Tuisblad   Wie is ons?   Argief   Soek Artikels   Beknopte Index   Registreer  Hulpstaaf   Foto's  
Login   Register    FAQ    Soek
Dit is tans Fri Aug 18, 2017 8:41 am

Alle tye is UTC + 2 hours

Post new topic Antwoord  [ 143 poste ]  Gaan na bladsy 1, 2, 3, 4, 5 ... 10  Volgende
Skrywer Boodskap
 Pos onderwerp: Ja, maar kan 'n mens dit "geloof" noem?
PostPosted: Sun Sep 12, 2010 11:31 am 
Offline
User avatar

Joined: Wed Jun 14, 2006 11:45 am
Posts: 12548
Reputation point: 230
Meester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle Reputasie
Waar begin en eindig "geloof"?

Wanneer jy al die dogmas en verhale agterlaat; die eens "heilige boek" as gewone mensewoorde lees - is jy dan nog "gelowig"? As "God" 'n vae versamelnaam geword het vir "verwondering"; 'n onkenbare entiteit wat nòg gebede verhoor, nòg aktief ingryp in die aardse bestaan - is dit steeds geloof? Waarin? Of dalk eerder: Waaróm?

Image

Is so 'n persoon nie maar net agnostikus met die verflenterde oorblyfsels van sy geloofsmanteltjie om die skouers nie? Wat is die verskil tussen iemand soos ek en so 'n "gelowige"? Persoonlike omstandighede? Geaardheid? Vrees om die onvermydelike in die oë te kyk?

NS: Aangesien ek al so lank op KK gruwelik sondig, sal hierdie plasing moontlik met groot argwaan bejeën word. Daar sal "voorveronderstellings" wees, soos Flip dT altoos deklameer. Ontspan broers en susters - die vraag en die wonder is opreg en sónder bybedoelings. Ek dink dit verdien debat. Of is hierdie onderwerp dalk soos daardie broer in die tronk waaroor ons nie aan die Krismistafel praat nie?

_________________
"If God has spoken, why is the world not convinced?" - PB Shelley

"God is silent. Now if only man would shut up." - Woody Allen

Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Ja, maar kan 'n mens dit "geloof" noem?
PostPosted: Sun Sep 12, 2010 11:58 am 
Offline

Joined: Fri Oct 28, 2005 5:54 pm
Posts: 14175
Reputation point: 4174
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Image

Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Ja, maar kan 'n mens dit "geloof" noem?
PostPosted: Sun Sep 12, 2010 12:04 pm 
Offline

Joined: Tue Dec 11, 2007 6:05 pm
Posts: 10917
Reputation point: 1771
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Liewe Stefan

Haal aan:
Waar begin en eindig "geloof"?

Geloof begin, wanneer jy dit regkry om jou kaal te stroop van alles wat godsdiens bied en dan self te besluit wat bly sin gee aan jou lewe. Net een antwoord bly vir my werk. Liefde. Waar liefde heers is nie vrees nie, nie vrees om mee met Stefan te praat nie en ook nie meer vrees om te erken God is liefde en gees nie.

Toe ek na die foto kyk wat jy geplaas het, is ek net weer dankbaar, godsdiens laat my nie meer poepel in die lig kniel uit vrees nie.

Baie groete
Kat

_________________
Die Bybel less-weight, dalk?

Really????? those pics of yours speak absolute volumes...its not one sees..its about what one doesn't see

Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Ja, maar kan 'n mens dit "geloof" noem?
PostPosted: Sun Sep 12, 2010 12:18 pm 
Offline

Joined: Fri May 01, 2009 10:48 pm
Posts: 694
Reputation point: 245
Meester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle Reputasie
Stefan skryf:
Wat is die verskil tussen iemand soos ek en so 'n "gelowige"? Persoonlike omstandighede? Geaardheid? Vrees om die onvermydelike in die oë te kyk?

Ek moet se daardie vraag het ek ook al baie oor gewonder. Persoonlik is daar vir my nie 'n verskil nie maar ek sien nie werklik 'n rede om met enigiemand daaroor te argumenteer nie. Ek dink 'n groot rede is dat die term Ateis 'n vreeslik stigma dra - ek se nou glad nie dit is vir almal die geval nie maar kyk net hoe versigtig raak die geleerdes as hulle van bybelse mites ens. begin praat.

