Tuisblad   Wie is ons?   Argief   Soek Artikels   Beknopte Index   Registreer  Hulpstaaf   Foto's  
Login   Register    FAQ    Search
It is currently Fri Sep 10, 2010 7:24 pm

All times are UTC + 2 hours

Post new topic Reply to topic  [ 87 posts ]  Go to page 1, 2, 3, 4, 5, 6  Next
Author Message
 Post subject: Kletskerk word verkla by NG Kerk sinodes en ringe
PostPosted: Fri Nov 27, 2009 3:39 pm 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 13289
Location: Weskaap
’n Groepie ontevrede mense het met ’n veldtog begin om my by al wat sinode en ring van die NG Kerk te verkla. In ’n e-pos wat aan kerkleiers regoor die land gestuur word, word ek by name daarvan beskuldig dat ek ’n godslasterlike vloekende webwerf bedryf. Die e-pos wat reeds aan verskeie mense gestuur is meld dat dit sover moontlik gestuur sal word na alle ringe en sinodes van die NG Kerk.

Aangesien dit so wyd bekend gemaak word sonder dat die verspreiders daarvan my op enige manier gekontak het plaas ek dit volledig hier op Kletskerk. Ek nooi die beswaardes uit om die saak in die openbaar te bespreek. Ek neem aan baie mense wat die e-pos ontvang sal op Kletskerk kom kyk waaroor dit gaan en ek verwelkom dit. Hopelik sal van hulle ook aan die gesprekke begin deelneem en kennis neem van die verskillende standpunte wat daar oor geloofskwessies heers.

Die feit dat daar sulke standpunte is beteken nie dat ek daarmee saamstem nie. Ek kan en wil egter nie daardie stemme weg wens nie. Ek is deel van die groter wêreld om my en weier om myself in watte te probeer toedraai en maak of dit nie bestaan nie.

Een van die sinne in die dokument lui: “Ek hoop van harte dat iemand ook bereid is om met Jean oor sy geloof in Jesus Christus te praat, want ek glo hy het dit nodig.” Die naamlose opsteller van die stuk asook diegene wat dit versprei is welkom sommer self met my in gesprek te tree as hulle oor my geloof wil praat. Hulle hoef nie te wag vir iemand anders om dit te doen nie. Die hele doel van Kletskerk is immers om met mekaar in gesprek te tree oor geloof. Hier is ek.

Die los en vas aanhalings hier onder wat nou die wêreld ingestuur word herinner sterk aan die manier waarop sommige mense die Bybel misbruik deur los en vas sekere dele daarin buite konteks aan te haal.

Verskoon asseblief die lang stuk hier onder maar dit is waarmee mense wat voorgee hulle lees nie meer Kletskerk nie hulle besig hou. Hulle snuffel lyk my soos aasdiere rond op soek na alles wat vir hulle kan gebruik om my by te kom maar is nie bereid om dit self hier te bespreek of my persoonlik te kontak nie. Hoe eerbaar is dit?

Quote:
Dringende saak - Godslastering !

Hoe is dit moontlik dat u nie hiervan bewus kan wees nie ?
Attie.

Die NG-kerkleiding se reaksie op die saak wat in hierdie skrywe uitgelig word, is sekerlik van kardinale belang.
Daarom word dit sover moontlik gestuur na alle ringe en sinodes van die NG Kerk.

Kerkbode is die NG Kerk se amptelike nuusblad, oftewel dis hoe mense dit sien.
Kerkbode-aanlyn het 'n internetskakel na die Godslasterlike en vloekende webwerf Kletskerk.
Jean Oosthuizen is die nuusredakteur van Kerkbode, beheer meeste briewe wat daar geplaas word (veral op Kerkbode-aanlyn), en is ook die webmeester van Kletskerk.
Hoe kan die NG Kerk hierdie situasie laat voortgaan?
Hoe kan die NG Kerk enige seën van God verwag? "

Omdat ek vermoed dat almal nie weet wat werklik op Kletskerk aangaan nie, is onderstaande paar uittreksels daaruit geneem.
Lees dit asseblief en let veral op Jean Oosthuizen se rol (in blou belig.)
Dat ongelowiges bereik en tot bekering gelei kan word deur middel van iets soos Kletskerk, is duidelik in die praktyk onsin.
Let ook daarop dat 'n amptelike ontkenning deur die NG Kerk van bande met Kletskerk nie naastenby die probleem oplos nie.
Ek hoop van harte dat iemand ook bereid is om met Jean oor sy geloof in Jesus Christus te praat, want ek glo hy het dit nodig.
Ek vertrou dat hierdie saak dringend aangespreek en reggestel sal word, tot eer van God, en uit liefde vir Jesus Christus, die enigste Verlosser.

KLETSKERK

Die NGK se webblad het ‘n skakel na “Kletskerk” se webbladsy
NGK se webblad is by:
http://www.kerkbode.co.za/

Heel regs in die geel blok is “skakels”, kliek daarop
Rol af tot by:
Kletskerk
Vir alternatiewe gesprek oor die Kerk, geloof en verwante sake.

