Tuisblad   Wie is ons?   Argief   Soek Artikels   Beknopte Index   Registreer  Hulpstaaf   Foto's  
Login   Register    FAQ    Soek
Dit is tans Tue Nov 21, 2017 5:22 pm

Alle tye is UTC + 2 hours




Post new topic Antwoord  [ 184 poste ]  Gaan na bladsy 1, 2, 3, 4, 5 ... 13  Volgende
Skrywer Boodskap
 Pos onderwerp: Daar galop glo ’n Trojaanse perdjie in die NG Kerk rond
PostPosted: Wed Nov 17, 2010 4:26 pm 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 14410
Location: Weskaap
Reputation point: 557
Een van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestes
’n Groepie godsdienstig-ver-regse fundamentaliste in die NG Kerk het ʼn boekie saamgeflans waarin hulle nou die NG Kerk op sy herrie wil gee. Hulle meen daar is ʼn Trojaanse perd in die NG Kerk.

Ten minste twee van die bydraers is ou bekende voormalige deelnemers aan Kletskerk. Hulle is Henrietta Klaasing en Gideon Aggenbag, ʼn afgetrede NG dominee. Albei van hulle het aan die spits gestaan van ʼn mislukte veldtog wat verlede jaar begin is om Kletskerk en sy deelnemers by soveel as moontlik mense in diskrediet te bring en swart te se smeer. Hulle het destyds gebruik gemaak van die e-pos metode om hulle veldtog te voer en mense verdag te maak. Die e-posse is regdeur die land aan ringe en sinodes gestuur.

Die slag het hulle hul mes in vir feitlik die hele NG Kerk.

Nog ’n bydraer is die alombekende kreasionis Hennie (Sesdag) Mouton. Hy glo vas Adam en Eva was historiese figure wat 6 000 jaar gelede in ’n ommesientjie as volwasse mense uit modder ontstaan het en geselsies in een of ander tuin aangeknoop het met ’n pratende slang. Dis nie duidelik of die slang Aramees of Hebreeus gepraat het nie.

Die titel van die boekie is die Trojaanse perd in die NG Kerk en die subtitel is die Kanker van Evolusie en Liberalisme. Die boekie is opsigself ’n perd van ’n ander kleur. Dit lyk nie of enige uitgewer kans gesien het om dit uit te gee of sy naam daaraan te koppel nie. Byna soos daai sektariese traktaatjies wat die Jehovas so vrygewig uitdeel as hulle Sondae aan jou deur kom klop. Dit sal glo vroeg in Desember op die rakke verskyn maar nêrens word melding gemaak van ʼn uitgewer of ISBN nommer nie. Dit moet privaat bestel word. Lyk my selfs CUM wil nie met ʼn tang daaraan vat nie.

Die perdeboekie is op bestelling teen R80 elk plus posgeld beskikbaar. Maar as jy vir almal onder die Kersboom een wil los en jy bestel agt van hulle en meer, kry jy dit vir R60 stuk plus versendingskoste.

Dit beloof werklik om vermaaklike leesstof te wees vir almal wat belangstel in Middeleeuse denke. Evolusie, wat gesien word as die vrot appel in die NG Kerk se kis, kry “uitgebreide” aandag, omdat die “omhelsing van evolusionisme verwoestende en verreikende gevolge het op sake wat deel is van die gereformeerde belydenis”.

In wat genoem word ’n voëlvlug oor die hoofstukke van die boek word daar onder meer gesê: Die hoofstuk oor die huwelik en saambly toon aan wat met ’n sogenaamde minder veroordelende verklaring ten opsigte van saambly beoog word, naamlik om vir die soveelste keer akkommoderend te wees. “Ons kan nie die Woord van God verander om by die kultuur van die dag of om by mense se sienings en filosofieë te pas nie. In Sy Woord is dit duidelik dat seks buite die huwelik deur God verbied word,” word gesê.

Enkele gedagtes word uitgespreek oor die Evangeliese Inisiatief (EI). Alhoewel daar waardering is vir die getuienis wat die EI uitdra ten opsigte van wat die “waarheid” is, is die vraag in die boekie: Doen die EI genoeg om ’n omkeer te bewerkstellig?

