Tuisblad   Wie is ons?   Argief   Soek Artikels   Beknopte Index   Registreer  Hulpstaaf   Foto's  
Login   Register    FAQ    Search
It is currently Thu Sep 09, 2010 6:11 am

All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 93 posts ]  Go to page 1, 2, 3, 4, 5 ... 7  Next
Author Message
 Post subject: JUIG treur oor Kletskerk
PostPosted: Mon Nov 23, 2009 4:04 pm 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 13277
Location: Weskaap
Die Afrikaanse "Christen" tydskrif JUIG is vies vir my. Hulle hou nie daarvan dat ek op Kletskerk HIER geskryf het JUIG suig nie. In hulle jongste uitgawe wy hulle 'n dubbelblad se kommentaar aan die saak.

'n Halfblad daarvan word afgestaan aan my KK pos oor die tydskrif wat hulle woordeliks net so uit Kletskerk geplaas het. Daarvoor is ek dankbaar.

In haar kommentaar oor my stuk skryf die redakteur Erin Georgiou:
Quote:
"En dan laastens is dit ontmoedigend as Christenjoernaliste soos Jean Oosthuizen (Kerkbode), standpunte publiseer wat negatief is t.o.v die verkondiging van die onvervalste Woord van God. Ek was baie ontstem deur sy pos wat JUIG! met pornografie vergelyk....


Terwyl JUIG my bykom verkondig hulle steeds die leuen dat homoseksualiteit niks anders as 'n sonde is wat oorkom kan word nie. En oudergewoonte word die leuen regop gehou met 'n hele arsenaal bybeltekste van Genesis, Levitikus, Psalms regdeur tot by Openbaring. Helfte van die tekste het natuurlik absoluut niks te make met homoseksualiteit nie maar JUIG laat nie toe dat feite met 'n goeie storie inmeng nie.

Sies JUIG! julle suig inderdaad. Kry julle nie eers 'n klein bietjie skaam nie?

_________________
We must move out again into the open air of intellectual discussion with the world, and risk shocking people if we are to cut any ice. - Dietrich Bonhoeffer


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: JUIG treur oor Kletskerk
PostPosted: Mon Nov 23, 2009 4:18 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Apr 27, 2009 9:04 pm
Posts: 3483
'n Tydskrif met die uitsluitlike doel om wins te maak uit godsdiens het die reg op ander kritiseer reeds verloor. Dan praat mens nog nie eers oor die drek wat hulle goed dink om te publiseer nie. SUIG! inderdaad.

edit - Vir wat kom praat Erin Georgiou nie saam hier nie? Of lewer sy net kritiek waar sy veilig kan skuil tussen die ondenkendes wat haar opinies deel?

_________________
Image


Last edited by Phish on Mon Nov 23, 2009 4:20 pm, edited 1 time in total.

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: JUIG treur oor Kletskerk
PostPosted: Mon Nov 23, 2009 4:19 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed Jan 02, 2008 2:53 pm
Posts: 1879
Location: KZN-Suidkus
Hoe suig ek nou aan die JUIG! Sies ga poe, spoeg yt!

_________________
ADSL UNCAPPED vanaf R 212.00 pm of Capped vanaf R 35.00 Per Gig Amaclick


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: JUIG treur oor Kletskerk
PostPosted: Mon Nov 23, 2009 4:23 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Dec 11, 2007 6:05 pm
Posts: 7530
Phish wrote:
'n Tydskrif met die uitsluitlike doel om wins te maak uit godsdiens het die reg op ander kritiseer reeds verloor.


Ek stem saam.

Die Woord is verniet, nooit cheap nie.

Groetnis
Kat

_________________
Die Bybel less-weight, dalk?

Really????? those pics of yours speak absolute volumes...its not one sees..its about what one doesn't see


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: JUIG treur oor Kletskerk
PostPosted: Mon Nov 23, 2009 4:35 pm 
Offline

Joined: Sun May 03, 2009 8:51 pm
Posts: 2574
Jean wrote:
Sies JUIG! julle suig inderdaad.

**Sug**
Dis al wat ek ook te sê het oor dié tapit tydskriffie.


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: JUIG treur oor Kletskerk
PostPosted: Mon Nov 23, 2009 5:05 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed Jun 17, 2009 7:13 pm
Posts: 3885
Dankie Juig vir die gratis reklame vir Kletskerk!!!

Twee, bladsye, cool. Jean, jy het seker ten minste R50 gespaar, as wat jy nou twee bladsye sou gebruik on Kletskerk te adverteer in hulle tydskrif.

