Tuisblad   Wie is ons?   Argief   Soek Artikels   Beknopte Index   Registreer  Hulpstaaf   Foto's  
Login   Register    FAQ    Soek
Dit is tans Sun Sep 21, 2014 4:01 am

Alle tye is UTC + 2 hours




Post new topic Antwoord  [ 367 poste ]  Gaan na bladsy 1, 2, 3, 4, 5 ... 25  Volgende
Skrywer Boodskap
 Pos onderwerp: Oorsprong van die Heelal.
PostPosted: Wed Mar 28, 2012 7:00 pm 
Offline

Joined: Sun May 30, 2010 8:13 pm
Posts: 915
Location: West Rand
Reputation point: 20
Goeie reputasie
Dit is interesant om vorige besprekings te lees oor die oorsprong van die Heelal. Almal het ‘n idieë oor wat die Bybel sê, maak nie saak hoe skeef dit inmekaar pas nie. Soos wat Dr. Zakir Naik, as voorbeeld, “bewys” het dat die Bybel ‘n mensgemaakte boek is. Deur die Quraan en “Moderne wetenskaplike bevindinge” met die Bybel te vergelyk, kon hy daarin slaag om Dr. William Campbell as ‘n totale leek te laat lyk, voor 3 000 aanhoorders. Sy argumente is ook al vervat deur ‘n Ateïs of twee hier op KK.

Dit lui as volg:
1. Die Bybel stel dit duidelik dat dit Aand en Môre was, die eerste, tweede, derde…. Dag ensovoorts. Daarom kan die dae van Genesis slegs 24 uur lank wees. Dit is in teënstelling met wat Wetenskap vandag weet. Die Hemel en Aarde kon nie in 6 dae van 24 uur tot stand gekom het nie, maar die “Wetenskap” weet dat die Heelal biljoenne jare oud is. Die bewys daarvan is (as voorbeeld) die ouderdom van sterrelig.
2. Die volgende Bybelse probleem is net so insiggewend. Wat het lig gegee op dag een tot dag 4 as God eers op die vierde dag die Son geskape het?
3. Daarmee saam word die probleem vererger aangesien ons weet dat die Son en sterre deel is van die Heelal en as dit eers op die vierde dag geskape was, beteken dit dat God die Aarde voor die Heelal geskape het.

Zakir Naik sluit dan af om te sê dat die bogenoemde waarnemings die bewys is dat die outeur van Genesis nie God kan wees nie, want hy kan nie die ontstaan van die Heelal verduidelik nie.

Hierdie argumente word dan deur baie ateïste gebruik as bewys dat die Bybel totaal in gebreke staan teenoor die wetenskaplike feite.

Selfs Jason Long, in sy boek, “Biblical nonsense”, huiwer nie om dieselfde argumente te gebruik om sy ongeloof te ondersteun nie. Hy stel dit dan ook duidelik dat die Ateïs nie nodig het om te verduidelik waar die materie vir die Big Bang vandaan gekom het nie. Hy skryf dit af dat ennergie omgeskakel het in materie. Dit gebruik hy as teëvoetter wanneer die Christen vra, “waar kom daardie oermollekule (singularity) vandaan”. Hy dring daarop om die argument om te keer deur aan die Christen te vra waar God vandaan kom.

Ek gaan so elke week diepper in die beskrywing van Genesis 1 delf en die ongelooflike insig van die Bybel, ten opsigte van die “Origins of the Universe” , bespreek. Waarom? Miskien om te sien hoe die “Bible bashers” hier op KK gaan antwoord!

Maar voor ons daar kom, moet ons eers so bietjie speel en uitvind of atties kan dink. As hulle wil verstaan wat die Bybel sê, behoort hulle slim genoeg te wees om die volgende 3 vrae te antwoord. Christenne hoef nie te antwoord nie aangesien hulle alreeds glo dat God alles gemaak het. Hulle het nie nodig om natuurkennis te ondersoek nie, maar ek dink hulle sal dit noggal geniet om te sien hoe die Atties sukkel om te verduidelik waarom die Bybel die bron van hulle wetenskap is.

Vraag 1. (Tyd 5 Min)
Daar is ‘n dam. In die dam is ‘n plant wat elke dag in lengte verdubbel. Die plant groei die dam vol in 7 dae. Op die hoeveelste dag is die dam tot in die helfte toegegroei?

