Tuisblad   Wie is ons?   Argief   Soek Artikels   Beknopte Index   Registreer  Hulpstaaf   Foto's  
Login   Register    FAQ    Soek
Dit is tans Fri Aug 18, 2017 8:51 am

Alle tye is UTC + 2 hours




Post new topic Antwoord  [ 7 poste ] 
Skrywer Boodskap
 Pos onderwerp: Goerge Orwell se Animal Farm I en II, en Suid – Afrika ?
PostPosted: Thu Aug 31, 2006 11:08 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sun Feb 12, 2006 9:21 pm
Posts: 1751
Location: Swartland - Boland
Reputation point: 189
Uitstekende goeie reputasieUitstekende goeie reputasieUitstekende goeie reputasieUitstekende goeie reputasie
Vir ons kerkleiers van alle denominasies
In die sewentig- en tagtiger jare was die fabel/verhaal van Goerge Orwell wat reeds in 1945 geskryf is, beskou as ondermynende leesstof Ons moes dit maar so onder die kombers lees. Dit vertel die verhaal van die diereryk op die plaas Manor Farm wat besluit het om die eienaar, ene mnr Jones weg te jaag en die plaas self te bestuur en te bewerk. In die sewentiger jare het die fabel my tot ʼn mate insig gegee in die tydelike aard en valse waardes van die politiek en sosiale stand van ons tyd.

Baie tekens in die fabel was reeds meer as dertigjaar gelede geskryf en ek glo nie Goerge Orwell het Suid-Afrika in gedagte gehad toe hy die fabel geskryf het nie. Die bestuur van ons land en die gemeenskaps gedrag kon identifiseer word in die fabel. Die mag, korrupsie, manipulering, ondermyning, gulsigheid, ongerymdhede ens. Sonder om na die soorte diere wat beskryf word te verwys, (die wat die boek gelees het sal verstaan, want dit mag aanstoot gee in ons moderne era,) kon sekere tendense raakgesien word Die plaas se naam is verander van Manor Farm na Animal Farm, die naamsveranderinge wat daardie tyd en vandag klink bekend nè.

Die oppergesag was gesetel in ʼn paar geleerde diere op die plaas terwyl die res hard moes werk en baie beïnvloedbaar was. Die groot held, Napoleon het die gawe van manipulasie gehad en van ʼn klein revolusie verrys tot ʼn magtige en gevreesde leier op die plaas wat later omring was deur ander diere om hom te beskerm. Die sewe gebooies was die beginsels wat almal nagestreef het soos o.a gebod nr. 7 “ All animals are equal”. Die woord “comrades” was ook die nuwe aanspreek vorm wat eintlik maar net beteken dat hulle ʼn gesamentlike doel gehad het. Die diereryk was gelukkig en in die begin redelik suksesvol. ʼn Paar komitees is gestig soos die “Wild Comrades’ Re-education Committee, The Whiter Wool Movement, wat moes sorg vir die heropbou van die diereryk op alle gebiede. Maar, die geleerde diere en heersers het dit self teen die einde verwoes toe alles deur die ander diere gesien is en ek neem aan die fabel is dan herhaalbaar. ʼn Mooi begin, maar ʼn tragiese einde.

Dit klink ook bekend of hoe ? Die ou wette wat sedert die jare vyftig en vroeër deur die leiers van Suid-Afrika of te wel Animal Farm I (my eie naam vir die tydperk) gemaak is soos die Dompaswet, Die Inklokwet, Groepsgebiede Wet, die 1913 Gewysigde Grondbesit Wet, Die Werksafbakenings Wet ens. Die leiers was magtig en wie durf waag het om hulle te kritiseer is gou deur die Veiligheidsmagte as ongewensde elemente geïdentifiseer en jy moes ligloop of jy was in groot moeilikheid. Alles van die vorige twee tot drie dekades moes vervang word en selfs die Engelssprekendes het deurgeloop.
Alles was deur wette gereguleer of lees eerder “The Seven Commandments, (simbolies gestel), veral n.a.v. dit wat tydens die Waarheid En Versoenings Kommissie na vore gekom het soos o.a. die kerke, die onderwys, die gemeenskapslewe, sport, die sensuur raad. Eintlik alle aspekte van ons almal se lewens in Suid-Afrika was geraak en beheer. Ons het dit net nooit besef nie of het maar geglo dit moet so wees. Die heersers van Animal Farm I het vir ons gedink en gedoen. Toe breek die einde van die fabel vir die apartheids regering aan, die realiteits skok, die oorwig van getalle en weerstand van die wêreld het mnr FW de Klerk laat besef, genoeg is genoeg.” Dit was waagmoed.

