Tuisblad   Wie is ons?   Argief   Soek Artikels   Beknopte Index   Registreer  Hulpstaaf   Foto's  
Login   Register    FAQ    Soek
Dit is tans Thu Oct 19, 2017 4:18 pm

Alle tye is UTC + 2 hours




Post new topic Antwoord  [ 201 poste ]  Gaan na bladsy 1, 2, 3, 4, 5 ... 14  Volgende
Skrywer Boodskap
 Pos onderwerp: Wié is die historiese Jesus?
PostPosted: Mon Sep 13, 2010 10:02 am 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 14410
Location: Weskaap
Reputation point: 557
Een van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestes
Die historiese Jesus was self nie ‘n Christen nie en hy het nie soos wat Christen-gelowiges later geglo het, sy eie dood bewustelik gesoek met die bedoeling dat dit ‘n offer vir ander se sonde sal dien nie. Wat Jesus geleef en verkondig het, was dat dit nou die beslissende tyd is om vir God te kies bó eie selfbehoud of bewaring van tradisie. Later het Christen-martelare hierdie boodskap saaklik vertolk as dat Jesus vir hulle in dood en herlewe voorgegaan het.
So skryf prof Andries van Aarde in artikel wat nou ook op die webwerf theo.co.za gelees kan word HIER.

Van Aarde voer aan Jesus het dit ook nie as belangrik beskou dat jy ‘n heteroseksuele man met gesin, deel van ‘n bepaalde nasionaliteit en etnisiteit, ‘n sekere moedertaal het, bepaalde kos eet en vir God op voorgeskrewe plek en tyd aanbid nie. Hierdie Jesus-saak is volgens hom deur onder ander Paulus ná sy bekering uitgeleef en verkondig. Soms het Paulus daarin geslaag en ander kere, soos ander volgelinge van Jesus tot vandag toe, glad nie.

Van Aarde pleit vir 'n aanhoudende soeke na die historiese Jesus - ook vir diegene wat hulle steeds as volgelinge van Jesus beskou. Hy skryf: "Vir ons die hedendaagse volgelinge van Jesus bly die oproep om gehoorsaam aan Jesus se saak te wees, steeds ‘n uitdaging. Daarom behoort ons nie op te hou om te soek na die historiese Jesus nie – weer en weer."

_________________
Mag die bome groen bly
en die sterre wit,
en mag daar altyd mense wees
wat mekaar sonder skaamte
in die oë kan kyk –
...want die lewe is ‘n asem lank
en die sterre op die Anderplek donker.

- Breyten Breytenbach


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Wié is die historiese Jesus?
PostPosted: Mon Sep 13, 2010 1:13 pm 
Offline

Joined: Sun May 03, 2009 8:51 pm
Posts: 4640
Reputation point: 1598
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
'n Interessante weerlees artikel.
Help my met die terme:
Apostolicum
ebionities
kerugma


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Wié is die historiese Jesus?
PostPosted: Mon Sep 13, 2010 5:28 pm 
Offline

Joined: Sat Jan 16, 2010 4:21 pm
Posts: 930
Reputation point: -35
Afwaartse Karakter
Jean skryf:
bó eie selfbehoud of bewaring van tradisie.

Paulus het nie so gedink nie:-
Rom 3:1 Then what advantage has the Jew? What is the value of being circumcised?
Rom 3:2 Much in every way!

Jean skryf:
Die historiese Jesus

Seker die een na 350 AD ?

Jean skryf:
Van Aarde pleit vir 'n aanhoudende soeke na die historiese Jesus -

hy's besig om te verdwyn, saam met sy kerk en as jy dit nie glo nie, laai hierdie klankmodule af...>
"..Eric Barger's first message at our Spring, 2010 conference: Divorced From the Church: How Apostasy is Scattering the Sheep.."...> http://olivetreeradio.com/OTM2010_09_04X.mp3

_________________
I love Scion


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Wié is die historiese Jesus?
PostPosted: Mon Sep 13, 2010 11:29 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sun Sep 10, 2006 10:24 pm
Posts: 9465
Location: Kaap
Reputation point: 1341
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
emzie* skryf:
'n Interessante weerlees artikel.
Help my met die terme:
Apostolicum
ebionities
kerugma


