Tuisblad   Wie is ons?   Argief   Soek Artikels   Beknopte Index   Registreer  Hulpstaaf   Foto's  
Login   Register    FAQ    Search
It is currently Fri Sep 10, 2010 6:43 pm

All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 165 posts ]  Go to page 1, 2, 3, 4, 5 ... 11  Next
Author Message
 Post subject: Kletskerk weer in die spervuur
PostPosted: Mon Jan 04, 2010 10:44 pm 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 13289
Location: Weskaap
Daar verskyn more (Dinsdag) 'n berig in Beeld en Die Burger oor Kleskerk en my verbintenis met die forum. Die berig is nog nie elektronies beskikbaar nie maar hier is dit.

Quote:
Kerkmense kla oor Kletskerk-webwerf

Neels Jackson

Pretoria - ’n Klomp kerkmense het hul messe in vir ’n joernalis van Die Kerkbode omdat hulle meen hy bedryf ’n godslasterlike en vloekende webwerf.

Mnr. Jean Oosthuizen, nuusredakteur van Die Kerkbode, se kop word geëis in briewe wat wyd en syd in die kerk rondgestuur word.
Oosthuizen bedryf die webwerf Kletskerk (http://www.kletskerk.co.za) waarop ’n oop gesprek oor godsdiens gevoer word.
Hy sê die deelnemers wissel van erge fundamentaliste tot ateïste.
Bekommerde kerklui verkwalik Oosthuizen nou vir die kru godslastering wat party deelnemers kwytraak.

Oosthuizen sê daar is ’n klomp goed wat op die webwerf verskyn waarmee hy ook nie saamstem nie.
Hy bestempel dit egter as ’n spieëlbeeld van “goed wat daar buite gesê word”.

Terwyl party mense nou kla, is daar ook kerklui wat meen dat die NG Kerk, veral tydens sy seisoen van luister, ook hierdie stemme moet hoor.

Oosthuizen sê daar is ’n klein groepie radikale mense wat al lank kla oor Kletskerk. Hy raak al gewoond daaraan.
Dit lyk egter of die klagte nou meer momentum begin kry.
Dr. Kobus Gerber, algemene sekretaris van die NG Kerk, sê daar het die afgelope tyd ’n stroom e-posse by hom aangekom, onder meer van die moderature van twee streeksinodes.
Die moderatuur van die algemene sinode sal dit later vandeesmaand op ’n vergadering bespreek, maar daar sal intussen ook ’n gesprek met ds. Anton Pienaar, redakteur van Die Kerkbode, gevoer word.

Pienaar het gister gesê hy het besware oor Kletskerk gekry en hy sal dit aanstaande week met Oosthuizen bespreek as hulle weer op kantoor is.

Hy beskou Oosthuizen egter as ’n goeie en lojale joernalis en is jammer as daar spanning tussen ’n personeellid van Die Kerkbode en die breër kerk ontstaan.

Prof. Piet Strauss, moderator van die algemene sinode, het gesê die Kletskerk is Oosthuizen se eie projek en die NG Kerk het homself losgemaak daarvan.

Daar is egter steeds ’n skakel na die Kletskerk op Die Kerkbode se webwerf.

_________________
We must move out again into the open air of intellectual discussion with the world, and risk shocking people if we are to cut any ice. - Dietrich Bonhoeffer


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Kletskerk weer in die spervuur
PostPosted: Mon Jan 04, 2010 11:04 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Sep 28, 2009 10:52 pm
Posts: 135
Jean,

Die hoogste bome vang die meeste wind, of hoe? Sien hierdie berig as 'free advertising'! Miskien lok dit 'n paar mense met nuwe insigte na Kletskerk toe..

Groete,
nederig


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Kletskerk weer in die spervuur
PostPosted: Mon Jan 04, 2010 11:12 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Nov 03, 2008 3:02 am
Posts: 3638
Jean wrote:
Pretoria - ’n Klomp kerkmense het hul messe in vir ’n joernalis van Die Kerkbode omdat hulle meen hy bedryf ’n godslasterlike en vloekende webwerf.


Kan een van die beswaardes asseblief vir my verduidelik wat presies verstaan word onder "godslasterlik"? Is dit bv moontlik vir 'n Christen om te "laster" teen die gode van ander geloofstradisies? Of kan mens per definisie slegs teen die Christen-god laster? Is dit net so verkeerd vir 'n Christen om vir Allah te kritiseer as wat dit vir 'n nie-Christen is om die Christen-God te kritiseer? Is dit moontlik om te "laster" teen iets waarin jy nie glo nie? Indien wel, hoe?

