Tuisblad   Wie is ons?   Argief   Soek Artikels   Beknopte Index   Registreer  Hulpstaaf   Foto's  
Login   Register    FAQ    Search
It is currently Thu Sep 09, 2010 6:18 am

All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 138 posts ]  Go to page Previous  1, 2, 3, 4, 5 ... 10  Next
Author Message
 Post subject:
PostPosted: Thu Oct 04, 2007 9:09 am 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 13277
Location: Weskaap
Ek wil net noem dat Nathan nie vandag by sy rekenaar is nie. Hy woon 'n vergadering by wat reeds voorverlede week gereël is. As hy dus nie reageer op enige verdere ontwikkelings nie, wees asseblief geduldig; hy sal vanaand, of dalk eers môreoggend, kan reageer.

_________________
We must move out again into the open air of intellectual discussion with the world, and risk shocking people if we are to cut any ice. - Dietrich Bonhoeffer


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Thu Oct 04, 2007 9:43 am 
Offline
User avatar

Joined: Mon Sep 17, 2007 4:15 pm
Posts: 156
Location: Wind om die hoek
Jean wrote:
Ek wil net noem dat Nathan nie vandag by sy rekenaar is nie. Hy woon 'n vergadering by wat reeds voorverlede week gereël is. As hy dus nie reageer op enige verdere ontwikkelings nie, wees asseblief geduldig; hy sal vanaand, of dalk eers môreoggend, kan reageer.


Lyk my dis 'n ou laai verskoning.... :lol:
(skuus dat ek lag)


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Thu Oct 04, 2007 9:45 am 
Offline

Joined: Fri Oct 28, 2005 6:01 pm
Posts: 13278
Location: Kaapstad
Liewe Jean - 2 goeters

1) Kan jy nie asseblief die gebêrede vrae van Agwatdefok en WC terugplaas nie? Ek het dit nie gesien nie, maar soos ek die twee manne ken sou hulle nie onregmatige vrae gevra het nie?
Was hulle vrae aan NB gerig? Indien wel, dan hoort dit mos hier - of plaas hulle vrae dan andersins onder die kalekoningdraad.

2) Het jy bevestiging van 'n onafhanklike bron dat daar wel so 'n vergadering vandag is?

_________________
Elke dag is mooi

http://www.oepsadysie.co.za


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Thu Oct 04, 2007 9:49 am 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 13277
Location: Weskaap
Annette wrote:
Liewe Jean - 2 goeters

1) Kan jy nie asseblief die gebêrede vrae van Agwatdefok en WC terugplaas nie? Ek het dit nie gesien nie, maar soos ek die twee manne ken sou hulle nie onregmatige vrae gevra het nie?
Was hulle vrae aan NB gerig? Indien wel, dan hoort dit mos hier - of plaas hulle vrae dan andersins onder die kalekoningdraad.

2) Het jy bevestiging van 'n onafhanklike bron dat daar wel so 'n vergadering vandag is?



Nee Annette hulle vrae was nie aan Nathan gerig nie en ek is nie van plan om die boodskappe terug te plaas nie. Die saak is afgehandel. Nathan het my laat weet hy is vandag in 'n vergadering en ek het geen rede om dit te betwyfel of om navraag daaroor te doen nie. Hy kan mos self besluit hoe en wanneer hy wil reageer op die vrae hier.

_________________
We must move out again into the open air of intellectual discussion with the world, and risk shocking people if we are to cut any ice. - Dietrich Bonhoeffer


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Thu Oct 04, 2007 10:35 am 
Offline
User avatar

Joined: Mon Sep 17, 2007 4:15 pm
Posts: 156
Location: Wind om die hoek
.


Last edited by Embeth on Sat Jul 26, 2008 12:20 pm, edited 1 time in total.

Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Thu Oct 04, 2007 10:44 am 
Offline

Joined: Fri Oct 28, 2005 6:01 pm
Posts: 13278
Location: Kaapstad
Nee Annette hulle vrae was nie aan Nathan gerig nie en ek is nie van plan om die boodskappe terug te plaas nie. Die saak is afgehandel. Nathan het my laat weet hy is vandag in 'n vergadering en ek het geen rede om dit te betwyfel of om navraag daaroor te doen nie. Hy kan mos self besluit hoe en wanneer hy wil reageer op die vrae hier.[/quote]


Maar Jean, jy het self gesê jy het dit gebêre - hoekom kan jy nie die vrae op 'n ander draad plaas nie?
Was dit onbehoorlike vrae?

