Tuisblad   Wie is ons?   Argief   Soek Artikels   Beknopte Index   Registreer  Hulpstaaf   Foto's  
Login   Register    FAQ    Search
It is currently Thu Sep 09, 2010 5:50 am

All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 149 posts ]  Go to page 1, 2, 3, 4, 5 ... 10  Next
Author Message
 Post subject: NG Kerk wil saambly weer bekyk
PostPosted: Sat Nov 28, 2009 10:45 am 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 13277
Location: Weskaap
Die NG Kerk is gevra om ’n grondige en spoedige studie te doen oor saamblyverhoudings tussen mense wat nie getroud is nie.

Die hoof van die Universiteit Stellenbosch se kantoor vir Moraliteit en Morele leierskap, dr Chris Jones, sê so ’n ondersoek is noodsaaklik. Die tradisionele hantering van die Skrif daaroor asook baie persone se afkeurende ingesteldheid van alle saamwoon-verhoudings, bevredig volgens hom doodgewoon nie en lei tot allerlei skuldlaste.

Dr Jones het sê die kerk word al hoe meer gekonfronteer met paartjies wat voor die wetlike huwelik saamwoon, dikwels met die eerlike bedoeling om later wetlik te trou.

Die voorsitter van die Algemene Sinode se taakgroep Leer en Aktuele Sake (ATLAS), dr James Kirkpatrick, het aan Kerkbode gesê daar was uit verskeie oorde navrae oor die saak. Dr Kirkpatrick sê daar is reeds met die dagbestuur van ATLAS gepraat en hulle besef die studie waarvoor dr Jones vra is relevant en noodsaaklik.
Dr Kirkpatrick sê die kerk sal nêrens kom met sy besluite van 1966 en 1970 nie. “Dit was die era toe ons die minister wou vra om ’n morele saak met wetgewing op mense af te dwing.” Volgens dr Kirkpatrick sal die kerk deeglik moet kyk na die huwelik, sy aard en dit wat ons as Bybelse basis verstaan. Van die vrae wat gevra sal moet word, is onder meer wanneer konstitueer ’n huwelik? Is dit slegs wanneer daar aan die wetlike vereistes voldoen word of is die openbare verbintenis wat deur saamwoon illustreer word nie in wese reeds ’n basis element wat ’n huwelik konstitueer nie?

Dr Kirkpatrick sê daar sal ook wat seksualiteit betref duideliker onderskei moet word tussen promiskue lewenstyl en die seksualiteit tussen twee mense in verbintenis wat mekaar lief het. “Ek wil niks vooruitloop nie, maar ons sal iets deurdag op die tafel moet sit wat eerlik met al die aspekte rondom die saak omgaan.”
Dr Jones sê sy gevoel is dat daar nie klinkklare gronde is om te sê seksualiteit kan nét binne die huwelik uitgeleef word nie – daar ís uitsonderings. “Jongmense veral, weet dit, en vertrou die “kerk” daarom dikwels nie hiermee nie soos ook met sommige ander uitsprake oor seksualiteit en seks.

“Mense wat besluit om hulle seksualiteit buite die struktuur van die huwelik uit te leef moet egter besef daar is belangrike evangeliese waardes wat steeds onder sulke omstandighede geld. Sulke persone moet besef dat daar ’n geweldige stuk verantwoordelikheid saam met hierdie “vryheid” gaan,” het dr Jones gesê.

“Ek voel ons as kerk moet eerlik wees. Ons moet met integriteit en geloofwaardigheid hieroor praat en leiding gee. Op hierdie wyse gaan ons baie verder met veral jongmense in ons gesprekke rondom seksualiteit kom,” het dr Jones aan Kerkbode gesê.

Prof Adrio König, emeritus professor van Unisa, meen ook saambly is baie meer gekompliseerd is as wat dit op die oog af lyk. Hy het aan Kerkbode gesê daar is skynbaar nie direkte uitsprake in die Bybel wat toepaslik is nie, omdat dit daar eerder oor getroude as ongetroude mense gaan. Volgens prof König is daar soveel verskillende groepe saamblyers dat hulle nie onder dieselfde kam geskeer kan word nie. Prof König sê die Bybel is nie ’n wetboek wat jy net op die regte plek kan oopslaan nie. In die geval help waardes dalk meer as wette.

Intussen het die NG Gemeente Doornkloof se verklaring waarin ongetroudes wat saamwoon oor die kole gehaal word ’n stortvloed kommentaar op Kerkbode se webtuiste by www.kerkbode.co.zatot gevolg gehad. Sommige verwelkom die kerkraad se afwysende standpunt daaroor terwyl ander van mening is Doornkloof se kerkraad tree veroordelend op en hou nie tred met veranderende omstandighede nie.