Die era sedert 1994, die nuwe Animal Farm II (my eie naam vir die huidige bedeling) is gebore en mnr Jones (apartheid) is weer eens weggejaag. Ons gaan ons eie ding doen. Die ou apartheids wette is vervang deur nuwe wette en nuwe “buzz words” is aan die orde van die dag - “charters” soos “The Education Charter, The Employment Equity Act, die nou uitgediende RDP inisiatiewe, GEAR, “The Agriculture Charter, ʼn nuwe Polisiemag ens, ens. Naamsveranderinge is ook aan die orde van die dag asook die herverdeling van alles wat bymekaar gemaak is, want dit was mos eintlik uitbuiting gemeet aan die nuwe era waar almal in alles moet deel. Alles wat identifiseer kan word met die verlede moet vervang word. Dink net aan die naamsveranderinge, nie net van strate, dorpe en woonbuurtes nie, ook maatskappye se name verander. Die ou Volkskas is nou ABSA/Barclays, embleme verander om nie aanstoot te gee nie en so is daar talle voorbeelde. Ek impliseer nie dat dit verkeerd is nie, maar vergelyk dit met die fabel.

Die huidige leiers is reeds magtig en word deur baie gevrees. Maar daar is tog ʼn verskil en dit is die wysiging van “Gebod nr. 7 – ALL ANIMALS ARE EQUAL BUT SOME ANIMALS ARE MORE EQUAL THAN OTHERS”. Sekere mense is meer aanvaarbaar of is meer onderdruk as ander. Korrupsie vier hoogty, bedrog is aanvaarbaar al dien jy tronkstraf uit. Dit is nou as’t ware ʼn helde akker en ereplek om in te wees. Daar is weer eens kommissies wat alles wat loop, leef of beweeg, ondersoek en die nuwe “buzz word” is “STRATEGIES MUST BE IN PLACE.” Daar is soveel strategieë dat ons nie meer weet of dit ʼn nuwe strategie is, of ʼn gewysigde een. Dink maar net aan die fiasko van die nuwe wapenwet.

Terug na The Animal Farm I en II. Beide tydperke het ʼn bydrae gelewer en verbeterings aangebring en lewer nog positiewe bydraes. Simbolies aan die fabel, die siklusse raak net korter. Mense is minder afhanklik, is nie meer so beïnvloedbaar nie, vra meer vra, is krities en die huidige heersers is ook reeds omring (na net 12 jaar) met veiligheids “oppassers”, ook verhewe bo sekere norme en etiese waardes, maar die mense, die diereryk (simbolies) soos in die fabel, is nie meer ongelig nie. Ons is nou deel van ʼn wêreldbevolking wat ʼn meer gebalanseerde siening bring en ons opnuut laat besef dat daar lewe buite Suid-Afrika en Animal Farm II is. Die diaspora sal voortgaan, net in ʼn ander vorm. Nie meer Exiles nie, maar mense wat werksekuriteit en uitdagings soek en nie as tweede of derde rangse burgers behandel wil word nie – “they are not that equal than others (eie vertaling).
Ek wonder net waar dit gaan eindig ? Gaan dit wees soos die einde van Goerge Orwell se fabel “ The creatures outside looked from pig to man, and from man to pig, and from pig to man again: but already it was impossible to say which was which.”

Gaan daar weer waagmoed wees van ʼn leier wat gaan sê “genoeg is genoeg”. Daar is sekerlik baie min mense wat nie ongelooflike respek vir mnr Nelson Mandela het nie. Hy is en sal die versoenings en vader beeld vir ons almal wees en bly. Sy vergewensgesindheid is merkwaardig. Net jammer dat in The Animal Farm nie oor so ʼn fenomenale man geskryf is nie. Maar wat gaan gebeur as hy nie meer daar is nie. By wie gaan daar raad gevra word en na wie sal daar geluister word, die Napoleon’s van “Animal Farm II” ?

Ons krag lê in Hom wat ons geskape het na Sy beeld. Die wat in Hom glo, kan mos nie verlore gaan nie, so glo ons !! Die inhoud van die fabel laat ʼn mens dink aan die verganklikheid van die wêreldordes. Ek vertrou ook dat die kerkleiers simbolies gesproke, nie een van die karakters in die fabel verteenwoordig nie, want dan kan daar nie openheid en versoening wees nie, wel kunsmatige versoening. Of herbou hulle nog aan die windmeul ( soos in die fabel) wat reeds eenkeer beskadig is ?


