Tuisblad   Wie is ons?   Argief   Soek Artikels   Beknopte Index   Registreer  Hulpstaaf   Foto's  
Login   Register    FAQ    Soek
Dit is tans Fri Aug 18, 2017 8:37 am

Alle tye is UTC + 2 hours




Post new topic Antwoord  [ 329 poste ]  Gaan na bladsy 1, 2, 3, 4, 5 ... 22  Volgende
Skrywer Boodskap
 Pos onderwerp: NG dominee sê hy toor nie, hy bid
PostPosted: Mon Jan 17, 2011 11:12 pm 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 14410
Location: Weskaap
Reputation point: 557
Een van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestes
Neels Jackson berig in BEELD ’n NG dominee het gister verbaas gereageer toe ’n joernalis van die Kerkbode hom ’n wit sangoma genoem het.

Ds. Pieter Fourie van die gemeente Rant-en-Dal in Krugersdorp wou weet of Jean Oosthuizen dan nie verstaan wat hy doen nie.

Hy is nie besig met toordery nie. Hy bid vir mense.

Oosthuizen het gister in ’n nota onder die opskrif “Dominee of sangoma” gereageer op die manier waarop Fourie homself op sy Facebook-blad bekend stel, naamlik “Vra dominee Pieter”.

Fourie nooi oud en jonk daarop uit om hom met enige probleme te kontak en skryf onder meer: “Dink jy dalk iemand het jou familie getoor of vervloek? Spook dit in jou huis? Bel my of los ’n boodskap.”

Oosthuizen skryf dit klink soos die uitnodiging van die een of ander bossiedokter of sangoma, maar dis eintlik ’n NG dominee.
“Blaas my siel! Dan word mense soos Julian Müller, Sakkie Spangenberg en dies meer dwaalleraars genoem.

“Wat noem ’n mens dan ’n knaap soos dié? Die man preek die wit waks uit algar op Facebook en fokus sy bediening op jong mense.

“Is dit verantwoordelik om ’n wit sangoma soos dié onder jong mense los te laat?”

Fourie sê hy help mense, hy toor hulle nie. Hy bid vir hulle. Daar is ’n groot verskil tussen hoe hy werk en hoe ’n sangoma dit doen.

Hy help graag kinders wat sê hulle sien demone en geeste deur vir hulle te bid. Daar is gewis mense wat sê hulle sien spoke of demone.

Dit gebeur as hulle na sekere flieks gekyk het of glasie-glasie gespeel het. As mense kla dit spook, vra hy hulle watter sondes hulle gedoen het. Dalk het iemand daar selfmoord gepleeg.

Dan voel die demoniese magte hulle het ’n reg om daar te wees.

Die meeste kere dat hy help, is as kinders nie kan slaap nie.

Dalk is daar ’n Boeddha-beeld of Afrika-masker in die huis. Dan moet hulle die huis skoonmaak.

Ds. Jannie Pelser, Fourie se kollega, sê die bediening van bevryding is nie deel van Fourie se pligtestaat van die gemeente nie.

Hy doen dit in sy eie tyd.

_________________
Mag die bome groen bly
en die sterre wit,
en mag daar altyd mense wees
wat mekaar sonder skaamte
in die oë kan kyk –
...want die lewe is ‘n asem lank
en die sterre op die Anderplek donker.

- Breyten Breytenbach


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: NG dominee sê hy toor nie, hy bid
PostPosted: Tue Jan 18, 2011 12:42 am 
Offline
User avatar

Joined: Thu Jun 21, 2007 3:22 pm
Posts: 2973
Location: ...
Reputation point: 650
Een van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestes
Kan nie glo dat hierdie persoon gelos word dat hy die Kerk se naam met 'n plank slaan nie.

Ek het bietjie op sy blad gaan loer, 4914 mense hang aan sy vet lippe.
Kyk net wat raak hy kwyt oor hoe mense God grootmaak so 15 ure terug:
VRA DOMINEE PIETER skryf:
God is so groot soos wat jy Hom
maak om te wees. Jou idee van God bepaal jou 'miracles'...