_________________
We must move out again into the open air of intellectual discussion with the world, and risk shocking people if we are to cut any ice. - Dietrich Bonhoeffer


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: NG Kerk wil saambly weer bekyk
PostPosted: Sat Nov 28, 2009 11:54 am 
Offline
User avatar

Joined: Sun Sep 10, 2006 10:24 pm
Posts: 7504
Location: Kaap
Wat ís die 1966 en 1970 besluite waarna verwys is?

Ek weet dit sal "anti" saamwoon wees, maar ek wonder wat wou die kerk die minister vra om te doen... Dit was bietjie voor my tyd, ek het dus nie sinodale verslae van daardie tyd onder oë gehad nie en dit is seker ook nog nie "online" beskikbaar nie.

Groete
Barend

_________________
Toe het ek al die werk van God begryp;
die mens is nie in staat om wat in hierdie wêreld gebeur, te verstaan nie.
Hoe hy hom ook al inspan en soek, hy verstaan nie.
Al sê die wyse hy weet, kan hy nie verstaan nie. --- Pred 8


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: NG Kerk wil saambly weer bekyk
PostPosted: Mon Nov 30, 2009 4:51 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sat Jun 16, 2007 11:47 am
Posts: 41
Dit gebeur wanneer ons hoor van raadslede in plaas om van God te hoor. Dit het ook in de verlede gebeur oor "bestaan die duiwel" en "is gay ok".
Dit wys op die groot verskil om by Stellenbosch te studeer en om by die brandende bos te wees.
Die kerk is besig om ‘n popularitiese houding in te slaan. Mense moeg word vir kop kennis, en hulle wil ‘n ware Gees lewe ondervind.
God bly God. Niemand hoef vir God te beskerm of te verdedig nie. God is God.
Baie dominees is met ‘n naelstring vasgemaak aan die kerk met ‘n paypakkie en daarom moet hulle die raad se besluite verdedig, of hulle saamstem of nie. God self roep mense om vir Hom te werk(eph 4:11), maar dit gebeur wanneer mense hul self roep om te preek. Gewoonlik is dit selfsugtige ambisie.


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: NG Kerk wil saambly weer bekyk
PostPosted: Mon Nov 30, 2009 5:02 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Apr 27, 2009 9:04 pm
Posts: 3483
Redwhite, daar is meer as 10000 verskillende christelike denominasies en sektes laas wat ek syfers gesien het. Wie van hulle luister na God en wie dwaal?

_________________
Image


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: NG Kerk wil saambly weer bekyk
PostPosted: Mon Nov 30, 2009 5:28 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon May 11, 2009 7:45 pm
Posts: 681
Location: Surrey
Redwhite, wat het God gese oor wie die huwelik bevestig, waar dit plaasvind en hoe dit volstrek word.

Is ongelowige mense wat voor 'n ongelowige landros trou, getroud in die oe van God en Christene?

_________________
The truth is out there (but the lies are in here) - X-files
Tell a lie often enough, loud enough, and long enough and people will believe it - Adolph Hitler.


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: NG Kerk wil saambly weer bekyk
PostPosted: Mon Nov 30, 2009 6:00 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed Jun 14, 2006 11:45 am
Posts: 12306
Phish wrote:
Redwhite, daar is meer as 10000 verskillende christelike denominasies en sektes laas wat ek syfers gesien het. Wie van hulle luister na God en wie dwaal?

Dis eintlik erger. Die syfer is 38 000, volgens hierdie bron.

_________________
"If God has spoken, why is the world not convinced?" - PB Shelley

"God is silent. Now if only man would shut up." - Woody Allen


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: NG Kerk wil saambly weer bekyk
PostPosted: Tue Dec 01, 2009 5:14 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sat Jun 16, 2007 11:47 am
Posts: 41
Jesus het nie aarde toe gekom om verskillende christelike denominasies en sektes kom vestig nie!!!!
Jesus het God se koningryk kom vestig. Verskillende christelike denominasies en sektes gaan jou nêrens bring nie; dit is tog duidelik uit wat die besprekingspunt is.
Jesus se duidelik hoe jy die koningryk inkom, en geen ander manier nie.
NS om gered te word en die koningryk ingaan is 2 verskillende goed.


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: NG Kerk wil saambly weer bekyk
PostPosted: Tue Dec 01, 2009 5:18 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sat Jun 16, 2007 11:47 am
Posts: 41
Sem wrote:
Redwhite, wat het God gese oor wie die huwelik bevestig, waar dit plaasvind en hoe dit volstrek word.