Lyk my Embeth verstaan beter as jy Jean - ons kan niks, maar niks, wat NB kwytraak net goedsmoeds aanvaar nie. Die man lieg om te kan bestaan. Al wat ek net wil hê is dat hy moet leer om ten minste nie op KK nog steeds te wil lieg nie.
As hy kwansuis 'n vergadering het, wil ek bevestiging uit 'n ander bron van dit hê, anders moet ek dit maar net vir 'n feit aanvaar dat hy nie vandag by 'n rekenaar is om een of ander rede nie.
Of dat hy tyd nodig het om sy antwoorde te formuleer sodat dit die beste moontlike impak kan hê.
As dit die geval is, hoekom sê hy maar nie net so nie?
Verstaan jy Jean?. " Vergadering" is by die manne 'n verskoning so oud soos die berge.

_________________
Elke dag is mooi

http://www.oepsadysie.co.za


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Thu Oct 04, 2007 8:43 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sun Jun 11, 2006 4:12 pm
Posts: 1688
Location: Noordwes
As ek ok maar 'n stuiwer inni beurs mag gooi en aan ene NB 'n vraag kan stel: Sit daar enige waarheid in die voëltjie wat fluit dat jy by 'n vorige werknemer 'n duitse tipe motor permanent geleen het? Of lieg die voëltjie en haar fluitery? Want as ek luister na die ander tipe vrae aan jou gestel, wil dit klink asof die voëltjie miskien dalk moontlik 'n ware wysie beet het. Ek beweer niks. Ek vra net. :?:
Nathan ek sal graag jou antwoord hierop verneem. :!:

_________________
"Op Avontuur saam met Hom"
"To be a monk is to be alone with the Alone"


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Fri Oct 05, 2007 1:26 pm 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 13277
Location: Weskaap
Daar was die afgelope paar dae ongekende reaksie op hierdie draad. Nie net op KK nie maar ek het ook verskeie eposse, telefoonoproepe en ander navrae gekry. Daar is twee sake op die tafel: Eerstens die plasing van die draad en tweedens die inhoud daarvan.

Met slegs enkele uitsonderings was daar positiewe reaksie op die plasing daarvan.

Die besluit om die draad te plaas is nie ligtelik geneem nie. Diegene wat my motiewe daarmee bevraagteken het is verkeerd.

Dit kan ek in alle opregtheid en met oortuiging sê.

Suffer little children was nie ‘n projek deur ‘n privaat individu wat met sy eie geld bedryf word nie. Daar is bepaalde vrae wat oor hierdie projek gevra word en dit is geldige vrae. Hier is mense op Kletskerk wat vertroue gehad het in die projek en geld daarvoor bewillig het.

Hulle wil graag antwoorde hê. Dit is ook reg so. Die soeke na antwoorde is deel van Kletskerk se kultuur. Ek sê weer: dit gaan nie hier ook dit wat ‘n persoon met sy eie geld en sy eie tyd gemaak het nie. Daar is baie meer op die spel. Moontlik is daar ‘n geldige verduideliking vir wat gebeur het en daarvoor is die forum hier. Laat ons dan hoor.

Toe ek die vrae op die tafel geplaas het, is ek hier daarvan beskuldig dat my motiewe onder verdenking is. Ek is van eensydigheid beskuldig. Ek is uitgedaag om te dit en te dat. Nie een van die sake wat genoem is, is tot dusver as onwaar bewys nie. Ek, en ek glo veral diegene wat geld vir die projek gegee het, sal maar te bly wees as hulle vrese ongegrond was.

Nathan het gister laat weet hy is heeldag in ’n vergadering en sou eers gisteraand of vanoggend by sy rekenaar kom. Min mense het hom geglo. Ek het hom die voordeel van die twyfel gegee en doen dit steeds. Ek vertrou hy sal spoedig reageer.

Ek het waardering vir Nathan se mooi opmerkings tot dusver maar dit bring ons nog nie nader aan antwoorde nie. Wat op aarde het van die geld geword? Gaan die projek nog voort? Wanneer verskyn die publikasie?......

Ek het die geredigeerde weergawe van Suffer little children gelees. Nathan kán skryf. Geen twyfel daaroor nie. Maar waar is die publikasie?

Saam met die R15 000 wat hy sou bewillig het sou daar glo iets soos R30 000 vir die projek beskikbaar wees. Daar is ook ander kwessies en optredes wat om antwoorde roep.