Vraag 2. (Tyd 5 Min)
Daar is ‘n skakelaar in ‘n toe kamer, vêr van ‘n lig, ook in ‘n toe kamer. Die skakelaar het drie “switches”. Jy mag die switches aan en af skakel soos jy lus het. Dan mag jy net een keer na die kamer toe loop waar die lig is. Met jou terugkoms moet jy weet watter switch die lig aanskakel. Is dit switch een, twee of drie?

Vraag 3. (tyd 5 dae)
Jy het 10 Bome. Jy moet dit in 5 regguit rye van 4 bome in ‘n ry plant.

Noudat die Atties lekker gaan google het en die antwoorde op playground gaan kry het, nee, ek wil nie die vyfpunt ster antwoord hê nie . Daar is ‘n ander manier om dit te plant.

As ‘n attie nie 10 bome kan plant nie, moet hulle maar wegbly van die Big Bang en Evolusie en die Bybel af.

_________________
Evolution - The Theory whereby one believes that your children are more human, and parents more ape than one self.


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Oorsprong van die Heelal.
PostPosted: Thu Mar 29, 2012 8:07 am 
Offline

Joined: Sun May 30, 2010 8:13 pm
Posts: 915
Location: West Rand
Reputation point: 20
Goeie reputasie
Dit is snaaks! :roll:
Gewoonlik plaas ek 'n pos en al wat attie is kom lê vuis in. Hoe nou?

Gesien dat die bespreking in die nabye toekoms oor die Oorsprong van die Heelal gaan, sou ek dink dat hulle alklaar grootmond sou wees.

Is dit dalk oor die eenvoudige vragies wat ek hierby ingesluit het?

Ek onthou die attietoets, as jy in die Bybel glo is dit so goed jy lees die Huisgenoot, dan is jy dom.

Miskien kan slegs een attie vraag 1 antwoord!
Kom ons kyk.

_________________
Evolution - The Theory whereby one believes that your children are more human, and parents more ape than one self.


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Oorsprong van die Heelal.
PostPosted: Thu Mar 29, 2012 9:07 am 
Offline
User avatar

Joined: Mon May 11, 2009 7:45 pm
Posts: 1926
Reputation point: 1950
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Jy probeer te hard met jou "atheist baiting". Daai vragies is maklik maar ek stel nie belang om met jou te gesels oor die oorsprong van die heelal nie, ek probeer so ver as moontlik om sulke vra te los vir die astrofisici, veral aangesien die oorsprong van die heelal nie 'n invloed het op my daaglikse lewe nie.

Who cares? Vir al wat ons weet het die heelal ontstaan toe 'n god geboorte gegee het uit sy bellybutton aan 'n slang.

_________________
Fundamentally sensible


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Oorsprong van die Heelal.
PostPosted: Thu Mar 29, 2012 9:33 am 
Offline

Joined: Sun May 30, 2010 8:13 pm
Posts: 915
Location: West Rand
Reputation point: 20
Goeie reputasie
Sem skryf:
Daai vragies is maklik maar ek stel nie belang om met jou te gesels oor die oorsprong van die heelal nie,


Aaaah!
An atheist on the vanguard!
Kyk hoe goed sidestep hy 'n uitdaging.
Dan BS hy nog so lekker!

Hy ken nou kamma die antwoord op Vraag 3 ook, en vir hom is dit vreeslik maklik! :lol: :lol: :lol:
Sem skryf:
ek probeer so ver as moontlik om sulke vra te los vir die astrofisici, veral aangesien die oorsprong van die heelal nie 'n invloed het op my daaglikse lewe nie.

So praat die Ateïs gewoonlik nie wanneer hy die Christen aanvat oor die beskrywing uit die Bybel nie.
Want as hy moet erken dat die Bybel 100% korrek is, dan word sy daaglikse lewe wel beïnvloed!

Dan weet hy dat God die heeltyd oor hom kyk!

Dit is bad hê! :mrgreen:

_________________
Evolution - The Theory whereby one believes that your children are more human, and parents more ape than one self.


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Oorsprong van die Heelal.
PostPosted: Thu Mar 29, 2012 9:51 am 
Offline

Joined: Fri Oct 28, 2005 5:54 pm
Posts: 11966
Reputation point: 3702
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
pietstryd skryf:
Hy


Kophou pietman, kophou! :lol:


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Oorsprong van die Heelal.
PostPosted: Thu Mar 29, 2012 10:38 am 
Offline
User avatar

Joined: Thu Apr 24, 2008 4:17 pm
Posts: 2536
Reputation point: 2256
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Piet Piet Piet, regtig daai vragies, beindruk dit jou as iemand dit in 5 sekondes kan antwoord? Regtig my ou, nie almal op die planeet is dom nie, regtig. :(

_________________
You have your way. I have my way. As for the right way, the correct way, and the only way, it does not exist. – Friedrich Nietzsche


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Oorsprong van die Heelal.
PostPosted: Thu Mar 29, 2012 10:40 am 
Offline

Joined: Sun May 30, 2010 8:13 pm
Posts: 915
Location: West Rand
Reputation point: 20
Goeie reputasie
Kameraad Eksteen skryf:
pietstryd skryf:
Hy

Kophou pietman, kophou!

