Tuisblad   Wie is ons?   Argief   Soek Artikels   Beknopte Index   Registreer  Hulpstaaf   Foto's  
Login   Register    FAQ    Search
It is currently Thu Sep 09, 2010 5:48 am

All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 73 posts ]  Go to page 1, 2, 3, 4, 5  Next
Author Message
 Post subject: NG Kerk se moderatuur sê Kletskerk is 'n verleentheid
PostPosted: Tue Jan 26, 2010 9:45 pm 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 13277
Location: Weskaap
Die moderatuur van die NG Kerk se Algemene Sinode het opdrag gegee dat alle skakels na Kletskerk op die webbladsye van die NG Kerk en Kerkbode dadelik verwyder word.

Die moderatuur skryf in ’n brief aan Kerkbode se redakteur hulle het indringend na die saak gekyk en besluit Kletskerk het ’n verleentheid geword en dat alle skakels na Kletskerk verwyder moet word.

Kerkbode se redakteur is versoek om dadelik toe te sien dat die skakels na Kletskerk van die webblad/blaaie van Kerkbode verwyder word.

Die moderatuur sê hulle moedig oop gesprek, debat en standpuntstelling aan. Van kerklike media en media wat ’n band met die NG kerk het asook personeel van die NG Kerk word verwag om dit “binne die etos van die NG Kerk te hanteer”.

Sover wat die besluit betref.

Laat ek dit onomwonde stel: ek respekteer die NG Kerk se reg ten volle om te besluit watter skakels op die kerk se webwerwe moet verskyn. Daarom het ek reeds by meer as een geleentheid uit my eie aangebied om die skakels te verwyder indien dit vir die kerk ‘n verleentheid sou wees.

Toe ek einde verlede jaar in kennis gestel is van die nuwe veldtog wat ‘n groepie beswaardes teen Kletskerk begin het, het ek self voorgestel om die skakels te verwyder indien dit vir die kerk ‘n verleentheid sou wees. Ek is egter uitdruklik versoek om dit NIE te doen voordat die moderatuur nie ‘n amptelike besluit daaroor geneem het nie. Nou het hulle. Persoonlik sou dit vir my baie makliker wees om die skakels te verwyder toe ek self aangebied het om dit te doen. Ek sou ook aan veel minder karaktermoord blootgestel gewees het. Maar ek sou ook nie geweet het hoe groot die lojaliteit teenoor myself en Kletskerk onder ‘n groot deel gelowiges sowel as ongelowiges is as dit nie vir die jongste storm was nie.

Die besluit om die skakels te verwyder neem ‘n klomp persoonlike spanning van my af weg. En terwyl ek die besluit respekteer en dit volkome aanvaar bly dit jammer dat ‘n klein groepie mense wat ‘n doelbewuste veldtog agter my rug gevoer het om myself en die forum in diskrediet te bring, die NG Kerk se Seisoen van Luister ernstige skade berokken. Nie één van hulle het die moed gehad om self met my in gesprek te tree nie. Nie één nie. Diegene wat hulle doof wil hou vir die gesprekke op Kletskerk moet maar aan hulle self verduidelik hoe hulle die woorde van die kerk se luisterlied verstaan: “Ek wil hul hoor wat op my buitekring bly staan waar vreemde stemme hul bekoor. Gee my ‘n oor vir die soekstem van ons tyd....”

In die DVD wat die NG Kerk aan sy gemeentes versprei het, is die beeld van die ateïs Stephan Hawkins by die woorde in die agtergrond.

Ek is bly die besluit is uiteindelik geneem. Die laaste paar weke was nie vir my lekker nie. Dit sal egter geen verskil maak aan Kletskerk se toekoms nie. Wat ook al my persoonlike betrokkenheid in die toekoms by Kletskerk mag wees, dit sal nie die forum raak nie. Kletskerk is groter as ek. Hier gaan dit oor ménse en hulle verhoudings met mekaar. Mense wat mekaar leer ken en ja selfs leer liefkry het ondanks hulle verskille. Nie oor koue kil agendapunte op ‘n stuk papier of smeerbriewe waarop jy geen verweer het nie. Met óf sonder my sal Kletskerk aanhou met gesprek.

