Tuisblad   Wie is ons?   Argief   Soek Artikels   Beknopte Index   Registreer  Hulpstaaf   Foto's  
Login   Register    FAQ    Search
It is currently Fri Sep 10, 2010 6:51 pm

All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 128 posts ]  Go to page 1, 2, 3, 4, 5 ... 9  Next
Author Message
 Post subject: Boetman is dood
PostPosted: Tue Dec 01, 2009 1:33 pm 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 13289
Location: Weskaap
Boetman is nie meer de bliksem in nie. Boetman is dood. Oud kollega en joernalis Chris Louw is vanoggend dood. Mense het van Chris gehou of hulle het nie van hom gehou nie. Wat ook al hulle dunk van Chris, die Afrikaanse joernalistiek is vandag armer.

Hy was 'n onverskrokke joernalis wat de bliksem in kon raak maar wat ook vreesloos eerlik was. Hy was sy tyd ver vooruit. Destyds by die Vaderland waar ek hom leer ken het was Chris een van min uitgesproke Afrikaanse joenaliste wat bereid was om op te offer vir dit waarin hulle geglo het. Hoofstroomjoernaliste het hom en ander soos hy destyds nie die eer gegee wat hulle toegekom het nie. Ek ook nie daardie tyd nie.

Later by die Kodesa onderhandelings in die 90's het my paaie weer met Chris s'n gekruis. Die laaste ruk toe hy weer meer gereeld in die hoofstroomkoerante begin skryf het, het ek dikwels aan hom gedink. Ek het nooit met alles saamgestem wat Chris geskryf het nie maar vir sy waagmoed het ek nog altyd die grootste repek gehad.

Ons kort meer sulke mense in die Afrikaanse joernalistiek en nie minder nie.

Vrede vir jou my maat! Vandag is ons half de bliksem in omdat jy op die manier weg is. Maar wat weet ons?

_________________
We must move out again into the open air of intellectual discussion with the world, and risk shocking people if we are to cut any ice. - Dietrich Bonhoeffer


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Boetman is dood
PostPosted: Tue Dec 01, 2009 2:08 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed May 30, 2007 11:38 am
Posts: 3803
Location: Pretoria
Ag nee!

Ja, Jean, ek stem saam dat dit Afrikaanse joernalistiek armer maak.

_________________
To make an apple pie from scratch, you must first invent the universe. (Carl Sagan)


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Boetman is dood
PostPosted: Tue Dec 01, 2009 2:15 pm 
Offline

Joined: Thu Jun 18, 2009 3:01 pm
Posts: 44
Jammer om daarvan te verneem. Ek het sy artikels interessant, helder en goed-beredeneerd gevind, en sou graag nog heelwat meer wou hoor oor hoe hy dink.

Soos die spreekwoord sê, "He did not die with his music in him". Hy is in hierdie opsig 'n aansporing vir ons almal.

Groete
Leon


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Boetman is dood
PostPosted: Tue Dec 01, 2009 2:17 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Nov 03, 2008 3:02 am
Posts: 3638
Ek is baie jammer om te hoor dat Boetman nie meer met ons is nie.

Leon Atterbury wrote:
"He did not die with his music in him". Hy is in hierdie opsig 'n aansporing vir ons almal.


Hy is inderdaad.

kk

_________________
I have yet to hear a man ask for advice on how to combine marriage and a career. - Gloria Steinem.


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Boetman is dood
PostPosted: Tue Dec 01, 2009 2:19 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed May 30, 2007 11:38 am
Posts: 3803
Location: Pretoria
Ek het nou eers na 'n berig daaroor gaan soek, en gelees dat hy homself met 'n AK47 geskiet het. Na aanleiding van die goed wat hy die afgelope ruk in Beeld geskryf het oor wat in sy omgewing en by hulle plaaslike polisiekantoor aangaan, kan ek darem nie help om te wonder nie...