En ekke mag nie eers meer vir hom 'n paar vragies vra nie, hy het verseker die algemene kommissie ook verban daarom is hy onaantasbaar beskerm deur die Heiligen Gees teen demoniese monstres.

Jan

_________________
Ek kan nie meer glo voordat ek nie self my vinger in Jesus se gate gedruk het nie. Johannes 20:27


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: NG dominee sê hy toor nie, hy bid
PostPosted: Tue Jan 18, 2011 11:23 am 
Offline
User avatar

Joined: Wed May 30, 2007 11:38 am
Posts: 4519
Location: Pretoria
Reputation point: 297
Meester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle Reputasie
El laaik hierdie deeltjie:

VRA DOMINEE PIETER skryf:
God is so groot soos wat jy Hom
maak om te wees.


God is met ander woorde aan die genade van mense uitgelewer; as hulle hom groot maak, is hy groot. As hulle hom aflag, is hy niks.

Presies wat die ateïste nog die heeltyd sê! :mrgreen:

_________________
"Why, sometimes I've believed as many as six impossible things before breakfast."
- The White Queen, Alice in Wonderland


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: NG dominee sê hy toor nie, hy bid
PostPosted: Tue Jan 18, 2011 12:04 pm 
Offline
User avatar

Joined: Thu Apr 24, 2008 4:17 pm
Posts: 2660
Reputation point: 2436
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Jean skryf:
Dalk is daar ’n Boeddha-beeld of Afrika-masker in die huis. Dan moet hulle die huis skoonmaak


Nou sal ek ook graag wil-weet of Doems dit in die bybel gelees het, en of hy so op kweekskool geleer is. Ek kan seker vir Barend vra, maar se nou net ek kry ook so n laaaang antwoord soos Dom Willem.

_________________
You have your way. I have my way. As for the right way, the correct way, and the only way, it does not exist. – Friedrich Nietzsche


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: NG dominee sê hy toor nie, hy bid
PostPosted: Tue Jan 18, 2011 12:40 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sun Sep 10, 2006 10:24 pm
Posts: 9465
Location: Kaap
Reputation point: 1341
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
wil-weet skryf:
Jean skryf:
Dalk is daar ’n Boeddha-beeld of Afrika-masker in die huis. Dan moet hulle die huis skoonmaak


Nou sal ek ook graag wil-weet of Doems dit in die bybel gelees het, en of hy so op kweekskool geleer is. Ek kan seker vir Barend vra, maar se nou net ek kry ook so n laaaang antwoord soos Dom Willem.


Dis g'n Willem wat so 'n lang antwoord van my gekry het nie, dit was Meerkat. Hoe kon sy dan ook 'n kort antwoord kry? Sy vra dan wat ek op Universiteit geleer het! Dit is net gelukkig dat dit 'n onderwerp was waaroor ek so min geleer het. Dink net hoe lank die antwoord sou moes wees as dit 'n onderwerp was waaroor ek baie geleer het :mrgreen:

Maar ek sal sommer so ongevraag vir jou 'n kort antwoord gee. Ek dink daai Doems het nie van daai Boedha-beeld en Afrikamasker in die Bybel gelees nie en ook nie daarvan op universiteit geleer nie. Ek vermoed hy het dit by 'n pastoor gehoor... of dalk by Ds Mostert die deeltydse leraar van Morelettapark.

Groete
Barend

_________________
Toe het ek al die werk van God begryp;
die mens is nie in staat om wat in hierdie wêreld gebeur, te verstaan nie.
Hoe hy hom ook al inspan en soek, hy verstaan nie.
Al sê die wyse hy weet, kan hy nie verstaan nie. --- Pred 8


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: NG dominee sê hy toor nie, hy bid
PostPosted: Tue Jan 18, 2011 12:45 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Apr 10, 2006 10:22 am
Posts: 6867
Location: Cabo da Boa Esperança
Reputation point: 575
Een van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestes
Jean skryf:
Dalk is daar ’n Boeddha-beeld of Afrika-masker in die huis. Dan moet hulle die huis skoonmaak.

