Tuisblad   Wie is ons?   Argief   Soek Artikels   Beknopte Index   Registreer  Hulpstaaf   Foto's  
Login   Register    FAQ    Soek
Dit is tans Thu Dec 14, 2017 6:48 pm

Alle tye is UTC + 2 hours




Post new topic Antwoord  [ 66 poste ]  Gaan na bladsy 1, 2, 3, 4, 5  Volgende
Skrywer Boodskap
 Pos onderwerp: "Werk" Christenskap?
PostPosted: Sat Sep 11, 2010 12:22 pm 
Offline
User avatar

Joined: Thu Oct 25, 2007 3:47 pm
Posts: 5840
Reputation point: 3058
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Sommer so 'n klip-in-die-bos draad.

Na aanleiding van Waarheid en Jean se modder(maker)gegooiery, waar ek liewer my afstand sal hou:
DWMV skryf:
Het jy gedink wanneer jy aan God glo, is jy altyd hierdie pragtige mens wat altyd sy emosies in beheer het, wat nooit sy humeur verloor nie, wat nooit dinge sê as gevolg van dit nie?

Is Christene nie veronderstel om minder te sondig a.g.v. hulle verhouding met God nie? Ek het al van sg. wedergeborenes gehoor dat hulle lewens radikaal verander het, dat hulle sommer opgehou rook het, opgehou het met stoute flieks kyk, ens. ens. Maar statistieke vertel ons 'n ander verhaal. Die meeste van ons weet al van die een wat vertel dat die meeste tronkvoëls in Amerika Christene is. Aangesien iets soos 80% van alles Suid-Afrikaners Christene is, en die tronke in SA is oorvol, moet 'n mens dieselfde aflei. Meer sekulêre lande het 'n laer misdaadsyfer. Ens. ens.

Nou ek verstaan dat bekering nie beteken dat jy skielik in 'n perfekte mens verander nie. Maar die idee is tog om elke dag meer en meer soos Jesus te word, en die vrugte van die Gees te dra, nie waar nie? Hoekom bly sommige (en ek verstuit my om te sê die meeste) Christene net sulke etters soos wat hulle was voordat hulle bekeer het? Hoekom sien ons so bitter min van die vrug van die Gees in vandag se gelowiges? Is dit nie 'n teken dat Christenskap nie werk nie? Sê dit nie eintlik dat dit net 'n selfopgelegde illusie is nie? Dat daar eintlik niks bonatuurliks met jou gebeur het toe jy bekeer het nie? Dat menslike gedrag eintlik deur heeltemal ander dinge bepaal word (sosiale invloed en genetika)?

_________________
The test of courage comes when we are in the minority. The test of tolerance comes when we are in the majority. - Ralph W. Sockman


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: "Werk" Christenskap?
PostPosted: Sat Sep 11, 2010 12:37 pm 
Offline

Joined: Fri Oct 28, 2005 5:54 pm
Posts: 14268
Reputation point: 4174
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
"Christians Aren't Perfect, Just Forgiven"


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: "Werk" Christenskap?
PostPosted: Sat Sep 11, 2010 12:43 pm 
Offline
User avatar

Joined: Thu Oct 25, 2007 3:47 pm
Posts: 5840
Reputation point: 3058
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Kameraad Eksteen skryf:
"Christians Aren't Perfect, Just Forgiven"

Juis, hoe strook dit met die hele vrugte-van-die-Gees-ding? Hulle sê mos ook graag, jy ken 'n boom aan sy vrugte?

_________________
The test of courage comes when we are in the minority. The test of tolerance comes when we are in the majority. - Ralph W. Sockman


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: "Werk" Christenskap?
PostPosted: Sat Sep 11, 2010 12:53 pm 
Offline
User avatar

Joined: Thu Oct 25, 2007 3:47 pm
Posts: 5840
Reputation point: 3058
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Waarheid skryf ook op 'n ander draad:
Haal aan:
Dis seker maar omdat ek 'n bietjie van Loek se sentiment deel, dat die gelowige maar net al die ou fyn beledigingtjies moet sluk, en mag nooit daaroor onsteld raak nie.

