Tuisblad   Wie is ons?   Argief   Soek Artikels   Beknopte Index   Registreer  Hulpstaaf   Foto's  
Login   Register    FAQ    Soek
Dit is tans Thu Oct 19, 2017 4:22 pm

Alle tye is UTC + 2 hours




Post new topic Antwoord  [ 192 poste ]  Gaan na bladsy 1, 2, 3, 4, 5 ... 13  Volgende
Skrywer Boodskap
 Pos onderwerp: Kreasioniste kry wind van voor op SABC TV
PostPosted: Tue Apr 12, 2011 10:45 am 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 14410
Location: Weskaap
Reputation point: 557
Een van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestes
Van die land se godsdienstig ver-regses huil lang krokodiltrane nadat ’n ongelowige vir hulle ore aangesit het op nasionale televisie. Daar word nou naarstiglik na sondebokke en verskonings gesoek waarom die jong aarde kreasionis Hennie (Sesdag) Mouton en me Henrietta Klaassing so swak vertoon het tydens ’n program op SABC2 wat gehandel het oor geloof versus wetenskap.

Die program What God thinks of us? onder die titel Religion and Science is deel van ’n reeks van dertien programme wat Sondagoggende om 08h30 op TV 2 uitgesaai word.

Die ongelowige prof Piet Croucamp van die Universiteit van Johannesburg het veel beter gevaar as sy twee opponente wat albei glo die aarde is net 6 000 jaar oud en dat die slang in die paradys regtig kon praat.

Mouton en Klaassing is bekend vir hulle godsdienstig ver-regse uitsprake. Hulle is ook die medesamestellers van ’n boek wat verlede jaar verskyn het waarin die NG Kerk skerp aangeval word. In hulle boek Die Trojaanse perd maan hulle byvoorbeeld kerkrade om slegs leraars aan te stel wat glo die aarde is net 6 000 jaar oud. Verskeie Christene het hulle reeds in die openbaar gedistansieer van die uitsprake wat in die boekie deur hulle gemaak word.

Nou kla Mouton en Klaasing se paar ondersteuners luidkeels op die NG Kerk se diversiteitsforum omdat daar gesê word die twee kreasioniste het hulle name krater gemaak op nasionale TV.

Vir baie gelowiges was dit ʼn verleentheid om te sien watter Middeleeuse argumente godsdienstiges soos hulle vandag nog gebruik om ʼn punt te probeer maak. Mouton was gewapen met ‘n yslike pak dokumente waarmee hy waarskynlik wou bewys die aarde is nie ouer as ongeveer 6 000 jaar nie – iets wat ʼn gemiddelde standers ses kind nie eers meer glo nie. Tydens die gesprek het Mouton dikwels senuweeagtig in sy dokumente rondgevroetel maar kon nie hond haaraf maak nie. Klaasing se grootste bydrae was dat sy eintlik leef om eendag in die hemel te kom en nie vir die “hiernoumaals” nie.

Die grootste leemte in die program was waarskynlik die feit dat daar nie ook ʼn gelowige Bybelwetenskaplike deelgeneem het wat aan evolusie glo nie. Dit sou help dat gewone gelowige kykers wat wel aan evolusie glo nie so verleë was oor die wyse waarop geloof opgedis is nie. Selfs die programleier Theo Geyser wat ʼn belydende Christen is, was ooglopend nie juis beïndruk met Mouton en Klaasing se vertoning tydens sy opsomming van die program nie.