Kliek op: Kletskerk
-------------------------------------------------------------------------

Post subject: Soeke na ‘n eietydse spiritualiteit

Posted: Mon Oct 12, 2009 12:45 pm

Die soeke na ’n eietydse spiritualiteit word die einde van die maand tydens ‘n dagkonferensie op 31 Oktober deur die Nuwe hervormings Netwerk in Pretoria bespreek.
Die dagkonferensie word aangebied in samewerking met dr Abel van Niekerk van die NHN se “geestelike arm” die Renaissance gemeente.
Abel sal praat oor “Die evolusie van Spiritualiteit” en ander sprekers sluit in Sakkie Sopangenberg, Gerrit Genis en andere. Dr Piet Mulder sal praat oor “Evangelie sonder kruis en opstanding. ‘n Ou alternatief”.
Die konferensie begin 0m 08h30 en duur tot 16h30. Dit vind plaas by die Santa Sophia Sentrum, Mainstraat 129, Waterkloof, Pretoria en vir meer besonderhede kan Abel gekontak word by
Dr Abel Pienaar
abelpienaar@vodamail.co.za

Indien daar van die besprekings elektronies beskikbaar is sal ek dit na die tyd op Kletskerk plaas vir verdere besrpeking.

Jean

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Ateïstiese dominee glo in 'n "God wat nie bestaan"

viewtopic.php?f=1&t=10169

-------------------------------------------------------------------------

Is die man se van nie dat Luter. Martin Luter.. ? Hy gaan brandstapel toe. Vlug Klaas vlug. Dit is mos presies wat in ons kerk ook aan die gebeur is. Hy is net wonderlik eerlik !!
Ek sien mos die oorgrote massa kerk mense wys mos in ons kerke dat Hul beoefen Godsdiens sonder werklike geloof aan 'n lewende God. Kyk net al die versekerings wat uitgeneem word as God nie sy kant bring. Versekering teen Rampe wat God nie beheer, lewensversekering, bere geld in banke want God keer nie diewe. Ek dink Klaas verantwoord net die sentiment van die deursnit Kerkmens
Ben

-------------------------------------------------------------------------

Is die forum 'n "oop" forum, of moet jy soos by Lighuis 'n vragie antwoord voor jy toegelaat word:
Is jy 'n Christen-homo? Ja, ek is 'n Christen-homo...
As dit oop is sou ek graag die link daarheen wou hê.
Groete
Barend Nel

-------------------------------------------------------------------------

@ Barend
Ek sien Jean het die link al gegee.
Om sommige dele van die forum te lees moet 'n mens lid wees. (Veral die gedeeltes waar mense soms persoonlike sake deel.) Die karakter van die forum is duidelik bedoel as 'n tuiste vir mense vir wie homoseksualiteit (of bi-seksualiteit) en Christenskap van essensiële belang is, maar almal mag deel word van die forum. Daar is dan ook enkele ateïste op die forum, maar die oogmerk van die forum is nie in die eerste plek om oor die geldigheid van geloof te praat nie. Ek dink dat dit 'n kwessie is wat veel minder in Nederland speel omdat daar lankal genoeg ruimte was vir mense wat nie glo nie om so te sê.
Groetjes
Sokkies

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Isak Burger se ekonomiese omgang met die waarheid.
viewtopic.php?f=1&t=10165

Ek kan nie anders as om te sê dat Isak Burger skaamteloos lieg nie, want só dom dat hy nie kan verstaan wat hy lees nie, is moeilik om te glo.

Nou wonder ek: watter rol speel Mammon in Burger se entoesiasme vir skryf. Of is dit slegs die Christengod wat hom met soveel ywer vul?

-------------------------------------------------------------------------

Stéfan, jy slaan die spyker op sy kop. Hier's 'n goeie voorbeeld hoe iemand wat die Bybel lees ander tekste ook lees. Genadetjie tog, as hy so kak lees aan sekulêre tekste, hoe de dinges kan mens hom dan glo as dit kom by die Bybel? En dan nog met absolute aansprake?
Ek skaam my vir die hooggeleerde eerwaarde vent.
gfs

-------------------------------------------------------------------------

Dinge is ook nie meer wat dit was nie - tye het verander. Mense hou aan vra vir nuwe verbeterde produkte. Oral is daar kompetisie om die beste diens te lewer. Selfs die hemel moes hulle geriewe na aanleiding van die dekadente verbruikersmentaliteit opgeknap.
Neem nou byvoorbeeld vir Vader Abraham. Verby is die tye wat hy kon agteroor sit en op bedelaars wag. Daar moes drastiese stappe geneem word om by te bly by die bemarking uit die hel waar bedelaars hulleself in Dolly Parton se boesem bevind reeds 3.5 minute na die dood. Gevolglik is eenparig besluit dat om die gewig van al die inkomende bedelaars te hanteer moet Vader Abraham saans 2 uur in die gym spandeer om aan sy boesem te werk sodat die klient homself reeds in 2.5 minute in n estetiese bevredigende ontspanningsruimte kan bevind.