Dit sal eintlik nogal intereesant wees indien gelowiges wil se hoekom hulle nie daai finale breek wil maak nie.

Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Ja, maar kan 'n mens dit "geloof" noem?
PostPosted: Sun Sep 12, 2010 12:26 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sun Sep 10, 2006 10:24 pm
Posts: 9465
Location: Kaap
Reputation point: 1341
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
As ek nou nie wéér hierdie vraag op hierdie draad óók antwoord nie, dan is dit nie omdat ek dit vermy, my kop in die sand druk, my vererg het of watter van vele motiverings vir my stilswye dalk uitgedink kan word nie.

Dit is net dat Stefan, én 'n hele paar ander, al dié vraag in soveel variasies gevra het en ek my mening daaroor al op soveel manier probeer formuleer het, dat ek regtig nie meer aan enigiets nuuts kan dink om daaroor te sê nie.

Maar as julle nog iets nuuts te sê het, doe gerus voort...

Groete
Barend

_________________
Toe het ek al die werk van God begryp;
die mens is nie in staat om wat in hierdie wêreld gebeur, te verstaan nie.
Hoe hy hom ook al inspan en soek, hy verstaan nie.
Al sê die wyse hy weet, kan hy nie verstaan nie. --- Pred 8

Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Ja, maar kan 'n mens dit "geloof" noem?
PostPosted: Sun Sep 12, 2010 12:32 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Apr 10, 2006 10:22 am
Posts: 6867
Location: Cabo da Boa Esperança
Reputation point: 575
Een van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestes
Kat skryf:
Geloof begin, wanneer jy dit regkry om jou kaal te stroop van alles wat godsdiens bied en dan self te besluit wat bly sin gee aan jou lewe. Net een antwoord bly vir my werk. Liefde. Waar liefde heers is nie vrees nie, nie vrees om mee met Stefan te praat nie en ook nie meer vrees om te erken God is liefde en gees nie.

Toe ek na die foto kyk wat jy geplaas het, is ek net weer dankbaar, godsdiens laat my nie meer poepel in die lig kniel uit vrees nie.
Ek begin nou verstaan wat Jesus-liefde beteken: "Dog-style is úít!"

_________________
“As soon as the lunatics start running the asylum you have big problems.” - Nick Fry (CEO - Mercedes GP Petronas Formula One Team)

“I must be crazy to be in a loony bin like this.” - Jack Nicholson (One Flew Over the Cuckoo's Nest)

Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Ja, maar kan 'n mens dit "geloof" noem?
PostPosted: Sun Sep 12, 2010 12:36 pm 
Offline

Joined: Tue Dec 11, 2007 6:05 pm
Posts: 10917
Reputation point: 1771
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Sidney skryf:
Kat skryf:
Geloof begin, wanneer jy dit regkry om jou kaal te stroop van alles wat godsdiens bied en dan self te besluit wat bly sin gee aan jou lewe. Net een antwoord bly vir my werk. Liefde. Waar liefde heers is nie vrees nie, nie vrees om mee met Stefan te praat nie en ook nie meer vrees om te erken God is liefde en gees nie.

Toe ek na die foto kyk wat jy geplaas het, is ek net weer dankbaar, godsdiens laat my nie meer poepel in die lig kniel uit vrees nie.
Ek begin nou verstaan wat Jesus-liefde beteken: "Dog-style is úít!"