Die agste hoofstuk toon aan presies “hóé ongelyk” die speelveld tussen liberales en behoudendes al geword het. Met behoudendes word eintlik bedoel die ver-regse fundamentaliste of soos wat ons hulle hier op Kletskerk leer ken het as die Bybelboelies.

Die media werk glo op vele terreine aktief mee om postmodernistiese liberalisme in die kerk in te voer. En hier kan julle maar by voorbaat weet sal die uwe en Kletskerk se “sondes” seker nie gespaar bly nie.

Die skrywers is:
• Dr. Henrietta Klaasing (Skrywer en boeksamesteller)
• Dr. Hennie Mouton (Skrywer en boeksamesteller)
• Ds. Gideon Aggenbag (Skrywer)
• Daniel Louw (Skrywer)
• Ds. Jan Louw (Skrywer)
• Ds. Hanan Viljoen (Skrywer)
• Dr. Koos Visser (Skrywer)
Bydraers:
• Anna Louw
• James Maré
• Pieter Pelser
• Dr. Kobus Stapelberg
• Sarel van der Merwe
• Ellison Mouton

Die voorblad herinner aan daai outydse gogga-maak-vir-baba-bang boekies waarmee stout kinders bangemaak is met die duiwel wanneer hulle stout is. Moenie glo nie, vrees net!!
Aanhegsel:
trojaanse_perd_voorblad.jpg
trojaanse_perd_voorblad.jpg [ 26.43 KiB | Viewed 7776 times ]

_________________
Mag die bome groen bly
en die sterre wit,
en mag daar altyd mense wees
wat mekaar sonder skaamte
in die oë kan kyk –
...want die lewe is ‘n asem lank
en die sterre op die Anderplek donker.

- Breyten Breytenbach


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Daar galop glo ’n Trojaanse perdjie in die NG Kerk rond
PostPosted: Wed Nov 17, 2010 4:29 pm 
Offline
User avatar

Joined: Thu Dec 04, 2008 1:33 pm
Posts: 486
Reputation point: 1663
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Hierdie boek gaan BOEKBLIK op die "map" sit! :twisted:


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Daar galop glo ’n Trojaanse perdjie in die NG Kerk rond
PostPosted: Wed Nov 17, 2010 5:30 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed Jan 02, 2008 2:53 pm
Posts: 4478
Location: KZN-Suidkus
Reputation point: 1304
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Daars nie 'n ISBN nommer nie, so Boekblik sal hom nie eers as geskenk kan weggee nie.

_________________
As profesionele ongeskoolde beach bum verklaar ek hiermee dat alle advies, raad, beoordeling, opinie, inskrywing, verklaring en enige geskrewe woord wat ek op hierdie forum plaas, ek so doen in my profesionele hoedanigheid.
Mag Gooogle jou genadig wees?


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Daar galop glo ’n Trojaanse perdjie in die NG Kerk rond
PostPosted: Wed Nov 17, 2010 6:41 pm 
Offline

Joined: Mon Nov 15, 2010 7:52 am
Posts: 3514
Reputation point: 1669
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Jean,
As dit 'n trojaanse perd is, dan is daar 'n army binne-in wat die stad van binne af wil oorneem.
Dink jy dis die motief, of net wyse van spreke, of dalk stuur hulle 'n demolition squad in om die stad van binne af te implode.
Ek dink wragtig 'n man moet bietjie konsentreer op individue, uitsprake, motiewe en dit blootle.
Weereens, kyk hoe dit in positiewe reklame vir die geteikende stad omskep kan word.
Werk vir julle stratee en reklame-manne.

Groetnis, JIN


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Daar galop glo ’n Trojaanse perdjie in die NG Kerk rond
PostPosted: Wed Nov 17, 2010 7:17 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sun Sep 10, 2006 10:24 pm
Posts: 9465
Location: Kaap
Reputation point: 1341
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Jean skryf:
’n Groepie godsdienstig-ver-regse fundamentaliste in die NG Kerk het ʼn boekie saamgeflans waarin hulle nou die NG Kerk op sy herrie wil gee. Hulle meen daar is ʼn Trojaanse perd in die NG Kerk.

