Tuisblad   Wie is ons?   Argief   Soek Artikels   Beknopte Index   Registreer  Hulpstaaf   Foto's  
Login   Register    FAQ    Search
It is currently Thu Sep 09, 2010 5:27 am

All times are UTC + 2 hours

Post new topic Reply to topic  [ 65 posts ]  Go to page 1, 2, 3, 4, 5  Next
Author Message
 Post subject: Is wetenskaplike studie sonde?
PostPosted: Thu Nov 19, 2009 8:12 am 
Offline
User avatar

Joined: Tue Apr 28, 2009 10:41 pm
Posts: 373
Ek is vannogend weer stomgeslaan oor die absurde manier (uit my oogpunt) waarop gelowiges dink, na aanleiding van ‘n gesprek gisteraand. Met gelowige bedoel ek hier die gemiddelde kerkgaande Pretorianer wat nog glo dat goeie dade beloon word en dat daar wel so iets soos sonde is. Hier is so paar goed wat ek oor wonder.

As bonatuurlike geeste op enige gegewe stadium die wette van die natuur kan opskort na hulle wil, wat is die doel dan van die wetenskap?

As daar regtig ‘n ware god is wat nie aan die wette van die natuur gebonde is nie, dan is enige wetenskaplike navorsing mos sinneloos. Geen antwoorde kan ooit ontdek word nie want die reëls van geeste wat “buite” die natuur staan is nie deel van die speletjie nie en kan dus nie ontdek word nie. Wat help dit dus om uit te vind hoe om siektes te genees en beter te leef as jy in elk geval deur jou geloof die dood van jou brein gaan oorleef?

Verder, as wetenskaplike aktiwiteite tot gevolg kan hê dat sommige mense ontkeer word, is die blote deelneem daaraan dan nie sonde nie. Of moet ‘n mens dit dan net matig doen soos drink of dans?

So gesien sou dit dan moontlik sondig wees om iets groots soos ‘n kuur vir vigs uit te vind maar nie om iemand ‘n pilletjie vir kopseer te gee nie.

Sou gelowiges wou sien dat wetenskaplike ondersoek saam met goed soos lieg, steel en moor as sondig gesien word?

_________________
"Presupposing has all the advantage over demonstrating that theft has over honest labor." - Bertrand Russell

Last edited by Mafufunjane on Thu Nov 19, 2009 8:41 am, edited 1 time in total.

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Is wetenskaplike studie sondig?
PostPosted: Thu Nov 19, 2009 8:19 am 
Offline

Joined: Fri Oct 28, 2005 6:01 pm
Posts: 13278
Location: Kaapstad
Anders gestel - wat op dees aarde is nie "sonde" nie.

Annette

_________________
Elke dag is mooi

http://www.oepsadysie.co.za

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Is wetenskaplike studie sondig?
PostPosted: Thu Nov 19, 2009 8:23 am 
Offline
User avatar

Joined: Tue Apr 28, 2009 10:41 pm
Posts: 373
Inderdaad!

_________________
"Presupposing has all the advantage over demonstrating that theft has over honest labor." - Bertrand Russell

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Is wetenskaplike studie sonde?
PostPosted: Thu Nov 19, 2009 9:04 am 
Offline
User avatar

Joined: Sun Jun 17, 2007 5:48 am
Posts: 1055
Location: Pretoria
Job 12:7-9. "Maar vra tog vir die diere, dat hulle jou leer; en die voëls van die hemel, dat hulle jou te kenne gee; of spreek die aarde aan, dat dit jou leer, en laat die visse van die see jou vertel. Wie weet nie deur al hierdie dinge dat die hand van Yahweh dit gemaak het nie.?"

Rom. 1:20. "Want sy onsigbare dinge kan van die Skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;"

Dit kan tog net dui op natuurwetenskaplike navorsing. Yahweh het tog alle natuurwette geskape, sodat daar orde in die Skepping kan wees. Yahweh is immers nie ‘n God van wanorde nie (1 Kor. 14:33). Op geen manier kan die aarde, of visse en voëls vir ons van die werke van Yahweh vertel, behalwe dat ons hulle fossiele ondersoek nie.

Dus navorsing is nie sonde nie, dit is 'n opdrag.

