Tuisblad   Wie is ons?   Argief   Soek Artikels   Beknopte Index   Registreer  Hulpstaaf   Foto's  
Login   Register    FAQ    Search
It is currently Thu Sep 09, 2010 5:42 am

All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 251 posts ]  Go to page 1, 2, 3, 4, 5 ... 17  Next
Author Message
 Post subject: 'n Eertydse IO-apologeet bieg: "Ek was naïef".
PostPosted: Sun Jul 05, 2009 8:51 am 
Offline
User avatar

Joined: Wed Jun 14, 2006 11:45 am
Posts: 12306
Tot vandag toe is Leon Rosseau se biografie oor Eugéne Marais ("Die groot Verlange") een van my heel aangenaamste leesherinneringe. Daarom dat ek destyds ekstra-teleugesteld was met die publikasie van sy "Die groot Avontuur" - 'n kwalik bedekte poging om wetenskap met skeppingsteologie te probeer "versoen".

Daaroor skryf Rosseau vandag in Rapport: "Wel, ek was naïef."

Dit kon sowaar nie maklik gewees het om dit te skryf nie en oor die redes kan 'n mens seker bespiegel. Dalk het hy besef dit is veral vir sy IO-pleidooie waarvoor hy nadoods onthou sal word. Self skryf hy dit was die lees van Francis Collins se "The Language of God" wat vir die ommeswaai verantwoordelik is.

Wat ook al die eintlike rede - sulke eerlikheid en durf verdien ongekwalifiseerde lof. Die volledige artikel is hier.

_________________
"If God has spoken, why is the world not convinced?" - PB Shelley

"God is silent. Now if only man would shut up." - Woody Allen


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: 'n Eertydse IO-apologeet bieg: "Ek was naïef".
PostPosted: Sun Jul 05, 2009 10:41 am 
Offline
User avatar

Joined: Sat Oct 29, 2005 4:20 pm
Posts: 6224
Location: Sheol (Ou Testamentiese doderyk)
Stef

:arrow:

Ek dink ook die erkenning van verkeerd wees na n leeftyd van anders dink is beide ongoddelik moeilik en lofwaardig. Ek sou egter net nog iets oor die IO storie wou sê, in die konteks van die tema van "naiwiteit".

Na my mening is wat naiwiteit betref die IO ondersteuners se grootste probleem dat hulle naam alreeds byvoorbaat "ontwerp" veronderstel. Dis asof hulle reken mens moet bloot kies tussen intelligente ontwerp en minder intelligente ontwerp - eerder as dat hulle bewus raak van die geskiedenis van die konsep van die heelal as iets wat ontwerp is. Dit kom natuurlik van toeka se tyd af met pottebakker-en-klei projeksies maar die IO se storie is meer resente mitologie.

Die analogie van die heelal as n ontwerpte masjien se oorsprong volg nie bloot toevallig op die koms van die masjien en die industriële revolusie nie. Maar die heelal is glad nie soos n masjien nie en alle masjiene veronderstel reeds menstipe intelligensie - g'n wonder hulle kom by n skepper uit nie. Dis dus n swak analogie en mens moet jou nie laat intrek deur te argumenteer op n vlak waar die aanname van "ontwerp" reeds n gegewe is nie.

Die probleem van naiwiteit as dit by gelowiges se idees oor die werklikheid kom is die mindset wat veronderstel dat vordering in kennis kom deur afleidings te maak uit ou idees (m.a.w. deur deduksie ipv induksie) en nuwe ondersteunende idees daarby nuwe te las. Meantime is dit in retrospek dikwels die geval dat ons ons illusies ontmasker, nie deurdat ons n sekere hoeveelheid idees by ons ouer oortuigings by kon voeg nie maar deurdat jy bewus geword het van al die ongegronde voorveronderstellings waarop al die idees berus, die vanselfsprekende aanvaarding waarvan dit valslik noodwendig laat lyk het.