Image

Ek dink as hy in hierdie huis gaan probeer skoonmaak gaan hy beslis gebliksem word. Eers deur my ma met die koekroller en daarna deur my pa, met die graaf natuurlik.

_________________
“As soon as the lunatics start running the asylum you have big problems.” - Nick Fry (CEO - Mercedes GP Petronas Formula One Team)

“I must be crazy to be in a loony bin like this.” - Jack Nicholson (One Flew Over the Cuckoo's Nest)


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: NG dominee sê hy toor nie, hy bid
PostPosted: Tue Jan 18, 2011 1:17 pm 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 14410
Location: Weskaap
Reputation point: 557
Een van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestes
Help! Die demone is op my!!

_________________
Mag die bome groen bly
en die sterre wit,
en mag daar altyd mense wees
wat mekaar sonder skaamte
in die oë kan kyk –
...want die lewe is ‘n asem lank
en die sterre op die Anderplek donker.

- Breyten Breytenbach


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: NG dominee sê hy toor nie, hy bid
PostPosted: Tue Jan 18, 2011 1:26 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed May 30, 2007 11:38 am
Posts: 4519
Location: Pretoria
Reputation point: 297
Meester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle Reputasie
Jean skryf:
Help! Die demone is op my!!
He he he... Amper lees ek Dominee, toe sien ek nee wag, dis Demone.

Selle verskil, neem ek aan? :mrgreen:

_________________
"Why, sometimes I've believed as many as six impossible things before breakfast."
- The White Queen, Alice in Wonderland


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: NG dominee sê hy toor nie, hy bid
PostPosted: Tue Jan 18, 2011 1:34 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sun Sep 10, 2006 10:24 pm
Posts: 9465
Location: Kaap
Reputation point: 1341
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Kyk hoe skrik ek nou dat my hare sommer regop staan op my kop! As dit jou pa en ma se huis is, is ek glad nie verbaas dat jy uitgedraai het, soos jy uitgedraai het nie! Dis daai rooi Koran wat daar lewensgroot staan! Die is véél erger as Boedha-beeldjies of Afrika-maskers :shock:


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: NG dominee sê hy toor nie, hy bid
PostPosted: Tue Jan 18, 2011 1:37 pm 
Offline
User avatar

Joined: Fri Apr 28, 2006 8:26 pm
Posts: 947
Location: Randfontein
Reputation point: 0
Soek nog reputasie
Jean skryf:
Help! Die demone is op my!!



Geagte meneer Oosthuizen.

Ek dink dit sal goed wees as jy dadelik op ‘n vliegtuig kan spring en na Jannie Pelser se Kerk gaan waar Vra vir Dominee Pieter preek en jouself oorgee om gereinig te word van die duiwels en demone wat hulle tuisgemaak het in jou.
Ek dink jy moet ook al jou WP memorabilia vervang want dit is duidelik dat bose geeste hulle tuisgemaak het daarin.
Nadat Dominee Pieter jou van die bose geeste verlos het kan jy vir Jannie Pelser vra om vir jou toekomstige siektes geloofsgenesing in advance te kry.

Jy kan dus met een besoek jouself genees van die bose geeste en demone en geloofsgenesing in advance kry.

Dit is wat jy ‘n Een Stop Christelike Gemeenskap sentrum noem.

Jy is welkom om na die tyd saam met my en Spike ‘n lekker branna en coke te drink.



NB ... Ou Spike sit nou hier langs my en hy sê hy sal vir jou ‘n kaartjie koop om op te vlieg op voorwaarde dat jy na een van Doom Pieter se preke gaan luister en verslag doen oor wat hy preek. Dit mag nogal lagwekkend wees wat die Doom van die preekstoel af kwytraak .