Ek wil ook graag weet: hoe verstaan die mense wat kwaad is vir KK die konsep van godsdiensvryheid? Die punt is 'n ruk gelede hier op KK gemaak dat dit volgens die Christelike geloof nie regitg moontlik is om ander gelowe ewe veel spasie te gun nie. Want as jy glo dat jou God die enigste God is, en dat daar slegs een manier is om by hom uit te kom, en dis deur Jesus, en as jy glo dis jou plig om ander mense ook na Jesus/God toe te bring, wat presies bedoel jy dan as jy sê dat jy in godsdiensvryheid glo?

Ek wonder ook: wat presies verstaan die Christene wat kwaad is vir KK onder vryheid van spraak? Ek stem saam dat mens nie sommer net enigiets in die openbaar kan kwytraak nie, maar as dit by godsdiens kom, raak die kwessie moeilik. Beide die Christendom en Islam glo bv dat hulle die enigste weg is, en dat daar swarigheid voorlê vir mense wat nie hierdie tradisies aanvaar nie. As iemand met 'n sekulêre uitkyk ervaar ek bg aannames as beledigend. Waarom is dit in orde vir Christene om te verklaar dat hulle manier die enigste manier is, maar wanneer sekulêres hulself teen hierdie standpunt (wat altyd implisiet deel van die "gelowige" uitkyk is), verdedig, is dit vir baie gelowiges onaanvaarbaar? As ek nie in die Chisten-god of ander gode glo nie, waarom mag ek nie openlik so sê nie? Of geld vryheid van spraak net vir godsdienstiges wat oor hul geloof wil praat?

Laastens, hoekom presies is vloek verkeerd? Is dit slegte maniere in sekere geselskap, of is dit sonde?

_________________
I have yet to hear a man ask for advice on how to combine marriage and a career. - Gloria Steinem.


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Kletskerk weer in die spervuur
PostPosted: Tue Jan 05, 2010 6:28 am 
Offline
User avatar

Joined: Wed Jun 14, 2006 11:45 am
Posts: 12312
Net soos 'n mens begin dink Afrikaanssprekende godsdienstiges het die donker Middeleeue agtergelaat dan gebeur so iets. Ironies genoeg lees ek in die betrokke uitgawe van Beeld ook die volgende:
Quote:
Die leier van die Christelike Demokratiese Party het pres. Jacob Zuma se tradisionele troue as 'n "reuse-stap terug na die Donker Eeue" beskryf.

Zuma se troue Maandag met 'n vrou "by wie hy glo reeds drie kinders het, en die kommerwekkende terugkeer na aanbidding van die voorvaders is 'n reuse-stap terug na die Donker Eeue toe," het ds. Theunis Botha Dinsdag gesê.
...
"Kerke het 'n verantwoordelikheid om voorvaderaanbidding aan te spreek," het Botha gesê.
As ds. Theunis met groter aandag lees sal hy vind veelwywery is een van die algemeenste huweliksvorme in die Bybel. Hy rig sy visier op heeltemal die verkeerde teiken. Ja, ons moet met alle mag en geweld 'n terugkeer na die "Donker Middeleeue" verhoed. Laat ons met alles tot ons beskikking veg teen 'n herlewing van daardie tyd toe die Kerk en vroom kerklikes vrypas gehad het om aan mense voor te skrywe wat hulle mag dink, doen en sê. Kerkleiers soos ds. Botha wat meen hulle het 'n "verantwoordelikheid" om hulle neuse ongevraag in ander mense se privaatsake te steek is nie net vermetel nie; dis húlle wat die Kerk terugsleep na die Donker Middeleeue.

Wat stel ds. Theunis voor moet met Jean Oosthuizen, die KletsKerk-deelnemers en Zuma gedoen word? 'n Middeleeuse kerklike brandstapel dalk? Watter deel van die woord godsdiensvryheid begryp hy nie?

(Die Neels Jackson-berig is nou beskikbaar in die digitale weergawe van Beeld. Klik hier.)

_________________
"If God has spoken, why is the world not convinced?" - PB Shelley

"God is silent. Now if only man would shut up." - Woody Allen


Last edited by Stefan on Tue Jan 05, 2010 7:09 am, edited 1 time in total.

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Kletskerk weer in die spervuur
PostPosted: Tue Jan 05, 2010 6:31 am 
Offline
User avatar

Joined: Wed Feb 13, 2008 9:19 pm
Posts: 427
Sterkte Jean. Ek hoop vandag is nie te swaar op jou nie, ook dit sal more vergete wees.

Miskien moet jy 'n positiewe artikel oor Sonop publiseer, dan is jy gewax wat die Sinode en die Kbode betref.

In elk geval ek vermoed jy is in goeie hande wat sommiges in die NGK betref.

Groete.


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Kletskerk weer in die spervuur
PostPosted: Tue Jan 05, 2010 6:41 am 
Offline
User avatar

Joined: Mon Jun 05, 2006 2:13 pm
Posts: 2174
Jean wrote:
Quote:
Kerkmense kla oor Kletskerk-webwerf
Daar is egter steeds ’n skakel na die Kletskerk op Die Kerkbode se webwerf.
Ag, daardie ou skakeltjietjietjie kan dan seker maar verwyder word, of hoe, Jean?