Ek kan baie verhale vertel van die afgelope paar weke sedert Beeld, Die Burger en Vokksblad oor die jongste storm berig het. Soms het ek broos gevoel. Maar meeste van die tyd was ek verstom oor wie my moed ingepraat het. ‘n Sogenaamde militante ateïs wat my bel en bemoedig sonder om op enige wyse my geloof te kleineer of te sê “sien jy nou!”. Daar is die diepgelowige bruin VGK lidmaat wat my in die gang voorkeer met ‘n handdruk en sê: “Jean ek het die berig in Die Burger gelees. Staan vas ek is by jou.” En nog etlike sulke stories waarvoor ek nie nou tyd het nie. Ek waardeer dit.

So, dalk moet ek eintlik dankie sê aan Yf Veldhuizen en sy bende vir hulle onvermoeide pogings om my nou reeds vir maande sonder ophou swart te smeer, te belededig en my karakter agter my rug aan te tas net waar hulle soos skimme op die internet beweeg. In die proses het hulle indirek méér vir Kletskerk gedoen as waarop ek ooit kon hoop.

In ‘n brief wat wat hy links en regs aan dominees versprei skryf hy: “Die onderstaande wil ek aan ‘n paar predikante stuur met die hoop op reaksie van ‘n aard, so verskoon asseblief dat dit nie baie persoonlik klink nie. Ek sal dus bly wees indien jy die saak sal opneem deur ten minste dit na die regte persoon te verwys, maar meerdere aksievolle betrokkenheid sal baie waardeer word.”

En so gaan hy aan.

Ek weet nie hoeveel meerdere aksies of reaksies daar nog gaan wees nie Yf Veldhuizen. Maar ek gaan vanaand rustig slaap. Wat ék doen en sê, doen en sê ek hier vir almal om te lees, te kritiseer en op te reageer. Hier praat ons persoonlik met mekaar. Nie agteraf nie. En wanneer ek my pak moet vat dan vat ek dit soos ‘n man al kos dit soms ‘n prys.

En jy? Toe jy na hoeveel poste en geselse op die “walglike” Kletskerk probeer het om mense hier weg te rokkel na julle eie klein hoekie toe flop dit jammerlik. En toe haal jy jou frustrasie op my as persoon uit deur my agteraf te beswadder, te beskinder en verdag te maak.

Lekker slaap ou grote. As jy kan.

_________________
We must move out again into the open air of intellectual discussion with the world, and risk shocking people if we are to cut any ice. - Dietrich Bonhoeffer


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: NG Kerk se moderatuur sê Kletskerk is 'n verleentheid
PostPosted: Tue Jan 26, 2010 10:24 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Nov 03, 2008 3:02 am
Posts: 3634
NG Kerk se moderatuur sê Kletskerk is 'n verleentheid.

Die NG Kerk is dikwels vir my 'n verleentheid.

_________________
I have yet to hear a man ask for advice on how to combine marriage and a career. - Gloria Steinem.


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: NG Kerk se moderatuur sê Kletskerk is 'n verleentheid
PostPosted: Tue Jan 26, 2010 10:28 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed Jan 02, 2008 2:53 pm
Posts: 1879
Location: KZN-Suidkus
Jean, die verwydering van daardie skakels doen wondere vir KK se google page ranking, reeds omdat die pageranking werk op wie na jou toe skakel, en sowaar, die NG Webblaaie se ranking is heelwat laer as KK sin, dus doen dit ons goed om ontslae te wees daarvan. Webblaaie wat 'n beter pageranking in google het, en na jou toe skakel, is baie meer werd. Dus, kan KK net hiervandaan in waarde styg, in google, sowel as in onafhanklikheid asook in monetere waarde.

Nou kan jy ontspan, broer, met 'n glasie of twee.... of drie... of... of?