En die probleem lê baie diep. Byvoorbeeld: meeste gelowige mense worry bloot oor watter geloof die ware een is, eerder as dat hulle hulleself afvra waar die idee vandaan kom dat mens hoegenaamd in iets moet glo. Meeste mense argumenteer of God bestaan of nie, eerder as dat hulle daaraan dink om te vra hoe mense aan die godskonsep gekom het en hoe hulle dit heeltyd aanpas. Om egter die geskiedenis van n idee te ken is om naiwiteit met betrekking daartoe te verloor. Godsdienshistoriese kennis gee die game weg en sal jou wys gelowiges neem hulle tydsgebonde idees oor God, die Bybel en die lewe hopeloos te ernstig op.

Dis hoekom toeloë dit nie kan bekostig om NIE naief te wees nie. Teologie is die enigste "wetenskap" waar vordering gesien word as synde n verdediging van stokou idees eerder as die falsifikasie van populere hipotesisse. Waar in meeste ander wetenskappe dit as vordering gesien word as n persoon sy leermeester verkeerd bewys ervaar die meeste teoloë dieselfde in hulle vakgebied as n eksistensiële disaster. Toegegee, dit is swaar as jy jou lewe daaraan spandeer het om antwoorde te vervolmaak en iemand dan kom en jou vertel jy het die verkeerde vrae gevra. Maar such is life: om lere te bestyg net om, as jy wel die top bereik, agter te kom die bliksemse ding leun teen die verkeerde muur.

:|

WC

_________________
There ain't no answer.
There ain't gonna be any answer.
There never has been an answer.
That's the answer.

--Gertrude Stein


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: 'n Eertydse IO-apologeet bieg: "Ek was naïef".
PostPosted: Sun Jul 05, 2009 11:53 am 
Offline
User avatar

Joined: Wed Jun 14, 2006 11:45 am
Posts: 12306
WC wrote:
Teologie is die enigste "wetenskap" waar vordering gesien word as synde n verdediging van stokou idees eerder as die falsifikasie van populere hipotesisse. Waar in meeste ander wetenskappe dit as vordering gesien word as n persoon sy leermeester verkeerd bewys ervaar die meeste teoloë dieselfde in hulle vakgebied as n eksistensiële disaster...Maar such is life: om lere te bestyg net om, as jy wel die top bereik, agter te kom die bliksemse ding leun toe al die tyd teen die verkeerde muur.
Soos wanneer jy uiteindelik die boonste verdieping van die toring van Babel bereik? :)

Dit is juis die waarheid van wat jy skryf wat Leon Rousseau se verklaring so 'n rariteit maak! Ek is baie nuuskierig om te weet wat Gideon Joubert van Groot Gedagte-faam se gevoelens is oor die openbare ommeswaai van sy eertydse kollega. Joubert was of ís vir baie in SA die Afrikaanse weergawe van Francis Collins - 'n godsend wat skepperfantasieë met moderne wetenskap kon "versoen". Toe kom Leon Rousseau met sý poging en siedaar: sommer twéé boeke oor die "wetenskap", opgedis met 'n smaaklike, vertroude godsdienssousie. Die volk kon hulle koek eet én dit op die bordjie hê, as die vieslike anglisisme my op hierdie heilige Sabbatdag verskoon sal word.

Dan is daar die (destydse) bitterheid oor George Claassen se negatiewe resensie van Rousseau se boek. (Klik hier.) Rosseau het toe teruggekap met 'n siedende aanval op Claassen, wat by implikasie 'n “militante ateïs”, en 'n “lekeprediker vir die ateïsme” genoem is. Selfs Rousseau se seun het vanuit die buiteland aan die aanval op Claassen deelgeneem. Ensovoorts, ensovoorts.

Daarom dat ek dink Rousseau se artikel vandag getuig van grootmoedigheid, en ook dat hy krediet daarvoor moet kry. Dit kon sowaar nie maklik gewees het nie.

Wat my wel pla van Rousseau se standpunt is dat hy eers Francis Collins moes lees om bekeer te word. Moes hy sy huiswerk nie deegliker gedoen het vóór die skryf van sy boek nie? Sy siening van Augustinus is ook "naïef" in die oortreffende trap: "Die Heilige Augustinus, een van die grootste teoloë in die geskiedenis, ..." Een van die grootste teoloë? Heilig? Dit klink of hy agter elke nuwe "groot" profeet aanhardloop!