Ten minste twee van die bydraers is ou bekende voormalige deelnemers aan Kletskerk. Hulle is Henrietta Klaasing en Gideon Aggenbag, ʼn afgetrede NG dominee.


Dis ook weer een van daardie groepe wat ou dominees wat láánkal afgetree het weer 'n kans gee gee om in die kollig te kom. Dis eintlik baie "sad"... net soos dit was toe mense in die verlede ou politici gewerf het vir hulle stryde teen die bewindhebbers van die dag. Al wat dit doen is om die bietjie respek en aansien wat die ou manne nog gehad het ook moer toe te blaas. Gideon is bv een van daai merkwaardige ouens wat eers in sy veertigs gaan leer het om 'n predikant te word en toe op 49 'n predikant geword het. Hy is al baie lank afgetree en as my sommer reg is is hy nou so 77. Volgens die APK kerk se webblad dien hy nou ook by hulle as predikant. Hanan Viljoen het al in 1959 predikant geword en in 1993 afgetree. Hy was altyd baie "evangelies" maar tog gerespekteerd en van sy boeke was amper so gewild soos oom Solly sin.

Groete
Barend

_________________
Toe het ek al die werk van God begryp;
die mens is nie in staat om wat in hierdie wêreld gebeur, te verstaan nie.
Hoe hy hom ook al inspan en soek, hy verstaan nie.
Al sê die wyse hy weet, kan hy nie verstaan nie. --- Pred 8


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Daar galop glo ’n Trojaanse perdjie in die NG Kerk rond
PostPosted: Wed Nov 17, 2010 7:47 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Mar 26, 2007 10:41 pm
Posts: 3065
Location: Johannesburg
Reputation point: 580
Een van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestes
Ja...nog ‘n storm...nog ‘n teekoppie.....

Laat ons dan maar met verdraagsaamheid, die wat verdraagsaam behoeftiges is verdra.

Die werklikheid is hard ....en as ‘n ou se hersings nie Wysheid (of dan Heilige Gees, ek sê maar, sodat die skrywer-Doktors en Dominees darem kan weet waarna hulle Sondag na Sondag verwys het ...sonder begrip) as kopskerm het nie, gaan hulle baie Grandpa’s nodige hê om die ‘collateral damage’ van hulle poging te verreken.

Mens sal verwag dat dié leermeesters die lessie van Saulus se Gamaliël aan die Joodse Raad (in Handelinge 5) ter harte sou neem, na hul e-mail poging.... en ophou om teen die prikkels skop.

Dis ‘n jammerte dat hulle so optree...hulle het my simpatie.

Groete,

Luk


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Daar galop glo ’n Trojaanse perdjie in die NG Kerk rond
PostPosted: Wed Nov 17, 2010 8:19 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sun Feb 12, 2006 9:21 pm
Posts: 1751
Location: Swartland - Boland
Reputation point: 189
Uitstekende goeie reputasieUitstekende goeie reputasieUitstekende goeie reputasieUitstekende goeie reputasie
Ai, die een antie skryf dan so roerend op DKB Internetbriewe die volgende
Haal aan:
In 'n artikel in vandag se Beeld (hier: http://www.beeld.com/In-Diepte/Nuus/In- ... d-20101025) oor die derde Luasanne konferensie sê Neels Jackson dat God in mense en in tale en oral is.

Volgens Jackson het baie van die konferensiegangers Kaapstad verlaat met nuwe insigte, nuwe inspirasie en nuwe en versterkte netwerke waarbinne hulle werk. Hulle het hul opnuut verbind tot die visie wat 36 jaar tevore by die eerste Lausanne-kongres gemunt is: Dat die hele kerk die hele evangelie na die hele wêreld uitdra. En die gedagte van netwerke, van hande vat en saamwerk is beklemtoon.

Ook maar mens of is dit sensasie ? Ek wonder wie vat nou wie se hand ........