Op die NG Kerk se diversiteitsforum (http://www.ngkerk.org.za/index.asp?body ... teitsforum) gooi die jong aarde kreasioniste nou sterk wal teen die kritiek. ʼn Sekere T.C.Breitenbach meen Croucamp het ’n onregverdige “tuisvoordeel” gehad omdat die onderhoud in Croucamp se studeerkamer plaasgevind het. Hennie (Sesdag) Mouton het die gewoonte om onder talle skuilname op die internet deel te neem. Dit laat mens onwillekeurig wonder of die “Breitenbach” nie dalk net nóg een van Mouton se verskeie aliasse is nie. Hoe anders weet hy die onderhoud het by Croukamp se plek plaasgevind? Maar terwyl hy ook nou op my FB-blad rondsnuffel kan hy sommer self hier antwoord. Dat Breitenbach hier aas om my elders by te kom blyk uit sy skrywe op die NG Kerk se diversiteitsforum waarin hy aanhaal uit my FB inskrywing oor die Mouton/Klaasing fiasko. Oudergewoonte beskuldig hy my van dislojaliteit omdat ek meen Mouton en Klaasing het hulle name op nasionale TV vergat. Wel hulle hét!


Hier onder is Breitenbach se volledige reaksie soos wat dit op die NG Kerk se diversiteitsforum verskyn. Die res van die gesprek kan op die forum self gelees word tensy die webbestuurder van die forum dit verwyder.

Haal aan:
T.C.Breitenbach

2011-04-11

Die gesprek van Sondagoggend op TV 2 onder die titel,"Religion and Science", het in Croucamp se studeerkamer plaasgevind wat waarskynlik aan hom 'n sielkundige "tuisvoordeel" besorg het, en derhalwe 'n rede kon wees vir sy dominerende en onsmaaklik steurende tussenwerpsels gedurende die gesprek, veral tydens dr.Klaasing se deelnemende inset, so asof hy haar met minder agting bejeën het as vir Hennie Mouton. Geyser het beslis nie reg laat geskied aan die billikheidseis van gesprekvoering nie, maar in sy fasiliteringsrol gefaal. Hy het te veel tyd aan Croucamp afgestaan en hom vrye teuels gegee. Waarom juis 'n ateïs-wetenskaplike die wetenskapskant moes verteenwoordig en nie 'n Christenwetenskaplike nie, is waarskynlik doelbewus so beplan om Mouton en Klaasing in die ongelyk te probeer stel.


Vir my het die godsdiens-wetenskapgesprek spoedig 'n teïsties-ateïstiese karakter aangeneem, twee onversoenbare uiterstes wat, soos vooraf reeds voorsien kon word, geen konstruktiewe bydrae tot so 'n gesprek sou kon lewer nie. Daar is dus beslis 'n dieper dimensie opgesluit in dié gesprek as bloot die voor die hand liggende.


Mouton het sy basisveronderstelling,dat hy die volkome korrektheid van die Bybel as die Woord van God aanvaar (en dat wetenskappe soos die Geologie en die Argeologie dié waarhede juis bevestig), goed geformuleer. Hy het, teenoor Croucamp se krampagtig-evolusionistiese vertrekpunt, dit duidelik gestel dat God Bo-natuurlik geskep het; dat God verskillende soorte geskep het (waarvolgens een soort ook nie in 'n ander soort oorgaan nie), en dat dood - anders as evolusioniste te kenne gee - eers na die sondeval deel van ons werklikheid geword het.


Klaasing het veral gewys op die geloofsdimensie van die menslike bestaan, en wat nie geweeg, gemeet en/of bereken kan word soos in die geval van die natuurwetenskaplike metode nie. Voorbeelde hiervan is liefde en waardes. In sy reaksie hierop het Croucamp beweer dat geloof nie mense van enigiets kan red nie; daar is, volgens hom, nog nooit enige wetenskaplike bewyse daarvoor gevind nie. Met dié stelling mag Croucamp homself dalk op baie dun ys bevind. Hieruit is dit duidelik dat Croucamp nie die geloofsdimensie van die menslike bestaan erken nie.