Is dit nie 'n verdere bewys dat die hele ding 'n illusie is nie? Gelowiges voel hulle moet 'n sekere standaard handhaaf wat te hoog is vir hulle, hulle gee voor dat hulle dit regkry, maar hulle faal dikwels en daar is soveel stres om dit te handhaaf, dat hulle sommer op 'n dag net crack soos blykbaar met Lukas gebeur het. As daar werklik 'n Gees was wat hulle bonatuurlik geïnspireer het om ‘n goeie morele lewe te leef, sou hulle mos maklik al daardie “beledigingtjies” kon sluk?

_________________
The test of courage comes when we are in the minority. The test of tolerance comes when we are in the majority. - Ralph W. Sockman


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: "Werk" Christenskap?
PostPosted: Sat Sep 11, 2010 1:12 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Jan 19, 2010 9:30 am
Posts: 6046
Location: Wes-Kaap
Reputation point: 1229
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
My liewe, geduldige man het natuurlike 'n heel ander teorie. Hy beweer dit is lekker om 'n christen te wees wat vergewe word - dis nou vir jou gewete se onthalwe. Dis dan makliker vir christene om te oortree, want vanaand, of wanneer ookal, gaan hulle net op hulle knieê, sê sorrie en die tafeltjie is weer skoon vir die volgende dag. Dis amper 'n soort van 'get out of jail free' , hierdie christelike vergifnis.

Nou gaan mens seker hoor dat god weet as jy nie regtig berou het nie. Maar gestel jy is een van daardie mense wat emosioneel net oorboord gaan, dan is jy mos opreg as jy na jou uitbarsting, jou wandaad, net so emosioneel weer tot ander insigte kom, net om volgende keer (in 'n situasie) weer jou 'cool' of selfbeheersing te verloor.

Nou bring dit vir my by Lukas se uitbarsting (ek het dit nie heeltemal so erg ervaar as 'n uitbarsting nie, maar flip weet dit het gespoeg :roll: ) Ek weet nou nog nie of hy die skoen aangetrek het en dit het gepas nie - ek weet ook nie wat ek pertinent geskryf het (in soveel woorde) wat dit uitgelok het nie.

Dit is onvanpas vir 'n christen en vir die rede.... Jy skryf jou post, jy lees dit deur - as christen moet dit by die deurlees by jou opkom dat jy miskien bietjie te erg vuur spoeg en jou besin.

So op die oomblik dink ek christenskap werk nie op KK wat besadigheid betref nie, tot anders bewys :mrgreen:

_________________
Eens het ek geglo en nie gedink...


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: "Werk" Christenskap?
PostPosted: Sat Sep 11, 2010 1:52 pm 
Offline

Joined: Mon Aug 02, 2010 3:22 pm
Posts: 361
Reputation point: -13
Ongewensde Reputasie
Ek dink bekering tot een of ander godsdiens (nie noodwendig Christendom nie) kan soms 'n heel positiewe uitwerking hê op mense, bv. gevangenes of dwelmslawe. Heelwat van hierdie tipe mense sal jou vertel dat hul bekering die groot ommeswaai in hul lewens was.

Nou weet ek nie of dit noodwendig die geloof in gode is wat die verskil maak nie. Dit kan dalk wees dat dit bloot gebeur omdat hulle hulself na bekering deel voel van 'n gemeenskap, dalk vir die eerste keer in jare of selfs hul hele lewe. So as mens nou vir Carl Sagan in tronke instuur om mense te bekeer na rasionele denke het dit dalk presies dieselfde positiewe uitwerking, as daar gemeenskappe van rasionaliste is wat gereeld vergader, mekaar ondersteun, hul eie stel rituele het ens. Ek wonder nogal of enige navorsing al hieroor gedoen is.