-------------------------------------------------------------------------

Die korrektheid van die interpretasie word bepaal deur wie of wat die interpreteerder is. Burger is geen wetenskaplike nie. Die rigor mortis speurbaar in sy denke is alreeds gevorderd, ten spyte van die feit dat hy nog nie eens dood is nie.
Wanneer Burger die wetenskap op so 'n ondeurdagte en onnosel wyse voorstel dui dit op 'n intelligensiegebrek/afwyking wat nie al sy lesers sal agterkom nie. As jy dom is moet jy ten minste slim klink.

-------------------------------------------------------------------------

Warrefok is die R20 voor? Bybelmedia wat jou mondelings inlig dat jy na jou dood in jou moer is, of die arrivals-fooi wat betaal moet word as jy by die anderkant aanland?

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Stadia van geloof (en ongeloof)

viewtopic.php?f=1&t=10155

Ek dink beslis nie die historiese Jesus was so oopkop soos Ghandi nie.

-------------------------------------------------------------------------

Beste Jean
Ek het jou en Waldemar saamgesit nie omdat julle dieselfde geloofsinhoud het nie maar omdat julle altwee worstel met geloofsake, in staat is tot selfkritiek, weet niks is eenvoudig nie, min mense vertrou en tog ten spyte van al die vertwyfeling en kennis vashou aan waarin julle glo.

-------------------------------------------------------------------------

Eintlik is ek op die oomblik in 'n heel ánder stadium in my Kletskerk lewe en is dit vir my interessant om te sien hoe ander mense (soos jy wat my ken) my plaas.

Jean

-------------------------------------------------------------------------

want ek is nie geseën met die gawe van onthouding nie

Barend

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Ek is uitgevang!!!!

viewtopic.php?f=1&t=10167

Vanaand net voor 7 lui die selfoon, ken nie die nommer nie, lyk bekend, se vir my beterhelfte, ek ruik n rot, dis die dominee. Dit help nie meer ons hardloop nie, hulle staan soos wolwe voor ons deur…..ek kan nerens meer heen gaan nie….

Ek weet hier kom kak…….
“Goed en jy dominis” s^e ek….
“Ons plaas nie lidmate onder tug in hulle pajamas nie” s^e Dominis.
Ek dink: “Hier is groter kak as wat jy gedink het my maatjie
Groetnis
Boerie.

-------------------------------------------------------------------------

Ek het vir jare in Pretoria gewoon en ek was openlik goddeloos. Die hemel het nie ingeval nie en ek het nie my werk verloor nie.

Karel Kat

-------------------------------------------------------------------------
Liewe Boertheun,
Jy het al klaar 'n wesentlike fout begaan.
Jy moenie eers praat van twyfel nie. want dan wil die mense vir jou bid.
Vir al wat jy weet, bid die hele wêreld al vir jou.
Jy wil tog nie so baie mense se hartjies seer maak nie, of hoe?
Nee, verbasing is die beste vorm van aftog blaas.
Jy moet net sê jy voel dat die godsdiensding sommer net plein nonsens en tydmors is.
Groetnith
Annette

-------------------------------------------------------------------------

Nee ek verstaan ook nie die ding mooi nie. Ons is mos nou al mooi groot. As jy jou vandag nog laat op hol jaag deur 'n doomnie wat kom huisbesoek doen is daar 'n helse probleem iewers. Dan is die worsteling twee maal so erg. Wat die hele ding nog vreemder maak is dat Boerie hom in sy uur van worstelende nood tot wie beropoep vir hulp? 'n Dominee! Bid jou aan. Die oplossing is dan mos eenvoudig. Sê vir doomnie Dopper ek stel nie belang om 'n afspraak met hom te hê nie want jy voel nie gemaklik om met hom oor die goed te praat nie. Sê vir hom daar is iemand anders in dieselfde beroep as hy wie jy vertrou en met wie jy gemakliker oor die goed kan praat as jy sou wou.
Amen.
PS: En jou tiende kan jy maar vir Kletskerk gee.

Jean

-------------------------------------------------------------------------

Fokkit, word dit nog gedoen, daai hele tug en ontslag ding?
Ek dog mens verdwyn maar net so geleidelik van die radarskerms af sonder dat dit juis aandag trek.
Sterkte, Boerie!

Ag Nóstus He Dónis

-------------------------------------------------------------------------

Kletskerk
http://www.kletskerk.co.za/

pa kyk pornografie
viewtopic.php?f=6&t=7835

________________________________________
Author: Magdalize [ Mon Aug 25, 2008 12:10 pm ]
Post subject: pa kyk pornografie

Hi almal! Ek is 24 en enigste kind. Ek en beide my ouers (nou al 31 jaar getroud) het 'n is 'n hegte familie wat elke aandete en ontbyt saam eet. My pa het onlangs ADSL gekry. Sy werk vereis dat hy na-ure of vroeg in die oggend rekeninge moet saamstel om vir werk gedoen te eis, en ek het agtrergekom hy kyk laat in die aand na pornografie foto's. My ma het dit nou agtergekom en sedertien praat hulle nie met mekaar nie. Hulle praat ook nie meer met my nie. Wat kan ek doen?
________________________________________
Author: Ag Nóstus He Dónis [ Mon Aug 25, 2008 12:44 pm ]
Post subject: Re: pa kyk pornografie

