Tuisblad   Wie is ons?   Argief   Soek Artikels   Beknopte Index   Registreer  Hulpstaaf   Foto's  
Login   Register    FAQ    Soek
Dit is tans Fri Aug 18, 2017 8:35 am

Alle tye is UTC + 2 hours




Post new topic Antwoord  [ 9 poste ] 
Skrywer Boodskap
 Pos onderwerp: Die NG Kerk leer "pynlike les" met Kletskerk
PostPosted: Thu Sep 09, 2010 3:21 pm 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 14410
Location: Weskaap
Reputation point: 557
Een van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestes
Die skrywer en letterkundige Charles Malan, sê die NG Kerk moes ʼn “pynlike les” leer met die negatiewe reaksie op sy verwydering van Kletskerk se skakels op sy webwerwe.

Charles Malan is ook die webbestuurder van die NG Kerk se diversiteitsforum. Hy het reageer op ‘n berig in Kerkbode oor mediavryheid.

Hy skryf:
Haal aan:
Die NG Kerk se toetrede om teen die inperking van mediavryheid te waarsku, verdien die hoogste lof. Vanuit my rol om die verset van talle skrywers en uitgewers te koördineer kan ek maar net beaam dat die stryd nie slegs dié van die media is nie, maar van die hele burgerlike samelewing. As webbestuurder van die NGK se diversiteitsforum (http://www.ngkerk.org.za) wil ek graag dr. Kobus Gerber se waarskuwing onderstreep dat die weerloses, “die ander”, die eerstes is wat gaan ly. Die NGK het inderdaad al meermale onder die media deurgeloop, maar stel hier die voorbeeld vir die ANC hoe om met kritiek om te gaan.


Met verwysing na Kletskerk skryf hy:
Haal aan:
Onlangs moes die NGK self ‘n pynlike les leer met die negatiewe reaksie op sy verwydering van die skakel na Kletskerk. Op daardie forum word pynlike en beledigende dinge oor die NGK gesê, en hoewel die kerk nie Kletskerk “stilgemaak” het nie, is enige vorm van inperking en sensuur onaanvaarbaar. As ons diversiteit met vrye meningswisseling wil bevorder, korrupsie wil beveg en ‘n stem aan die stemloses wil gee, durf ons nie toekyk hoe een van ons belangrikste vryhede deur magsugtiges ingepalm word nie. Niemand anders nie as die president van die land het pas onheilspellend gewaarsku: die ANC se voorstel vir ‘n mediatribunaal staan vas. Ons weerstand moet ewe vas staan.

_________________
Mag die bome groen bly
en die sterre wit,
en mag daar altyd mense wees
wat mekaar sonder skaamte
in die oë kan kyk –
...want die lewe is ‘n asem lank
en die sterre op die Anderplek donker.

- Breyten Breytenbach


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Die NG Kerk leer "pynlike les" met Kletskerk
PostPosted: Thu Sep 09, 2010 3:47 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Jan 19, 2010 9:30 am
Posts: 6046
Location: Wes-Kaap
Reputation point: 1229
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Nou Jean, beteken dit dat Die Kerkbode weer hulle skakels na Kletskerk gaan oopmaak ?

_________________
Eens het ek geglo en nie gedink...


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Die NG Kerk leer "pynlike les" met Kletskerk
PostPosted: Thu Sep 09, 2010 4:20 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sun Sep 10, 2006 10:24 pm
Posts: 9465
Location: Kaap
Reputation point: 1341
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Haal aan:
. As webbestuurder van die NGK se diversiteitsforum (http://www.ngkerk.co.za) wil ek graag dr. Kobus Gerber se waarskuwing onderstreep dat die weerloses, “die ander”, die eerstes is wat gaan ly.


Het daar 'n tikfout by Kerkbode ingesluip of ken die webbestuurder nie die adres na sy eie werf nie? Daar die adres is "leeg" Die diversiteitsforum is te vind vanaf (http://www.ngkerk.org.za)

Nogal interessante gesprekke... nie baie nie maar die moeite werd om so een keer 'n maand daar in te loer... tannie Henriëtta is elke dag daar om die bestuurder van die forum op sy tone te hou!

Groete
Barend

_________________
Toe het ek al die werk van God begryp;
die mens is nie in staat om wat in hierdie wêreld gebeur, te verstaan nie.
Hoe hy hom ook al inspan en soek, hy verstaan nie.
Al sê die wyse hy weet, kan hy nie verstaan nie. --- Pred 8


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Die NG Kerk leer "pynlike les" met Kletskerk
PostPosted: Thu Sep 09, 2010 4:40 pm 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 14410
Location: Weskaap
Reputation point: 557
Een van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestes
Barend skryf:
Nogal interessante gesprekke... nie baie nie maar die moeite werd om so een keer 'n maand daar in te loer... tannie Henriëtta is elke dag daar om die bestuurder van die forum op sy tone te hou!


Dankie die fout is reggemaak. Dit was vir 'n slag nie Kerkbode s'n nie.

Ja ek sien ook antie Hetta Klaagster, oompie Hennie Sesdag en oudoom Aggenbag het al daar loop kuier en kla. Voorwaar 'n forum vol diversiteit. Dis mooi ek hou daarvan. Maar daai webmeester beter oppas. As daai klomp voorbankers die dag besluit hy dwaal gaan die duiwel hom haal! :twisted:

_________________
Mag die bome groen bly
en die sterre wit,
en mag daar altyd mense wees
wat mekaar sonder skaamte
in die oë kan kyk –
...want die lewe is ‘n asem lank
en die sterre op die Anderplek donker.