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Goerge Orwell se Animal Farm I en II, en Suid – Afrika ?
PostPosted: Fri Sep 01, 2006 2:58 am 
Offline
User avatar

Joined: Wed Jul 05, 2006 9:53 pm
Posts: 2023
Reputation point: 90
Goeie reputasieGoeie reputasie
R J Kruger skryf:
Vir ons kerkleiers van alle denominasies
In die sewentig- en tagtiger jare was die fabel/verhaal van Goerge Orwell wat reeds in 1945 geskryf is, beskou as ondermynende leesstof Ons moes dit maar so onder die kombers lees.


Sjoe, is jy seker van hierdie stelling, ou maat? Ek het die boek in die tagtigs gelees en ek was hoegenaamd nie onder die indruk dat dit enigsins verbode was nie. Ek sou eerder dink dat die regering die boek sou wou bevorder aangesien dit waarsku teen die leuenagtigheid van die sosialistiese gelykmakingsdogma.


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Goerge Orwell se Animal Farm I en II, en Suid – Afrika ?
PostPosted: Fri Sep 01, 2006 6:15 am 
Offline

Joined: Tue May 30, 2006 7:56 pm
Posts: 4310
Location: Putsonderwater
Reputation point: 61
Goeie reputasieGoeie reputasie
Rooibaard,

Kan jy dalk vir my sê uit watter van Orwell se boeke kom die volgende aanhaling?

“...during times of universal deceit, telling the truth becomes a revolutionary act"


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Goerge Orwell se Animal Farm I en II, en Suid – Afrika ?
PostPosted: Fri Sep 01, 2006 3:36 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sat Jun 03, 2006 2:39 pm
Posts: 6387
Location: Planeet Aarde
Reputation point: 244
Meester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle ReputasieMeester van alle Reputasie
Liza vra Rooibaard: "Kan jy dalk vir my sê uit watter van Orwell se boeke kom die volgende aanhaling? '...during times of universal deceit, telling the truth becomes a revolutionary act'"

My mening: Godsdiens is dan dié grootste universal deceit en ateïsme dié grootste revolutionary act.

Estian Bosch


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp:
PostPosted: Fri Sep 01, 2006 4:09 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed Jul 05, 2006 9:53 pm
Posts: 2023
Reputation point: 90
Goeie reputasieGoeie reputasie
Hi Liza

Ek is goed bekend met die aanhaling van Orwell maar ek weet nie waar dit staan nie. Ek vermoed dit kom uit een van sy politieke essays eerder as uit sy novelles.


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp:
PostPosted: Sat Sep 02, 2006 1:03 am 
Offline
User avatar

Joined: Sun Jan 22, 2006 1:21 pm
Posts: 211
Reputation point: 50
Goeie reputasieGoeie reputasie
Liza vra: Kan jy dalk vir my sê uit watter van Orwell se boeke kom die volgende aanhaling?

“...during times of universal deceit, telling the truth becomes a revolutionary act"


Volgens http://www.wikiquote.org word dit toegeskryf ("attributed")aan Orwell. Hulle gee 'n paar variante, maar seg dat dit moontlik woorde is wat in 'n filmweergawe van "1984" gespreek is.


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp:
PostPosted: Sun Sep 03, 2006 6:40 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sun Feb 12, 2006 9:21 pm
Posts: 1751
Location: Swartland - Boland
Reputation point: 189
Uitstekende goeie reputasieUitstekende goeie reputasieUitstekende goeie reputasieUitstekende goeie reputasie
Rooibaard

Thanx vir die terugvoering. Ek stem saam dat die inhoud van die boek deur beide politieke opponente gebruik is. Ek praat onder korreksie dat selfs die SAP Kollege dit as leesstof gebruik het. In die 70’s was dit nogal vreemd vir my samelewing.

Rico (RJ) Kruger


Boontoe
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sorteer volgens  
Post new topic Antwoord  [ 7 poste ] 

Alle tye is UTC + 2 hours


Wie is aanlyn

Gebruikers tans in die forum: Kameraad Eksteen en 6 gaste


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
Jy kan nie aanhegsels pos in die forum

Soek vir:
Spring na:  
South Africa's Top Sites Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
Style edited by LEE for phpBB3