Nogtans en desnieteenstaande: ek eer iemand wat die moed het om soos hy in die openbaar te erken hy was verkeerd. Daardie erkenning beteken o.a. dat hy sy eie (bekroonde!) boek finaal kelder. Ons weet mos die ou geldduiwel het al vele getroue godskinders verlei tot valse getuienis.

_________________
"If God has spoken, why is the world not convinced?" - PB Shelley

"God is silent. Now if only man would shut up." - Woody Allen


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: 'n Eertydse IO-apologeet bieg: "Ek was naïef".
PostPosted: Sun Jul 05, 2009 1:31 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sat Oct 29, 2005 4:20 pm
Posts: 6224
Location: Sheol (Ou Testamentiese doderyk)
Stefan wrote:
Dit is juis die waarheid van wat jy skryf wat Leon Rousseau se verklaring so 'n rariteit maak!

Inderdaad.

Quote:
Ek is baie nuuskierig om te weet wat Gideon Joubert van Groot Gedagte-faam se gevoelens is oor die openbare ommeswaai van sy eertydse kollega.

Waarskynlik is hy besig om God in die mikrobiologie te soek as navorsing tot sy nuwe boek: "Small things amuses small minds."

Quote:
Joubert was of ís vir baie in SA die Afrikaanse weergawe van Francis Collins - 'n godsend wat skepperfantasieë met moderne wetenskap kon "versoen".

Soos Wentzel van Huyssteen wat nou Princeton Theological Seminarium se James I. McCord Professor van Teologie en Wetenskap is maar wie se psychobabble en rekonstruktiewe mitologie alewig dreig om gehoor te gee aan die grootste gebod in die sistematiese teologie, nl. (in die oorspronklike Engels) "If you can't beat them with brains, baffle them with bullshit."

Quote:
Toe kom Leon Rousseau met sý poging en siedaar: sommer twéé boeke oor die "wetenskap", opgedis met 'n smaaklike, vertroude godsdienssousie. Die volk kon hulle koek eet én dit op die bordjie hê, as die vieslike anglisisme my op hierdie heilige Sabbatdag verskoon sal word.

Ja, maar wat van al die hollandismes, germanismes, grieksismes, latinismes, en alle ander verbasterings in jou taalgebruik? Net omdat jy hulle nie raaksien nie beteken nie jy pleeg hulle nie in elke sin wat jy skryf nie. Onthou, op die lange duur word alle -ismes, -wasmes.

Quote:
Dan is daar die (destydse) bitterheid oor George Claassen se negatiewe resensie van Rousseau se boek. (Klik hier.) Rosseau het toe teruggekap met 'n siedende aanval op Claassen, wat by implikasie 'n “militante ateïs”, en 'n “lekeprediker vir die ateïsme” genoem is. Selfs Rousseau se seun het vanuit die buiteland aan die aanval op Claassen deelgeneem. Ensovoorts, ensovoorts.

Dit herinner my aan die dag toe die Pous op Facebook sy verskyning gemaak het. Eers het ek hom n paar keer ge-"poke" maar toe hy maak asof ek nie bestaan nie wend ek my tot die opsie van "Report this person." Daarna het ek egter toe skuldig gevoel, en as vredesgebaar hom n drankie gestuur. Miskien was my keuse van n "Bloody Mary" "on the rocks" minder gepas - maar wat gedoen is is gedoen en sal nie ongedaan gemaak word nie.

Quote:
Daarom dat ek dink Rousseau se artikel vandag getuig van grootmoedigheid, en ook dat hy krediet daarvoor moet kry. Dit kon sowaar nie maklik gewees het nie.

Die grootste deel van die krediet lê in die publisiteit.

Quote:
Wat my wel pla van Rousseau se standpunt is dat hy eers Francis Collins moes lees om bekeer te word.

Ek weet nie wie Francis Collins is nie maar Rousseau kon homself baie tyd gespaar het deur bloot Genesis 1 te lees. Niks werk so goed soos goeie Bybelstudie om jou geestelik op n afdraende pad te sit nie.

Quote:
Moes hy sy huiswerk nie deegliker gedoen het vóór die skryf van sy boek nie?

Dalk het hy sy huiswerk gedoen maar die hond het dit opgevreet. Of anders het hy waarskynlik by iemand afgeskryf. Of hy het gedink die antwoorde agter in die boek is nog op datum.