Magdalize, ek sou sê dis 'n private sakie wat tussen jou pa en ma uitgesorteer moet word, en absoluut niks met jou te doen het nie, ongeag hoe heg julle gesinnetjie is.
Jou bekommernis klink vir my 'n bietjie incesteous.
________________________________________
Author: Suri [ Mon Aug 25, 2008 1:07 pm ]
Post subject: Re: pa kyk pornografie

Hang seker ook af na watter tipe foto's jou pa kyk. As hy na 'n skraps geklede George Michael geloer het, is dit te verstane dat jou ma nou minder gelukkig is.
As dit "gewone" standaard pornografie is; dis 'n man ding, vra maar vir Larry Flynt.
Los jou ouers uit dat hulle hul eie privaatsake kan uitsorteer, daar is sekere dinge wat net doodeenvoudig privaat is en so moet bly.
________________________________________
Author: Kameraad Eksteen [ Mon Aug 25, 2008 2:45 pm ]
Post subject: Re: pa kyk pornografie

Raait, is daar enige man hier wat kan verklaar dat hy nooit na pornografie kyk nie?
________________________________________
Author: Ag Nóstus He Dónis [ Mon Aug 25, 2008 3:41 pm ]
Post subject: Re: pa kyk pornografie

Ag nee sies fok, Kameraad! Wat dink jou Rooms Katolieke vriendin van jou belustige internetgedrag?

________________________________________
Author: Kameraad Eksteen [ Mon Aug 25, 2008 3:49 pm ]
Post subject: Re: pa kyk pornografie

Ag Nóstus He Dónis wrote:
Ag nee sies fok, Kameraad! Wat dink jou Rooms Katolieke vriendin van jou belustige internetgedrag?

Ons doen dit net saam as die veilige tyd van die maand is, dus ons porno-kyk-skedule val dus saam met die "Natural Family Planning" kalender, soos voorgeskryf deur die Rooms Katolieke Kerk.
________________________________________
Author: Ag Nóstus He Dónis [ Mon Aug 25, 2008 4:02 pm ]
Post subject: Re: pa kyk pornografie

Kameraad Eksteen wrote:
Ag Nóstus He Dónis wrote:
Ag nee sies fok, Kameraad! Wat dink jou Rooms Katolieke vriendin van jou belustige internetgedrag?

Ons doen dit net saam as die veilige tyd van die maand is, dus ons porno-kyk-skedule val dus saam met die "Natural Family Planning" kalender, soos voorgeskryf deur die Rooms Katolieke Kerk.

So by my vool. Ek bedoel kool.

Ek sou dink porno-kyk maak meer sin maak as alternatief vir die ónveilige tyd van die maand...

________________________________________
Author: weebot [ Tue Aug 26, 2008 8:18 am ]
Post subject: Re: pa kyk pornografie

Magdalize,

Ek dink daar behoort etiket te wees vir die gebruik van rekenaars soos wat daar etiket behoort te wees vir die gebruik van selfone. Die goed het in ons lewens ingekom sonder behoorlike instruksies betreffende etiket. Met die gevolg daar ontstaan gevalle waar gebruikers die mense om hulle afpis.

Sou dit vir jou moontlik wees om saam met jou ouers oor die volgende te gesels?
1. Dat die rekenaar daar is vir die hele gesin.
2. Dat die rekenaar so geplaas word in die vertrek dat die ander persone die skerm kan sien. M.a.w. wanneer iemand in die vertrek inkom die skerm sigbaar is.
3. Dat ander gebruikers die vermoë het om te kan sien watter sites besoek word, miskien weet jou pa dit nog nie. Glo my dit sal hom twee maal laat dink.
4. Interessante sites om te besoek. Sodra mens blootgestel word aan ander wonderlike dinge op die internet raak die versoeking minder om na die gemors te kyk. Bv. Kletskerk.

Sterkte ek hoop dit help. Indien nie kan jy die sites blok en die ‘password’ vergeet.
WB.

P.S. Ek wag nog dat KK die advertensie “Mobile Bikini Babes” verwyder van hulle site.
________________________________________
Author: Jean [ Tue Aug 26, 2008 11:20 am ]
Post subject: Re: pa kyk pornografie

weebot wrote:
P.S. Ek wag nog dat KK die advertensie “Mobile Bikini Babes” verwyder van hulle site.

Nou vir wat loop kliek jy op die blêddie ding as jy nie van die dienste wil gebruik maak nie? Los die babes uit man.
________________________________________
Author: Boerseun [ Tue Aug 26, 2008 11:55 am ]
Post subject: Re: pa kyk pornografie

Magdalize wrote:
Hi almal! Ek is 24 en enigste kind. Ek en beide my ouers (nou al 31 jaar getroud) het 'n is 'n hegte familie wat elke aandete en ontbyt saam eet. My pa het onlangs ADSL gekry. Sy werk vereis dat hy na-ure of vroeg in die oggend rekeninge moet saamstel om vir werk gedoen te eis, en ek het agtrergekom hy kyk laat in die aand na pornografie foto's. My ma het dit nou agtergekom en sedertien praat hulle nie met mekaar nie. Hulle praat ook nie meer met my nie. Wat kan ek doen?