_________________
http://www.woes.co.za > boekwinkel>Bart
"Resentment is like taking poison and waiting for the other person to die.” - Nelson Mandela


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Daar galop glo ’n Trojaanse perdjie in die NG Kerk rond
PostPosted: Wed Nov 17, 2010 8:31 pm 
Offline

Joined: Wed Jun 17, 2009 7:13 pm
Posts: 11272
Reputation point: 1997
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Ek kan nie sê of die boek twak is nie, want ek het dit nog nie gelees nie. Net omdat sommiges op kk die skrywers in die dogbox het, is geen rede vir my om dieselfde te doen nie(vars voornemens)

So antie Dr Henrietta ou dier, as jy hier lees, mail my julle bankbesonderhede, en ek sal jou die geldjies EFT. My adressie is onder aan my pos hoor, pmpie werk nie meer nie.

Hoop net die boekie is nie baie dik nie, want my attension span met geestelike literature is maar redelik beperk. Dis net daai ou swart boek wat my aandag kan hou, maar kom ons probeer maar.

Lukas skryf:
Dis ‘n jammerte dat hulle so optree...hulle het my simpatie.

Waar het jy die boek gelees Lukas? Gits, jy meen, sommer so uit die unbiased(not) opsomming maak jy jou mind op.

_________________
Peace. It does not mean to be in a place where there is no noise,trouble or hard work. It means to be in the midst of those things and still be calm in your heart.


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Daar galop glo ’n Trojaanse perdjie in die NG Kerk rond
PostPosted: Wed Nov 17, 2010 8:45 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed Nov 09, 2005 3:53 pm
Posts: 3299
Location: In die loopgrawe
Reputation point: 1969
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Hulle het seker ook maar 'n reg om hulle sê te sê...

_________________
The accumulated filth of all their sex and murder will foam up about their waists and all the whores and politicians will look up and shout "Save us!"...
And I'll whisper... "No."

- Walter Kovacs, a.k.a. Rorschach


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Daar galop glo ’n Trojaanse perdjie in die NG Kerk rond
PostPosted: Wed Nov 17, 2010 9:01 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sun Sep 10, 2006 10:24 pm
Posts: 9465
Location: Kaap
Reputation point: 1341
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Waldemar skryf:
Hulle het seker ook maar 'n reg om hulle sê te sê...


Ja, helaas is dit elkeen se onvervreembare reg om sy/haar naam gat te maak as hy/sy so voel... maar dit stem my steeds droefgeestig :cry:

Groete
Barend

_________________
Toe het ek al die werk van God begryp;
die mens is nie in staat om wat in hierdie wêreld gebeur, te verstaan nie.
Hoe hy hom ook al inspan en soek, hy verstaan nie.
Al sê die wyse hy weet, kan hy nie verstaan nie. --- Pred 8


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Daar galop glo ’n Trojaanse perdjie in die NG Kerk rond
PostPosted: Wed Nov 17, 2010 9:06 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sun May 03, 2009 9:10 pm
Posts: 2719
Location: Suid-oos Vrystaatse Dieretuin
Reputation point: 2132
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Beste Baasjean,

Die styl en groepering laat my snuf in die neus kry van geheime organisasies soos die AB van ouds. Iewers moes die klompie saamgebroei het en mekaar opgesteek het.



Wie is die hoofman wat die boekie gedryf het..?


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Daar galop glo ’n Trojaanse perdjie in die NG Kerk rond
PostPosted: Wed Nov 17, 2010 9:23 pm 
Offline

Joined: Fri Oct 28, 2005 5:54 pm
Posts: 14267
Reputation point: 4174
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Waldemar skryf:
Hulle het seker ook maar 'n reg om hulle sê te sê...


Is so ja, maar dis nou nie asof ons nie alreeds weet wat hulle wil sê nie. Dit sou mos maar naïef gewees het om iets anders te verwag as wat van hulle reeds hier op die internet kwytraak. Wat natuurlik tot die volgende ou vragie lei, hoekom 'n R80 boekie? Gaan dit oor die ou geldjies, en dat die boodskap is nie werklik so dringend dat dit nie gratis op die internet versprei kon word nie? Nie dat ek dink enigiemand gaan ryk word hieruit nie, gaan jy een bestel?