Quote:
Sy siening van Augustinus is ook "naïef" in die oortreffende trap: "Die Heilige Augustinus, een van die grootste teoloë in die geskiedenis, ..." Een van die grootste teoloë? Heilig? Dit klink of hy agter elke nuwe "groot" profeet aanhardloop!

Augustinus het eenkeer gemeld dat van die Christene van sy tyd deur ongelowiges gevra is wat God gedoen het vir die ewigheid voor Hy die hemel en aarde geskep het en hoekom Hy dit nie vroeer of later in die ewigheid geskep het nie. Hy vermeld verder dat hierdie gelowiges verbouereerd geraak het en gewoonlik teruggekap het met die antwoord dat God besig was om die hel voor te berei vir diegene wat die misterie probeer peil.

Augustinus se eie oplossing was die absurde idee dat God nog altyd baie besig was maar dan in n toestand waar daar nog geen tyd was nie - ook dit is geskep. Gevolglik en gerieflik mag mens dus nie vra wat voor die skepping gebeur het nie. Dit het latere skeptici tereg tot die vraag gelei van hoe God in n tydlose realm enigsens daaraan kon dink om iets soos tyd te skep aangesien gedagtes en voorneme en skeppingsdade tydsverloop veronderstel.

Augustinus se antwoord is kompleks maar op die ou end sal hy ons wil wysmaak dat ons alweer die neiging het om God met ons menslike verstandjies te probeer peil (wat natuurlik n ongelooflik stoute ding is om te doen en sonder die moontlikheid dat "God" dalk self een van die newe-effekte van ons gebrekkige verdorwe "menslike" intellek sou kon wees)


Attachments:
128891708081952325.jpg
128891708081952325.jpg [ 51.5 KiB | Viewed 3147 times ]

_________________
There ain't no answer.
There ain't gonna be any answer.
There never has been an answer.
That's the answer.

--Gertrude Stein


Last edited by Wedergestorwe Christen on Sun Jul 05, 2009 3:17 pm, edited 1 time in total.
Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: 'n Eertydse IO-apologeet bieg: "Ek was naïef".
PostPosted: Sun Jul 05, 2009 1:58 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed Jun 14, 2006 11:45 am
Posts: 12306
WC wrote:
Ek weet nie wie Francis Collins is nie maar Rousseau kon homself baie tyd gespaar het deur bloot Genesis 1 te lees. Niks werk so goed soos goeie Bybelstudie om jou geestelik op n afdraende pad te sit nie.
Ai gots tog meneer. Jy's nie meer die WC wat ek twee, drie jaar gelede op hierdie gorrelose flippen forum leer ken het nie.

Ma was toe altyd rég: slegte maats is níé 'n goeie idee nie.

Dêmitôll! :|

_________________
"If God has spoken, why is the world not convinced?" - PB Shelley

"God is silent. Now if only man would shut up." - Woody Allen


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: 'n Eertydse IO-apologeet bieg: "Ek was naïef".
PostPosted: Sun Jul 05, 2009 2:18 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed Jun 14, 2006 11:45 am
Posts: 12306
WC wrote:
Augustinus se eie oplossing was die absurde idee dat God nog altyd baie besig was maar dan in n toestand waar daar nog geen tyd was nie - ook dit is geskep. Gevolglik en gerieflik mag mens dus nie vra wat voor die skepping gebeur het nie.
Laat my erg baie dink aan die leraars wat die hedendaagse Nuwe! Verbeterde! Oggendmeditasie op RSG behartig. Nooit kan ek ophou wonder waarom die glasheldere evangelie soveel VERDUIDELIKINGS behoef nie!

Liewe moeder fokken aarde - die pad na die jimmel is na bewering duidelik uitgekaart, maar profeet na profeet, pastoor na pastoor en dominee na dominee verduidelik daagliks met derduisende woorde waarom die fokken paradys waarin ons lewe nie vóél soos 'n paradys nie. Ensovoorts ensomeer.

As God so wonderlik is en as God so wonderlik sorg: waarom is soveel pastore en dominees nodig om ons daagliks te verseker die gevoel is nie net 'n illusie nie?