Ek hoop hulle het darem ook dankie gesê vir die link na hulle website wat jy geplaas het. Met 'n miljoen hits per maand op Kletskerk se site, moes hulle gratis reklame van onskatbare waarde gewees het. Dink net hoeveel het hulle gespaar op reklame koste. :shock:

DWMV


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: JUIG treur oor Kletskerk
PostPosted: Mon Nov 23, 2009 5:25 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Mar 06, 2007 9:17 pm
Posts: 1655
Location: Agter die Kaapse Boereworsgordyn
Jean wrote:

In haar kommentaar oor my stuk skryf die redakteur Erin Georgiou:
Quote:
"En dan laastens is dit ontmoedigend as Christenjoernaliste soos Jean Oosthuizen (Kerkbode), standpunte publiseer wat negatief is t.o.v die verkondiging van die onvervalste Woord van God. Ek was baie ontstem deur sy pos wat JUIG! met pornografie vergelyk....


Juig is seersekerlik die een tydskrif wat baie keer 'n vervalste woord verkondig. Daarby bedoel ek die twak wat hulle skryf wat geensins skrifgebaseer is. Dan ook die getuienisse wat mense gee van belewenisse wat teenstrydig is met die bybel.

Die tydskrif is eerder gebaseer op emosie en sensasionalisme - twee dinge wat 'n tydskrif baie uitgawes laat verkoop (veral aan dof mense en mense wat min kennis van die bybel het).

_________________
The day most wasted in your life is the day in which you did not laugh
Skype - iainfinlaystrand


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: JUIG treur oor Kletskerk
PostPosted: Mon Nov 23, 2009 5:36 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed Jun 17, 2009 7:13 pm
Posts: 3885
St Clair wrote:
Dan ook die getuienisse wat mense gee van belewenisse wat teenstrydig is met die bybel.

Kan jy 'n voorbeeld of twee noem St. Clair, en hoekom jy dit beskou as teenstrydig met die Bybel?

DWMV


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: JUIG treur oor Kletskerk
PostPosted: Mon Nov 23, 2009 10:57 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Nov 03, 2008 3:02 am
Posts: 3634
Kat wrote:
Phish wrote:
'n Tydskrif met die uitsluitlike doel om wins te maak uit godsdiens het die reg op ander kritiseer reeds verloor.


Ek stem saam.


'n Tydskrif wat nie 'n wins maak nie, maak toe - kyk wat het destyds met Vrye Weekblad gebeur. Die alternatief is dat 'n individu of 'n organisasie dit "bankroll", in welke geval dit tot 'n mindere of meerdere mate die oortuigings van die organisasie/persoon wat die tjeks uitskryf sal weerspieël.

Phish wrote:
Vir wat kom praat Erin Georgiou nie saam hier nie? Of lewer sy net kritiek waar sy veilig kan skuil tussen die ondenkendes wat haar opinies deel?


Ek stem saam, behalwe dat - helaas - party denkende mense natuurlik ook homofobies is. Maar Komaan Erin, kom debatteer jou standpunt oor homoseksualiteit hier op KK! Miskien leer ons almal iets daaruit.

_________________
I have yet to hear a man ask for advice on how to combine marriage and a career. - Gloria Steinem.


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: JUIG treur oor Kletskerk
PostPosted: Mon Nov 23, 2009 11:49 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Dec 11, 2007 6:05 pm
Posts: 7530
Erin Georgiou

Ek was vir 'n paar jaar net 'n huisvrou. Nou is ek net 'n ontvangsdame in vreugde.

Weet jy wat het ek gevind as 'n kommin huisvrou op Kletskerk?

Geloof in God is Liefde. Kennis in godsdiens bevry nie. Geloof in God se liefde bevry.

1 Johannes 4 vers 7 en 8

Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God. Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde.

Weet jy wat het ek nog geleer, omdat ek bereid was om as kommin huisvrou te leer tussen mense wat baie meer weet as ek. God het geskep in verskeidenheid en daarom:

Openbaring 22 vers 21:

Die genade van die Here Jesus sal met almal wees.

Hoe kan Jesus se genade vir almal wees? Ek weet nie, ek is nie God nie.

Maar dit weet ek vandag.

God word nie verkoop op ons eie voorkeure en afkeure nie. Jy kies net, neem jy Liefde aan of verwerp jy dit in elke oomblik?

Ek verskil eerder met mense in Liefde, as om te dink my mening oor mense bepaal wie gaan hemel toe en wie land in die hel.