In sy reaksie op dié gesprek het Jean Oosthuizen, navorsingskonsultant vir dié uitsending en nuusredakteur van die NG Kerk se Kerkbode-tydskrif, gesê: "Dis nie reg om toe te laat dat mense hulself so vergat op nasionale TV soos Hennie Sesdag en ta Hetta Klaagster nie." Hieruit is dit nie moeilik om vas te stel waar sy lojaliteit lê nie. Oosthuizen se kommentaar, sowel as sommige van die kommentare op hierdie forum, getuig van die waarheid van die bekende uitdrukkings: "Soort soek soort", en: "'n Mens word aan jou vriende geken."


Dit sou besonder interessant wees om die ongeredigeerde weergawe van die volledige opname van hierdie gesprek te kon sien. Croucamp se lyftaal, sy gesigsuitdrukkings by geleentheid en sy baie praat het my laat dink dat hy, in 'n verloorsituasie, dit reeds tot 'n fyn kuns ontwikkel het om homself as wenner voor te doen. Anders as Mouton en Klaasing tree hy nogal dikwels voor die TV-kameras op, en geniet hy dus 'n voorsprong op hulle vanuit dié hoek gesien. Vir 'n persoon met sodanige ervaring, was hy beslis nie die meerdere van Mouton en Klaasing nie. Hierdie ronde ken ek aan laasgenoemde twee deelnemers toe.

_________________
Mag die bome groen bly
en die sterre wit,
en mag daar altyd mense wees
wat mekaar sonder skaamte
in die oë kan kyk –
...want die lewe is ‘n asem lank
en die sterre op die Anderplek donker.

- Breyten Breytenbach


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Kreasioniste kry wind van voor op SABC TV
PostPosted: Tue Apr 12, 2011 10:53 am 
Offline
User avatar

Joined: Fri Apr 28, 2006 8:26 pm
Posts: 947
Location: Randfontein
Reputation point: 0
Soek nog reputasie
Jean skryf:

Die grootste leemte in die program was waarskynlik die feit dat daar nie ook ʼn gelowige Bybelwetenskaplike deelgeneem het wat aan evolusie glo nie. Dit sou help dat gewone gelowige kykers wat wel aan evolusie glo nie so verleë was oor die wyse waarop geloof opgedis is nie.


Ok , maar al aanvaar die gelowige Bybelwetenskaplike die evolusie teorie beteken dit dat hy nog steeds glo dat ‘n God ( in die geval die God en sy 2 makkers van die Bybel) die mens geskape het.

Jean glo jy dat God die mens geskape het? Ek vra maar vir jou want Barend vermy die vraag .

En terloops, hoe glo mens in evolusie.

_________________
Kan jy dit alles ten volle nakom?


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Kreasioniste kry wind van voor op SABC TV
PostPosted: Tue Apr 12, 2011 11:05 am 
Offline

Joined: Sun Feb 13, 2011 9:12 pm
Posts: 333
Location: Sendingreise saam met Paulus
Reputation point: 91
Goeie reputasieGoeie reputasie
dom willem skryf:
En terloops, hoe glo mens in evolusie.
Korreksie. Klein verskilletjie.

Jean het gepraat van "glo aan evolusie", nie van "glo in evolusie" nie.

Ek hoop dit was net 'n glipsie aan jou kant. :mrgreen:

Dankie, Sos.


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Kreasioniste kry wind van voor op SABC TV
PostPosted: Tue Apr 12, 2011 11:08 am 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 14410
Location: Weskaap
Reputation point: 557
Een van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestes
dom willem skryf:
.

En terloops, hoe glo mens in evolusie.


Ek sien jy is klaar reggehelp. Gaan neem nou maar 'n grandpa en relax.

_________________
Mag die bome groen bly
en die sterre wit,
en mag daar altyd mense wees
wat mekaar sonder skaamte
in die oë kan kyk –
...want die lewe is ‘n asem lank
en die sterre op die Anderplek donker.

