Tuisblad   Wie is ons?   Argief   Soek Artikels   Beknopte Index   Registreer  Hulpstaaf   Foto's  
Login   Register    FAQ    Soek
Dit is tans Thu Dec 14, 2017 6:58 pm

Alle tye is UTC + 2 hours




Post new topic Antwoord  [ 22 poste ]  Gaan na bladsy 1, 2  Volgende
Skrywer Boodskap
 Pos onderwerp: Doctors for Life - kwakke?
PostPosted: Fri Sep 01, 2006 8:42 am 
Offline
User avatar

Joined: Thu Nov 17, 2005 3:18 pm
Posts: 4190
Location: Zuid-Afrikaansche Hoofstad van Porofense ya Bokone Bophirima
Reputation point: 122
Uitstekende goeie reputasieUitstekende goeie reputasieUitstekende goeie reputasie
http://www.doctorsforlifeinternational.com/issues/

Hierdie groep van 1,300 profesionele medici gebaseer in Suid-Afrika en hul kliënte sluit in Anglo - American mines, ESKOM, SRCC en PANNAR.

Ek is pro sorg vir arm mense, maar hierdie groep het duidelik 'n missie:

• Aborsie is verkeerd. Dit is teen God se wil. Ongeag omstandighede.
• Seks in die huwelik is die enigste teenmiddel teen HIV- ongeag wat UNAIDS oor hieroor sê.
• Kloning is verkeerd. Niemand kloon mense nie. Maar ons moet dit tog weet.
• Genandedood is verkeerd.
• Homoseksualiteit is siek, onnatuurlik en pervers. Ongeag daarvan dat die Bybel dit nie veroordeel nie en dat die sielkundige professie dit as 100% normaal beskryf.
• Slegs 'n getroude paar mag IVF-behandeling kry.
• Pornografie word gekleur as kinderpornografie.

_________________
Hou jou beursie toe en jou kop oop!


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp:
PostPosted: Fri Sep 01, 2006 8:48 am 
Offline
User avatar

Joined: Sun Nov 06, 2005 4:51 pm
Posts: 4717
Reputation point: 123
Uitstekende goeie reputasieUitstekende goeie reputasieUitstekende goeie reputasie
Sam Harris, in his review of The Language of God, a book by Human Genome Project head Francis Collins that attempts to demonstrate a harmony between science and evangelical Christianity: "(Collins’ book reveals that) a stellar career in science offers no guarantee of a scientific frame of mind."

_________________
If the lord had meant us to have faith, he'd have given us lobotomies. ~ Zlatko


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Doctors for Life - kwakke?
PostPosted: Fri Sep 01, 2006 9:07 am 
Offline

Joined: Fri Oct 28, 2005 6:01 pm
Posts: 14216
Location: Kaapstad
Reputation point: 1016
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Plaaswolfie skryf:
http://www.doctorsforlifeinternational.com/issues/

Hierdie groep van 1,300 profesionele medici gebaseer in Suid-Afrika en hul kliënte sluit in Anglo - American mines, ESKOM, SRCC en PANNAR.

Ek is pro sorg vir arm mense, maar hierdie groep het duidelik 'n missie:


A: PW, ek sal nie hulle sommer voor die voet kwakke noem nie, maar daar is nie een punt hieronder genoem waar ek met hulle saamstem nie.

• Aborsie is verkeerd. Dit is teen God se wil. Ongeag omstandighede.

Verkragting is dus God se wil?

• Seks in die huwelik is die enigste teenmiddel teen HIV- ongeag wat UNAIDS oor hieroor sê.

Dis 'n bekende feit dat die grootste groeiende groep vigs besmettes deesdae gemiddelde tot hoër inkomste getroude vroue is.
Nee, nie omdat hulle ander vermaak soek nie, maar omdat die verneukende manlief sy huweliksreg opeis sonder die gebruik van 'n kondoom, omdat dit dan sy buitemuurse bedrywighede sal verklap.

• Kloning is verkeerd. Niemand kloon mense nie. Maar ons moet dit tog weet.

Hoe weet hulle die dokter wat kloon se van is Niemand?

• Genandedood is verkeerd.

Genadedood is liefde.

• Homoseksualiteit is siek, onnatuurlik en pervers. Ongeag daarvan dat die Bybel dit nie veroordeel nie en dat die sielkundige professie dit as 100% normaal beskryf.

Die bybel veroordeel dit nie, maar hulle wel?