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Kletskerk weer in die spervuur
PostPosted: Tue Jan 05, 2010 6:54 am 
Offline
User avatar

Joined: Sat Oct 29, 2005 4:20 pm
Posts: 6224
Location: Sheol (Ou Testamentiese doderyk)
Jean wrote:
Pretoria - ’n Klomp kerkmense het hul messe in vir ’n joernalis van Die Kerkbode omdat hulle meen hy bedryf ’n godslasterlike en vloekende webwerf.

Mnr. Jean Oosthuizen, nuusredakteur van Die Kerkbode, se kop word geëis in briewe wat wyd en syd in die kerk rondgestuur word.
Oosthuizen bedryf die webwerf Kletskerk (http://www.kletskerk.co.za) waarop ’n oop gesprek oor godsdiens gevoer word.

So, as hierdie mense hulle sin kry en al die pad sou kon gaan is vryheid van spraak en godsdiens volgende, moet SA n christelike staat word, gaan die koppe geeis word van almal wat nie presies soos die betrokke gelowiges in die spesifieke Kerk dink nie en mag niemand enige iets sê wat die status quo bevraagteken nie. Net atties en ander gelowe se sienings mag bevraagteken en gekritiseer word. Hmmmmm.

Image

Ek mag seker nie koppe eis van mense wat nonsens praat nie. S'ok, meeste ateiste is nie headhunters nie. Anyway, sorry Jean dat ons dit vir jou moeilik maak. Dis seker bietjie laat in die dag maar dit kan seker nie skade doen om te let op taalgebruik nie. Ek meen, ek praat nie in die werklke lewe soos ek skryf nie so dis seker nie nodig om kras te raak op skrif nie.

Sekere maar wat gebeur as mens nog "issues" het presies vanwee dit wat mense soos die wat jou kop eis aan mensself gedoen het. Amper soos Boetman - enigste verskil is dat die oorlog waarin meeste van ons atties moes sterf nooit teen vlees en bloed was nie.

Jammer
WC

_________________
There ain't no answer.
There ain't gonna be any answer.
There never has been an answer.
That's the answer.

--Gertrude Stein


Last edited by Wedergestorwe Christen on Tue Jan 05, 2010 7:02 am, edited 1 time in total.

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Kletskerk weer in die spervuur
PostPosted: Tue Jan 05, 2010 7:00 am 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 13289
Location: Weskaap
Blouwildebees wrote:
Jean wrote:
Quote:
Kerkmense kla oor Kletskerk-webwerf
Daar is egter steeds ’n skakel na die Kletskerk op Die Kerkbode se webwerf.
Ag, daardie ou skakeltjietjietjie kan dan seker maar verwyder word, of hoe, Jean?


Bees ek het lánkal gesê wat my betref kan die skakel verwyder word. Persoonlik is dit nie vir my belangrik nie. Daar is egter ook mense in die kerk wat graag wil hê die skakel moet daar bly ter wille van 'n oop gesprek sodat mense in die kerk ook blootgestel word aan die gesprekke wat buite die grense van die kerk gevoer word.

Ek sou seker minder moeilikheid gehad het as die skakel nie daar was nie maar ek twyfel of dit diegene wat sulke naamlose veldtogte teen my loods sou keer om my kop te eis. Die besluit of dit verwyder moet word lê egter nie by my nie hoewel ek sou kon aandring dat dit verwyder word as ek regtig wil.

_________________
We must move out again into the open air of intellectual discussion with the world, and risk shocking people if we are to cut any ice. - Dietrich Bonhoeffer


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Kletskerk weer in die spervuur
PostPosted: Tue Jan 05, 2010 7:40 am 
Offline

Joined: Tue Jan 05, 2010 7:33 am
Posts: 1
nederig wrote:
Jean,

Die hoogste bome vang die meeste wind, of hoe? Sien hierdie berig as 'free advertising'! Miskien lok dit 'n paar mense met nuwe insigte na Kletskerk toe..

Groete,
nederig


Ek is hier agv die 'free advertising'...
Dink ek gaan dit geniet om hier te kuier :D


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Kletskerk weer in die spervuur
PostPosted: Tue Jan 05, 2010 7:47 am 
Offline
User avatar

Joined: Mon Apr 27, 2009 9:04 pm
Posts: 3483
Ek wonder of een van die self-aangestelde wagte van ander se gedagtes ons met hierdie rondte sal seën met sy/haar teenwoordigheid. Seker nie. Hopelik is die klomp wat hier kom rondsnuffel na die artikel beter as die wat SUIG! voor verantwoordelik was.