Miskien help dit om mense op die smal weg te hou as hulle dink daar is 'n onsigbare poliesman wat hulle die hele tyd dophou, maar ek is maar skepties. In my persoonlike ondervidning is die heel ergste kroeks amper altyd fundamentalistiese Christene. Ek het geen idee waarom nie, maar keer op keer as ek met diesulkes te doen kry blyk dit gou hulle is met skelmstreke besig, of pa moer vir ma, of molesteer of mishandel die kinders, of steel geld van die werk of die kerk. Of lê met hoere van albei geslagte rond - die fundies is skynbaar veral geneig tot seksuele perversie, en ek wonder of dit dalk is wat hulle dan dryf na die ander uiterste van absolute puritanisme.

Hoe dit ook al sy, as 'n ou jou oor en oor laat probeer verstaan watter groot Christen hy is, loop dan maar lig vir hom. Soos my broer eenkeer sê, as mense Christus so op hul mou dra is hy na alle waarskynlikheid nie in hulle harte nie...


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: "Werk" Christenskap?
PostPosted: Sat Sep 11, 2010 1:59 pm 
Offline

Joined: Wed Jun 17, 2009 7:13 pm
Posts: 11279
Reputation point: 1997
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Dae, dink jy nie dis bietjie onregverdig, om die hele christenskap te evalueer tov van een poephol wat homself nie eers as 'n christen beskou nie(dis ek indien jy onseker is) en 'n ander ou wat wonder of hy homself nog 'n christen kan noem nie?

En dit alles agv van 'n persoonlikheids botsing wat ontaard het in 'n vieslike barfight. Eintlik borduur jy net voort op Emzie se sentiment soos voorgestel op Jean se faait draad.

Wat sê dit van jou as persoon? Wil jy jou ongeloof so graag bewys as waar?

_________________
Peace. It does not mean to be in a place where there is no noise,trouble or hard work. It means to be in the midst of those things and still be calm in your heart.


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: "Werk" Christenskap?
PostPosted: Sat Sep 11, 2010 2:18 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Jan 19, 2010 9:30 am
Posts: 6046
Location: Wes-Kaap
Reputation point: 1229
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Haal aan:
Waarheid:
Wat sê dit van jou as persoon? Wil jy jou ongeloof so graag bewys as waar?


Hoe bewys mens ongeloof waar :?:

Ek kan sien dat mens kan bewys dat mens reg het as jy nie glo nie, of dat ongeloof deur feite teweeg gebring word, maar hoe bewys mens dit waar ?

Haal aan:
Eugenedw:
Hoe dit ook al sy, as 'n ou jou oor en oor laat probeer verstaan watter groot Christen hy is, loop dan maar lig vir hom. Soos my broer eenkeer sê, as mense Christus so op hul mou dra is hy na alle waarskynlikheid nie in hulle harte nie...


Twee baaaaie gelowige mense het my 'n ruk terug 'n baie lelike streep getrek met my besigheid. Dit is voordurend voor my gehou hoe reguit hulle die pad loop - flip, ek kan nie glo dat mense sulke aaklige goed doen soos wat hulle gedoen het nie. Al wat ek kan sê is.... groot christen, groot bliksem :evil:

_________________
Eens het ek geglo en nie gedink...


Laaste geredigeer deur meerkat op Sat Sep 11, 2010 2:19 pm, geredigeer 1 kere in totaal.

Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: "Werk" Christenskap?
PostPosted: Sat Sep 11, 2010 2:19 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed Jun 14, 2006 11:45 am
Posts: 12548
Reputation point: 230
Meester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle Reputasie
Meerkat skryf:
My liewe, geduldige man het natuurlike 'n heel ander teorie. Hy beweer dit is lekker om 'n christen te wees wat vergewe word - dis nou vir jou gewete se onthalwe. Dis dan makliker vir christene om te oortree, want vanaand, of wanneer ookal, gaan hulle net op hulle knieê, sê sorrie en die tafeltjie is weer skoon vir die volgende dag. Dis amper 'n soort van 'get out of jail free' , hierdie christelike vergifnis.