Is ongelowige mense wat voor 'n ongelowige landros trou, getroud in die oe van God en Christene?


om tegnies te raak gaan niks help nie. Jesus het gese dat egskeiding was nie van die begin as daar nie. Lees jou bybel self. As jy wil stry, stry met die Heilige Gees wat die bybel geskryf het. Anders as jy nie glo nie, wat maak jy hier.


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: NG Kerk wil saambly weer bekyk
PostPosted: Tue Dec 01, 2009 6:12 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed Jun 14, 2006 11:45 am
Posts: 12306
Omygot! Charles Jacoby, die singende cowboy van die sestigerjare is terug! :shock:

Redwhite wrote:
Jesus het God se koningryk kom vestig.
Kan jy sê waarom dit nie gewerk het nie? :?

_________________
"If God has spoken, why is the world not convinced?" - PB Shelley

"God is silent. Now if only man would shut up." - Woody Allen


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: NG Kerk wil saambly weer bekyk
PostPosted: Tue Dec 01, 2009 6:48 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon May 11, 2009 7:45 pm
Posts: 681
Location: Surrey
Redwhite wrote:
Sem wrote:
Redwhite, wat het God gese oor wie die huwelik bevestig, waar dit plaasvind en hoe dit volstrek word.

Is ongelowige mense wat voor 'n ongelowige landros trou, getroud in die oe van God en Christene?


om tegnies te raak gaan niks help nie. Jesus het gese dat egskeiding was nie van die begin as daar nie. Lees jou bybel self. As jy wil stry, stry met die Heilige Gees wat die bybel geskryf het. Anders as jy nie glo nie, wat maak jy hier.


Om snedig te wees, gaan ookie helpie

Ek vra vir JOU, want jy is nou hier. Die Heilige Gees het nog nie die internet bemeester nie.

_________________
The truth is out there (but the lies are in here) - X-files
Tell a lie often enough, loud enough, and long enough and people will believe it - Adolph Hitler.


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: NG Kerk wil saambly weer bekyk
PostPosted: Tue Dec 01, 2009 7:56 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Mar 06, 2007 9:17 pm
Posts: 1655
Location: Agter die Kaapse Boereworsgordyn
Redwhite,

Wat help dit nou. Verskillende mense hoor verskillende boodskappe/leringe van die Heilige Gees. Of die Heilige Gees vertel verskillende goed vir verskillende mense, wat hulle in verskillende teologiese rigtings stuur, bv oor die doop, oor werke, oor gawes, oor hoede in die kerk, ens

Weet jy wie hoor die Gees korrek om die Bybel korrek te interpreteer?

Ek verneem jou antwoord sal wees dat jy die een is wat reg hoor.

_________________
The day most wasted in your life is the day in which you did not laugh
Skype - iainfinlaystrand


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: NG Kerk wil saambly weer bekyk
PostPosted: Thu Dec 03, 2009 8:39 am 
Offline
User avatar

Joined: Mon Apr 27, 2009 9:04 pm
Posts: 3483
Redwhite wrote:
Jesus het nie aarde toe gekom om verskillende christelike denominasies en sektes kom vestig nie!!!!

Dit wil voorkom as daardie spesifieke missie nie geslaag het nie, of wat dink jy?

Redwhite wrote:
Jesus het God se koningryk kom vestig. Verskillende christelike denominasies en sektes gaan jou nêrens bring nie; dit is tog duidelik uit wat die besprekingspunt is.

Dan het Jesus dit bloot reggekry om 'n verbrokkelde koningryk te vestig. Jy kan ongelukkig uit die 38000+ denominasies wurm nie, al wil jy graag. Realiteit is teenstrydig met jou uitspraak van een vereenigde boodskap.

Redwhite wrote:
Jesus se duidelik hoe jy die koningryk inkom, en geen ander manier nie.
NS om gered te word en die koningryk ingaan is 2 verskillende goed.

Duidellik kan christene self nie behoorlik ooreen kom oor wat presies die koningryk ingaan behels nie - self al gebruik julle hordes weergawes van dieselfde boek.
NS - ek was onder die indruk dat jy gered moet wees om die koningryk in te gaan. Verstaan ek jou dogma dan verkeerd?