Kameraad, dankie vir die spellcheck.
Kan jy my net in 'n direction stuur waar die fout is?

Hoe lyk dit, Kan jy vraag een en twee antwoord? :twisted:

_________________
Evolution - The Theory whereby one believes that your children are more human, and parents more ape than one self.


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Oorsprong van die Heelal.
PostPosted: Thu Mar 29, 2012 10:51 am 
Offline

Joined: Mon Nov 15, 2010 7:52 am
Posts: 3512
Reputation point: 1669
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
pietstryd skryf:
Sem skryf:
Daai vragies is maklik maar ek stel nie belang om met jou te gesels oor die oorsprong van die heelal nie,


Aaaah!
An atheist on the vanguard!
Kyk hoe goed sidestep hy 'n uitdaging.
Dan BS hy nog so lekker!

Hy ken nou kamma die antwoord op Vraag 3 ook, en vir hom is dit vreeslik maklik! :lol: :lol: :lol:
Sem skryf:
ek probeer so ver as moontlik om sulke vra te los vir die astrofisici, veral aangesien die oorsprong van die heelal nie 'n invloed het op my daaglikse lewe nie.

So praat die Ateïs gewoonlik nie wanneer hy die Christen aanvat oor die beskrywing uit die Bybel nie.
Want as hy moet erken dat die Bybel 100% korrek is, dan word sy daaglikse lewe wel beïnvloed!

Dan weet hy dat God die heeltyd oor hom kyk!

Dit is bad hê! :mrgreen:
pietstryd,

Ek dink dit sal hier wees "fools rush in". Sem het inderdaad in "haar" medisyne-veld lekker saamgesels op die outisme draad.

Dis leke soos ek wat instorm op die heelal draad, en probeer om die astrofisici lesse te gee. Hoeveel "fools" verwag jy op een forum? :mrgreen:

Foolishly yours, JIN


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Oorsprong van die Heelal.
PostPosted: Thu Mar 29, 2012 11:17 am 
Offline

Joined: Sun May 30, 2010 8:13 pm
Posts: 915
Location: West Rand
Reputation point: 20
Goeie reputasie
Weet jy Jin,
Dit was seker een van my grootste bekommernisse dat ek my naam met ‘n plank gaan slaan deur dat iemand gaan dink dat ek die wetenskaplikes oor astrofisika gaan probeer leer. Maar weet verseker, dit is nie wat ek gaan doen nie. Al wat ek in hierdie draad gaan demonstreer is hoe die Bybel kritici verkeerde aannames maak oor wat in die Bybel staan.

Soos jy sal sien in my eerste pos op die draad, dit gaan heeltemal oor die verkeerde inrepretasie van die Ateïste op KK. Ek kan baie voorbeelde aanhaal van hoe hulle daadwerklik nie eers ordentlik kan lees nie. Dan ook nie net die atties op KK nie, maar alle atties en veral Moslempies wat dink hulle weet meer as die Bybel.

Hier is my resep vir die volgende poste wat ek oor die volgende paar maande gaan lewer.

Eers gaan ons kyk of die atties kan lees. Vandaar die 3 vragies.
Dan gaan ons kyk of hulle kan dink, vandaar die antwoorde wat hulle moet gee.
Dan gaan ons Bybellees en kyk of hulle kan verstaan wat hulle lees.

Eers dan gaan ons kyk wat die Bybel sê oor die “Ontstaan van die Heelal”.

En heel laaste gaan ons kyk wat die wetenskap oor die onderwerp sê! Ek gaan nie soos ou Ken Ham en Morris probeer om die astrofisikusse se bevindinge te bevraagteken nie, inteendeel, ek gaan dan my laaste vraag op KK aan die atties vra.

As hulle my verkeerdbewys, stap ek! Maar, sover kan hulle nie eers 2 uit 3 vragies antwoord nie. Plaas dat hulle gou gaan google!