Hi Magdalize,
Ek is ook n enigste kind, ek dink wat jy moet doen is om die morsige "links" vir my te stuur, dan sal ek vir jou kan sê of jy en jou moeder bekommerd moet wees, is dit net foto's of kyk jou pa video's ook? Ek het nog nooit na pornografie gekyk nie, maar het al gehoor dat baie mans daarna kyk.
Groetnis
Boerseun.
________________________________________
Author: Metta [ Tue Aug 26, 2008 12:13 pm ]
Post subject: Re: pa kyk pornografie

Ek dink die enigste rede waarom Magdeleze se ma nie meer met haar Pa wil praat nie is omdat sy vir die eerste keer in haar lewe gesien het dat mans toties kan het wat langer as 2 duim is.

________________________________________
Author: Godzilla [ Wed Aug 27, 2008 10:35 am ]
Post subject: Re: pa kyk pornografie

Magdalize,
Stuur vir jou pa 'n e-possie met hierdie skakel:
http://www. ... .com/photos.html
Not all porns are equals...
________________________________________
Author: Kameraad Eksteen [ Wed Aug 27, 2008 12:43 pm ]
Post subject: Re: pa kyk pornografie

Godzilla wrote:
http://www. ... .com/photos.html

Daai meisietjies sonder hare op hul kwakkies ... ai ek weet darem nie.
________________________________________
Author: Die Swart [ Wed Aug 27, 2008 6:39 pm ]
Post subject: Re: pa kyk pornografie

Ai - al my gemeentemaatjies van gister. Hi Kameraad, Boerseun, Godzilla, Jean, Ag-waddevok ookal en ander heiliges.
Gestremde denke neuk goeie gesonde seks op.
Hier is 'n link vir ons bekommerde dogter van die gemeente, Magdalize. Koop vir pappa die boek. Dan sit hy dit langs sy bedkassie en mamma voel baie spesiaal.
http://www.undefiled.biz
Sorry vir die spam maar dis aktueel. He he he.
(Aangesien hierdie post 666 van my is, is die Duiwel finaal oorwin. Weg met die Satansbegrip)
________________________________________
Author: Jean [ Thu Aug 28, 2008 10:14 pm ]
Post subject: Re: pa kyk pornografie

Die Swart wrote:
Ai - al my gemeentemaatjies van gister. Hi Kameraad, Boerseun, Godzilla, Jean, Ag-waddevok ookal en ander heiliges.
Gestremde denke neuk goeie gesonde seks op.
Hier is 'n link vir ons bekommerde dogter van die gemeente, Magdalize. Koop vir pappa die boek. Dan sit hy dit langs sy bedkassie en mamma voel baie spesiaal.
http://www.undefiled.biz
Sorry vir die spam maar dis aktueel. He he he.
(Aangesien hierdie post 666 van my is, is die Duiwel finaal oorwin. Weg met die Satansbegrip)

Hey tjomma. dis ook net 'n porn draad wat jou uit die dood sal laat herrys op KK. Lekka om te sien soldaat.

________________________________________
Author: Undefiled [ Tue Sep 02, 2008 9:34 am ]
Post subject: Re: pa kyk pornografie

Hi Girl,
Ek is om en by jou ouderdom en kan jou eerlik advies om vir beide jou ma en pa te help deur vir hulle die boek te kry: Undefiled : the sex handbook for married couples. by Pastor MB Kriel.
http://www.undefiled.biz
Jy kan selfs die boek lees, maar dis die enigste een van die boeke op die mark van 'n christelike aspek, maar tog word als behandel. Die boek antwoord alle vrae, en kan weer die flam terug sit in jou ouers se seks lewe...wat ek ernstig glo is die probleem...
Vir meer persoonlike hulp, kontak gerus vir Pastoor Meleney Kriel, sy werk al vir jare met die onderwerp.
Sterkte en Groete
"Undefiled"
________________________________________
Author: St Clair [ Sun Sep 21, 2008 3:19 pm ]
Post subject: Re: pa kyk pornografie

Undefiled wrote:

Ag, nee, liefie,
Dit is absoluut onmoontlik om op KK in te loer en nog "undefiled" te bly.
Jy sal van nou af jouself "Defiled" moet noem.
________________________________________
Author: St Clair [ Sun Sep 21, 2008 3:22 pm ]
Post subject: Re: pa kyk pornografie

Magdalize wrote:
Hi almal! Ek is 24 en enigste kind. Ek en beide my ouers (nou al 31 jaar getroud) het 'n is 'n hegte familie wat elke aandete en ontbyt saam eet. My pa het onlangs ADSL gekry. Sy werk vereis dat hy na-ure of vroeg in die oggend rekeninge moet saamstel om vir werk gedoen te eis, en ek het agtrergekom hy kyk laat in die aand na pornografie foto's. My ma het dit nou agtergekom en sedertien praat hulle nie met mekaar nie. Hulle praat ook nie meer met my nie. Wat kan ek doen?

Jy kan help. Stuur jou pa Moreleta Park toe. Hulle genees mos alles seksueel (waarsku hom net om op te pas vir die gays in daardie gemeente).
________________________________________
Author: Et tu, Flavius? [ Thu Oct 09, 2008 6:08 am ]
Post subject: Re: pa kyk pornografie

Godzilla wrote:
Magdalize,
Stuur vir jou pa 'n e-possie met hierdie skakel:
http://www. ... .com/photos.html
Not all porns are equals...