Apostolicum = Die "Apostoliese Geloofsbelydenis" soms ook die 12 Artikels genoem. Die algemene een wat dikwels in die NGK "opgesê" word.

ebionities = "Soos die Ebioniete geleer het. Hulle was 'n "sekte" wat geglo het Jesus was die Messias maar nie goddelik nie.

kerugma = Die "Evangelie" soos deur die kerk verkondig. As hy dus onderskei tussen die "kerugmatiese Jesus" en die "historiese Jesus" onderskei hy tussen die "beeld van Jesus" wat jy sal kry as jy kyk na preke, geloofsbelydenisse, en ander bronne wat wys hoe die "kerk Jesus verkondig het" en "historiese bronne" (wat laasgenoemde is weet ek nie... na my wete is sulke bronne my yl en is die "historiese Jesus" maar redelik spekulatief.

Groete
Barend

_________________
Toe het ek al die werk van God begryp;
die mens is nie in staat om wat in hierdie wêreld gebeur, te verstaan nie.
Hoe hy hom ook al inspan en soek, hy verstaan nie.
Al sê die wyse hy weet, kan hy nie verstaan nie. --- Pred 8


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Wié is die historiese Jesus?
PostPosted: Tue Sep 14, 2010 6:33 am 
Offline

Joined: Sun May 03, 2009 8:51 pm
Posts: 4640
Reputation point: 1598
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Dankie Barend. :)


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Wié is die historiese Jesus?
PostPosted: Tue Sep 14, 2010 6:39 am 
Offline
User avatar

Joined: Tue Jan 19, 2010 9:30 am
Posts: 6046
Location: Wes-Kaap
Reputation point: 1229
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Barend, waarom is jy nie 'n professor nie (of gee jy klas ook ? ) - jy verduidelik baie mooi - selfs ek verstaan 8)

_________________
Eens het ek geglo en nie gedink...


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Wié is die historiese Jesus?
PostPosted: Tue Sep 14, 2010 6:42 am 
Offline

Joined: Sun May 03, 2009 8:51 pm
Posts: 4640
Reputation point: 1598
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
meerkat skryf:
Barend, waarom is jy nie 'n professor nie (of gee jy klas ook ? ) - jy verduidelik baie mooi - selfs ek verstaan 8)

Barend is 'n ware jintelman. 8)


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Wié is die historiese Jesus?
PostPosted: Tue Sep 14, 2010 7:44 am 
Offline

Joined: Sat Jan 16, 2010 4:21 pm
Posts: 930
Reputation point: -35
Afwaartse Karakter
WHO SCATTERS ?

Deu 4:27 **ADONAI will scatter** you among the peoples; and among the nations to which ADONAI will lead you away, you will be left few in number.
Deu 28:64 **ADONAI will scatter** you among all peoples from one end of the earth to the other
Neh 1:8 Remember, please, the word you gave through your servant Moshe, 'If you break faith, **I will scatter** you among the peoples;
Jer 9:16 **I will scatter** them among nations that neither they nor their ancestors have known.
Jer 13:24 "So **I will scatter** them like chaff that flies away in the desert wind.
Eze 12:15 They will know that **I am ADONAI when I scatter** them among the nations
Eze 20:23 "'I also raised my hand and swore to them in the desert that **I would scatter** them among the nations
Eze 22:15 **I will scatter** you among the Goyim..

WHO GATHERS ?