_________________
ADSL UNCAPPED vanaf R 212.00 pm of Capped vanaf R 35.00 Per Gig Amaclick


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: NG Kerk se moderatuur sê Kletskerk is 'n verleentheid
PostPosted: Tue Jan 26, 2010 10:48 pm 
Offline
User avatar

Joined: Thu Nov 24, 2005 2:16 pm
Posts: 985
Location: Pretoria
Hallo Jean,

Die feit dat Kletskerk vir jou en vir baie van ons "baie" beteken, is te bespeur in jou reaksie van die besluit van die moderatuur van die NG kerk se algemene sinode. Ek sit "baie" in aanhalingstekens want ek glo dat om baie in die konteks vir gewone mense (mense soos ek en jy) in woorde te sit sal afbreek maak aan dit wat "ons" (gelowiges en ongelowiges) hier doen en oor gesels en beleef, elke dag, wat jy voel is wat jy se, en dit is "ok" om so te voel....

Op skool het jy iemand gekry soos Velthuizen, kla omdat hy nie in die populere groep is nie, kla omdat hy nie aandag kry nie, kla omdat hy nie raakgesien word nie, en hy gaan soek sy verweer in al die plekke (gewoonlik by die owerhede, wat sieker is as hy self, juffrou yf rook agter die muur, juffrou yf gebruik lelike woorde) in pleks daarvan om dit by homself te soek.

Jy mors jou tik vingers en jou kosbare tyd op n persoon/persone wat n draatie gaan kap omdat hulle vanaand reaksie uit jou gelok het....hulle voel vreeslik gelukkig, terwyl hulle doeke al lankal nat is.

Jy overrate die groepie Jean....die ligte brand maar niemand is by die huis nie, hoe meer jy hulle gaan invite tot ware oop gesprek hoe meer gaan hulle belangrik voel....maak die boek toe, en kom ons beweeg aan...hoe meer n mens aandag gee aan die lafaards hoe meer tyd verloor ons om oor regtige issues te gesels.

Dankie tog die besluit is uiteindelik geneem...

Baie groetnis
Die ware Boerseun.

_________________
“The church is near but the road is icy, the bar is far away but I will walk carefully” - Russian Proverb


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: NG Kerk se moderatuur sê Kletskerk is 'n verleentheid
PostPosted: Tue Jan 26, 2010 11:01 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sun Aug 03, 2008 10:00 pm
Posts: 1011
Location: Buitewyke van die beloofte land
Jean wrote:
...
Wat ook al my persoonlike betrokkenheid in die toekoms by Kletskerk mag wees, dit sal nie die forum raak nie. Kletskerk is groter as ek.... ... Met óf sonder my sal Kletskerk aanhou met gesprek.



Ek hoop van hart Jean dat die spreekwoord van waar 'n rokie trek is daar 'n vuurtjie nie in hierdie geval korrek is nie.

Ek kan my net voorstel hoeveel spanning hierdie agteraf spul jou gekos het. YF Veldhuizen was slim of sal ek sê slinks. Hy het jou, as gevolg van jou verbintenis met die NG Kerk behoorlik gebruik as pawn vir sy agenda om KK by te kom. Dit kon nie lekker gewees het nie, maar soos Kraai sê, onstpan, vat 'n glasie of twee en slaap lekker vannaand.

KK mag vir die kerk 'n verleentheid wees, maar ek het in my amper 2 jaar, op KK meer eerlikheid, meer openheid, meer reguitpraat, meer omgee, meer begrip, meer aanvaarding en meer liefde ervaar as wat ek vir die vorige 30 jaar in die kerk ervaar het.

So as daar enigsins 'n rokie is - versmoor daardie vuurtjie sommer dadelik. Ek dink jy kan met reg trots wees op wat jy met KK vermag.

_________________
We get into the habit of living before acquiring the habit of thinking.
-- Albert Camus, An Absurd Reasoning


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: NG Kerk se moderatuur sê Kletskerk is 'n verleentheid
PostPosted: Wed Jan 27, 2010 12:06 am 
Offline

Joined: Thu May 24, 2007 2:51 pm
Posts: 504
Weleerwaarde Kletskerkers en Kletskerkinne

Quote:
Die moderatuur sê hulle moedig oop gesprek, debat en standpuntstelling aan. Van kerklike media en media wat ’n band met die NG kerk het asook personeel van die NG Kerk word verwag om dit “binne die etos van die NG Kerk te hanteer”.