Nathan het reeds erken hy het foute gemaak. Ek wil geensins ‘n dooie perd probeer ry nie. Maar net Nathan en hy alleen kan ons help om die boek toe te maak. Ek hoop dit gebeur gouer as later.

Anders gaan dit nie net the little children wees wat suffer nie maar gaan ons almal nog lank suffer om sin te maak uit dit wat gebeur het.

_________________
We must move out again into the open air of intellectual discussion with the world, and risk shocking people if we are to cut any ice. - Dietrich Bonhoeffer


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Fri Oct 05, 2007 3:52 pm 
So ek veronderstel nou is nie juis die aangewese tyd om lede te vra om 'n geldjie voor te skiet vir 'n wonderlike projek wat ek wil voorstel om geld in te samel vir KK-befondsing, nl 'n kookboekie met die titel 'Nader aan jou Heiland met Spys en Drank' nie?

Dis maar net dat ek verneem het dat boeke met 'n geestelike inslag by verreweg die beste verkoop...

Jammer Jean, jy kan maar afhaal - wou maar net die tensions bietjie breek, jy weet.

:wink:

Hoop julle het 'n rustiger naweek as week!


Top
  
 
 Post subject:
PostPosted: Fri Oct 05, 2007 5:37 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed Jun 14, 2006 11:45 am
Posts: 12306
Jean wrote:
Die besluit om die draad te plaas is nie ligtelik geneem nie.

Baie wil ek nie meer oor hierdie onderwerp sê nie, behalwe 'n gedagte oor twee oor waarom ek meen die besluit om dié draad te begin was reg.

Krag of lus vir 'n geskiedenis-oorsig het ek nie. Laat ek volstaan met die stelling dat Nathan Bond die mees uitgesproke en produktiewe forum-karakter tot op datum was. Hy kon eenvoudig nie geïgnoreer word nie. En soos wat die karakter gegroei het, het die uitsprake en oordele feller en skriller geword. Toe ons nog vriende was, het ek by 'n hele paar geleenthede diplomaties gesê hy raak té kras. Spesifiek ook wat TART betref. (As Nathan wil, kan hy dit hier ontken of bevestig.)

Nathan Bond is (was) 'n karakter wat sy (maagdelike) geboorte aan die internet te danke het. Dit was die platform wat aan hom gestalte gegee het, waar hy kon sê wát hy wou, en hóé hy wou. Waarom sou dit dan nou skielik verkeerd wees om dieselfde medium te gebruik wanneer die karakter tot 'n val gekom het? Wat is die alternatief? Moet dit doodgeswyg word? Moet daar nou soetjies omgegaan word met 'n karakter wat alle vorme van soetjies-wees verpes het? Wat dit sy motto gemaak het dat mense uit hulle wensdenkery geskók moet word?

Ek dink die moderator hanteer dit goed. Die jammerte is dat iemand soos Ag Nóstus He Dónis vir wie ek die grootste respek het juis geloop het omdat Jean streng geredigeer het aan dié draad, in sy poging om 'n brandstapel of 'n kruisiging te verhoed.

Ek vind geen fout hoegenaamd met die feit dat hierdie onaangename kwessie op KletsKerk gehanteer word nie. Ons skryf nog aan die etiek en reëls van internetkommunikasie. Hierdie gebeurtenis gaan baie help om ons koppe daaroor helderder te kry.

Persoonlik blý hierdie vir my een van die ongemaklikste situasies nóg. Vriende, wáre vriende, is kosbaar. Hulle verdien lojaliteit en ondersteuning. Maar dan moet hulle dit verdíén. Ook op die internet.

_________________
"If God has spoken, why is the world not convinced?" - PB Shelley

"God is silent. Now if only man would shut up." - Woody Allen


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Fri Oct 05, 2007 7:21 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sat Oct 29, 2005 4:20 pm
Posts: 6224
Location: Sheol (Ou Testamentiese doderyk)
:cry: :oops:

Al wat ek kan byvoeg is om omverskoning te vra indien ek in my versoeke tot onpartydigheid op enige manier die voorle van die gegewens gekompliseer het. My pleitredes dat ons almal se kante van die saak hoor en nie te gou te oordeel nie was om die eenvoudige rede dat ek soos die meeste kletsers hier nie n clue gehad het wat agter die skerms aan die gang was nie. Nieteenstaande is ek jammer as enige iets wat ek geskryf het opregte voorleggings kontroversieel of verdag kon gemaak het. Ek het nie in julle eerlikheid getwyfel nie - bloot in my eie en ander se vermoe om objektief na die saak te kyk. My hart gaan uit aan almal wat hel deugemaak het en ek wens julle net sterkte toe vir watookal voorle. Veral Bats, Stefan, Jean en ook al die ander wat betrokke was.