2Ki 22:20 Therefore **I** will gather you to your ancestors
Isa 43:5 Don't be afraid, for I am with you. **I** will bring your descendants from the east, and **I will gather** you from the west;
Jer 23:3 **I myself will gather what remains of my flock** from all the countries where **I** have driven them
Jer 29:14 and I will let you find me,' says **ADONAI**. 'Then **I** will reverse your exile. **I** will gather you
Jer 32:37 **I** will gather them out of all the countries where I drove them
Eze 11:17 Therefore, say that **Adonai ELOHIM** says this: '**I will gather** you from the peoples and collect you from the countries
Eze 36:24 For **I** will take you from among the nations, gather you from all the countries, and return you to your own soil.
Joe 3:2 **I will gather** all nations and bring them down to the Valley of Y'hoshafat [ADONAI judges]. **I** will enter into judgment there for my people[HUH?], my heritage Isra'el
Zep 3:8 Therefore, wait for me," says ADONAI, "for the day when I rise to witness against you, when **I decide to assemble** nations, to gather kingdoms together, to pour on them my indignation, all my furious anger
Zep 3:20 When that time comes, **I will bring you in**; when that time comes, **I will gather** you and make you the object of fame and praise among all the peoples of the earth - when I restore your fortunes before your very eyes," says ADONAI.
Zec 10:8 "I will whistle for them and **gather them**, because...>**I HAVE REDEEMED THEM**[HUH?, WIE IS DIE REDEEMER?]

KYK NOU MOOI ..:- >

Mat 15:24 He said, **I** was sent only to the **lost sheep** of the house of Isra'el.
Mat 13:30 Let them both grow together until the harvest; and at harvest time **I** will tell the reapers to collect the weeds first and tie them in bundles to be burned, but **to gather the wheat into (MY) barn**
Luk 13:34 "Yerushalayim! Yerushalayim! You kill the prophets! You stone those who are sent to you! How often **I wanted to gather** your children, just as a hen gathers her chickens under her wings, but you refused!
Mat 23:37 "Yerushalayim! Yerushalayim! You kill the prophets! You stone those who are sent to you! How often **I** wanted to gather your children, just as a hen gathers her chickens under her wings, but you refused!
Isa 56:8 **Adonai ELOHIM says**[HUH?], **he who gathers** Isra'el's exiles: **There are yet others I will gather, besides those gathered already**
Joh 10:16 **Also I have other sheep which are not from THIS PEN; I need to bring them [gather them]**, and they will hear my voice; and there will be one flock, **one shepherd**
Mic 2:12 **I will assemble all of you**, Ya'akov; **I will gather** the remnant of Isra'el, **I** will put them together like sheep IN A PEN, like a herd in its pasture

WIE IS DIE..>**one shepherd** ?

_________________
I love Scion


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Wié is die historiese Jesus?
PostPosted: Tue Sep 14, 2010 8:20 am 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 14410
Location: Weskaap
Reputation point: 557
Een van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestes
Rob jou plasing het niks met die bespreking van die onderwerp te doen nie. Jy gaan nie die draad ook gebruik om hot en haar versies te spoeg en plak nie.

_________________
Mag die bome groen bly
en die sterre wit,
en mag daar altyd mense wees
wat mekaar sonder skaamte
in die oë kan kyk –
...want die lewe is ‘n asem lank
en die sterre op die Anderplek donker.

- Breyten Breytenbach


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Wié is die historiese Jesus?
PostPosted: Tue Sep 14, 2010 8:57 am 
Offline

Joined: Wed Jun 17, 2009 7:13 pm
Posts: 11253
Reputation point: 1997
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Jean skryf:
So skryf prof Andries van Aarde in artikel wat nou ook op die webwerf theo.co.za gelees kan word HIER.

Die stuk was nogal vir my baie interessant. Ek het beslis iets geleer, want alhoewel ek die begrip van 'n historiese Jesus verstaan het, het die prof se denke daaroor baie meer lig daarop gewerp.

_________________
Peace. It does not mean to be in a place where there is no noise,trouble or hard work. It means to be in the midst of those things and still be calm in your heart.


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Wié is die historiese Jesus?
PostPosted: Tue Sep 14, 2010 9:04 am 
Offline

Joined: Sat Jan 16, 2010 4:21 pm
Posts: 930
Reputation point: -35
Afwaartse Karakter
Jean skryf:
Rob jou plasing het niks met die bespreking van die onderwerp te doen nie. Jy gaan nie die draad ook gebruik om hot en haar versies te spoeg en plak nie.


Dankie dat jy dit wel los dat andere wat dit lees dalk die verband tussen YHVH van die "ou testament" en die historiese Yahshua[jesus] van die "nuwe testament" kan sien.