_________________
To make an apple pie from scratch, you must first invent the universe. (Carl Sagan)


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Boetman is dood
PostPosted: Tue Dec 01, 2009 2:30 pm 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 13289
Location: Weskaap
Ag Nóstus He Dónis wrote:
Ek het nou eers na 'n berig daaroor gaan soek, en gelees dat hy homself met 'n AK47 geskiet het. Na aanleiding van die goed wat hy die afgelope ruk in Beeld geskryf het oor wat in sy omgewing en by hulle plaaslike polisiekantoor aangaan, kan ek darem nie help om te wonder nie...


Ja 8Nostus dit is wat gebeur het. Ek dink nie jy hoef te wonder nie. :cry: Ek het nou net met 'n kollega en goeie vriend van my gesels wat op Chris afgekom het. Dit is dêm sad!

Chris-hulle wou in die natuur gaan woon om weg te kom van al die gejaag. Die misdaad ens het hulle inderdaad oorweldig en Chris was erg ontnugter daarmee. Die Swart Hond het die slag gewen.

Chris het 'n brief agtergelaat.

_________________
We must move out again into the open air of intellectual discussion with the world, and risk shocking people if we are to cut any ice. - Dietrich Bonhoeffer


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Boetman is dood
PostPosted: Tue Dec 01, 2009 2:33 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Nov 03, 2008 3:02 am
Posts: 3638
:cry:

_________________
I have yet to hear a man ask for advice on how to combine marriage and a career. - Gloria Steinem.


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Boetman is dood
PostPosted: Tue Dec 01, 2009 3:19 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Apr 28, 2009 10:41 pm
Posts: 373
Ek het net so week of twee terug sy boek gelees. Baie van sy de- bliksem-in-geit kan ek goed verstaan.

Ons is beslis armer.

_________________
"Presupposing has all the advantage over demonstrating that theft has over honest labor." - Bertrand Russell


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Boetman is dood
PostPosted: Tue Dec 01, 2009 3:27 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sun Sep 10, 2006 10:24 pm
Posts: 7522
Location: Kaap
Ek sien hy was net 'n jaar jonger as ek.

Vir die wat destyds sy "Boetman" brief gemis het, hier is dit:
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/fc94587568c349e197d41b6288ad1218/01-12-2009-01-20/Boetman_is_die_bliksem_in


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Boetman is dood
PostPosted: Tue Dec 01, 2009 3:28 pm 
Offline

Joined: Fri Oct 28, 2005 6:01 pm
Posts: 13278
Location: Kaapstad
Ek het dieselfde gedagtes as Agwatdefok gehad - veral in die lig oor sy onlangse skrywes oor Jansen...

Nietemin - dit klink of ons lekker saam kon gekuier het, want ek hoor oor die draadloos dat hy ook so vies was oor baie goeters, nes ek.

My hart gaan uit na die wat hy agtergelaat het....

Annette

_________________
Elke dag is mooi

http://www.oepsadysie.co.za


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Boetman is dood
PostPosted: Tue Dec 01, 2009 4:32 pm 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 13289
Location: Weskaap
Barend wrote:
Ek sien hy was net 'n jaar jonger as ek.

Vir die wat destyds sy "Boetman" brief gemis het, hier is dit:
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/fc94587568c349e197d41b6288ad1218/01-12-2009-01-20/Boetman_is_die_bliksem_in


Baie dinge van Chris se boetman-is-de-blikem-in-brief spring as't ware in groot vet letters uit as mens dit weer lees. Toe ek lees hoe hy oor die onderhandelings by Kodesa skryf onthou ek die baie laat aande wat ons daar by Kemptonpark gewerk het aan ons berigte. By meer as een geleentjheid het dit deurnag geduur.

Dit was ná die oorlog. Toe die politici die ding moes doen. Min of meer die tyd toe Boetman de bliksem in geraak het.