:cry: :)

_________________
There ain't no answer.
There ain't gonna be any answer.
There never has been an answer.
That's the answer.

--Gertrude Stein


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Fri Oct 05, 2007 11:55 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sun Feb 12, 2006 9:21 pm
Posts: 1642
Location: Swartland - Boland
Jean – die aard en omvang ken ek nie. Wat my wel kwel en waarmee ek vanaand baie teleurgesteld is, is dat dr Ben du Toit se naam ook genoem word en dit is waar die verduidelikings stop. Jy praat van die mense wat onbewus was wat aan die gang is, maar ons weet nie wie die mense is nie.

Dit is jammer dat jy betrokke is. Ek stel ook nie regtig in die detail belang nie, maar dat hier nou 'n mate van agterdog is, kan ons wat net gewone deelnemers is, nie verkwalik word nie. Ek sou dink dat baie van ons wat KK verdedig, so ietwat uit die veld geslaan is met die storie en natuurlik teleurgesteld is. Dit sal ook jammer wees dat hierdie forum vir die verkeerde redes misbruik word, maar ek het ook al geskryf van die “Nathan Bond bemarkings foefie” (28/2/07).

Maar terug na dr Ben du Toit. Nathan Bond, of te wel Drewen Baird skryf
Quote:
Hierdie notas is natuurlik uiters vertroulik en daarom kan ek jou sê dat ek reeds met dr. George Claasen en dr. Ben du Toit hieroor gepraat het - dit is die kaliber amptenaar wat aan die hoof van so 'n stigting behoort te staan.


In die aard van KK, sou ek dink dat dr du Toit ook hier op KK sy reaksie en of betrokkenheid moet weergee. Is hy een van die twee persone met wie jy kontak gemaak het ?

Ek hoop nie die forum gaan deur hierdie misterieuse gebeure skade lei nie. Maar, die impak moet nie onderskat word nie.

Sterkte

_________________
http://www.woes.co.za > boekwinkel>Bart
"Resentment is like taking poison and waiting for the other person to die.” - Nelson Mandela


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Sat Oct 06, 2007 7:19 am 
Offline

Joined: Fri Oct 28, 2005 6:01 pm
Posts: 13278
Location: Kaapstad
Embeth wrote:
Quote:
Ek stel ook nie regtig in die detail belang nie, maar dat hier nou 'n mate van agterdog is, kan ons wat net gewone deelnemers is, nie verkwalik word nie.


Al die KK partytjies? Sagmaak oefeninge om die beursie by te kom?

Embeth


Nee Embeth, jy is verkeerd.
Van wat ek weet, was NB by slegs een partytjie, en dit was die een die Maandagaand tydens die KKNK.
Hy was nie eers by die een die daaropvolgende Vrydagaand, wat Jean se verjaarsdagpartytjie was nie.
Ek is ook nooit deur NB genader vir enige bydrae van enige aard nie.
Ek vermoed hy doen dit slegs aan die mense vir wie hy baie lief is.

_________________
Elke dag is mooi

http://www.oepsadysie.co.za


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Sat Oct 06, 2007 7:22 am 
Offline

Joined: Fri Oct 28, 2005 6:01 pm
Posts: 13278
Location: Kaapstad
Jean, ek wil meer weet oor die arme ou kindertjies projek storie.

Hoe op dees aarde het die deelnemers gedink dit kan werk?

Kan iemand dit probeer verduidelik?

_________________
Elke dag is mooi

http://www.oepsadysie.co.za


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Sat Oct 06, 2007 8:48 am 
Offline
User avatar

Joined: Sun Jun 11, 2006 4:12 pm
Posts: 1688
Location: Noordwes
....En ons misterieuse mnr Bond bly ma erg stil of sit vas in een MOERSE lang vergadering. ... :o

Of dalk is dit net tipies van iemand wat met 'n vorm van 'n anti-sosiale persoonlikheidstipe (DSM2 of 3 het dit psigopatie genoem)sit? Ek beweer niks. Wonder maar net saam met 'n klomp ander kletsers..... :?

_________________
"Op Avontuur saam met Hom"
"To be a monk is to be alone with the Alone"


Top
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 138 posts ]  Go to page Previous  1, 2, 3, 4, 5 ... 10  Next

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 5 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Search for:
Jump to:  




South Africa's Top Sites Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
Style edited by LEE for phpBB3