Die Kletskerk het lankal nie meer 'n band met die NG Kerk nie, dalk net 'n skakel. Dit is insiggewend dat die skakel op die NG Kerk se webblad lank vóór bogenoemde besluit verwyder is, terwyl dit verlede jaar nog daar was. Ek neem aan die skakel is nou op Kerkbode se webblad verwyder.

Hierdie klink vir my eerder soos 'n bedekte dreigement om "personeel van die NG Kerk" in te breek en voortaan in toom te hou. Wie is hierdie personeel van die NG Kerk? "Jean?" Wel, ek het slegte nuus vir die moderatuur, hier is meer van ons. Beteken dit tugverhore... 'n inkwisisie of 'n heksejag... as? Ek vind sulke verskuilde dreigemente laakbaar. Wees openlik en eerlik!

Ek wonder wat die etos van die NG Kerk is? Haar kenmerke? Deur die skakel te verwyder het die "NG Kerk" sopas haar etos verander... Is die etos van die NG Kerk om haarself in 'n lugkasteel met hoë torings toe te sluit? Verloor die NG Kerk nie haar integriteit deur Kletskerk vaarwel te roep nie?

Die NG Kerk het tog in 'n sekere sin Kletskerk gebaar. Nou word
Kletskerk as weeskind finaal in die straat gelaat. Sy's 'n soort
optelkind, want Mamma Kerk is vir baba bang. Hoe ironies!

As dit nie vir die Kletskerk was nie, sou ek maar gesukkel het om met ateïste en Hindoes in die werksplek oor die weg te kom. Daar is heelwat Mkonto's wat stoere kommuniste is en by implikasie ateïsties is, wat nooit aan my die geleentheid sou gegee het om 'n vergadering met gebed of met 'n oordenking te open, as dit nie was om na die stemme op die Kletskerk te luister nie. Hier leer jy die mens agter die oortuigings ken, agter sy swets en selfs lasterlike uitsprake. Dit is wanneer sulke mense die mond gesnoer word, of 'n vae gedagte in 'n kerklike denominasie se brein is, dat die denominasie spook om relevant te bly.

As geloof nie grond toe kom nie, hoe moeilik gesprek daaroor ook al is, raak dit irrelevant. Die Kletskerk is en was van die begin af 'n eerlike poging om geloof en godsdiens weer op die lippe van die volk te kry, net soos met die Hervorming.

Wat my pla, is om te dink watter swak eksegete die moderatuur van die NG Kerk is. Die smeerbriewe wat ek gesien het, het vloekwoorde en godslastering uitgehaal en aangebied as die beeld van die Kletskerk. Tog het die Kletskerk soveel meer as sulke taal. Hier is belangrike gedagtes wat in enige kerk gehoor moet word. Helaas sal die Kletskerk die sekulêre wêreld met haar idees moet bedien, want die NG Kerk het haar kokon styf toegespin... selfs haar personeel moet daarin sit.

Groete
:wink:

Elimelek


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: NG Kerk se moderatuur sê Kletskerk is 'n verleentheid
PostPosted: Wed Jan 27, 2010 1:47 am 
Offline
User avatar

Joined: Sun Sep 10, 2006 10:24 pm
Posts: 7504
Location: Kaap
Ek stem saam met wat hier gesê is, by name met Elimelek.

Ek hoop nie Jean sal ooit nié meer betrokke wees by Kletskerk nie, maar ek sou dit verstaan as hy dalk ook soos Elimelek en 'n groot aantal Kletsers dit onder 'n skuilnaam wou doen. Ekself kom net met die regte naam, sonder van, reg omdat ek so onbekend is. Dit is rerig vir my 'n sleg ding wat die kerk doen, maar ek het ook al voorheen gesê dat die kerk nie uniek is daarin dat hulle die openbare uitsprake van hulle senior personeel as 'n refleksie op die organisasie sien nie. Dit is eintlik Jean se roem wat hom nou probleme gee, want na al die publisiteit weet die hele land nou al wie "Jean Oosthuizen" is... en vir wie hy werk!