_________________
Image


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: NG Kerk wil saambly weer bekyk
PostPosted: Thu Dec 03, 2009 9:35 am 
Offline
User avatar

Joined: Fri Oct 28, 2005 5:54 pm
Posts: 6853
Location: backsliding through the moral free zone
Nikah mut‘ah - Wikipedia, the free encyclopedia


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: NG Kerk wil saambly weer bekyk
PostPosted: Thu Dec 03, 2009 1:05 pm 
Offline

Joined: Sun Oct 18, 2009 8:59 pm
Posts: 10
Ai nee...ek dink ek raak nou mooi gatvol :x vi die ou mense en hulle issues met die saambly ding....

Die dag toe ek en my ou besluit het om saam in te trek, was my ouers fine daarmee, hulle was nou nie te mal daaroor nie, maar hulle het darem nie die huge issue gehad van ons moet eers getroud wees nie, alhoewel my pa wou he ons moes darem eers verloof wees, want hy is bang ek word onder my gat geskop na ons eers saam ingetrek het, vir hom sou die verloofring darem se ons is oppad iewers heen.... My ma was fine daarmee, sy wil nie he ek moet alleen bly nie, aangesien ek net mooi niks in die nag kan hoor as ek gan slaap nie, want ek haal die apparaatjie af, dan is dit maar onveilig soos sy dit sou se... :?

Sy ouers aan die ander kant, was weer heeltemal konserwatief...sy ma haal versy uit die Bybel op, se dis verkeerd, sy pa kla en se ons moet trou, hulle wil sommer dadelik he hy moet die ring gan koop, en dan wil hulle vir ons huis koop...maar ek het vasgeskop, ek jaag nie in 'n ding in nie.

Lang storie kort, ons het toe die saak gewen en saam ingetrek, ons bly nou 10 maande saam...my male het dit nou gewoond geraak en het geen probleem nie, maar sy ouers sal nou en dan weer met hulle dinge begin dat ons nou moet verloof raak, die beste van als is, as daar 'n funksie of troue is en ons sien sy ouers se familie...sal sy ouers waaragtig niks noem dat ons saam bly nie, hulle sal bv die onderwerp verander as mense hulle vra daarvan, of sommer net se ja da by sy huis, of sy/hy bly ook in pta...dit maak my sommer woendend :evil: ...want hulle gaan aan dat dit so vreeslik sonde/skande is, hulle kan nie eers vir hulle familie se nie...ons in nou al 3 jaar saam...die saambly dink ek help ons sommer nou al om al ons "nonsens" saam in die huis uit te sorteer, en te weet hoe dit sal werk as ons die dag getroud is.

Ek voel saam bly voor getroud is 'n goeie ding vir elke jong mens, want soveel mense skei vandag, oor hulle nie geweet het waarin hulle hulself laat nie, die ouer konserwatiewe mense en die Doornpoort mense dink ek moet die ding as 'n toets beskou vir elke jong paartjie, dit beteken ons dink nou saambly is nou partytjie en jy mag nou doen wat jy wil nie, sommige mense glo nog dis verkeerd om seks te he voor die huwelik, en ander weer nie, al bly jy saam en jy voel seks is verkeerd voor jy getroud is, is daar niks verkeerd om net saam te bly en in die selfde bed te slaap nie. Elkeen van ons het die reg om ons eie keuses te maak met die paadjie wat ons wil loop, ek laat nie toe dat ander mense vir my se om te trou net oor saam bly hulle nie tevrede stel nie, hulle het hulle paadjie geloop soos hulle wil. Ek loop myne..

Ek dink die mense wat so wil tekere gaan oor hoe ons jong mense se leefstyl in vandag se tyd is, moet liewer stil bly, ons kla nie oor hulle leefstyl of dit wat hulle in die verlede gedoen het nie, natuurlik gee hulle net vir ons om dat ons dalk nie moet seer kry nie of dat ons moet reg leef.....maar ek dink meeste van ons verkies om op ons eie manier te leer.


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: NG Kerk wil saambly weer bekyk
PostPosted: Thu Dec 03, 2009 1:13 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Dec 11, 2007 6:05 pm
Posts: 7530
Liewe Charlene wrote:
sy pa kla en se ons moet trou,


Ek is bly jy het nie sy pa se raad gevolg nie. 'n Baba op sy tyd is wonderlik, maar ek beveel nie daai manier van 'n man vang aan nie.

Baie groete
Kat :twisted:

_________________
Die Bybel less-weight, dalk?

Really????? those pics of yours speak absolute volumes...its not one sees..its about what one doesn't see


Top
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 149 posts ]  Go to page 1, 2, 3, 4, 5 ... 10  Next

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 6 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Search for:
Jump to:  




South Africa's Top Sites Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
Style edited by LEE for phpBB3