_________________
"If God has spoken, why is the world not convinced?" - PB Shelley

"God is silent. Now if only man would shut up." - Woody Allen


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: 'n Eertydse IO-apologeet bieg: "Ek was naïef".
PostPosted: Sun Jul 05, 2009 2:46 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sat Oct 29, 2005 4:20 pm
Posts: 6224
Location: Sheol (Ou Testamentiese doderyk)
Stefan wrote:
Liewe moeder fokken aarde - die pad na die jimmel is na bewering duidelik uitgekaart, maar profeet na profeet, pastoor na pastoor en dominee na dominee verduidelik daagliks met derduisende woorde waarom die fokken paradys waarin ons lewe nie vóél soos 'n paradys nie.

Want om oor die afgryslike ellendes te praat asof dit alles n stukkie onverdiende genade op die moredou is voel so fokken goed dat meeste Kerke in hulle opleiding van predikante die waarde begin besef van n B. Tech. diploma in "Mindfucking."

_________________
There ain't no answer.
There ain't gonna be any answer.
There never has been an answer.
That's the answer.

--Gertrude Stein


Last edited by Wedergestorwe Christen on Sun Jul 05, 2009 2:51 pm, edited 2 times in total.

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: 'n Eertydse IO-apologeet bieg: "Ek was naïef".
PostPosted: Sun Jul 05, 2009 2:50 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed Jun 14, 2006 11:45 am
Posts: 12306
WC wrote:
Want om oor die afgryslike ellendes te praat asof dit alles n stukkie onverdiende genade op die moredou is voel so fokken goed dat meeste Kerke in hulle opleiding van predikante die waarde begin besef van n B. Tech. diploma in "Mindfucking."
Het hulle eerder 'n B. Tech. Blowjop aangebied was die waarde vér bo die van korale. :|

(Gots Gert - dis tyd om op te hou strontpraat! Die erfenis van die vadere het geleer 'n slapie op die Sabbatdag is 'n godgegewe opdrag wat op eie risiko verontagsaam word. Ek was nog altyd getrou aan die voorskrifte van die vadere. Koebaai!)

_________________
"If God has spoken, why is the world not convinced?" - PB Shelley

"God is silent. Now if only man would shut up." - Woody Allen


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: 'n Eertydse IO-apologeet bieg: "Ek was naïef".
PostPosted: Sun Jul 05, 2009 3:17 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sat Oct 29, 2005 4:20 pm
Posts: 6224
Location: Sheol (Ou Testamentiese doderyk)
Stefan wrote:
([i]Gots Gert - dis tyd om op te hou strontpraat!

Dit sou net verkeerd gewees het as daar iets anders was wat mense kan praat. Die ideaal is natuurlik dat almal net shattap en hulle by hulle eie sake bepaal. Plan B behels die kuns om met n hoër kwaliteit van stront vorendag te kom.

_________________
There ain't no answer.
There ain't gonna be any answer.
There never has been an answer.
That's the answer.

--Gertrude Stein


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: 'n Eertydse IO-apologeet bieg: "Ek was naïef".
PostPosted: Sun Jul 05, 2009 3:21 pm 
Offline

Joined: Thu Mar 19, 2009 8:17 am
Posts: 31
Nou vir die opvolg 'Die Groot Avontuur', oorgeskryf met hedendaagse kennis, wat beloof om meer te verkoop as die oue...

Baie slim aanvoorwerk. Maar ek sal die nuwe een ook lees. Well done Leon!


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: 'n Eertydse IO-apologeet bieg: "Ek was naïef".
PostPosted: Sun Jul 05, 2009 3:37 pm 
Offline

Joined: Thu Jul 24, 2008 1:57 pm
Posts: 1360
Location: Gauteng
Stefan wrote:

Soos wanneer jy uiteindelik die boonste verdieping van die toring van Babel bereik? :)


Die wat dink hulle staan, val, gewoonlik. :?