- Breyten Breytenbach


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Kreasioniste kry wind van voor op SABC TV
PostPosted: Tue Apr 12, 2011 11:14 am 
Offline
User avatar

Joined: Fri Apr 28, 2006 8:26 pm
Posts: 947
Location: Randfontein
Reputation point: 0
Soek nog reputasie
Jean skryf:
dom willem skryf:
.

En terloops, hoe glo mens in evolusie.


Ek sien jy is klaar reggehelp. Gaan neem nou mar 'n grandpa en relax.


Jean hoe glo mens aan evolusie ?

En julle het die een vergeet ; het God die mens geskape?

_________________
Kan jy dit alles ten volle nakom?


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Kreasioniste kry wind van voor op SABC TV
PostPosted: Tue Apr 12, 2011 11:20 am 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 14410
Location: Weskaap
Reputation point: 557
Een van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestes
dom willem skryf:
En julle het die een vergeet ; het God die mens geskape?


Ja. En toe skep die mens gode.

_________________
Mag die bome groen bly
en die sterre wit,
en mag daar altyd mense wees
wat mekaar sonder skaamte
in die oë kan kyk –
...want die lewe is ‘n asem lank
en die sterre op die Anderplek donker.

- Breyten Breytenbach


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Kreasioniste kry wind van voor op SABC TV
PostPosted: Tue Apr 12, 2011 11:24 am 
Offline

Joined: Sun Feb 13, 2011 9:12 pm
Posts: 333
Location: Sendingreise saam met Paulus
Reputation point: 91
Goeie reputasieGoeie reputasie
dom willem skryf:
Jean hoe glo mens aan evolusie ?
Ja, net soos jy aan grandpa's glo, en soos ek daaraan glo om my fietswiele te pomp voor ek ry.

Sos.


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Kreasioniste kry wind van voor op SABC TV
PostPosted: Tue Apr 12, 2011 11:34 am 
Offline
User avatar

Joined: Fri Apr 28, 2006 8:26 pm
Posts: 947
Location: Randfontein
Reputation point: 0
Soek nog reputasie
Sosipater skryf:
dom willem skryf:
Jean hoe glo mens aan evolusie ?
Ja, net soos jy aan grandpa's glo, en soos ek daaraan glo om my fietswiele te pomp voor ek ry.

Sos.



Ek glo nie aan grandpaas. Ek drink die goed. As die koppyn nie weggaan nie gaan ek dokter toe om vir my sterker medisyne voor te skryf. As dit nie werk nie vat ek verlof en wag totdat die koppyn weg is.

Ek glo ook nie daaraan om my fietswiele te pomp voor ek ry nie. As die wiel pap lyk dan meet ek die druk en as dit lug nodig het pomp ek die wiel.

Daar is niks om te glo nie . Dit lyk my jy is besmet van bygeloof. Glo jy ook die toiletpapier gaan werk as jy klaar jou ding op die toilet gedoen het?

_________________
Kan jy dit alles ten volle nakom?


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Kreasioniste kry wind van voor op SABC TV
PostPosted: Tue Apr 12, 2011 11:40 am 
Offline
User avatar

Joined: Fri Apr 28, 2006 8:26 pm
Posts: 947
Location: Randfontein
Reputation point: 0
Soek nog reputasie
Jean skryf:
dom willem skryf:
En julle het die een vergeet ; het God die mens geskape?


Ja. En toe skep die mens gode.



So, jy verskil net van Hennie 6-dag oor die 6000 jaar skepping maar stem saam met Hennie 6 dag DAT God BESLIS geskep het .OK dis mos wat gelowiges moet glo.

Dan verskil jy ook net met Johannes Coetzee oor die datum van die wederkoms maar dat die wederkoms beslis gaan kom , inteendeel dit kan mos enige tyd gebeur .

Hoekom fight jy dan met Hennie 6- dag . Julle stry net oor ‘n datumpie of getalletjie en nie oor die wese van die skepping vs evolusie nie .

