantwoord net die sentiment van die deursnit Kerkmens

Ben :lol:


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Ateïstiese dominee glo in 'n "God wat nie bestaan"
PostPosted: Wed Jun 10, 2009 11:04 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Jul 31, 2007 10:56 am
Posts: 658
Location: Nederland
Karel Kat wrote:
Beoordeel aan wat Sok beskryf, klink die ou vir my maar min of meer soos Spong.

Noem hy homself 'n ateis of noem die media hom 'n ateis?

kk

Ek dink inderdaad dat hy redelik aansluiting sal vind by Spong. (Maar dan ken ek Spong ook maar tweedehands.)

Die subtitel van sy boek in koeieletters is:
Manifest van een atheïstische dominee. Tog lewer hy ook heelwat kritiek op ateïste in sy eerste hoofstuk onder die titel: God bestaat niet: Het gelijk en ongelijk van ateïsten. Dit is waarskynlik een van die redes waarom 'n deel van die dominees in die Protestantse Kerk in Nederland meen dat sy selfidentifikasie as ateïs 'n publisiteitstunt is.

_________________
"The reformer is always right about what is wrong. He is generally wrong about what is right." - Chesterton


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Ateïstiese dominee glo in 'n "God wat nie bestaan"
PostPosted: Wed Jun 10, 2009 11:24 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Jul 31, 2007 10:56 am
Posts: 658
Location: Nederland
Elimelek wrote:
Sok, aangesien jy die boek gelees het, vra ek mooi, help ons onwetende Afrikaanssprekendes hier aan die suidpunt van Afrika, deur die man aan ons bekend te stel deur iets soos 'n resensie of 'n sketsing van die hooflyne van sy bespreking.
Elimelek

Dag Elimelek (e.a.)

Toe ek die boek gelees het, het ek gedink om 'n resensie vir KK te skryf, maar nie regtig daarby uitgekom nie. Ek weet ook nie hoe gou dit sover sal kom nie, want dit is al weer 'n paar maande gelede dat ek dit gelees het en ek sal dus weer in die boek moet duik.

Ek gee dus maar 'n kort resensie wat ek geskryf het vir die Nederlandse forum vir Christen-homo's waar ek die laaste jaar klets. (Deel van die rede waarom ek so min hier is, maar 'n ander keer meer daaroor.)

Quote:
Met enige tegenzin heb ik afgelopen maandag het boek van Hendrikse gekocht. Na wat ik allemaal gehoord heb, had ik toch de neiging om te zeggen:”Je kunt nog beter de nieuwste uitgave van Freshmen kopen dan je geld uit te geven op dit publiciteitszoekende vod.” Tijdens het lezen is Hendrikse echter toch een gesprekspartner geworden waarvoor ik enige waardering kan opbrengen.

Ik blijf het wel lastig vinden wat ik ermee moet. Op een aantal punten denk ik dat hij te kritiekloos de mees liberale conclusies van sommige Bijbelwetenschappers accepteert terwijl er ook ander interpretaties mogelijk zijn. Hij is ook niet heel consistent in wat hij wel of niet van de Bijbel accepteert. Hij bouwt wel heel veel op een zeer discutabele uitleg van zijn eigen vertaling van Exodus 3:13-14, die hij dan wel als authentiek ziet, terwijl hij heel gemakkelijk alles wat niet bij zijn beeld van God past als latere verzinsels afmaakt. Toch heb ik het idee dat hij oprecht bewogen is met mensen die zijn afgeknapt op het beeld van God als “De grote Poppenspeler” zoals HW dat noemt. (Ik vind dat beeld overigens een beetje een karikatuur en vraag me af hoeveel mensen hun godsbeeld daar echt in herkennen.) Deze bewogenheid van Hendrikse met de gewone mens, spreek me wel aan. Ik herken daarin mijn eigen afkeer aan de kerkelijke poespas.

Over het achterlijke taalgebruik in de kerk schrijft hij:
Stel je voor, je weet van niets en je vraagt: “Is hier ook een WC?” En je krijgt als antwoord: “Ja, naast de consistoriekamer, ziet u daar de kerkrentmeester die bij het liturgisch centrum staat te praten met de tertius van het breed moderamen van de classis?” Dan heb je toch al in je broek geplast?

Hij schreef ook een aantal dingen over geloven die ik wel heel mooi vind. Zo schrijft hij:
Als je je er niet over kunt verwonderen dat je geboren bent en bestaat, valt er weinig te geloven.

Wanneer hij schrijft:
Maar zonder mensen gebeurt er niets: geen God zonder mensen.
Scheiden onze wegen echter.