_________________
In the multitude of counsellors there is safety.
Bible, Proverbs xi. 14.


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: 'n Eertydse IO-apologeet bieg: "Ek was naïef".
PostPosted: Sun Jul 05, 2009 4:04 pm 
Offline

Joined: Thu Jul 24, 2008 1:57 pm
Posts: 1360
Location: Gauteng
Wedergestorwe Christen wrote:
Na my mening is wat naiwiteit betref die I ondersteuners se grootste probleem dat hulle naam alreeds byvoorbaat "ontwerp" veronderstel.


Ontwerp naief? :shock:

Wedergestorwe Christen wrote:
Dis asof hulle reken mens moet bloot kies tussen intelligente ontwerp en minder intelligente ontwerp - eerder as dat hulle bewus raak van die geskiedenis van die konsep van die heelal as iets wat ontwerp is.


Ontwerp en ontwerp en ontwerp ad infinitum

Wedergestorwe Christen wrote:
Dit kom natuurlik van toeka se tyd af met pottebakker-en-klei projeksies maar die I se storie is meer resente mitologie.


of beeldspraak

Wedergestorwe Christen wrote:
Die probleem van naiwiteit as dit by gelowiges se idees oor die werklikheid kom is die Mindset wat veronderstel dat vordering in kennis kom deur afleidings te maak uit ou idees (m.a.w. Deur deduksie ipv induksie) en nuwe ondersteunende idees daarby nuwe te las.


O, so jy glo nie dis belangrik mens geskiedenis verstaan om die toekoms te trotseer nie?

Wedergestorwe Christen wrote:
Meantime is dit in retrospek dikwels die geval dat ons ons illusies ontmasker, nie deurdat ons n sekere hoeveelheid idees by ons ouer oortuigings by kon voeg nie maar deurdat jy bewus geword het van al die ongegronde voorveronderstellings waarop al die idees berus, die vanselfsprekende aanvaarding waarvan dit valslik noodwendig laat lyk het


Ouer of "ouer" oortuigings byvoeg of nie, hierdie Ongegronde en "Ongegronde" voorveronderstellings moes tog eers verby kom alvorens jy hierdie afleiding kon maak, nie so?

"Hypicrote. "Person whose actions belie stated beliefs"

Waarom jou leeftyd spandeer deur die antieke te studeer, WC. Weet nugter.

Nietemin om terug te kom na

"Ongegronde voorveronderstellings" - Nie EERS JY het 'n idee wat IS en nie IS nie, waarom hierdie condescending attitude?

Wedergestorwe Christen wrote:
En die probleem lê baie diep. Byvoorbeeld: meeste gelowige mense worry bloot oor watter geloof die ware een is, eerder as dat hulle hulleself afvra waar die idee vandaan kom dat mens hoegenaamd in iets moet glo.


WC, asseblief, Jy praat van "hoegenaamd in iets glo". Jy glo of jy daarvan hou of nie. Jy glo die stoel waarop jy sit gaan jou hou. Jy kan "glo" nie ontsnap nie.

Wedergestorwe Christen wrote:
Meeste mense argumenteer of God bestaan of nie, eerder as dat hulle daaraan dink om te vra hoe mense aan die godskonsep gekom het en hoe hulle dit heeltyd aanpas.


Julle sg. atties karring met hierdie tipe stellings en dan kan mens nie anders as om tot die gevolgtrekking te kom dat jul of nie groei nie, of julle bly kwaad vir jul eie tot onlangs? naiewe denke. Dit was jou eie keuse om te dink soos wat jy wou dink. Wat dit ookal was.

Move on. Of 'n persoon in God glo of nie, verander nie die feit dat hy/sy ook 'n "thinking individual" is nie.

Wedergestorwe Christen wrote:
Om egter die geskiedenis van n idee te ken is om naiwiteit met betrekking daartoe te verloor


Hier weerspreek jy jouself en daarom verwys ek na "Hypicrote. "Person whose actions belie stated beliefs"

Natuurlik is dit beter om die geskiedenis van 'n idee te ken. Dit is GROEI!

Wedergestorwe Christen wrote:
Godsdienshistoriese kennis gee die game weg en sal jou wys gelowiges neem hulle tydsgebonde idees oor God, die Bybel en die lewe hopeloos te ernstig op.


Godsdienshistoriese kennis? Miskien. Wie wil nou OOK godsdiens beoefen?