_________________
"Dit pas by jou om soos 'n vrou te ween oor iets wat jy nie wou verdedig soos 'n man nie" (vrou aan seun na die slag van Grenada)

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Is wetenskaplike studie sonde?
PostPosted: Thu Nov 19, 2009 9:34 am 
Offline
User avatar

Joined: Sun Jun 17, 2007 5:48 am
Posts: 1055
Location: Pretoria
Mafufunjane wrote:
Ek is vannogend weer stomgeslaan oor die absurde manier (uit my oogpunt) waarop gelowiges dink, na aanleiding van ‘n gesprek gisteraand. Met gelowige bedoel ek hier die gemiddelde kerkgaande Pretorianer wat nog glo dat goeie dade beloon word en dat daar wel so iets soos sonde is. Hier is so paar goed wat ek oor wonder.

So terloops.

Matt. 7:16. "Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ‘n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!"

Matt. 12:33-34. “Julle moet óf die boom goed maak en sy vrugte goed, óf julle moet die boom sleg maak en sy vrugte sleg; want aan die vrugte sal die boom geken word. Addergeslag, hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is? Want uit die oorvloed van die hart praat die mond.”

Jak. 3:11-12. "‘n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie? ‘n Vyeboom, my broeders, kan tog nie olywe voortbring, of ‘n wingerdstok vye nie? So kan geen fontein brak en vars water voortbring nie."

Job 14:4. "Ag, kon maar ‘n reine voortkom uit ‘n onreine - nie een nie!"

Hierdie verse handel nie net oor ‘n goeie lewenswyse of dade nie. Die goeie lewenswyse word juis aan die natuurwet getoets, omdat dit ‘n vaste gegewe is. Dit is nie die natuurwet wat aan die goeie lewenswyse getoets word nie. ‘n Mens pluk werklik nie druiwe van dorings of vye van distels nie. Gaan toets dit maar. Dit is juis omdat die natuurwet so vas is, dat Yahshua dit as maatstaf kan gebruik vir ‘n goeie lewe.

_________________
"Dit pas by jou om soos 'n vrou te ween oor iets wat jy nie wou verdedig soos 'n man nie" (vrou aan seun na die slag van Grenada)

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Is wetenskaplike studie sonde?
PostPosted: Thu Nov 19, 2009 10:18 am 
Offline

Joined: Fri Oct 28, 2005 6:01 pm
Posts: 13278
Location: Kaapstad
KKKKoos wrote:
Job 12:7-9. "Maar vra tog vir die diere, dat hulle jou leer; en die voëls van die hemel, dat hulle jou te kenne gee; of spreek die aarde aan, dat dit jou leer, en laat die visse van die see jou vertel. Wie weet nie deur al hierdie dinge dat die hand van Yahweh dit gemaak het nie.?"

Rom. 1:20. "Want sy onsigbare dinge kan van die Skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;"

Dit kan tog net dui op natuurwetenskaplike navorsing. Yahweh het tog alle natuurwette geskape, sodat daar orde in die Skepping kan wees. Yahweh is immers nie ‘n God van wanorde nie (1 Kor. 14:33). Op geen manier kan die aarde, of visse en voëls vir ons van die werke van Yahweh vertel, behalwe dat ons hulle fossiele ondersoek nie.

Dus navorsing is nie sonde nie, dit is 'n opdrag.

1) Raait - hoe "vra" mens 'n dier om jou te leer?
Op welke wyse gee 'n voël ( die een wat vlieg) my "te kenne"?
Hoe spreek ek "die aarde" aan?
Watter visse kan "praat"?
Dus is "navorsers" diesulkes wat nie weet dat "Yahwe" al hierdie dinge gemaak het nie - en as hulle dit weet, is navorsing nie nodig nie? Presies die vraag van die draad.

2) Watse "onsigbare dinge" kan "duidelik gesien" word?
Het ons hier met hallusinasies te doen, en by implikasie beskonkenheid deur 'n dwelm? Is dit waarvoor die opdrag van "die navorsing" nodig is?