Ai. Pragtig. So welgeskape. God se skepping is volmaak!

_________________
We must move out again into the open air of intellectual discussion with the world, and risk shocking people if we are to cut any ice. - Dietrich Bonhoeffer

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Kletskerk word verkla by NG Kerk sinodes en ringe
PostPosted: Fri Nov 27, 2009 3:54 pm 
Offline
User avatar

Joined: Fri Oct 28, 2005 5:54 pm
Posts: 6853
Location: backsliding through the moral free zone
Half ironies dat daai toe nou 'n trol draad was, waar almal aspris laf was, en die betekenis van die draad moet dus verstaan word as metafooooories, soos dele van die Bybel. Lyk my as jy eng met die Bybel omgaan spoel dit oor in die manier waarop jy die internet ook gebruik.

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Kletskerk word verkla by NG Kerk sinodes en ringe
PostPosted: Fri Nov 27, 2009 4:09 pm 
Offline

Joined: Thu Dec 04, 2008 1:33 pm
Posts: 156
As `n agnostiese ateis (of so iets), is dit altyd vir my vreemd dat Christen mense so vinnig is om absoluut op die verdediging te gaan, sonder enige poging tot sinvolle gesprek, debat of enige opgevoede, volwasse poging tot "verstaan".

Onmiddelik word nie-enersdenkendes aangeval, sleggemaak of tot die ewige hel verdoem - selfs sommer agter-af, soos dit wil lyk in hierdie geval.

Dit mag miskien a growwe veralgemening wees, maar dit wil my voorkom asof Christenmense so onseker is van hulle saak/storie/geloof dat hulle onmiddelik wil mobiliseer, aankla of sensureer/prosedeer.

Beeld se kommentaar oor aktuele sake waar daar selfs net a EFFENSE godsdienstige ondertoon is, is tekenend hiervan.

Persoonlik vind ek Kletskerk a wonderlike plek - hier is mense hier wat my verskriklik irriteer, gelowiges en goddeloses, en net so is hier mense waarvoor ek enorme respek ontwikkel het, selfs al verskil hulle standpunte hemelsbreed van my eie.

Die Christene hier is seker genoeg in hulle geloof dat hulle die "aanslae" van die res van ons kan hanteer, lekker saamgesels en hulle standpunte verdedig sonder om te begin teem, snik of ons te verdoem tot duisternis.

Aan al my mede Kletskerkers, baie dankie dat julle is wie julle is. En aan die moderator: Jean, dankie vir hierdie platform wat jy vir ons bied ten spyte van die god-verskrikte, verkrampte mense wat jou geloof deel.

Groetnis,
Lachdanan

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Kletskerk word verkla by NG Kerk sinodes en ringe
PostPosted: Fri Nov 27, 2009 4:15 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed Jan 02, 2008 2:53 pm
Posts: 1887
Location: KZN-Suidkus
Sjoe, vrome christene is darem agterbaks!! Die mentaliteit van die persoon/persone wat sulke eposse uitstuur sonder om self in gesprek te wil tree spreek boekdele van hul self! Waarom het hul/hy/sy nie self kom reageer op die drade soos aangehaal nie? Nee wat, en as die afsender hiervan nog boonop anoniem is, behoort niemand so 'n kwaadsteker ernstig op te neem nie.

Soos Jean se, as enige iets of iemand wat hier bespreek word, 'n probleem het, kom stel jou saak hier, dan sal ons mos ook jou siening/kant van 'n saak kan ken, en respekteer.

Ek dink die epos en sy skrywer/s moet met die minagting wat dit verdien, verwerp word. Basta!

_________________
ADSL UNCAPPED vanaf R 212.00 pm of Capped vanaf R 35.00 Per Gig Amaclick

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Kletskerk word verkla by NG Kerk sinodes en ringe
PostPosted: Fri Nov 27, 2009 4:16 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Jul 18, 2006 9:30 am
Posts: 1464
Location: /\/¯¯¯¯¯\/\
Ai tog Jean, ek haal my hoed af vir jou as mens besef al die stront waarmee jy te doen kry. Dit bly maar die fundie-manier van operate. Omdat hulle hulself nie kan verdedig in 'n oop forum nie, moet almal stilgemaak word. Want dit is al hoe hulle en hulle idees kan oorleef: in die donker waar kommunikasie beteken dat hulle praat en almal moet luister.

Wat hulle nie besef nie, is dat debat nou ook in Suid-Afrika gearriveer het en dat geen sinode by magte is om dit te stop nie. Hulle probeer nou al jare om Kletskerk toe te maak. Maar besef hulle nie dat die idees wat op Kletskerk voorgestaan word groter is as hulle klein, eng, bekrampte vooroordele nie?

En hoe lafhartig moet mens nie wees om so iets anoniem te doen nie? Kry 'n fokken ruggraat jou fundamentalistiese jellievis.