:lol:

Baie groete
Kat :twisted:

PS: Sidney, as ek en jy nou nie oppas nie, gaan Stefan ons altwee bykom met sy lat. Hy het 'n ernstige vraag gevra, en ons is nog op die voorblad van sy nuut geopende draad. :oops:

_________________
Die Bybel less-weight, dalk?

Really????? those pics of yours speak absolute volumes...its not one sees..its about what one doesn't see

Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Ja, maar kan 'n mens dit "geloof" noem?
PostPosted: Sun Sep 12, 2010 12:42 pm 
Offline

Joined: Fri Oct 28, 2005 5:54 pm
Posts: 14175
Reputation point: 4174
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Image

Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Ja, maar kan 'n mens dit "geloof" noem?
PostPosted: Sun Sep 12, 2010 12:51 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed Jun 14, 2006 11:45 am
Posts: 12548
Reputation point: 230
Meester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle Reputasie
Kat skryf:
Geloof begin, wanneer jy dit regkry om jou kaal te stroop van alles wat godsdiens bied en dan self te besluit wat bly sin gee aan jou lewe. Net een antwoord bly vir my werk. Liefde.

Is liefde dus die verflenterde geloofsmanteltjie wat jy om jou ontnugterde skouertjies gehang het Kat?

_________________
"If God has spoken, why is the world not convinced?" - PB Shelley

"God is silent. Now if only man would shut up." - Woody Allen

Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Ja, maar kan 'n mens dit "geloof" noem?
PostPosted: Sun Sep 12, 2010 12:56 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed Jun 14, 2006 11:45 am
Posts: 12548
Reputation point: 230
Meester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle Reputasie
Barend skryf:
Dit is net dat Stefan, én 'n hele paar ander, al dié vraag in soveel variasies gevra het en ek my mening daaroor al op soveel manier probeer formuleer het, dat ek regtig nie meer aan enigiets nuuts kan dink om daaroor te sê nie.

Barend, jy weet mos ek lees jou altyd aandagtig en met respek. Wil jy dit nie nogmaals opsom in net * 'n enkele paragrafie nie?

* In ooreenstemming met die vervlakking van die huidige tyd.

_________________
"If God has spoken, why is the world not convinced?" - PB Shelley

"God is silent. Now if only man would shut up." - Woody Allen

Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Ja, maar kan 'n mens dit "geloof" noem?
PostPosted: Sun Sep 12, 2010 1:41 pm 
Offline

Joined: Mon Aug 02, 2010 3:22 pm
Posts: 361
Reputation point: -13
Ongewensde Reputasie
Stefan skryf:
Waar begin en eindig "geloof"?

Wanneer jy al die dogmas en verhale agterlaat; die eens "heilige boek" as gewone mensewoorde lees - is jy dan nog "gelowig"? As "God" 'n vae versamelnaam geword het vir "verwondering"; 'n onkenbare entiteit wat nòg gebede verhoor, nòg aktief ingryp in die aardse bestaan - is dit steeds geloof? Waarin?

Miskien nie soseer geloof nie as religie. Die twee is dalk verskillend. Soos ek al vantevore genoem het is ek spiritueel (sou "religie"die beste term hier wees?) maar nie gelowig as sulks nie. Ek glo nie in 'n stel beweerde feite oor god of gode nie.

Haal aan:
Of dalk eerder: Waaróm?

Want dit is 'n bepaalde tipe subjektiewe ervaring, wat ek vermoed baie mense het, of hulle nou gelowig is of nie. Dit verryk my lewe en ek het geen begeerte om daarvan afstand te doen nie. Nie seker ek KAN daarvan afstand doen nie, al wou ek, net so min as wat ek kan besluit om nie meer musiek te geniet nie.

Haal aan:
Wat is die verskil tussen iemand soos ek en so 'n "gelowige"?

Bitter min. Daarom dan dat jy so 'n persoon nie as so verskriklike bedreiging hoef te ervaar nie. Hy gaan nie met sy microlight in jou huis se dak invlieg nie.

Maar as geloof jou werklik so pla moet jy straks die Christene los dat hulle hul geloof afwater tot so 'n amorfe sprititualiteit. Dit is immers 'n stap na ongeloof. So in plaas van om byvoorbeeld te redeneer dat wetenskap en geloof nie versoen kan word nie, redeneer juis dat dit wel heeltemal maklik versoen kan word. Op daardie manier begin die gelowiges dan ewe onskuldig wetenskap bestudeer, waarna dit net 'n kwessie van tyd is voor hulle hul geloof self verloor... ;-)

Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Ja, maar kan 'n mens dit "geloof" noem?
PostPosted: Sun Sep 12, 2010 1:51 pm 
Offline