KKKKooos, ek het geen idee waarvolgens jy jou afleiding re die opdrag tov navorsing maak nie . Jy praat bietjie erg deurmekaar.
Bedoel jy dat slegs die wat nie glo dat Yahwe alles gemaak het nie, behoort navorsing te doen?
Bedoel jy dat die wat navorsing doen, in hul antwoorde hul sal dryf na die onsiende wat gesien word?

Kom ons neem dit stap vir stap, en antwoord eers die ou vragies by 1).

Annette

_________________
Elke dag is mooi

http://www.oepsadysie.co.za

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Is wetenskaplike studie sonde?
PostPosted: Thu Nov 19, 2009 10:23 am 
Offline
User avatar

Joined: Tue Apr 28, 2009 10:41 pm
Posts: 373
KKKoos,

Ek dink jy mis my punt.

Selfs al beskou jy die inwin van wetenskaplike inligting as 'n opdrag van god, wat kan die doel daarvan wees?

Wat baat dit die mens om enigeiets wetenskaplik te probeer verklaar as god die natuurwette eensklaps kan verander?

So bou die miertjies hulle miershoop vir jare en dan kom skop die stoute skoolseun dit om.

Gelowiges hou daarvan om te praat van die doel wat god met hulle lewens het. Nou maak god dit jou doel om kanker te oorwin en jy spandeer 50 jaar van jou lewe daaraan. Uiteindelik behaal jy 'n mate van sukses en behaal groot roem.

Daar sterf jy toe maar gelukkig was jy darem 'n goeie mens so jy spring die dood van jou brein vry en gaan direk hemel toe. In die hemel kom jy agter dat kanker eintlik nie daar bestaan nie want "natuurwette" is daar nie. Al jou moeite was verniet en so ook al die dinge wat die arme drommels op aarde verder nog aanvang.

Is dit wat julle gelowiges wil he ons moet glo gaan werklik gebeur?

My ander punt of wetenskaplike studie tot ontkering kan lei en daarom sonde moet wees, het jy nie aangespreek nie.

_________________
"Presupposing has all the advantage over demonstrating that theft has over honest labor." - Bertrand Russell

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Is wetenskaplike studie sonde?
PostPosted: Thu Nov 19, 2009 10:32 am 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 13277
Location: Weskaap
Mafufunjane wrote:
My ander punt of wetenskaplike studie tot ontkering kan lei en daarom sonde moet wees, het jy nie aangespreek nie.

Wetenskaplike studie kan seker uit die aard van die saak nie sonde wees nie. Op grond waarvan dit sonde is kan ek my nie indink nie. Dit is wel ongetwyfeld so dat wetenskaplike studies tot ontdekkings lei wat vir baie gelowiges ongemaklik is.

Daar is talle voorbeelde daarvan maar die "ontdekking" dat die aarde nie 6 000 jaar oud is nie, is 'n goeie voorbeeld. Dit en baie ander wetenskaplike ontdekkings het die mat uitgetrek onder baie van die dinge wat mense voorheen geglo het.

Hierdie studies en ontdekkings hoef na my mening nie noodwendig 'n probleem te wees vir mense wat glo nie. Wanneer ons van "ontkering" praat moet ons ook vir mekaar s^e wat ons daarmee bedoel.

Vir sommige is die ontkenning van die maagdelike geboorte of die ouderdom van die aarde reeds 'n vorm van ontkering. Ander sien ontkering as die algehele verwerping van 'n hoër mag.

Wat my betref het ek nie 'n probleem met enige studie wat nuwe insigte bied nie. Dit geld wil nuwe insigte ten opsiogte van die wetenskap sowel as die teologie.

_________________
We must move out again into the open air of intellectual discussion with the world, and risk shocking people if we are to cut any ice. - Dietrich Bonhoeffer

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Is wetenskaplike studie sonde?
PostPosted: Thu Nov 19, 2009 10:47 am 
Offline
User avatar

Joined: Tue Apr 28, 2009 10:41 pm
Posts: 373
Jean wrote:
Hierdie studies en ontdekkings hoef na my mening nie noodwendig 'n probleem te wees vir mense wat glo nie. Wanneer ons van "ontkering" praat moet ons ook vir mekaar s^e wat ons daarmee bedoel.

Dit hoef nie maar dit kan.