Ek't so gehoop Sem kan die uitdaging aanvaar. Toe kom Kammeraad, en ek word weer teleurgestel.
Shaacks! :lol: :lol: :lol:

_________________
Evolution - The Theory whereby one believes that your children are more human, and parents more ape than one self.


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Oorsprong van die Heelal.
PostPosted: Thu Mar 29, 2012 12:27 pm 
Offline

Joined: Sun May 30, 2010 8:13 pm
Posts: 915
Location: West Rand
Reputation point: 20
Goeie reputasie
Flippit,
Toe sal Kameraad my daarop wys dat Sem 'n wyfie is.
Sem was die naam van Noag se een seun.
Hoe weet ons of Sem rêrig 'n meisie is?

_________________
Evolution - The Theory whereby one believes that your children are more human, and parents more ape than one self.


Laaste geredigeer deur pietstryd op Thu Mar 29, 2012 12:28 pm, geredigeer 1 kere in totaal.

Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Oorsprong van die Heelal.
PostPosted: Thu Mar 29, 2012 12:28 pm 
Offline

Joined: Thu Mar 01, 2012 8:05 pm
Posts: 12
Reputation point: -20
Ongewensde Reputasie
Piet dagsê!!!

Ek kan nie een van jou puzzles ontrafel nie. Is ek nou 'n Ateïs? :shock:


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Oorsprong van die Heelal.
PostPosted: Thu Mar 29, 2012 12:33 pm 
Offline

Joined: Sun May 30, 2010 8:13 pm
Posts: 915
Location: West Rand
Reputation point: 20
Goeie reputasie
Nooit!

Jy is net 'n ateïs as jy sê dat daar nie 'n God is nie! :D

Die vrae is vir die atties, nie vir gelowiges nie.
Gelowiges het klaar hulle kaartjie om deel te neem.
Die vraagies is net om te kyk of daar 'n attie is wat kan dink. Dit is 'n blikskottel om die Bybel aan hulle te verduidelik, veral as hulle nie kan dink nie.

Kom ons hoop ons kry een wat vraag 3 kan antwoord. :lol:

_________________
Evolution - The Theory whereby one believes that your children are more human, and parents more ape than one self.


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Oorsprong van die Heelal.
PostPosted: Thu Mar 29, 2012 12:36 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon May 11, 2009 7:45 pm
Posts: 1926
Reputation point: 1950
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Haal aan:
Want as hy moet erken dat die Bybel 100% korrek is....


Hoe gaan jy weet die Bybel is 100% korrek? Gaan jy dit meet aan wetenskaplike bevindinge? :roll:

Nee wag, ek weet, as die wetenskap die Bybel verkeerd bewys, is die wetenskap verkeerd!

So jy sien, maak nie saak wat die argument is nie, vir jou is die Bybel is altyd reg :roll:

_________________
Fundamentally sensible


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Oorsprong van die Heelal.
PostPosted: Thu Mar 29, 2012 12:39 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon May 11, 2009 7:45 pm
Posts: 1926
Reputation point: 1950
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
pietstryd skryf:
Flippit,
Toe sal Kameraad my daarop wys dat Sem 'n wyfie is.
Sem was die naam van Noag se een seun.
Hoe weet ons of Sem rêrig 'n meisie is?

Mens noem dit "glo" en "geloof" in wat die ander persoon se, jy weet, soos in kinderlike geloof, godsdienstige geloof.

O ja, en 'n paar mense sal kan getuig dat hulle al 'n ontmoeting met my gehad het, in lewende lywe.

_________________
Fundamentally sensible


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Oorsprong van die Heelal.
PostPosted: Thu Mar 29, 2012 12:41 pm 
Offline

Joined: Sun May 30, 2010 8:13 pm
Posts: 915
Location: West Rand
Reputation point: 20
Goeie reputasie
Sem,
Hulle noem jou aanmerking "Circular reasoning".
Ek sê mos, ek gaan nie die wetenskap verander nie!
Ek sien dat jy al klaar sukkel om te lees. Nee sies man! (sorry girl!)

Sê my, kan jy al 10 bome plant?

_________________
Evolution - The Theory whereby one believes that your children are more human, and parents more ape than one self.


Boontoe
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sorteer volgens  
Post new topic Antwoord  [ 367 poste ]  Gaan na bladsy 1, 2, 3, 4, 5 ... 25  Volgende

Alle tye is UTC + 2 hours


Wie is aanlyn

Gebruikers tans in die forum: No registered users en 2 gaste


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
Jy kan nie aanhegsels pos in die forum

Soek vir:
Spring na:  
cron
South Africa's Top Sites Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
Style edited by LEE for phpBB3