Byt net van Jean! Gouer as wat jy dink is ek en jy ook pensioenarisse en dan kan ons ons memoires skryf! Ek is oortuig joune gaan 'n blitsverkoper wees... veral nou wat die kerk weer die gordyne toe trek, gaan die boek wat dit eendag ooptrek net meer werd word :lol:

Groete
Barend

_________________
Toe het ek al die werk van God begryp;
die mens is nie in staat om wat in hierdie wêreld gebeur, te verstaan nie.
Hoe hy hom ook al inspan en soek, hy verstaan nie.
Al sê die wyse hy weet, kan hy nie verstaan nie. --- Pred 8


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: NG Kerk se moderatuur sê Kletskerk is 'n verleentheid
PostPosted: Wed Jan 27, 2010 2:59 am 
Offline
User avatar

Joined: Tue Jan 30, 2007 8:56 am
Posts: 2066
Location: Droomland
Hierdie hele kwessie rondom kletskerk het gesorg vir 'n paar baie interessante reaksies.

Wat vir my persoonlik die treffendste is, is hoe dat 'n relatief klein forum waarvan die gereelde deelnemers maar 'n piepklein kerkie in die ware lewe sal vol sit, so besonders instrumenteel was om in effek die fundamentele karakter van die NG Kerk bloot te lê.

Dink net. Die NG Kerk wil luister en skep KK. 'n Handtjie vol mensies kom praat eerlik. En daar vind 'n paar van hulle die eerlikheid erg onvanpas. Hulle wil hê die mense moet volgens húlle reëls saampraat. Voorwaardelik. Die grootkoppe van die NG kerk swig wragtag onder die druk van 'n paar stoepkakkertjies om aksie te neem teen sy eie skepping en boonop word dit aan die grootste moontlike klokke gehang. Nou waarvoor doe mens dit met iets wat jou verleë maak?

Wat dus 'n onbenullige eksperiment kon wees het nou ontaard in 'n prominente fokuspunt. En hulle was te kortsigtig om hulle self te keer. Tragies.

_________________
"My father rode a camel. I drive a car. My son flies a jet airplane. His son will ride a camel." Saudi saying


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: NG Kerk se moderatuur sê Kletskerk is 'n verleentheid
PostPosted: Wed Jan 27, 2010 7:40 am 
Offline
User avatar

Joined: Sun Apr 26, 2009 7:30 am
Posts: 27
Location: Durban, South Africa
elimelek wrote:
die NG Kerk het haar kokon styf toegespin...


:shock: Laat my dink aan die beroemde beeldjie van die drie apies, sien niks, hoor niks, sê niks ...

Nou hoef niemand meer te wonder waarom die NG kerk se lidmaatgetalle krimp nie - almal weet nou wat nie lankal reeds weet en/of vermoed nie.

_________________
Jesus loves you. But I'm his favorite.


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: NG Kerk se moderatuur sê Kletskerk is 'n verleentheid
PostPosted: Wed Jan 27, 2010 11:12 am 
Offline
User avatar

Joined: Mon Jun 05, 2006 2:13 pm
Posts: 2174
Jean, as jy tien minute se wroeging ervaar het oor hierdie ou sakie, was dit nege minute te veel... Verlore d(r)inktyd wat jy nooit weer gaan terugkry nie!

Ek kan nou nog nie glo Yf (wat 'n kak naam... dink net die emosionele bagasie en ouerwrokke) was toe nooit 'n trol nie...


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: NG Kerk se moderatuur sê Kletskerk is 'n verleentheid
PostPosted: Wed Jan 27, 2010 4:28 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Jan 30, 2007 8:56 am
Posts: 2066
Location: Droomland
Ja wragtag. Hy was toe al die tyd 'n Tril!

_________________
"My father rode a camel. I drive a car. My son flies a jet airplane. His son will ride a camel." Saudi saying


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: NG Kerk se moderatuur sê Kletskerk is 'n verleentheid
PostPosted: Wed Jan 27, 2010 5:08 pm 
Offline

Joined: Sun May 03, 2009 8:51 pm
Posts: 2574
Blouwildebees wrote:
Ek kan nou nog nie glo Yf (wat 'n kak naam...