Het idee dat God eigenlijk alleen maar de ervaring is die gelovigen met elkaar hebben lijkt me moeilijk te rijmen met het beeld die ik vanuit de Bijbel, maar ook eigen ervaring van God heb gekregen. Misschien ben ik er gewoon te dom voor, maar het lijkt me een beetje spelen met woorden wat uiteindelijk toch weer neerkomt op “God is dood, en wij doen ons best.” Ik kan ook goed begrijpen dat mensen er serieus moeite mee hebben.

Toch heb ik bij het scheiden van de wegen geen begeerte om afscheid te nemen. Daarvoor was het gesprek te stimulerend en naar mijn mening oprecht. Zoals de toehoorders van Paulus in Athene wil ik zeggen: ‘Daarover moet u ons een andere keer nog maar eens vertellen.’


Ek hoop dat dit al voorlopig 'n bietjie 'n beeld gee. (En 'n bietjie te verstaan is.)

Nog 'n opmerking oor die kerk. Die groot rede waarom Hendrikse so 'n mate van vryheid het om te sê wat hy sê is die diversiteit in die Protestantse Kerk in Nederland. (Die samevoeging van die eertydse Hervormde, Gereformeerde en Lutherse kerke).

Hierdie diversiteit is werklik onvoorstelbaar breed. So is daar binne die kerk byvoorbeeld die Gereformeerde Bond, met gemeentes waar vroue hoede moet dra, hulle net psalms en dan ook net op hele note sing. In dieselfde kerk is daar gemeentes waar die 'n vroue dominee saam met haar vrou in die gemeente werk. Gemeentes het 'n redelike mate van vryheid om te besluit met watter magsblok hulle assosieer. Miskien is dit die Nederlandse mentaliteit van toleransie, wat dikwels verkeerd begryp word. Dit beteken nie dat mense nie omgee wat ander glo of doen nie. Dit beteken net dat hulle ooreenkom om mekaar die vryheid te gee om binne bepaalde omstandighede hulle eie gang te gaan. Dit is die tipiese Nederlandse poldermodel wat beteken: Ons moet almal water pomp ander versuip ons almal. :-)

Groetjes
Sokkies

_________________
"The reformer is always right about what is wrong. He is generally wrong about what is right." - Chesterton


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Ateïstiese dominee glo in 'n "God wat nie bestaan"
PostPosted: Thu Jun 11, 2009 1:20 am 
Offline
User avatar

Joined: Sun Sep 10, 2006 10:24 pm
Posts: 7504
Location: Kaap
Sok wrote:
Ek gee dus maar 'n kort resensie wat ek geskryf het vir die Nederlandse forum vir Christen-homo's waar ek die laaste jaar klets. (Deel van die rede waarom ek so min hier is, maar 'n ander keer meer daaroor.)


Is die forum 'n "oop" forum, of moet jy soos by Lighuis 'n vragie antwoord voor jy toegelaat word:
Is jy 'n Christen-homo? Ja, ek is 'n Christen-homo... :wink:

As dit oop is sou ek graag die link daarheen wou hê.

Groete
Barend Nel

_________________
Toe het ek al die werk van God begryp;
die mens is nie in staat om wat in hierdie wêreld gebeur, te verstaan nie.
Hoe hy hom ook al inspan en soek, hy verstaan nie.
Al sê die wyse hy weet, kan hy nie verstaan nie. --- Pred 8


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Ateïstiese dominee glo in 'n "God wat nie bestaan"
PostPosted: Thu Jun 11, 2009 8:26 am 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 13277
Location: Weskaap
Barend wrote:
Is die forum 'n "oop" forum, of moet jy soos by Lighuis 'n vragie antwoord voor jy toegelaat word:
Is jy 'n Christen-homo? Ja, ek is 'n Christen-homo... :wink:

As dit oop is sou ek graag die link daarheen wou hê.



Don't fear when Jean is near. Vra net. Sok se forum is HIER.

_________________
We must move out again into the open air of intellectual discussion with the world, and risk shocking people if we are to cut any ice. - Dietrich Bonhoeffer


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Ateïstiese dominee glo in 'n "God wat nie bestaan"
PostPosted: Thu Jun 11, 2009 8:39 am 
Offline
User avatar

Joined: Mon Jan 29, 2007 11:21 pm
Posts: 6296
Location: Gewese Brakpanner... Siriaas..
Jean wrote:
’n Ateïstiese dominee in Nederland wat openlik sê hy glo nie in God nie sal binnekort aan sy kerk moet verduidelik hoe kry hy die kloutjie by die oor.
Hy's net eg Bybels. Dis die retoriese paradoksale enigma van die eeue..

Luk 18:8 "..maar as die Seun van die mens kom, sál Hy wel die geloof op die aarde vind?