_________________
Everyone needs to believe in something. I believe I'll have another beer. (Bumper sticker)

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Kletskerk word verkla by NG Kerk sinodes en ringe
PostPosted: Fri Nov 27, 2009 4:32 pm 
Offline

Joined: Thu Apr 24, 2008 4:17 pm
Posts: 1105
In George ruk hul in die duisende op na oom-aartappel se gebed-om-reen, maar hierdie jesus-soldaatjies bid nie vir hul oplossing nie, nee hul baklei soos die satan, agteraf en slinks in die donker hoeke van die kuberwereld.

Swak Piketberg, swak se ek.

Ja swaer, dit is swaar om n christen te wees.

Serkte.

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Kletskerk word verkla by NG Kerk sinodes en ringe
PostPosted: Fri Nov 27, 2009 4:44 pm 
Offline

Joined: Sun May 03, 2009 8:51 pm
Posts: 2584
Jean wrote:
’n Groepie ontevrede mense het met ’n veldtog begin om my by al wat sinode en ring van die NG Kerk te verkla. In ’n e-pos wat aan kerkleiers regoor die land gestuur word, word ek by name daarvan beskuldig dat ek ’n godslasterlike vloekende webwerf bedryf. Die e-pos wat reeds aan verskeie mense gestuur is meld dat dit sover moontlik gestuur sal word na alle ringe en sinodes van die NG Kerk.

Jissie dit vat laaaaank om al die goed uit te vee sodat ek kan antwoord.
Whahahaha! Jy het 'n monster geskep!
Viva spraakvryheid!
Viva Kletskerk!
:lol:
Net 'n vraag: Wat kan die ring en die sinode aan jou doen noudat jy verkla is???

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Kletskerk word verkla by NG Kerk sinodes en ringe
PostPosted: Fri Nov 27, 2009 5:51 pm 
Offline
User avatar

Joined: Thu Oct 25, 2007 3:47 pm
Posts: 3647
Location: Groningen, Nederland
Ek kan ook net my kop skud. Ek dink dis waarskynlik net 'n klein groepie kwaadstokers. NG mense vind ek gewoonlik heel oop en verdraagsaam (relatief). Dis maar ‘n lelike ding, Jean, en ek voel jammer vir jou, maar dalk is dit 'n bedekte seën. Dalk moet meer mense wakker word en weet dat daar ‘n beduidende groep mense is wat bereid is om óók “taboe” godsdiensonderwerpe sonder vrees te bevraagteken en te bespreek. En dalk moet meer mense besef dat dit ook OK is om dit te doen, en dat nie alle ongelowiges en twyfelaars satanistiese katslagters is nie, maar doodgewone mense.

Een ding wat ek nie kleinkry nie – ek dog die skakel na KK op die Kerkbode se blad is al jarrre terug verwyder?

_________________
"It is not acceptable to have a religion where the alternative to faith is punishment — that's how you train dogs, not develop people." - Deng Ming-Dao

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Kletskerk word verkla by NG Kerk sinodes en ringe
PostPosted: Fri Nov 27, 2009 6:14 pm 
Offline

Joined: Fri Oct 28, 2005 6:01 pm
Posts: 13278
Location: Kaapstad
Liewe Jean, dink jy daar gaan iets van hierdie "annonieme" klagtes kom?

Die stuurder daarvan, as dit per e-pos geskied het, is nie so annoniem as wat hulle dink nie.

Dus, sou daar 'n ring of sinode wees wat luister na die "klagtes', laat weet ons dan die naam van die voorsitter van die ring of sinode, met e-pos adres en telefoonnommer - dan bel ons sommer die mense en vra hulle hoekom hulle hul ore uitleen aan mense wat te skaam is om hul name te noem.

Agterbakse donners!!

Annette.

_________________
Elke dag is mooi

http://www.oepsadysie.co.za

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Kletskerk word verkla by NG Kerk sinodes en ringe
PostPosted: Fri Nov 27, 2009 6:17 pm 
Offline

Joined: Sun May 03, 2009 8:51 pm
Posts: 2584
Annette wrote:
Agterbakse donners!!

Sê ek ok.

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Kletskerk word verkla by NG Kerk sinodes en ringe
PostPosted: Fri Nov 27, 2009 6:25 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed Jun 14, 2006 11:45 am
Posts: 12313
Die mense se gebrekkige intelligensie en onbeholpenheid blyk duidelik uit dit wat hulle kies om aan te haal. Hulle moes mý gevra het om te help, dan was hulle saak baie sterker. (Dis nou as ek sou kies om my te skaar by benepe, mislike mense met 'n sielkundige probleem.)

Nogtans: om selektief uit 'n forum soos KK aan te haal is die toppunt van oneerlikheid. Dit is soos om iemand die volgende dag te wil laat teregstel oor iets wat hy laataand by 'n braaivleisvuur tussen vriende kwytgeraak het.

Hierdie lot lewe in 'n era wat genadiglik vir ewig verby is. Genadiglik kan ons denke en dade nie meer soos eers bestuur word deur 'n benepe ou klomp kaalkop-ooms met suur gesigte en grys Grasshopperskoene nie.

Kyk na hulle en weet waarom mense soos George Claassen en Hans Pietersen alle ondersteuning moet kry in hulle veldtog teen eensydige godsdiensbeoefening in skole. Ons kinders moet beskerm word teen nóg 'n geslag mense met verdraaide denke soos hulle. Hulle wys, beter as wat ek ooit sou kon, die mislike en lelike gesig van geloof.