As jy jou kind na 'n millitere opleidingskamp van Osama bin Laden stuur is daar 'n kans dat hy in 'n moslem gaan uitdraai.

As jy aanhou krap in die bybelgeskiedenis en mediese wetenskap is daar 'n kans dat jy gaan ophou glo dat Jesus regtig uit die dood opgestaan het.

Is dit sonde om daai kans te vat as jy weet wat die moontlike uitslag kan wees?

Ontkering kan baie dinge beteken, jy's reg. Vir my is die wydste definisie dat ek nie meer glo in enige bonatuurlike magte nie.

Vir my ouers, familie en vriende beteken dit ek aanvaar nie meer die drie-enige god van die susterskerke as my verlosser nie. Kom ons se ek werk hier met daardie konsep.

_________________
"Presupposing has all the advantage over demonstrating that theft has over honest labor." - Bertrand Russell

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Is wetenskaplike studie sonde?
PostPosted: Thu Nov 19, 2009 3:16 pm 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 13277
Location: Weskaap
Mafufunjane wrote:
As jy aanhou krap in die bybelgeskiedenis en mediese wetenskap is daar 'n kans dat jy gaan ophou glo dat Jesus regtig uit die dood opgestaan het.

Hiermee stem ek ek saam. Trouens die kans is redelik groot dat jy meer soos voorheen sal glo as jy aanhou krap in die dinge nie. Sommige sal selfs ophou glo in die bestaan van wat ons "God" noem maar nie almal nie. En dit is in die haak met my. Ek glo nie mense wat hulle geloof opgee is slegter as die wat dit behou nie en ek glo ook nie dat sulke mense vir altyd en ewig in 'n poel van vuur gaan brand nie.

Ek dink net mense wat die gedagte van 'n hoër mag (hoe jy ook al wil definieeer) ontken moet darem ook in gedagte hou dat daar ander mense is wat anders daaror dink. Dit is myns insiens onnodig dat gelowiges ongelowiges aanhou verketter maar ek dink ook sommige ongelowiges is net so fundamentalisties soos die gelowige Christen-taliban bendes.

Hier is deelnemers soos byvoorbeeld Attie Geesloos wat so neerbuigend en arrogant omgaan in sy poste met ander se sienings dat geensins verskil van diegene wat fundamentalisties gelowiges is nie.

Dan is daar weer ongelowiges soos Blouwildebees by wie ek meer aanklank vind as by talle gelowiges en wie se waardes ek een honderd persent deel.

Dit is dalk 'n wye draai om die vraag te beantwoord of wetenskaplike studie sonde is maar ek dink tog dit hou verband met die vraag.

_________________
We must move out again into the open air of intellectual discussion with the world, and risk shocking people if we are to cut any ice. - Dietrich Bonhoeffer

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Is wetenskaplike studie sonde?
PostPosted: Thu Nov 19, 2009 3:52 pm 
Offline

Joined: Fri May 08, 2009 10:52 pm
Posts: 132
Sover my kennis strek word Galileo Galilei beskou as die "vader" van die moderne denkwyse, waardeur teorieë deur eksperimente bevestig is. Hy het Kopernikus ondersteun en beweer dat die aarde om die son wentel, en nie andersom nie. Vir hierdie siening is hy amper brandstapel toe gestuur, hy moes baie mooi om verskoning vra om nie te braai nie.

Ek dink daar is 'n fundamentele backlash onder baie mense teen wetenskap, omdat dit volgens hulle geloof/die bybel/christenskap ondermyn. Dit kry ek van baie mense wat ek sou dink dalk anders sou redeneer. Mense wat in 'n tegniese wêreld leef, wat hulle brood verdien met tegnologie, wat reken die aarde is 6000 jaar oud. Ek wonder of hulle Newton se swaartekrag wette aanvaar? (Gaan nou dadelik een vang en die antwoord uit hom uit bliksem... :lol: ) So, draai die aarde om die son of die son om die aarde? Mense wat wetenskap verwerp, verwerp hulle ook die swaartekrag wette? As mense iemand probeer gesond bid, moet hulle mos dan geen medikasie ook neem nie of nie op mediese wetenskap steun nie? En die bliksems wat dit van hulle kinders weerhou, hulle sou ek graag in hulle eie hel wou sien brand.