_________________
"..Mathematical ideas about the universe (however astounding) may not add one unit of adaptability to our repertoire when the environment changes. You can't eat Goedel's Theorem but you cán eat your neighbor.." Anonymous


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Ateïstiese dominee glo in 'n "God wat nie bestaan"
PostPosted: Thu Jun 11, 2009 9:29 am 
Offline
User avatar

Joined: Tue Jul 31, 2007 10:56 am
Posts: 658
Location: Nederland
@ Barend

Ek sien Jean het die link al gegee.

Om sommige dele van die forum te lees moet 'n mens lid wees. (Veral die gedeeltes waar mense soms persoonlike sake deel.) Die karakter van die forum is duidelik bedoel as 'n tuiste vir mense vir wie homoseksualiteit (of bi-seksualiteit) en Christenskap van essensiële belang is, maar almal mag deel word van die forum. Daar is dan ook enkele ateïste op die forum, maar die oogmerk van die forum is nie in die eerste plek om oor die geldigheid van geloof te praat nie. Ek dink dat dit 'n kwessie is wat veel minder in Nederland speel omdat daar lankal genoeg ruimte was vir mense wat nie glo nie om so te sê.

Groetjes
Sokkies

_________________
"The reformer is always right about what is wrong. He is generally wrong about what is right." - Chesterton


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Ateïstiese dominee glo in 'n "God wat nie bestaan"
PostPosted: Thu Jun 11, 2009 9:31 pm 
Offline

Joined: Thu May 24, 2007 2:51 pm
Posts: 504
Beste Socrates en andere

Dankie vir jou resensie. Knap gedaan, nou moet ek die boek lees. Ek het 'n blog van ene Boele P Ytsma opgespoor wat met ds. Hendriks in gesprek gaan wat ook help om lig op die boek te werp: http://www.bedrijfsonderhoud.com/klaashendrikse.html. Hier is ook sy gemeente se webblad: http://www.hervormdzierikzee.nl/vw/. Dit herinner aan die Vatikaan se webblad.

Ek wonder of Nederlanders se sienings nie by die moderatuur se gesprek oor die opstanding (en ander geloofskwessies) betrek moet word nie?

Groete
:wink:

Elimelek


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Ateïstiese dominee glo in 'n "God wat nie bestaan"
PostPosted: Thu Jun 11, 2009 10:30 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sun Sep 10, 2006 10:24 pm
Posts: 7504
Location: Kaap
Elimelek wrote:
Ek wonder of Nederlanders se sienings nie by die moderatuur se gesprek oor die opstanding (en ander geloofskwessies) betrek moet word nie?

Groete
:wink:


In die 1970's toe ek teologie bestudeer het, het ons baie gereeld van die Nederlanders se sienings gehoor! Meestal, om te hoor hoe vieslik hulle is. In plaas dat ons dus skuldig moes voel, oor die Nederlanders (weens apartheid) nie meer iets met ons te doen wil hê nie, moes ons eintlik dankbaar wees dat ons niks meer met sulke goddeloses te doen hoef te hê nie. Ek kan nie meer onthou of dit formeel gebeur het nie, maar ek onthou nog goed oorle oom Koot Vorster se eise dat die Nederlanders onmiddelik die teoloog Wiersinga oor sy ketterse sienings oor die leer van versoening onder sensuur moes sit... of ons onttrek ons aan verdere gesprekke met hulle. Ek kan nie onthou hoeveel keer ek moes hoor van dié professor wat oor die Nagmaal gesê het: "En geef dan wat Paulus betreft mijn portie maar aan fikkie" (Fikkie is blykbaar 'n gewilde naam vir 'n hondjie in Nederland... soos Vlekkie by ons was.) Ek het altyd gedog dit was Wiersinga wat dit gesê het, en kon sweer ek het al gehoor dat dit aan hom toegedig word, maar toe ek gaan Google het ek gesien dat dit eintlik 'n Prof P Smits was wat dit al in 1959... twaalf jaar voor Wiersinga se veelbesproke tesis... gesê het.

Die uittreksel hieronder, van 'n beswaarde Hollander, wys hoe die Nederlanders al veertig jaar gelede gedink het.