_________________
Kan jy dit alles ten volle nakom?


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Kreasioniste kry wind van voor op SABC TV
PostPosted: Tue Apr 12, 2011 12:21 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Apr 10, 2006 10:22 am
Posts: 6867
Location: Cabo da Boa Esperança
Reputation point: 575
Een van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestes
Jean skryf:
dom willem skryf:
En julle het die een vergeet ; het God die mens geskape?


Ja. En toe skep die mens gode.
Ek sien: God (onbekend aan my maar nie aan jou) skep die mens op die aarde en toe skep die mens gode wat nie God is nie. Die Son, waarom die Aarde wentel, wentel in 'n sirkelvormige (nie ellipties) baan om die swart-kolk in die middel van die Melkweg*. Daardie baan is ongeveer 170,000-ligjare in omtrek en val in die sterrestelsel se "Goldilocks"-sone, daardie sone waar daar planete kan bestaan waarop daar lewe mag voortspring. God het die Aarde gekies waar hy die mens geskape het. Jislaaik, ek wonder waarom hy nie 'n ander planeet van 'n ander ster, eerder as die Son, gekies het nie? Seker omdat die Aarde die enigste een was wat 'n Maan gehad het waarmee sy mens-skepping gepla kon wees.

Ek is jammer, énigeen wat in 'n god - selfs die God van die Bybel - glo kan nie drie- (of vier-) dimensioneel dink nie en besef nie die werklike omvang van dit wat die kosmos of die heelal behels nie. Snaaks hoe hierdie God maar áltyd in tjaarts gesit word van dit waarvan sy mens-skepping bôkkerôl verstaan.

* een van hoeveel galaksies nou weer?

_________________
“As soon as the lunatics start running the asylum you have big problems.” - Nick Fry (CEO - Mercedes GP Petronas Formula One Team)

“I must be crazy to be in a loony bin like this.” - Jack Nicholson (One Flew Over the Cuckoo's Nest)


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Kreasioniste kry wind van voor op SABC TV
PostPosted: Tue Apr 12, 2011 12:25 pm 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 14410
Location: Weskaap
Reputation point: 557
Een van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestes
dom willem skryf:

Hoekom fight jy dan met Hennie 6- dag . Julle stry net oor ‘n datumpie of getalletjie en nie oor die wese van die skepping vs evolusie nie .


Nee jou kaaits vlieg nie.

_________________
Mag die bome groen bly
en die sterre wit,
en mag daar altyd mense wees
wat mekaar sonder skaamte
in die oë kan kyk –
...want die lewe is ‘n asem lank
en die sterre op die Anderplek donker.

- Breyten Breytenbach


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Kreasioniste kry wind van voor op SABC TV
PostPosted: Tue Apr 12, 2011 12:50 pm 
Offline
User avatar

Joined: Fri Apr 28, 2006 8:26 pm
Posts: 947
Location: Randfontein
Reputation point: 0
Soek nog reputasie
Jean skryf:

Nee jou kaaits vlieg nie.



Nee Jean, daai kaait vlieg.

Al wat jy gedoen het was om Hennie 6- dag se kaait se stert te verander . ( fundamentalis na liberalis)

Jy sien Hennie 6- dag se kaait ontwerper is dieselfde as jou kaait se ontwerper - ‘n dude met die naam van God wat geskape het wat JY en Hennie dink en glo het die mens geskape. Hennie se ontwerper het vir hom gesê om sy eie stert te ontwerp, net soos dieselfde ontwerper dit ook vir jou gesê het.

Jou en Hennie se God van die Bybel het die kaait gemaak. Nou stry jy met Hennie 6 -dag omdat jou kaait se stert beter lyk as sy kaait se stert. Maar nie een van julle kom agter dat die KAAIT nie vlieg nie .