Joined: Fri May 01, 2009 10:48 pm
Posts: 694
Reputation point: 245
Meester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle Reputasie
eugenedw skryf:
So in plaas van om byvoorbeeld te redeneer dat wetenskap en geloof nie versoen kan word nie, redeneer juis dat dit wel heeltemal maklik versoen kan word. Op daardie manier begin die gelowiges dan ewe onskuldig wetenskap bestudeer, waarna dit net 'n kwessie van tyd is voor hulle hul geloof self verloor... ;-)

Was dit maar so maklik. Ongelukkig word wetenskap (of dit nou 'bots' of nie) deur 'n bitter klein % bestudeer. En dan is daar nog mense soos daai klomp van die Discovery Institute, waarna Waarheid in 'n ander post verwys het, met al hul indrukwekkende PhD's...) :mrgreen:

Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Ja, maar kan 'n mens dit "geloof" noem?
PostPosted: Sun Sep 12, 2010 1:56 pm 
Offline

Joined: Wed Jun 17, 2009 7:13 pm
Posts: 11227
Reputation point: 1997
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Obelix skryf:

Janee Eugene, jy praat darem nou twakkies, en dit grens gevaarlik naby aan kakkies.

_________________
Peace. It does not mean to be in a place where there is no noise,trouble or hard work. It means to be in the midst of those things and still be calm in your heart.

Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Ja, maar kan 'n mens dit "geloof" noem?
PostPosted: Sun Sep 12, 2010 3:33 pm 
Offline

Joined: Wed Jun 17, 2009 7:13 pm
Posts: 11227
Reputation point: 1997
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Barend skryf:
Dit is net dat Stefan, én 'n hele paar ander, al dié vraag in soveel variasies gevra het en ek my mening daaroor al op soveel manier probeer formuleer het, dat ek regtig nie meer aan enigiets nuuts kan dink om daaroor te sê nie.

Dit is juis die punt Barend. Daar is nooit reguit antwoorde op sulke vrae nie. Die antwoorde word altyd verberg in 'n hoop filosofiese stront, en heen en weer redenasies al om die vrae, om nie eers te praat van hoop teologiese bullshit wat gewoonlik gepaard gaan met sulke vrae nie. Dit is hoekom die vraag oor en oor gevra word. Is 'n ja, of nee antwoord te eenvoudig?

En ek wys glad nie vinger na jou, of iemand anders nie, voor jy weer vir my sê ek moet loop kak.

Kan jy die vraag eenvoudig antwoord sodat ek nie 'n graad in teologie, of iets derglik nodig het om dit te ontsyfer nie?

_________________
Peace. It does not mean to be in a place where there is no noise,trouble or hard work. It means to be in the midst of those things and still be calm in your heart.

Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Ja, maar kan 'n mens dit "geloof" noem?
PostPosted: Sun Sep 12, 2010 4:03 pm 
Offline

Joined: Fri Oct 28, 2005 5:54 pm
Posts: 14175
Reputation point: 4174
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
DWMV skryf:
Kan jy die vraag eenvoudig antwoord sodat ek nie 'n graad in teologie, of iets derglik nodig het om dit te ontsyfer nie?

Iets dergelik (hey, check die spelling :lol: )?

OK Waarheid, hier is jou kans tot jou eie KK kwalifikasie! Hierdie vraag is redelik moeilik, maar dink jy, jy sou 'n maklike vragie kon antwoord? Wat daarvan as jy vir ons kan verduidelik hoe 'n ritssluiter werk, in minder as 'n duisend woorde. Dink jy jy sal dit kan doen, sonder filosofiese stront en teologiese bullshit?

Boontoe
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sorteer volgens  
Post new topic Antwoord  [ 143 poste ]  Gaan na bladsy 1, 2, 3, 4, 5 ... 10  Volgende

Alle tye is UTC + 2 hours

Wie is aanlyn

Gebruikers tans in die forum: Bing [Bot] en 2 gaste

You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
Jy kan nie aanhegsels pos in die forum

Soek vir:
Spring na:  
South Africa's Top Sites Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
Style edited by LEE for phpBB3