• Slegs 'n getroude paar mag IVF-behandeling kry.

Ek loop uit as 'n dokter my oor enigiets privaats uitvra wat nie met die kwaal te doen het waarvoor ek hom besoek nie.
Wie dink hierdie dokters is hulle?
'n Gemeenskaplike God?


• Pornografie word gekleur as kinderpornografie.

Duidelik het hierdie mense nie 'n idee wat aangaan nie. Iewers 'n klok hoor lui, maar weet nie waar die bel hang nie.

Ek dink die skerpioene behoort hierdie snare te ondersoek.
My voorstel sou die Geneeskundige Raad gewees het, maar Manto het hulle tande getrek.


_________________
Elke dag is mooi

http://www.oepsadysie.co.za


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Doctors for Life - kwakke?
PostPosted: Fri Sep 01, 2006 2:36 pm 
Offline
User avatar

Joined: Thu Nov 17, 2005 3:18 pm
Posts: 4190
Location: Zuid-Afrikaansche Hoofstad van Porofense ya Bokone Bophirima
Reputation point: 122
Uitstekende goeie reputasieUitstekende goeie reputasieUitstekende goeie reputasie
Annette, ek glo nie hulle is kwakke in hul toedien van die korrekte medisyne nie, maar voorkomende sorg behels onderrig. Ek wil nie deur hierdie mense onderrig word nie.

Ek kan wel noem, wat prof Tshepo Mosikatsana vanoggend by die Selfdegeslaghuwelik-seminaar in Potchefstroom gesê het*. Al sê die landswette wat, het die predikant die reg om nie teen sy gewete te gaan en die tipe huwelik te voltrek nie. Net so kan jy nie 'n geneesheer dwing om teen sy wil aborsies uit te voer nie. Hierdie dokters het dus ook die reg om nie aborsies uit te voer nie.

Maar is dit reg om ideologie saam mediese sorg toe te dien? Is dit nie 'n manier om 'n pilletjie toegevou in 'n stukkie kaas aan 'n hond te gee nie?

* Moet nie afleidings uit Mosikatsana se siening maak nie. Al is hy pro menseregte, is hy ook pro die beskerming van die individu se gewete.

_________________
Hou jou beursie toe en jou kop oop!


Laaste geredigeer deur Plaaswolfie op Fri Sep 01, 2006 2:48 pm, geredigeer 1 kere in totaal.

Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp:
PostPosted: Fri Sep 01, 2006 2:48 pm 
Offline
User avatar

Joined: Thu Nov 17, 2005 3:18 pm
Posts: 4190
Location: Zuid-Afrikaansche Hoofstad van Porofense ya Bokone Bophirima
Reputation point: 122
Uitstekende goeie reputasieUitstekende goeie reputasieUitstekende goeie reputasie
Nathan Bond skryf:
Sam Harris, in his review of The Language of God, a book by Human Genome Project head Francis Collins that attempts to demonstrate a harmony between science and evangelical Christianity: "(Collins’ book reveals that) a stellar career in science offers no guarantee of a scientific frame of mind."


Ek sal nie verbaas wees as Collins steeds sy mes vir mense soos Craig Venter, Celera (die kommersiële opposisie) in het nie, tien teen een op wie hy die "aantyging" gerig het. Ten spyte van sy toespraak met die voltooiing van die HGP, dat die enigste "race" waarvan hulle praat die 'human race' is, dat Clinton beide die openbare projek en Celera die eer vir die werk gegee het, dat Collins agter die rug van sy spanlede met Venter namens hulle onderhandel het, dink ek is Collins steeds bitter dat hy nie die werk sonder Venter se masjiene kon afhandel nie.

Dit sal jammer wees dat sulke aanhalings, buite konteks deur die verkeerde mense aangehaal word, net om hul agendas te versterk.

_________________
Hou jou beursie toe en jou kop oop!


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp:
PostPosted: Fri Sep 01, 2006 4:38 pm 
Offline

Joined: Fri Oct 28, 2005 6:01 pm
Posts: 14216
Location: Kaapstad
Reputation point: 1016
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
PW, ek staan die individu se regte voor - so verpleegpersoneel wat nie aborsies wil doen nie, het die volste reg om te weier.
Hulle mag jou egter verwys na iemand wat dit wel sal doen as jy hulle vra.
Hulle het nie die reg om jou gevraagde inligting te weier net omdat hulle moreel nie met die aksie saamstem nie.