Wat jy nie besef nie is dat jou kaait lekker vlieg (denkbeeldig in die kerk) met sy kort en dun stert as die wind saggies waai. Hennie se kaait met sy lang en dun stert vlieg weer lekker as die wind sterk waai.( Vra maar vir Jannie Pelser en Moreletapark NG kerk)

Jy sien die kaait bly dieselfde . Net die gehoor in die Kerk laat die kaait denkbeeldig beter of slegter vlieg.

Maar buite die kerk skuur die teer julle kaaits wat nie kan vlieg nie stukkend (moertoe), al hardloop julle hoe vinnig en maak nie saak hoe sterk of swak die wind waai , want daai kaaits van jou en Hennie vlieg nie al dink en glo julle hulle kan vlieg.


NB – sê gou vir my ; hoe glo mens aan evolusie.

_________________
Kan jy dit alles ten volle nakom?


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Kreasioniste kry wind van voor op SABC TV
PostPosted: Tue Apr 12, 2011 12:57 pm 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 14410
Location: Weskaap
Reputation point: 557
Een van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestes
dom willem skryf:
NB – sê gou vir my ; hoe glo mens aan evolusie.


Op dieselfde manier wat mens aan grandpa's glo vir hoofpyn

_________________
Mag die bome groen bly
en die sterre wit,
en mag daar altyd mense wees
wat mekaar sonder skaamte
in die oë kan kyk –
...want die lewe is ‘n asem lank
en die sterre op die Anderplek donker.

- Breyten Breytenbach


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Kreasioniste kry wind van voor op SABC TV
PostPosted: Tue Apr 12, 2011 1:00 pm 
Offline
User avatar

Joined: Fri Apr 28, 2006 8:26 pm
Posts: 947
Location: Randfontein
Reputation point: 0
Soek nog reputasie
Jean skryf:
dom willem skryf:
En julle het die een vergeet ; het God die mens geskape?


Ja. En toe skep die mens gode.



Jean drink gou ‘n paar grandpaas. Ek dink jy het jou verkeerd uitgespreek hierbo. Jy kom baie fundamentalisties voor oor jou geloof wat dieselfde is as Hennie 6-dag s’n.

Dit lyk ook of jy soos Hennie 6-dag aan evolusie glo , hy noem dit ook seker soos jy - Theistic evolution or evolutionary creation
.... is a concept that asserts that classical religious teachings about God are compatible with the modern scientific understanding about biological evolution.

In short, theistic evolutionists believe that there is a God, that God is the creator of the material universe and (by consequence) all life within, and that biological evolution is simply a natural process within that creation. Evolution, according to this view, is simply a tool that God employed to develop human life.

_________________
Kan jy dit alles ten volle nakom?


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Kreasioniste kry wind van voor op SABC TV
PostPosted: Tue Apr 12, 2011 1:05 pm 
Offline
User avatar

Joined: Fri Apr 28, 2006 8:26 pm
Posts: 947
Location: Randfontein
Reputation point: 0
Soek nog reputasie
Jean skryf:
dom willem skryf:
NB – sê gou vir my ; hoe glo mens aan evolusie.


Op dieselfde manier wat mens aan grandpa's glo vir hoofpyn


Nee , daai kaait vlieg nie , ek HOOP dat grandpaas sal help.

Moet Christene so glo behep wees? Is julle regtig so bygelowig , en word die bygeloof net erger hoe langer mens 'n Christen is?

Komaan Jean, jy is mos nie regtig so bygelowig nie. Ek glo wel ‘n Avontuurkie sal jou genees van die bygeloof .

_________________
Kan jy dit alles ten volle nakom?


Boontoe
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sorteer volgens  
Post new topic Antwoord  [ 192 poste ]  Gaan na bladsy 1, 2, 3, 4, 5 ... 13  Volgende

Alle tye is UTC + 2 hours


Wie is aanlyn

Gebruikers tans in die forum: Bing [Bot] en 7 gaste


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
Jy kan nie aanhegsels pos in die forum

Soek vir:
Spring na:  
cron
South Africa's Top Sites Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
Style edited by LEE for phpBB3