Jip, alles in die Christendom werk so. Soos Liewe Jesus se allerverskriklike "lyding" aan die kruis. (Verewig deur vroueslaner Mel Gibson en sy fliek met die lorrievragte tamatiesous, snot, slym en trane.)

Indien ek miljarde mense se lewens sou kon red deur gekruisig te word mét die wete dat ek drie dae later weer springlewendig en gesond sou wees, boonop met 'n paspoort na koningskap binne 'n ewige paradyslike bestaan? Gots, ek sou gevolunteer het. Agressief.

So 'n geleentheid kom net een keer in 'n leeftyd. Ek bedoel 'n milennium. Eintlik langer. Of nooit. (Ag fok, vergéét dit. :| )

_________________
"If God has spoken, why is the world not convinced?" - PB Shelley

"God is silent. Now if only man would shut up." - Woody Allen


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: "Werk" Christenskap?
PostPosted: Sat Sep 11, 2010 2:21 pm 
Offline

Joined: Fri May 01, 2009 10:48 pm
Posts: 694
Reputation point: 245
Meester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle Reputasie
Christene wil graag hulle brood aan albei kante gebotter he. Morele waardes kom mos immers van God af en verleen aan die tipiese Christen 'n voetbankie om op te staan waarvan hy kan neerkyk op immorele (of dan minder morele) ongelowiges. Terseftertyd is daar dan die uiters handige rympie van "Ons is almal sondaars ons word nie gered deur dade maar deur genade blah blah blah". Christene is dus volkome gedek deur hierdie stelsel. Ongelukkig maak dit dat dit werklik maar moeilik is om die deursnee Christen deur sy gedrag te onderskei van nie-christene.

Om DAE se vraag te beantwoord : JA dit werk - vir Christene! "n Handige self BS sisteem wat alles toevee onder 'genade van bo' en terselftertyd die luuksheid van die 'moral high ground' gee.


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: "Werk" Christenskap?
PostPosted: Sat Sep 11, 2010 2:53 pm 
Offline

Joined: Wed Jun 17, 2009 7:13 pm
Posts: 11279
Reputation point: 1997
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Meerkat skryf:
Hoe bewys mens ongeloof waar :?:

Wanneer jy dit self begin glo...

_________________
Peace. It does not mean to be in a place where there is no noise,trouble or hard work. It means to be in the midst of those things and still be calm in your heart.


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: "Werk" Christenskap?
PostPosted: Sat Sep 11, 2010 3:01 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Jan 19, 2010 9:30 am
Posts: 6046
Location: Wes-Kaap
Reputation point: 1229
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
DWMV skryf:
Meerkat skryf:
Hoe bewys mens ongeloof waar :?:

Wanneer jy dit self begin glo...


:?: gaan voort....???

_________________
Eens het ek geglo en nie gedink...


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: "Werk" Christenskap?
PostPosted: Sat Sep 11, 2010 10:18 pm 
Offline
User avatar

Joined: Thu Oct 25, 2007 3:47 pm
Posts: 5840
Reputation point: 3058
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
DWMV skryf:
Dae, dink jy nie dis bietjie onregverdig, om die hele christenskap te evalueer tov van een poephol wat homself nie eers as 'n christen beskou nie(dis ek indien jy onseker is) en 'n ander ou wat wonder of hy homself nog 'n christen kan noem nie?

En dit alles agv van 'n persoonlikheids botsing wat ontaard het in 'n vieslike barfight. Eintlik borduur jy net voort op Emzie se sentiment soos voorgestel op Jean se faait draad.

