Kletskerk
http://www.kletskerk.co.za/

Die Jerusalemgangers
http://www.kletskerk.co.za/viewtopic.php?f=1&t=1203
Bladsy 1 van 1

Skrywer:  Frank [ Sun Sep 03, 2006 8:51 pm ]
Pos onderwerp:  Die Jerusalemgangers

In die laat 1850's of daar rond het 'n groep Trekkers, eie aan die Afrikaner se aard , stry gekry met blykbaar die destydse NGKerk, afgestig en met hulle waens weggetrek. Hulle wou na Jerusalem trek. Na maande het hulle by 'n groot rivier uitgekom en besluit dis die Nyl , daar naby afgepak en hulle plek Nylstroom gedoop. Daar was ook ander plekke deur hulle gedoop soos b.v. Nylsvlei en De Nyl Zyn Oog.Daar was glo vreeslik muskiete wat hulle toe van hulle blyplek af weggesteek het. Die leier van hierdie wegbrekers was ene F.E. Enslin.
Ek het bovermelde inligting van Beeld se internetargief gekry.
Ek wil graag weet wat van hierdie Jerusalemgangers geword het en wat hulle nou eintlik geglo het. Is daar miskien 'n Kletskerker wat weet?
Antjie Krog het 'n digbundel geskryf onder die titel Die Jerusalemgangers, maar dit het eintlik niks te make met die oorspronklike Jerusalemgangers nie
Mooiloop

Skrywer:  Kriskras [ Sun Sep 03, 2006 10:41 pm ]
Pos onderwerp: 

Frank

Hulle is te vinde in die beswaarskrifte teen eenheid in die NGkerk familie. Hulle is te vinde in die AWB. Selfs is van hulle gesien in die VF + of - . Hulle is te vinde op PRAAG en een van hul huidige leiers is onse Rooies ala Dan Roodt.... :wink:

Bladsy 1 van 1 Alle tye is UTC + 2 hours
Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
http://www.phpbb.com/