_________________
I love Scion


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Wié is die historiese Jesus?
PostPosted: Tue Sep 14, 2010 1:13 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Mar 06, 2007 9:17 pm
Posts: 1758
Location: Agter die Kaapse Boereworsgordyn
Reputation point: 116
Uitstekende goeie reputasieUitstekende goeie reputasieUitstekende goeie reputasie
Wat ek nie kan verstaan is hoekom dit 'n "gesoek" na die historiese Jesus moet wees. Ek kan die term verstaan toe Schweizer met die topic begin het, maar dis nou jare daarna en die NT en ander dokumente is al intensief deur baie geleerdes uitmekaar gehaal en weer bymekaar gesit.

Daaruit het mense al hulle gevolgtrekkings gemaak - of dat daar net sekere gedeeltes is wat gebruik kan word om die historiese Jesus te bewys - of diegene wat se die hele NT die nodige kennis gee om te weet wie Jesus is. Is die historiese Jesus dan nou nie al gevind nie?

Dus wat is daar om nog na gesoek te word?

Na my mening is dit 'n futiele poging om verder nog tyd daaraan te bestee.

_________________
The day most wasted in your life is the day in which you did not laugh
Skype - iainfinlaystrand


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Wié is die historiese Jesus?
PostPosted: Tue Sep 14, 2010 1:26 pm 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 14410
Location: Weskaap
Reputation point: 557
Een van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestes
St Clair skryf:
Dus wat is daar om nog na gesoek te word?

Na my mening is dit 'n futiele poging om verder nog tyd daaraan te bestee.


Nee ek dink nie navorsing kan ooit futiel wees nie. Daar kan altyd steeds nuwe inligting na vore kom. Die Dooie seerollle wat by Qumran gevind is, is maar een van die talle voorbeelde wat vir ons wys daar kan altyd iets nuut vorendag kom. So is daar baie ander voorbeelde.

_________________
Mag die bome groen bly
en die sterre wit,
en mag daar altyd mense wees
wat mekaar sonder skaamte
in die oë kan kyk –
...want die lewe is ‘n asem lank
en die sterre op die Anderplek donker.

- Breyten Breytenbach


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Wié is die historiese Jesus?
PostPosted: Tue Sep 14, 2010 2:23 pm 
Offline

Joined: Fri Oct 28, 2005 5:54 pm
Posts: 14221
Reputation point: 4174
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Die historiese Jesus? Nogals nè.

Nee, hierdie prof beskryf 'n teologiese Jesus.


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Wié is die historiese Jesus?
PostPosted: Tue Sep 14, 2010 5:01 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sun Aug 24, 2008 4:07 pm
Posts: 2069
Location: Pretoria
Reputation point: 1656
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Prof Van Aarde is inderdaad 'n diep slim ou en ek het die hoogste waardering vir sy akademiese eerlikheid, vry van die dogmatiek van die kerk.

So het ek 'n paar jaar terug 'n ander artikel van hom gelees waarin hy skryf dat:

1. hy nie langer sy geloof kan baseer op 'n belydenis van 2000 jaar gelede nie. Hier verwys hy juis na die absurditeit van die drievlakkige apostolicum;

2. Jesus se dissipels het, nadat Jesus in Getsemané gearresteer is, weggehardloop en eers na die kruisiging teruggekom. Hulle kon dus niks van die kruisiging vertel nie. Nadat Jesus dood is, het voëls en wilde diere sy lyk van die kruis afgevreet.

As hierdie siening van Van Aarde reg is, kan ek nie sien dat die Christelike geloof enige bestaansreg het nie.

_________________
"I believe there are plenty of open-minded people out there: People whose childhood indoctrination was not too insidious, or whose native intelligence is strong enough to overcome it." Richard Dawkins: Preface to "The God Delusion."


Boontoe
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sorteer volgens  
Post new topic Antwoord  [ 201 poste ]  Gaan na bladsy 1, 2, 3, 4, 5 ... 14  Volgende

Alle tye is UTC + 2 hours


Wie is aanlyn

Gebruikers tans in die forum: No registered users en 5 gaste


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
Jy kan nie aanhegsels pos in die forum

Soek vir:
Spring na:  
cron
South Africa's Top Sites Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
Style edited by LEE for phpBB3