Quote:
'n Psigiater skryf in 'n brief aan Beeld 'n groot gros van my generasie ly aan geestelike uitputting en tamheid. ``In baie gevalle neem dit die proporsie van psigiatriese siektes soos depressie, posttraumatiese stres-versteurings en ander angsversteurings aan . . . 'n algemene rou-reaksie, 'n verliessindroom en 'n eksistensiële krisis.''

_________________
We must move out again into the open air of intellectual discussion with the world, and risk shocking people if we are to cut any ice. - Dietrich Bonhoeffer


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Boetman is dood
PostPosted: Tue Dec 01, 2009 4:46 pm 
Offline

Joined: Thu Apr 24, 2008 4:17 pm
Posts: 1105
Jean wrote:
Baie dinge van Chris se boetman-is-de-blikem-in-brief spring as't ware in groot vet letters uit as mens dit weer lees.


So waar, ek kon met baie van Boetman se skrywes vereenselwig.


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Boetman is dood
PostPosted: Tue Dec 01, 2009 5:25 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed May 30, 2007 11:38 am
Posts: 3803
Location: Pretoria
wil-weet wrote:
ek kon met baie van Boetman se skrywes vereenselwig.

Ja.

Veral hierdie paar woorde uit daardie befaamde brief van hom:

"Ek is te oud om heeltemal onskuldig te wees. Ek is te jonk om ten volle aandadig te wees. Ek is te onskuldig om verskonings te versin. Ek is te skuldig om my hande te was."

Fokkit, ek het so baie van die goed gelees wat hierdie man geskryf het, dat dit amper voel asof ek hom geken het. :(

_________________
To make an apple pie from scratch, you must first invent the universe. (Carl Sagan)


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Boetman is dood
PostPosted: Tue Dec 01, 2009 6:06 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed Jun 14, 2006 11:45 am
Posts: 12312
Chris Louw was een van daardie skaars joernaliste met 'n absoluut-unieke "stem". Die enigste ander vergelykbare een waaran ek nou kan dink is Max du Preez.

Chris het intelligensie en insig in oorvloed gehad, sowél as die vermoë om dit te seepglad te verwoord. Ten spyte van sy uniekheid en individualiteit was hy tog ook tipies Afrikaner: hardegat, kwasterig en so reguit soos 'n snaar.

Wanneer so 'n mens sy eie lewe neem besef ek net weer hoe die uiterlike beeld van 'n ander meestal radikaal verskil van dit wat in sy binneste woed.

Hierdie Boetman is ongelukkig én die bliksem in oor dit wat Chris loop aanvang het. :|

_________________
"If God has spoken, why is the world not convinced?" - PB Shelley

"God is silent. Now if only man would shut up." - Woody Allen


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Boetman is dood
PostPosted: Wed Dec 02, 2009 8:53 am 
Offline

Joined: Fri Oct 28, 2005 6:01 pm
Posts: 13278
Location: Kaapstad
Daar is blykbaar verwarring oor hoekom hy selfmoord gepleeg het met 'n wapen wat nie aan hom gelisensieer was nie.
Trouens, sy vrou weet nie dat so 'n wapen in sy besit was nie.

Uit die huldeblyke vanoggend het dit deurgekom dat hy wel erg depressief was, dat die persoonlike aanvalle op hom in die media op sy artikels hom geraak het, en dat hy soms opgrtree het, en by latere nadenke erken het dat hy oorhaastig en te fel was in sy kritiek op iemand.

Ongelukkig, na hierdie daad, was daar nie spasie vir nadenke en herbesinning nie.

Hoe oud is die kinders?

Annette

_________________
Elke dag is mooi

http://www.oepsadysie.co.za


Top
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 128 posts ]  Go to page 1, 2, 3, 4, 5 ... 9  Next

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 8 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Search for:
Jump to:  




South Africa's Top Sites Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
Style edited by LEE for phpBB3