Kat

_________________
Die Bybel less-weight, dalk?

Really????? those pics of yours speak absolute volumes...its not one sees..its about what one doesn't see


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: JUIG treur oor Kletskerk
PostPosted: Tue Nov 24, 2009 6:43 am 
Offline
User avatar

Joined: Mon Jan 29, 2007 11:21 pm
Posts: 6296
Location: Gewese Brakpanner... Siriaas..
Erin Georgiou wrote:
En dan laastens is dit ontmoedigend as Christenjoernaliste soos Jean Oosthuizen (Kerkbode), standpunte publiseer wat negatief is t.o.v die verkondiging van die onvervalste Woord van God. Ek was baie ontstem deur sy pos wat JUIG! met pornografie vergelyk....
Miskien moet Erin eerder vir haar lesers verduidelik watse klein persentasietjie van die globale 33% Christene hullself deel uitmaak van. Ek sien op hulle webblad is daar spesifieke riglyne wanneer jy hoofletters gebruik met verwysing na God en dies meer. Dalk moet sy ook vir haar lesers verduidelik dat Jesus nie gepla was met hoofletters nie. Hebreeus het nie hoofletters nie en baie Griekse geskrifte is net opgeteken in kleinletters.

Ek sien ook hulle verkies stories oor genesings en wonderwerke. Lekker sensasie.

Dan is daar medewerkers soos Bennie "die snaakste Satans-preek ooit" Mostert, Isak "gee my 5 minute" Burger, Angus "Rainmaker" Buchan en Solly "365 24 7" Ozrovech.

Dan nie eens te praat van Vra vir Val nie!

_________________
"..Mathematical ideas about the universe (however astounding) may not add one unit of adaptability to our repertoire when the environment changes. You can't eat Goedel's Theorem but you cán eat your neighbor.." Anonymous


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: JUIG treur oor Kletskerk
PostPosted: Tue Nov 24, 2009 7:34 am 
Offline
User avatar

Joined: Tue Apr 28, 2009 10:41 pm
Posts: 373
Phish wrote:
Vir wat kom praat Erin Georgiou nie saam hier nie? Of lewer sy net kritiek waar sy veilig kan skuil tussen die ondenkendes wat haar opinies deel?


Ek stem Phish.

Sy sal sekerlik hierdie draad lees, so, kom ons nooi haar uit om deel te neem met 'n vraag.

Erin, wat op aarde bedoel jy met -

" onvervalste Woord van God"?

_________________
"Presupposing has all the advantage over demonstrating that theft has over honest labor." - Bertrand Russell


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: JUIG treur oor Kletskerk
PostPosted: Tue Nov 24, 2009 7:57 am 
Offline
User avatar

Joined: Wed Jun 17, 2009 2:22 pm
Posts: 280
Jean wrote:
...Terwyl JUIG my bykom verkondig hulle steeds die leuen dat homoseksualiteit niks anders as 'n sonde is wat oorkom kan word nie. En oudergewoonte word die leuen regop gehou met 'n hele arsenaal bybeltekste van Genesis, Levitikus, Psalms regdeur tot by Openbaring. Helfte van die tekste het natuurlik absoluut niks te make met homoseksualiteit nie maar JUIG laat nie toe dat feite met 'n goeie storie inmeng nie.


Hierdie soort wanvoorstellings van JUIG maak van Christendom 'n bespotting.

Wie is JUIG om die veroordelende vinger rond te swaai en die Bybel versie vir versie te misbruik om hul kleinlike persepsies wyd aanvaarbaar te probeer maak?

_________________
It is impossible to make anything foolproof because fools are so ingenious...


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: JUIG treur oor Kletskerk
PostPosted: Tue Nov 24, 2009 8:34 am 
Offline

Joined: Fri Oct 28, 2005 6:01 pm
Posts: 13278
Location: Kaapstad
Martha-Marie wrote:
Hierdie soort wanvoorstellings van JUIG maak van Christendom 'n bespotting.

Wie is JUIG om die veroordelende vinger rond te swaai en die Bybel versie vir versie te misbruik om hul kleinlike persepsies wyd aanvaarbaar te probeer maak?



Gewoonte?

Annette

_________________
Elke dag is mooi

http://www.oepsadysie.co.za


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: JUIG treur oor Kletskerk
PostPosted: Tue Nov 24, 2009 8:38 am 
Offline

Joined: Fri Oct 28, 2005 6:01 pm
Posts: 13278
Location: Kaapstad
Ons leef in opwindende tye!!
Skaars 10 jaar gelede sou niemand dit durf waag om in die openbaar 'n beskuldigendende vinger na 'n godsdienstige tydskrif te wys nie.

Daar sou heelwaarskynlik in die meeste kerkblaaie genoem gewees het, en gelowiges aangemoedig het om dit te koop.

Kan 'n tydskrif van dwaalleer aangekla word?

Annette

_________________
Elke dag is mooi

http://www.oepsadysie.co.za


Top
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 93 posts ]  Go to page 1, 2, 3, 4, 5 ... 7  Next

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 4 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Search for:
Jump to:  




South Africa's Top Sites Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
Style edited by LEE for phpBB3