_________________
Image


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Kletskerk weer in die spervuur
PostPosted: Tue Jan 05, 2010 7:53 am 
Offline
User avatar

Joined: Tue Jul 18, 2006 9:30 am
Posts: 1464
Location: /\/¯¯¯¯¯\/\
Jean wrote:
Ek sou seker minder moeilikheid gehad het as die skakel nie daar was nie maar ek twyfel of dit diegene wat sulke naamlose veldtogte teen my loods sou keer om my kop te eis.

Jean, ek dink jy is reg. Hierdie is 'n persoonlike vendetta teen jou en ek sal nie verbaas wees as dit gedryf word deur 'n ou Kletskerk deelnemer met baie persoonlike issues nie.

Ek sien daar is twee streeksinodes wat genoem word. Weet ons wie hulle is of is dit 'n geheim?

_________________
Everyone needs to believe in something. I believe I'll have another beer. (Bumper sticker)


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Kletskerk weer in die spervuur
PostPosted: Tue Jan 05, 2010 8:31 am 
Online
User avatar

Joined: Fri Oct 28, 2005 5:54 pm
Posts: 6853
Location: backsliding through the moral free zone
Iets wat hierdie mense nie verstaan is iets wat ons die INTERNET noem. Hoe meer jy iets op die net probeer smoor hoe meer momentum kry daai iets.

Die ander ding is natuurlik, dis nie die eerste keer nie. Ek is seker dat elke kerk-oom wat hiervan moes weet, het nou al tien keer hiervan gehoor. Iemand stuur 'n kwaai epos, die eerste kerk-omie kliek "forward","send" en sit agteroor in sy sagte leerstoel, sy werk is immers gedoen, iemand hoër op sal vir Jean uitsort!

Dit laat my aan die ou grappie dink:

Quote:
This is a little story about four people named Everybody, Somebody, Anybody, and Nobody.

There was an important job to be done and Everybody was sure that Somebody would do it.

Anybody could have done it, but Nobody did it.

Somebody got angry about that because it was Everybody's job.

Everybody thought that Anybody could do it, but Nobody realized that Everybody wouldn't do it.

It ended up that Everybody blamed Somebody when Nobody did what Anybody could have done


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Kletskerk weer in die spervuur
PostPosted: Tue Jan 05, 2010 8:47 am 
Offline
User avatar

Joined: Tue Jan 05, 2010 8:23 am
Posts: 638
Location: Jozi
My "stem" vir KK se voort bestaan is omdat dit 'n forum bied waar ek (as 'n afvallige christen) met ander Christene kan kommunikeer. Sien uit daarna om dit nog in die toekoms te doen en dat die Donker Eeu denkers nie daaraan dink om KK te "sluit" nie. Ek verstaan van die berig wat ek op "Die Burger" se webwerf gelees het dat KK eintlik aan Jean "behoort". Klink ook nie of hy KK gaan sluit nie.

Dankie vir WC se "guide lines" oor KK.

"Praat" weer later.


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Kletskerk weer in die spervuur
PostPosted: Tue Jan 05, 2010 9:05 am 
Offline
User avatar

Joined: Mon Aug 21, 2006 10:26 am
Posts: 5186
Location: Bloubergstrand
Hierdie hele bohaai maak my hartseer en die moer in tegelyk. Moerig met ‘n traan.

Ek is amper oortuig daarvan dat die klomp lafaards wat agteraf lawaai maak, die soort is wat nie die kapasiteit het om in gesprek te tree met ons hier in die KKerk nie.

Hoekom neem hulle nie hier deel nie?
Hoekom vat hulle ons nie reguit aan nie?
Vir wat hardloop hulle soos ‘n klomp “sissies” na “juffrou” toe?
Is hulle dalk bang dat hulle nie die mas sal opkom teen mense wat weet hoe om te dink nie?

Weeeeeeeeet djy!?!

K :|

_________________
Everybody wants to go to heaven; but nobody wants to die.


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Kletskerk weer in die spervuur
PostPosted: Tue Jan 05, 2010 9:17 am 
Online
User avatar

Joined: Fri Oct 28, 2005 5:54 pm
Posts: 6853
Location: backsliding through the moral free zone
Bodhidharma wrote:
Ek verstaan van die berig wat ek op "Die Burger" se webwerf gelees het dat KK eintlik aan Jean "behoort". Klink ook nie of hy KK gaan sluit nie.


En selfs al gooi hy die handdoek in, is hier oorgenoeg vriende wat met graagte die leisels sal oorvat, en by wie gaan hulle dan kerm. Die kerk het tog nie Kletskerk as handelsnaam geregistreer nie.


Top
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 165 posts ]  Go to page 1, 2, 3, 4, 5 ... 11  Next

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 7 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Search for:
Jump to:  




South Africa's Top Sites Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
Style edited by LEE for phpBB3