_________________
Kan jy dit alles ten volle nakom?


Laaste geredigeer deur dom willem op Tue Jan 18, 2011 1:39 pm, geredigeer 1 kere in totaal.

Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: NG dominee sê hy toor nie, hy bid
PostPosted: Tue Jan 18, 2011 1:37 pm 
Offline
User avatar

Joined: Fri Apr 28, 2006 8:26 pm
Posts: 947
Location: Randfontein
Reputation point: 0
Soek nog reputasie
dubbel

_________________
Kan jy dit alles ten volle nakom?


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: NG dominee sê hy toor nie, hy bid
PostPosted: Tue Jan 18, 2011 1:53 pm 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 14410
Location: Weskaap
Reputation point: 557
Een van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestes
dom willem skryf:
dubbel


Ja dankie. Ek laaik nie 'n enkel nie.

_________________
Mag die bome groen bly
en die sterre wit,
en mag daar altyd mense wees
wat mekaar sonder skaamte
in die oë kan kyk –
...want die lewe is ‘n asem lank
en die sterre op die Anderplek donker.

- Breyten Breytenbach


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: NG dominee sê hy toor nie, hy bid
PostPosted: Tue Jan 18, 2011 2:03 pm 
Offline
User avatar

Joined: Thu Apr 24, 2008 4:17 pm
Posts: 2660
Reputation point: 2436
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Kannie verstaan wat Doemspiet se probleem met die Buddha beeldjies is nie, hy lyk dan nes die ene wat bo-op my boekrak staan. :roll: Nou nie heeltemal nie, ek meen my beeldjie is langer as wat hy breed is en doems sal tenminste nog n voet of wat langer moet word.

_________________
You have your way. I have my way. As for the right way, the correct way, and the only way, it does not exist. – Friedrich Nietzsche


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: NG dominee sê hy toor nie, hy bid
PostPosted: Tue Jan 18, 2011 2:08 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Apr 10, 2006 10:22 am
Posts: 6867
Location: Cabo da Boa Esperança
Reputation point: 575
Een van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestes
Barend skryf:
Kyk hoe skrik ek nou dat my hare sommer regop staan op my kop! As dit jou pa en ma se huis is, is ek glad nie verbaas dat jy uitgedraai het, soos jy uitgedraai het nie! Dis daai rooi Koran wat daar lewensgroot staan! Die is véél erger as Boedha-beeldjies of Afrika-maskers :shock:
Nog méér skokkend is dat daai blerrie Korantjie die vet Bybel langsaan se rug teen die muur het, bid jou dit aan! Ek meen, allamagtag! :twisted:

Om so 'n bietjie by Godzilla te leen: Vriendelike fokkolistiese groete! :lol:

_________________
“As soon as the lunatics start running the asylum you have big problems.” - Nick Fry (CEO - Mercedes GP Petronas Formula One Team)

“I must be crazy to be in a loony bin like this.” - Jack Nicholson (One Flew Over the Cuckoo's Nest)


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: NG dominee sê hy toor nie, hy bid
PostPosted: Tue Jan 18, 2011 3:19 pm 
Offline
User avatar

Joined: Thu Apr 24, 2008 4:17 pm
Posts: 2660
Reputation point: 2436
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Kyk Jean, soos die ouens daai tyd in die army gese het;
As daar n hel is gaan jy drolle kak so dik soos Wimblikke, daai doems en sy spoke is dik de moerin vir jou. :P :P

_________________
You have your way. I have my way. As for the right way, the correct way, and the only way, it does not exist. – Friedrich Nietzsche


Boontoe
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sorteer volgens  
Post new topic Antwoord  [ 329 poste ]  Gaan na bladsy 1, 2, 3, 4, 5 ... 22  Volgende

Alle tye is UTC + 2 hours


Wie is aanlyn

Gebruikers tans in die forum: Bing [Bot] en 5 gaste


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
Jy kan nie aanhegsels pos in die forum

Soek vir:
Spring na:  
South Africa's Top Sites Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
Style edited by LEE for phpBB3