- Breyten Breytenbach


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Die NG Kerk leer "pynlike les" met Kletskerk
PostPosted: Thu Sep 09, 2010 5:46 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed Nov 09, 2005 3:53 pm
Posts: 3298
Location: In die loopgrawe
Reputation point: 1969
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Wonder of die "NG Kerk" kennis geneem het van Charles Malan se stuk...

_________________
The accumulated filth of all their sex and murder will foam up about their waists and all the whores and politicians will look up and shout "Save us!"...
And I'll whisper... "No."

- Walter Kovacs, a.k.a. Rorschach


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Die NG Kerk leer "pynlike les" met Kletskerk
PostPosted: Thu Sep 09, 2010 8:05 pm 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 14410
Location: Weskaap
Reputation point: 557
Een van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestes
Waldemar skryf:
Wonder of die "NG Kerk" kennis geneem het van Charles Malan se stuk...


Ja hulle het.

_________________
Mag die bome groen bly
en die sterre wit,
en mag daar altyd mense wees
wat mekaar sonder skaamte
in die oë kan kyk –
...want die lewe is ‘n asem lank
en die sterre op die Anderplek donker.

- Breyten Breytenbach


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Die NG Kerk leer "pynlike les" met Kletskerk
PostPosted: Thu Sep 09, 2010 9:56 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sun Sep 10, 2006 10:24 pm
Posts: 9465
Location: Kaap
Reputation point: 1341
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Waldemar skryf:
Wonder of die "NG Kerk" kennis geneem het van Charles Malan se stuk...


Ek wonder hoe jy die scene waar "die NG Kerk kennis neem" grafies sou voorstel?

Lees tog wat ek HIER op Rico se draad gesê het.

Groete
Barend

_________________
Toe het ek al die werk van God begryp;
die mens is nie in staat om wat in hierdie wêreld gebeur, te verstaan nie.
Hoe hy hom ook al inspan en soek, hy verstaan nie.
Al sê die wyse hy weet, kan hy nie verstaan nie. --- Pred 8


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Die NG Kerk leer "pynlike les" met Kletskerk
PostPosted: Fri Sep 10, 2010 11:35 am 
Offline
User avatar

Joined: Wed Jun 14, 2006 11:45 am
Posts: 12548
Reputation point: 230
Meester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle Reputasie
Die NGK se ligte mistykie met KletsKerk se skakels het met meer as mediavryheid te make. Myns insiens was dit eerder die gevolg van die organisasie se onkunde en naïwiteit oor hoe die aard van die openbare gesprek verander het met die koms van die digitale era. Baie van die kerk se segsmanne en verteenwoordigers lewe nog steeds in 'n vorige era toe monoloë vanaf verhoë en kansels die norm was. Die dae van 'n Koot Vorster wie se kerklike woord wet was en kon hiet en gebied soos wat hy wou is egter lankal verby. Soos gewoonlik kom die kerk sulke goed eers 'n dekade na die res van die wêreld agter.

Ter versagting kan ek darem byvoeg dat die kerk deesdae vinniger leer. Die diversiteitsforum en die soort gesprek wat deesdae in die Kerkbode "toegelaat" word bevestig dit. 'n Groot probleem bly egter dat die kerk leiers bly verkies wat steeds in 'n verbygegane era lewe. Die vorige en huidige moderator se lompe hantering van die media is nog vars in die geheue...

_________________
"If God has spoken, why is the world not convinced?" - PB Shelley

"God is silent. Now if only man would shut up." - Woody Allen


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Die NG Kerk leer "pynlike les" met Kletskerk
PostPosted: Mon Sep 13, 2010 8:24 am 
Offline
User avatar

Joined: Wed Jan 02, 2008 2:53 pm
Posts: 4478
Location: KZN-Suidkus
Reputation point: 1304
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Gisteraand, net toe ek so die laaste happie vat uit my bord kos, hoor ek daar vanuit moeder se kamer waar die draadloos 24/7 kliphard op RSG ingeskakel is, weer onse BaasJean se stem op die radio.

Ek maak toe uit hulle praat oor diversiteit in die kerk. Ek luister toe vir 'n paar oomblikke met aandag, en kom toe agter die mense roei en stoei nogsteeds in die kerk oor om anders denkende mense te akkommodeer.

Eishhh!! het hulle dan nog niks geleer by Kletskerk nie?

_________________
As profesionele ongeskoolde beach bum verklaar ek hiermee dat alle advies, raad, beoordeling, opinie, inskrywing, verklaring en enige geskrewe woord wat ek op hierdie forum plaas, ek so doen in my profesionele hoedanigheid.
Mag Gooogle jou genadig wees?


Boontoe
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sorteer volgens  
Post new topic Antwoord  [ 9 poste ] 

Alle tye is UTC + 2 hours


Wie is aanlyn

Gebruikers tans in die forum: No registered users en 5 gaste


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
Jy kan nie aanhegsels pos in die forum

Soek vir:
Spring na:  
South Africa's Top Sites Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
Style edited by LEE for phpBB3