Dit is eerder 'n geval van die hede wat die game weg gee, en antwoorde in die geskiedenis verskuil is. Maak oop jou oê WC!

Wedergestorwe Christen wrote:
Dis hoekom toeloë dit nie kan bekostig om NIE naief te wees nie.


Teoloë naief of nie. Dit is nie die issue nie. Soos ek vir Barend destyds gesê het die Teoloog of die Kerk is die enigste instansie wat bestaan ter will van sy NIE-Lede. Die "accountability" m.b.t. genetiese waarhede lê nie in die hande van die teoloog nie. Die biologiese wetenskaplikes wel en ek kan jou verseker jy en ek het nie 'n idee nie.

Wedergestorwe Christen wrote:
Teologie is die enigste "wetenskap" waar vordering gesien word as synde n verdediging van stokou idees eerder as die falsifikasie van populere hipotesisse.


Goed so!

Wedergestorwe Christen wrote:
Waar in meeste ander wetenskappe dit as vordering gesien word as n persoon sy leermeester verkeerd bewys ervaar die meeste teoloë dieselfde in hulle vakgebied as n eksistensiële disaster.


Dit is jammer, maar dan nou weer aan die anderkant

In the multitude of counsellors there is safety.
Bible, Proverbs XI. 14

en glo meeste weet dit.

Wedergestorwe Christen wrote:
Toegegee, dit is swaar as jy jou lewe daaraan spandeer het om antwoorde te vervolmaak en iemand Dan kom en jou vertel jy het die verkeerde vrae gevra. Maar such is life:


Nee WC, dit is 'n blessing! 'n Opregte soeker sal dit juis verwelkom.

Wedergestorwe Christen wrote:
Om lere te bestyg net om, as jy wel die top bereik, agter te kom die bliksemse ding leun teen die verkeerde muur.


Such is life!

Wedergestorwe Christen wrote:
Mens moet jou nie laat intrek deur te argumenteer op n vlak waar die aanname van "ontwerp" reeds n gegewe is nie.


Daar het mens dit nou. Kommunikasie kannal dan nou toe.
Jaa hhh swaer. Such is life. Such is life.

Groete

Image

NS - In just seven days, I will make you a ma..ahahah ahn

_________________
In the multitude of counsellors there is safety.
Bible, Proverbs xi. 14.


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: 'n Eertydse IO-apologeet bieg: "Ek was naïef".
PostPosted: Sun Jul 05, 2009 4:50 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Mar 26, 2007 10:41 pm
Posts: 2004
Location: Johannesburg
Hallo WC,

Vanweë jou jeugdigheid het jy mos nog ‘n goeie rug en sterk bene, moet nou nie so gou moed opgee nie man.

As jy nou daar bo is en agter kan kom die leer lê teen die verkeerde muur is dit mos nie Nietzsche nie. Van waar jy jou bevind het jy ‘n beter uitsig as die ouens wat nog onder die Gods wolk op die leer aan die klim is.

Die Übermensch kan en wil nie weer die leer afklim wat geklim was nie en moet dus vanuit sy posisie die fata morgana van Zarathustra identifiseer en met die leer van nihilisme daarheen klim. Hier is ‘n stuk van mede aspirant klimmers http://nietzsche.group.stumbleupon.com/ om jou te help om die fata morgana te probeer identifiseer.

Ek vermoed julle is vinnig besig om ‘n bottelnek daar boaan die leer te vorm en hulle kan doen met nog ‘n Captain Marvelous entiteit se insette om die Zarathustra newelbeeld te identifiseer.

Daar bestaan reeds ‘n sense of urgency in die sin dat die leer waarteen jy en die Westerse wêreld teen geklim reeds vinnig disintegreer so, julle sal die lyk van die god van Nietzsche binne kort kan sien!

Ek weet dat doel en metodiek nie as ‘n groot ding in julle beskouing is nie maar julle beter iets doen, want as die leertjie nie meer daar is nie sal julle vinnig moet kan vlieg en daai mirage soek, dis nou as julle eksklusiewe verligtes wel Übermensche is wat kan vlieg ....anders gaan julle hard val ....maar moenie in so ‘n geval te veel worry of tou opgooi nie, julle sal uuuiteiiiindelik weer ‘n leer hê om te oorwin, julle kom mos terug .