Quote:
Kroniek
H.J. Boiten
Compromis van waarheid en kritiek
Voorspel
Het stormt niet de eerste keer rond de verzoening. Precies op Goede Vrijdag 1959 sprak de hervormde hoogleraar P. Smits de niet gemakkelijk te vergeten woorden: "Het is ook mijn eer te na, dat iemand voor mijn schuld zou moeten boeten. Ik wens te staan voor de gevolgen van mijn eigen daden. En geef dan wat Paulus betreft mijn portie maar aan fikkie" (Geciteerd uit Trouw 28 nov. '00). Toen waren de (synodaal) gereformeerden nog beducht voor die vrijzinnige hervormden. Al volgde van hervormde kant een 'herderlijk schrijven'.
Maar in 1967 werden door de (synodaal) Gereformeerde Kerken de leeruitspraken van Assen-1926 terzijde gesteld. De synode van Amsterdam achtte zich niet bevoegd over de specifieke aard van het Schriftverhaal in Genesis 2 en 3 zo'n oordeel te vormen dat ze de uitspraken van Assen-1926 over de bijzonderheden van dit verhaal kan blijven volgen. Assen-1926 had uitgesproken dat de boom van de kennis van goed en kwaad, de slang en haar spreken, en de boom van het leven naar de klaarblijkelijke bedoeling van het Schriftverhaal zintuiglijk waarneembare werkelijkheden waren.
Dat Amsterdam-1967 de besluiten van Assen-1926 terzijde stelde, betekende rehabilitatie voor dr. Geelkerken en de zijnen. Maar het ging wel ten koste van de Gereformeerde Kerken die zichzelf een acte van onbevoegdheid uitreikten. Rampzalig voor een kerk die het Woord van God moet leren en bedienen. Die leer van de kerk werd hier gebracht onder het juk van de wetenschap.1 De twijfel aan de bijbel als het echte geopenbaarde Woord van de God van de waarheid kreeg ruimte. En waarom zou dat alleen voor het eerste bijbelboek gelden?
Vier jaar later al, in 1971, verscheen het proefschrift van studentenpredikant H. Wiersinga De verzoening in de theologische diskussie. Wiersinga stelde, dat Jahwe niet gediend is met bloed. De menselijke bloeddorstigheid kan men niet op deze God projecteren. God is geen vampier.2 Natuurlijk volgde een 'herderlijk schrijven', maar hoewel Wiersinga's ideeën werden afgewezen, werden daar voor zijn ambtelijk functioneren geen consequenties aan verbonden. Er werd wel judicieel, maar niet justitieel tucht geoefend, heette het toen.
De slag om de verzoening kwam in een nieuwe fase toen in 1997 de gereformeerde C.J. den Heyer zijn omstreden boek over de 'verzoening' het licht deed zien. Natuurlijk waren de bijbelkritische ideeën van Den Heyer bekend. Met de Verlichting ging eindelijk het licht op in Europa. Opstanding kan natuurwetenschappelijk niet plaatsvinden. Het kruis is niet de losprijs voor velen. Hoe kan de dood van iemand in een ver verleden voor mij die vele eeuwen later leeft, heil en redding betekenen? De (synodaal) gereformeerde synode heeft dit jaar al uitgesproken dat Den Heyer met zijn boek Verzoening gebleven is binnen de grenzen van het ondertekeningsformulier voor hoogleraren. Ieder kan weten hoe grenzeloos de ruimte is waarin de 'school der kerken' studenten voorbereidt op het predikantschap.
Dit jaar verscheen Kuiterts nieuwste boek Over religie. Kuitert die begon als progressief gereformeerde dominee, zich vervolgens ontpopte als vrijzinnig theoloog, blijkt nu het terrein van de theologie geheel verlaten te hebben en zich te hebben teruggetrokken op het veld van de religie in het algemeen. Hij rekent af met de voorstelling van God als persoon. Het goede van religie is geraakt worden in je gevoelsleven (à la Schleiermacher). J. Hoek eindigde zijn bespreking van dit boek met de typering van Kuitert als een 'ontwijfelbaar ongelovige atheïst'. Dat roept natuurlijk wel de vraag op wat Kuitert nog in de christelijke kerk zoekt.3

_________________
Toe het ek al die werk van God begryp;
die mens is nie in staat om wat in hierdie wêreld gebeur, te verstaan nie.
Hoe hy hom ook al inspan en soek, hy verstaan nie.
Al sê die wyse hy weet, kan hy nie verstaan nie. --- Pred 8


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Ateïstiese dominee glo in 'n "God wat nie bestaan"
PostPosted: Thu Jun 11, 2009 10:32 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Dec 11, 2007 6:05 pm
Posts: 7530
Liewe Sok wrote:
Toch heb ik het idee dat hij oprecht bewogen is met mensen die zijn afgeknapt op het beeld van God als “De grote Poppenspeler” zoals HW dat noemt. (Ik vind dat beeld overigens een beetje een karikatuur en vraag me af hoeveel mensen hun godsbeeld daar echt in herkennen.)


Hoekom?

Wie hou nie daarvan om met 'n mooi, slim pop, wat Hy geskep het te speel en af te show nie?

Dalk is jy reg. So 'n Persoon kan nie bestaan nie. Onmoontlik.

Kat :twisted:

_________________
Die Bybel less-weight, dalk?

Really????? those pics of yours speak absolute volumes...its not one sees..its about what one doesn't see


Top
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 163 posts ]  Go to page 1, 2, 3, 4, 5 ... 11  Next

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 6 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Search for:
Jump to:  




South Africa's Top Sites Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
Style edited by LEE for phpBB3