Miskien moet hulle maar hul morele punte in die wagkamer opplak, sodat pasiënte self kan besluit of hulle 'n preek saam met 'n konsultasie wil hê.

_________________
Elke dag is mooi

http://www.oepsadysie.co.za


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp:
PostPosted: Sat Sep 02, 2006 12:16 pm 
Offline
User avatar

Joined: Thu Nov 17, 2005 3:18 pm
Posts: 4190
Location: Zuid-Afrikaansche Hoofstad van Porofense ya Bokone Bophirima
Reputation point: 122
Uitstekende goeie reputasieUitstekende goeie reputasieUitstekende goeie reputasie
Ek hoop net hulle vertaal dan hul morele kode sodat almal dit kan lees.

Op 'n ander punt van toeganklikheid. Ek het eenkeer my hande op 'n brosjure vir veiliger seks gelê. Die ding was in Engels geskryf, maar agter elke daad wat hulle genoem het, het hulle ook in haakies in Afrikaans, isiZulu en Straatengels die sinoniem gegee. Dit was nogal 'n skok om al die woorde te sien, maar ek dink die boodskap het duidelik deurgekom.

_________________
Hou jou beursie toe en jou kop oop!


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp:
PostPosted: Sat Sep 02, 2006 11:10 pm 
Offline

Joined: Fri Oct 28, 2005 6:01 pm
Posts: 14216
Location: Kaapstad
Reputation point: 1016
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Wat was die Afrikaans vir fak?
Gemeenskap?
Soos die gemeenskap van die heiliges?

_________________
Elke dag is mooi

http://www.oepsadysie.co.za


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp:
PostPosted: Sun Sep 03, 2006 6:19 am 
Offline
User avatar

Joined: Wed Jun 14, 2006 11:45 am
Posts: 12548
Reputation point: 230
Meester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle Reputasie
    Annette: Soos die gemeenskap van die heiliges?
Dan behoort kerk mos eintlik lekker te gewees het? (Lyk my mens kan op gelowiges staatmaak om als op te f&k!) :D

_________________
"If God has spoken, why is the world not convinced?" - PB Shelley

"God is silent. Now if only man would shut up." - Woody Allen


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp:
PostPosted: Sun Sep 03, 2006 7:58 am 
Offline

Joined: Fri Oct 28, 2005 6:01 pm
Posts: 14216
Location: Kaapstad
Reputation point: 1016
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Stefan skryf:
    Annette: Soos die gemeenskap van die heiliges?
Dan behoort kerk mos eintlik lekker te gewees het? (Lyk my mens kan op gelowiges staatmaak om als op te f&k!) :D



Het jy al ooit gewonder hoekom ons Afrikaanses wat so maklik en kreatief nuwe woorde kan uitdink, nog nooit met 'n oorspronklike en kort woord vorendag gekom het vir die Engelse " making love" nie.
Skroef werk nie.
Maak liefde klink soos 'n bouery.
Fak is te anglisisties, en buitendien word dit vrylik gebruik as 'n vloekwoord, of as 'n woordelikse uiting van verbasing.
Vry beteken iets anders.

Gemeenskap.

Net jammer dat in baie gevalle is dit nie 'n vrywillige gemeenskap van beide partye nie.
Gedwonge gemeenskap? Dit klink heel oorhoeks.

_________________
Elke dag is mooi

http://www.oepsadysie.co.za


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp:
PostPosted: Sun Sep 03, 2006 8:13 am 
Offline
User avatar

Joined: Wed Jun 14, 2006 11:45 am
Posts: 12548
Reputation point: 230
Meester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle Reputasie
Annette

Dalk is dit die fundamentalistiese geloofsoortuigings van baie Afrikaners wat tot vandag toe 'n rol speel. Ek kom baie teen - jonger as ek - wat nog inherent Puriteins dink. Die nalatenskap van seks wat die direkte gevolg is van 'n sondeval? Die implisiete erkenning van "gebrokenheid" as jy toegee aan die vreeslike vleeslike behoeftes? Wat dan weer lei tot verbrande onderdele by sommige. En 'n stortvloed teksverse en vermanings op KletsKerk as boetedoening.