Jy is vol kak. Ek het jou uitbarstinkie net as 'n voorbeeld gebruik. Die wêreld draai nie om jou nie.
DWMV skryf:
Wat sê dit van jou as persoon? Wil jy jou ongeloof so graag bewys as waar?

Ek het die draad oopgemaak omdat volgens wat ek waarneem, daar 'n verskil is tussen dit wat Christene verkondig (die Gees maak van jou 'n beter persoon) en dit wat Christene uitleef. Ek wil weet of (1) ander mense dit ook so sien, en (2) hoe Christene dit verklaar. Dit het niks te doen met enige ongeloof wat as waar bewys wil word nie. Soos gewoonlik lees jy weer dinge in wat nie daar staan nie.

_________________
The test of courage comes when we are in the minority. The test of tolerance comes when we are in the majority. - Ralph W. Sockman


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: "Werk" Christenskap?
PostPosted: Sat Sep 11, 2010 10:25 pm 
Offline
User avatar

Joined: Thu Oct 25, 2007 3:47 pm
Posts: 5840
Reputation point: 3058
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Obelix skryf:
Christene wil graag hulle brood aan albei kante gebotter he. Morele waardes kom mos immers van God af en verleen aan die tipiese Christen 'n voetbankie om op te staan waarvan hy kan neerkyk op immorele (of dan minder morele) ongelowiges. Terseftertyd is daar dan die uiters handige rympie van "Ons is almal sondaars ons word nie gered deur dade maar deur genade blah blah blah". Christene is dus volkome gedek deur hierdie stelsel. Ongelukkig maak dit dat dit werklik maar moeilik is om die deursnee Christen deur sy gedrag te onderskei van nie-christene.

Om DAE se vraag te beantwoord : JA dit werk - vir Christene! "n Handige self BS sisteem wat alles toevee onder 'genade van bo' en terselftertyd die luuksheid van die 'moral high ground' gee.

Ek dink Obelix slaan die spyker op die kop. As verskoning vir swak gedrag sê Christene mos graag dat hulle dit is omdat hulle sondige nature nog so sterk is en dat hulle hulle meer aan God moet oorgee. Maar dit gaan so aan, lewenslank. Hulle weet nie hoe sleg dit God laat lyk nie. Want as daar 'n God is wat hulle bonatuurlik in beter mense omskep as waartoe hulle self in staat is, doen Hy seker nie 'n goeie job nie?*

* Diskleimer: Ek ken natuurlik 'n klompie baie baie nice Christene. Maar ek sou sê hulle is nice omdat hulle eenvoudig net so is, nie omdat 'n god hulle bonatuurlik verander het in nice mense nie.

_________________
The test of courage comes when we are in the minority. The test of tolerance comes when we are in the majority. - Ralph W. Sockman


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: "Werk" Christenskap?
PostPosted: Sat Sep 11, 2010 10:59 pm 
Offline

Joined: Wed Jun 17, 2009 7:13 pm
Posts: 11279
Reputation point: 1997
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Dae skryf:
Jy is vol kak. Ek het jou uitbarstinkie net as 'n voorbeeld gebruik. Die wêreld draai nie om jou nie.

Juis wat ek sê, jy kon die versoeking nie weerstaan om dit te gebruik as voorbeeld nie.

Enjoy.

So leer ons maar mekaar ken.

_________________
Peace. It does not mean to be in a place where there is no noise,trouble or hard work. It means to be in the midst of those things and still be calm in your heart.


Boontoe
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sorteer volgens  
Post new topic Antwoord  [ 66 poste ]  Gaan na bladsy 1, 2, 3, 4, 5  Volgende

Alle tye is UTC + 2 hours


Wie is aanlyn

Gebruikers tans in die forum: Bing [Bot] en 3 gaste


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
Jy kan nie aanhegsels pos in die forum

Soek vir:
Spring na:  
cron
South Africa's Top Sites Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
Style edited by LEE for phpBB3