Mooi kyk,

Luk


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: 'n Eertydse IO-apologeet bieg: "Ek was naïef".
PostPosted: Sun Jul 05, 2009 5:42 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sat Oct 29, 2005 4:20 pm
Posts: 6224
Location: Sheol (Ou Testamentiese doderyk)
Dankie vir jou moeite Ilse,

Quote:
O, so jy glo nie dis belangrik mens geskiedenis verstaan om die toekoms te trotseer nie?

Het jy geweet buikspraak is nie n olimpiese sport nie?

Quote:
"Hypicrote. "Person whose actions belie stated beliefs"

Quite so, and the meaning of life is found in the dictionary.

Quote:
Waarom jou leeftyd spandeer deur die antieke te studeer, WC. Weet nugter.

Hoekom bestudeer mense dinosaurusse of die antieke Egiptenare? Nie omdat mense noodwendig moet glo wat sulke gediertes glo nie maar omdat dit vir hulle interessant is. Al ooit daaraan gedink?

Quote:
WC, asseblief, Jy praat van "hoegenaamd in iets glo". Jy glo of jy daarvan hou of nie. Jy glo die stoel waarop jy sit gaan jou hou. Jy kan "glo" nie ontsnap nie.

Glo dit of nie, ek het gepraat van geloof in die bonatuurlike - nie geloof per se nie.

Quote:
In the multitude of counsellors there is safety.
Bible, Proverbs XI. 14

Behalwe as die spul n klomp idiote is. Dan beter jy vlug vir jou lewe.

Quote:
NS - In just seven days, I will make you a ma..ahahah ahn

Ek hoop nie jy is besig om op Enkidu se tert te sinspeel nie want ek stel nie belang nie.

Blessings
WC

_________________
There ain't no answer.
There ain't gonna be any answer.
There never has been an answer.
That's the answer.

--Gertrude Stein


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: 'n Eertydse IO-apologeet bieg: "Ek was naïef".
PostPosted: Sun Jul 05, 2009 6:18 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sat Oct 29, 2005 4:20 pm
Posts: 6224
Location: Sheol (Ou Testamentiese doderyk)
lukas wrote:
Mooi kyk,

Luk

Luk,

Jy weet, so goed soos ek, jy kan jou dae beplan net om uit te vind die dae het ander planne.

Quote:
GENESIS 28[uncut]
Jakob is van Berseba af weg na Haran toe. Teen sononder het hy by 'n plek gekom waar hy kon oornag. Hy het daar 'n klip vir 'n kopkussing gebruik en gaan lê en slaap. Hy het gedroom: 'n leer staan op die aarde en die punt van die leer raak aan die hemel, en engele van God klim op en af met die leer. Toe kom staan die Here by Jakob en sê: "Ek is die Here die God van jou voorvader Abraham, die God van Isak. Ek sal die grond waarop jy lê, vir jou en jou nageslag gee. Maar Jakob is so gefasineerd deur die set-up dat hy nie mooi hoor nie. Toe vra Jakob vir die Here: "Hoekom het die engele n leer nodig as hulle kan vlieg? En hoekom gebruik julle n leer as julle nie fisiese wesens is nie? En waar is die leer heen as ek wakker word in die more? En hoekom staan u hier langs my as u alomteenwoordig is? Waarom is dit hoegenaamd nodig om in n droom net aan my te verskyn en nie bedags aan alle mense nie? Toe sê die Here vir Jakob: "Sal jy my glo as ek jou vertel ons altwee is tans net fiktiewe karakters op n webforum genaamd Kletskerk en dat ons maak watookal die skrywer wil hê ons moet?" Jakob kyk die Here skepties aan en vra toe, "Kan u dit bewys?" "Nee," sê God, "al wat ek weet is dat WC tans besig is om te ad lib."

Wie ore het sal hoor.

:idea:

_________________
There ain't no answer.
There ain't gonna be any answer.
There never has been an answer.
That's the answer.

--Gertrude Stein


Top
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 251 posts ]  Go to page 1, 2, 3, 4, 5 ... 17  Next

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 5 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Search for:
Jump to:  




South Africa's Top Sites Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
Style edited by LEE for phpBB3