Ek sekondeer. Wat virre naam is Yf? :roll:


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: NG Kerk se moderatuur sê Kletskerk is 'n verleentheid
PostPosted: Wed Jan 27, 2010 5:24 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Apr 10, 2006 10:22 am
Posts: 6062
Location: Cabo da Boa Esperança
emzie* wrote:
Blouwildebees wrote:
Ek kan nou nog nie glo Yf (wat 'n kak naam...

Ek sekondeer. Wat virre naam is Yf? :roll:
Ek dink die probleem lê by die 'f'. Die Y-chromosoom lyk orraait te wees maar ons sal eers sy genes moet uittrek voor ons werklik sal kan sien wat daar onder aangaan. Dalk sal Malema moet bystaan om te sê wat is wat en hoe klassifikasie werk - soos wat hy van Semenya gesê het.

Tot dan sal die 'f' net 'n wild-card wees.

_________________
“As soon as the lunatics start running the asylum you have big problems.” - Nick Fry (CEO - Mercedes GP Petronas Formula One Team)

“I must be crazy to be in a loony bin like this.” - Jack Nicholson (One Flew Over the Cuckoo's Nest)


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: NG Kerk se moderatuur sê Kletskerk is 'n verleentheid
PostPosted: Wed Jan 27, 2010 6:18 pm 
Offline
User avatar

Joined: Thu Jun 21, 2007 3:22 pm
Posts: 2274
Location: Tokai
Jean wrote:
Kerkbode se redakteur is versoek om dadelik toe te sien dat die skakels na Kletskerk van die webblad/blaaie van Kerkbode verwyder word.

Kom die Almagtige God in gedrang as nietige mense te dom is om te "sien" dat Hy bestaan, of dat die Heilige Gees nie Sy oortuigingswerk kan volhou nie?

Die grote raad kan mos by die skakel sit dat KK geen verbintenis met hulle het nie en dat hulle nie die lasterkant onderskryf nie.
Dit is mos goed dat mense sien wat op grondvlak aangaan, dan nie?

Hier is van ons ongelowiges wat nie aanhoudende gevloek op God goedkeur nie. Uit respek vir ons gelowige vriende wat hulle God as 'n werklikheid beleef soos baie van ons ook eens op 'n tyd gevoel het!

Hulle wat die Liefde behoort te leef en uitstraal sal soos gewoonlik niks daarvan dink om ons uit te sluit nie, ook uit die sogenaamde genade uit nie. Kyk maar in Kletskerk se anale hoe gou gelowiges andersdenkendes verdoem, veroordeel of vloek as hul vooropgestelde agenda van voorskriftelikheid nie afgeforseer kan word nie!

Dit is presies die pad wat die grote raad nou ook weer openlik volg.
Die skreeuende voorbeeld aan Sy onderdane KRUISIG HOM KRUISIG HOM!!! Kruisig KletsKerk...

Jan

_________________
Kan nie meer glo voordat ek nie self my vinger in die gat kan druk nie! Joh. 20:27


Last edited by Thomas on Thu Jan 28, 2010 5:29 am, edited 1 time in total.

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: NG Kerk se moderatuur sê Kletskerk is 'n verleentheid
PostPosted: Wed Jan 27, 2010 8:03 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed Jan 02, 2008 2:53 pm
Posts: 1879
Location: KZN-Suidkus
As my geheue my nou nie liederlik in die steek laat nie, kan ek mos onthou waar YF ook werk, by die goewerment as ek reg onthou. Was dit nie hy wat alles hier vanaf 'n staatskomputer gepos het in werkstyd nie?

_________________
ADSL UNCAPPED vanaf R 212.00 pm of Capped vanaf R 35.00 Per Gig Amaclick


Top
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 73 posts ]  Go to page 1, 2, 3, 4, 5  Next

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 6 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Search for:
Jump to:  




South Africa's Top Sites Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
Style edited by LEE for phpBB3