Wat my wel erg pla is dat Jean in sy persoonlike hoedanigheid pa moet staan vir wat hier geskrywe word. In daardie opsig is hierdie stryders vir Jesus uitstekend afgerig. Hulle het immers die "wysheid" (sic!) van ééu se ondervinding agter hulle: identifiseer die sondebok en jaag hom die woestyn in, swaar draend aan almal se kollektiewe "skuld"; ook díé van die vingerwysers.

Sies! Dis ál wat 'n mens van hierdie "vrome godskinders" kan sê. Hulle maak my onuitspreeklik dankbaar dat ek myself van hulle benepe en inhalige ou godjie verlos het. (Siedaar, nóg 'n skrywe wat hulle in 'n opvolgaanhaling kan gaan voorlê aan die Inkwisiteurs.)

_________________
"If God has spoken, why is the world not convinced?" - PB Shelley

"God is silent. Now if only man would shut up." - Woody Allen

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Kletskerk word verkla by NG Kerk sinodes en ringe
PostPosted: Fri Nov 27, 2009 6:28 pm 
Offline
User avatar

Joined: Fri Mar 02, 2007 7:15 pm
Posts: 1825
Location: Middernag
Dit is verstommend dat sogenaamde volwassenes in staat kan wees tot hierdie laakbare, kinderagtige gedrag. Skerp woorde, ja, maar die selektiewe inhoud en motief agter die e-pos verdien niks minder nie.

Hierdie is 'n tipiese voorbeeld van 'n groepie onvergenoegde Christene wat met 'n jagtog besig is op iemand wat nie hul boksie van engheid pas nie.

Dink die outeur(s) van die stukkie geskrif werklik dat hul in opregte besorgheid handel met skitterwit hande en harte?

Ek dink nie so nie.

En om selektief stukkies plasings uit die wye magdom van Klerkskerk te haal en dit te gebruik om die bewerings in die "aanklag" te staaf, is niks minder as belaglik nie. Klerkskerk se binnewerke en moets en moenies is baie meer gekompliseerd as net 'n paar sinne.

Godslastering?

Hoop van harte dat iemand bereid is om met Jean te praat oor sy geloof in Jesus Christus?

Tot tot eer van God, en uit liefde vir Jesus Christus, die enigste Verlosser?

Nee wat. Hierdie anonieme, geniepsige optrede deur haatdraende Afrikaners getuig van agterbaksheid. En die beste van alles is dat hul dink hul optrede is geregverdig in Christus. Ongelooflik.

Die tyd dat julle kon hiet en gebied en dreig is lankal verby.

En God kan na Homself omsien, die selfaangestelde Fariseers wat mekaar warm broei en dien as poortwagters is 'n klaaglike mislukking.

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Kletskerk word verkla by NG Kerk sinodes en ringe
PostPosted: Fri Nov 27, 2009 6:30 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Dec 11, 2007 6:05 pm
Posts: 7547
Jean wrote:
Die feit dat daar sulke standpunte is beteken nie dat ek daarmee saamstem nie. Ek kan en wil egter nie daardie stemme weg wens nie. Ek is deel van die groter wêreld om my en weier om myself in watte te probeer toedraai en maak of dit nie bestaan nie.

Mense wat watte nodig het, moet erge kopbeserings hê.

Ek dink werklik dis siek dat mense dink net hulle eie geloofsoortuiging en menings is reg vir almal in die wêreld.

Glo die mense God het nie verskeidenheid geskep nie? Net hulle is geskep deur God? Daarom is net hulle siening reg? 'n Baie beperkende god wat hulle vir hulleself geskep het.

Kat

_________________
Die Bybel less-weight, dalk?

Really????? those pics of yours speak absolute volumes...its not one sees..its about what one doesn't see

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Kletskerk word verkla by NG Kerk sinodes en ringe
PostPosted: Fri Nov 27, 2009 6:41 pm 
Offline

Joined: Fri Oct 28, 2005 6:01 pm
Posts: 13278
Location: Kaapstad
Kan ons solank raaiskote waag wie ons dink so ongoddelik stout was?

Annette

_________________
Elke dag is mooi

http://www.oepsadysie.co.za

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Kletskerk word verkla by NG Kerk sinodes en ringe
PostPosted: Fri Nov 27, 2009 6:46 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed Jan 02, 2008 2:53 pm
Posts: 1887
Location: KZN-Suidkus
Die mislukte aanslag hier is duidelik teen Jean as persoon gemik. Ek se dit misluk, want ek glo nie enige regdenkende persoon aan wie die skrywe gerig is, wat invloed het, sal sy godsdiens nog verder 'n krater maak deur hom hieraan te steur nie!

_________________
ADSL UNCAPPED vanaf R 212.00 pm of Capped vanaf R 35.00 Per Gig Amaclick

Top
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 87 posts ]  Go to page 1, 2, 3, 4, 5, 6  Next

All times are UTC + 2 hours

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 7 guests

You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Search for:
Jump to:  

South Africa's Top Sites Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
Style edited by LEE for phpBB3