Onder kerklike invloed is 'n paar juweel-terme uitgedink:
    * intiem wees
    * geslagsgemeenskap hê
    * by mekaar ingaan
    (ek wou sê oor haar kom, maar dis mos net die heilige gees wat dit só doen)
    * geslagtelik verkeer
    * een vlees word (as man en vrou mekaar aanklééf) (!!)
Ons kan dus met veiligheid beweer: "Op 'n Sondagmiddag kleef die deursnee Afrikaanssprekende man sy vrou aan en dan word hulle een vlees." :shock:

Ag nee o dôner, sulke terme is genoeg om enige mens te dryf tot voortydige seksuele disfunksie. Wat van: "Hulle het mekaar so bietjie gewoel?" :wink:

_________________
"If God has spoken, why is the world not convinced?" - PB Shelley

"God is silent. Now if only man would shut up." - Woody Allen


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp:
PostPosted: Sun Sep 03, 2006 10:50 am 
Offline
User avatar

Joined: Thu Nov 17, 2005 3:18 pm
Posts: 4190
Location: Zuid-Afrikaansche Hoofstad van Porofense ya Bokone Bophirima
Reputation point: 122
Uitstekende goeie reputasieUitstekende goeie reputasieUitstekende goeie reputasie
Annette, as ek reg kan onthou het hulle naai gebruik. In Potch gebruik van die kinders die woord pan. Morné en Michellé het ná skool gepan!

_________________
Hou jou beursie toe en jou kop oop!


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp:
PostPosted: Sun Sep 03, 2006 4:43 pm 
Offline

Joined: Fri Aug 11, 2006 5:00 pm
Posts: 57
Location: Gauteng
Reputation point: 0
Soek nog reputasie
Dit is met benoude voorbehoud dat 'n mens die bloedskandige wedersydse op-die-skouer-klop van Paaswolfie en Annette betree.

Verkragting is dus God se wil?

Nee Annette, die dokters het dit teen aborsie.

omdat die verneukende manlief sy huweliksreg opeis

Nes jy sê Annette, as seks tot die huwelik beperk word dan sal die nonsens nie gebeur nie.

Ongeag wat die Bybel van alternatiewe seks sê het mense, dokters, seker die reg om te glo wat hulle wil. Veral as hulle 'n wetenskaplike agtergrond het en daagliks te make het met die liggaam, gees en verstand van pasiënte.

Dieselde geld vir pornografie - nie almal hoef dit noodwendig as prikkelend te ervaar nie of as die beoefening van die vryheid van spraak te sien nie.

Jean miskien is 'n woordjie oor betaamlikheid en internetmaniere van pas oor die pad wat hierdie komentaar op die vryheid van denke en assosiasie loop?


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp:
PostPosted: Sun Sep 03, 2006 8:18 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sat Jun 03, 2006 2:39 pm
Posts: 6387
Location: Planeet Aarde
Reputation point: 244
Meester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle Reputasie
Plaaswolfie skryf aan Annette: "..as ek reg kan onthou het hulle naai gebruik. In Potch gebruik van die kinders die woord pan. Morné en Michellé het ná skool gepan!"

My mening: En godgelowiges mag "naai" en/of "pan" slegs daar waar "God" hulle met liefdevolle oë kan dophou. Nogals intelligent ontwerp nê?

Estian Bosch


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp:
PostPosted: Sun Sep 03, 2006 10:27 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sun Jun 11, 2006 4:12 pm
Posts: 1702
Location: Suid-Afrika
Reputation point: 166
Uitstekende goeie reputasieUitstekende goeie reputasieUitstekende goeie reputasieUitstekende goeie reputasie
estian

Jis wanneer seg jy iets oorspronkliks of intellegents? Jou prepuberteitse "skerpheid" behoort jou 'n kompleks te gee...meer as die puisie tussen jou ore. Vir iemand wat nie in God glo nie, is jy darem vreeslik met Hom behep...lyk my jou onderbewussyn skemer 'n ander boodskap deur as wat jy met jou vetterige vuil vingertjies op die sleutelbord tik....
Wat tarzan vir die gorilla geseg het, is spot-on van toepassing op jou:"You are an unconscionably vulgar harpy and a fiendish, scruffy-looking aberration of nature..." :idea: :!: :arrow:

_________________
Life is but a moment. Use it wisely


Boontoe
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sorteer volgens  
Post new topic Antwoord  [ 22 poste ]  Gaan na bladsy 1, 2  Volgende

Alle tye is UTC + 2 hours


Wie is aanlyn

Gebruikers tans in die forum: Bing [Bot] en 5 gaste


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
Jy kan nie aanhegsels pos in die forum

Soek vir:
Spring na:  
cron
South Africa's Top Sites Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
Style edited by LEE for phpBB3