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Daar galop glo ’n Trojaanse perdjie in die NG Kerk rond
PostPosted: Wed Nov 17, 2010 9:46 pm 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 14410
Location: Weskaap
Reputation point: 557
Een van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestes
Asclepios skryf:
Beste Baasjean,

Die styl en groepering laat my snuf in die neus kry van geheime organisasies soos die AB van ouds. Iewers moes die klompie saamgebroei het en mekaar opgesteek het.

Wie is die hoofman wat die boekie gedryf het..?


Ben die hoofvrou van projek Trojaanse perd is skynbaar antie Henrietta Klaagster met Hennie Sedag Mouton as haar adjudant. Vandat die antie ook afgetree het, het sy mos baie tyd ophande om kwaad te stook. Ek neem aan die bejaarde ou oom Gideon wat eers in sy laat middeljare tot die bedieng geroep is en nou by die APK die wit waks uit almal preek het hulle ook gehelp.

Ek hoop net nie die ou oom is so veroordelend en agteraf in daai boekie soos wat hy was in die smerige e-possies wat hy agter my rug vir dominees die wêreld vol gestuur het nie. Ou oom Aggenbag het seker nie gedink sy sluwe gekonkel sal toe ook op my lessenaar land nie. Sies, iemand wat homself op die waarheid beroep en vir ander preek terwyl hyself agter die deur staan is darem 'n lelike ding hoor. Dis veel erger as 'n Trojaanse perd. Miskien moet ek van daai briefies hier pos. Dis mos in elk geval die wêreld vol gestuur.

_________________
Mag die bome groen bly
en die sterre wit,
en mag daar altyd mense wees
wat mekaar sonder skaamte
in die oë kan kyk –
...want die lewe is ‘n asem lank
en die sterre op die Anderplek donker.

- Breyten Breytenbach


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Daar galop glo ’n Trojaanse perdjie in die NG Kerk rond
PostPosted: Wed Nov 17, 2010 9:53 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon May 11, 2009 7:45 pm
Posts: 2014
Reputation point: 1956
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
As hulle erenstig is om hulle boodskap uit te kry, dan moet hulle die boek PDF en uit email, verniet. So bereik jy meer mense met jou boodskap, as dit gaan oor die boodskap en nie 'n geldmaak storie is nie.

_________________
Fundamentally sensible


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Daar galop glo ’n Trojaanse perdjie in die NG Kerk rond
PostPosted: Wed Nov 17, 2010 10:03 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sun May 03, 2009 9:10 pm
Posts: 2719
Location: Suid-oos Vrystaatse Dieretuin
Reputation point: 2132
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Jean skryf:
Ek neem aan die bejaarde ou oom Gideon wat eers in sy laat middeljare tot die bedieng geroep is en nou by die APK die wit waks uit almal preek het hulle ook gehelp.


Ek het nou so lekker lag gekry oor die uitdrukking " letterlik " wit waks uit die mense preek dat ek so in my geestes oog die bleekgemeente met die witgewakste blinkgesigte gesigte sien sit..

Nie eers die magte NG kerk kan die perd stop wat die kerk ingestorm het nie. As ek die bejaarde groep so deurkyk laat dit my aan oud Jaap Marais se laaste "stand" dink.

Kom ons geniet maar net die klompie se naiewiteit. Ek het nou nie die boek van R 80 gelees nie, maar het snaaks nie eers die lus om dit te doen nie..

Ben.


Boontoe
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sorteer volgens  
Post new topic Antwoord  [ 184 poste ]  Gaan na bladsy 1, 2, 3, 4, 5 ... 13  Volgende

Alle tye is UTC + 2 hours


Wie is aanlyn

Gebruikers tans in die forum: Bing [Bot] en 6 gaste


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
Jy kan nie aanhegsels pos in die forum

Soek vir:
Spring na:  
South Africa's Top Sites Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
Style edited by LEE for phpBB3