So, die mense wat wetenskap/navorsing verwerp, vra hulle dalk volgende keer of hy loop waar hy wil wees (karre moet ook mos van die bose wees), of hy kos net eet wat hy self produseer, of hy op 'n rekenaar werk, en of die son om die aarde wentel. Mens kan mos nie net selektief verwerp wat jou nie pas nie?

S

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Is wetenskaplike studie sonde?
PostPosted: Thu Nov 19, 2009 4:22 pm 
Offline

Joined: Thu Apr 24, 2008 4:17 pm
Posts: 1103
Sommer wrote:
Mens kan mos nie net selektief verwerp wat jou nie pas nie?

Progresiewe selektiewe verwerping is die tydelike behoud vir die geloofs-pleeger.
Wetenskap en tegnologie is die dryfveer om hierdie ontsnappings roete te moet volg.

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Is wetenskaplike studie sonde?
PostPosted: Thu Nov 19, 2009 4:25 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Mar 06, 2007 9:17 pm
Posts: 1655
Location: Agter die Kaapse Boereworsgordyn
Motors, treine, bote en vliegtuie is ook sonde.

As die here wou gehad het jy moet ry sou hy jou wiele gegee het, die see te oorkruis jou vinne gegee het en in die lug vlieg jou vlerke gegee het.

Die here het ons bene gegee. Jy moet loop - en basta!!

_________________
The day most wasted in your life is the day in which you did not laugh
Skype - iainfinlaystrand

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Is wetenskaplike studie sonde?
PostPosted: Thu Nov 19, 2009 9:05 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Apr 28, 2009 10:41 pm
Posts: 373
Jean wrote:
Mafufunjane wrote:
As jy aanhou krap in die bybelgeskiedenis en mediese wetenskap is daar 'n kans dat jy gaan ophou glo dat Jesus regtig uit die dood opgestaan het.

Hiermee stem ek ek saam. Trouens die kans is redelik groot dat jy meer soos voorheen sal glo as jy aanhou krap in die dinge nie. Sommige sal selfs ophou glo in die bestaan van wat ons "God" noem maar nie almal nie. En dit is in die haak met my. Ek glo nie mense wat hulle geloof opgee is slegter as die wat dit behou nie en ek glo ook nie dat sulke mense vir altyd en ewig in 'n poel van vuur gaan brand nie.

Ek wou eers woes met jou begin stry maar ek sien al klaar dat daai glyerige godsbeeld van jou dit weer gaan moeilik maak om jou in 'n hoek te druk. :lol: Jy is in ieder geval meer deel van die koor as wat jy nie is nie.

Dis eintlik die ander 99.999% christene (of ander gelowiges) wie ek wil hoor. Daai ouens wat glo dat poele vuur vir ewig kan brand.

Ek wonder net of hulle al die implikasies deurdink het van 'n situasie waarin 'n god regtig bestaan.

Myns insiens sou die bestaan van 'n god wat buite tyd en ongebonde aan die wette van die natuur staan, alle vorme van wetenskap belaglik maak. Wat kan belangrik wees aan die ontdekkings van die wetenskap as dit nie eers die basiese natuurwette teen godelike ingryping kan beskerm nie?

As god natuurlik nie bestaan nie, is daar 'n helse klomp mense wat moer deurmekaar is oor wat regtig in die heelal aangaan en wie hulle lewens lei volgens vrese en hoop wat absoluut irrasioneel is.

_________________
"Presupposing has all the advantage over demonstrating that theft has over honest labor." - Bertrand Russell

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Is wetenskaplike studie sonde?
PostPosted: Thu Nov 19, 2009 11:32 pm 
Offline

Joined: Fri May 05, 2006 1:18 am
Posts: 501
St Clair wrote:
Die here het ons bene gegee. Jy moet loop - en basta!!

Issie waar nie. Ons het bene en voete om die pedals van ons karre te trap. Ek het Jesus self gevra.

Top
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 65 posts ]  Go to page 1, 2, 3, 4, 5  Next

All times are UTC + 2 hours

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 6 guests

You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Search for:
Jump to:  

South Africa's Top Sites Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
Style edited by LEE for phpBB3