Tuisblad   Wie is ons?   Argief   Soek Artikels   Beknopte Index   Registreer  Hulpstaaf   Foto's  
Login   Register    FAQ    Search
It is currently Thu Sep 09, 2010 5:31 am

All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 138 posts ]  Go to page Previous  1, 2, 3, 4, 5, 6 ... 10  Next
Author Message
 Post subject:
PostPosted: Sat Oct 06, 2007 9:03 am 
Offline

Joined: Fri Oct 28, 2005 6:01 pm
Posts: 13278
Location: Kaapstad
Kriskras wrote:
....En ons misterieuse mnr Bond bly ma erg stil of sit vas in een MOERSE lang vergadering. ... :o

Of dalk is dit net tipies van iemand wat met 'n vorm van 'n anti-sosiale persoonlikheidstipe (DSM2 of 3 het dit psigopatie genoem)sit? Ek beweer niks. Wonder maar net saam met 'n klomp ander kletsers..... :?


Liewe Kriskras, jy mag miskien reg wees. Ek het mos gesê hy moet dringend by 'n sielkundige uitkom - sodat hy kan weet hoekom hy sekere goed doen.
Feit is, die rede hoekom ek en Embeth, teenoor Jean se goedgelowigheid, met ons vroulike aanvoeling beweer het die vergaderingstorie en die more is maar net praatjies, is omdat hy aan Batseba telke male vertel het dat hy op 'n sekere dag iets sou doen , en maar net nooit by sy belofte gebly het nie.
Miskien is NB God - vir wie 'n more 'n week, 'n maand, 'n jaar, 'n dekade of selfs 'n eeu kan beteken.
Hoe sal ons nou weet?

Jean, dit was aand, en dit was more, die tweede dag.....
Moet op valse profete nie vertrou nie.....

_________________
Elke dag is mooi

http://www.oepsadysie.co.za


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Sat Oct 06, 2007 9:04 am 
Offline
User avatar

Joined: Sun Sep 10, 2006 10:24 pm
Posts: 7504
Location: Kaap
R J Kruger wrote:
Maar terug na dr Ben du Toit. Nathan Bond, of te wel Drewen Baird skryf
Quote:
Hierdie notas is natuurlik uiters vertroulik en daarom kan ek jou sê dat ek reeds met dr. George Claasen en dr. Ben du Toit hieroor gepraat het - dit is die kaliber amptenaar wat aan die hoof van so 'n stigting behoort te staan.


In die aard van KK, sou ek dink dat dr du Toit ook hier op KK sy reaksie en of betrokkenheid moet weergee. Is hy een van die twee persone met wie jy kontak gemaak het ?


Jean het dit mos reeds gesê dat die twee persone wat Nathan genoem het verbaas was dat hulle by so 'n projek betrek is en Nathan het bevestig dat die George Claasen en Ben du Toit was. In sy antwoord sê Nathan die volgende oor wat hy bedoel met die woorde dat hy met hulle hieroor "gepraat het"
Quote:
Met Ben het ek geskerts: "As ons jou salaris kon verdubbel sal jy bedank nè!?"

Ben het net gelag. Want natuurlik sou hy nie bedank nie; die man se integriteit spreek boekdele – hy sal nie dit waaraan hy sy lewe gewy het die rug op draai nie.

'n Opgewonde gesprek met dr. Claassen oor die heerlike droom van 'n amptelike kapitaalkragtige organisasie wat rasionaliteit kan bevorder.

'n Vriendelike gesprek met dr. Du Toit - 'n kerkman van aansien en inbors wat nooit eers sou oorweeg om sy roeping te bedank nie.


M.i. is dit dus baie duidelik dat daar 'n ernstige gesprek met Ben oor die stigting (of die uitgee van die boek) gevoer is, en dat hy selfs bereid was om dit te steun, of daarby betrokke te raak heeltemal ongegrond is. Nathan se self dat hy met hom daaroor "geskerts" het en dat Ben net gelag het. Hy(Nathan) gaan voort om te sê dat hy nooit gedink het dat Ben sy roeping sou prysgee om by so iets betrokke te raak nie.

Ek dink dus nie dit is nodig dat Ben hier betrokke raak by die storie nie. Alhoewel hy die forum volg, skryf hy nie self hier nie (in elk geval nie onder sy eie naam nie). Ek dink ook nie hy behoort dit te doen nie, want vanuit sy posisie as die persoon wat die kommunikasie namens die kerk hanteer, word sy mening onwillekeurig gesien as die mening van die kerk! Die oomblik as Ben dus onder sy eie naam hier begin skryf, word dit 'n issue van die NGK. Hy sou hoogstens kon bevestig of ontken dat hy by die projek betrokke is - maar dit is mos nou onnodig, aangesien Nathan self bevestig het dat hy NIE betrokke is nie!

Daar is op die oomblik geen rede om die NGK hierby te betrek nie. En ek sien ook geen rede om Kletskerk as instelling hierby te betrek nie, want anders as dat Nathan 'n deelnemer was en (soos ons almal) deur die deelname nuwe vriende en kontakte gemaak het wat hy dan privaat genader het om betrokke te raak by die projek, was KK nie betrokke by die projek nie. Soos Annette kan ek ook sê dat Embeth se vraag of die KK partytjies gebruik is om mense sag te maak om hulle vir donasies, heeltemal ongegrond is. Ek weet ook net van een partytjie waar Nathan (Drewan) was. Ek was self by daardie partytjie en die gesprek het beslis nie oor enige van hierdie sake gegaan nie. Ek was by 'n hele paar van die KK byeenkomste in die Wes-Kaap en ek het nie eers geweet van die verhouding tussen Nathan en Batseba nie. Sy self het dit eers onlangs vir my gesê en ook net, omdat 'n plasing van my 'n verleentheid was, maar ek (omdat ek nie die storie geken het nie) nie kon verstaan hoekom dit 'n verleentheid was nie.

Groete
Barend

_________________
Toe het ek al die werk van God begryp;
die mens is nie in staat om wat in hierdie wêreld gebeur, te verstaan nie.
Hoe hy hom ook al inspan en soek, hy verstaan nie.
Al sê die wyse hy weet, kan hy nie verstaan nie. --- Pred 8


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Sat Oct 06, 2007 9:37 am 
Offline

Joined: Sat Feb 03, 2007 12:52 pm
Posts: 2468
Location: Pretoria
Dagsê Almal, was lanklaas hier, maar het redelik tred gehou met die Nathan Bond sage.

Ek voel regtig diep in my hart jammer vir die mense wat in die proses te na gekom is. Terselfdertyd voel ek ook jammer vir Nathan, omdat dit wat deur hom veroorsaak is, maar net weereens onderstreep dat die mens 'n gevalle wese is en derhalwe inherent boos is, maak nie saal hoe "goed" jy probeer lewe nie.

Klink dit soos bekende fiksie?

Aan Nathan wil ek net sê. Jesus Christus het jou nog steeds oneindig baie lief en al sal die mense, wie deur die proses te na gekom is, of die mense wat nie deur die proses te na gekom is nie, jou nie vergewe nie, Hy jou wel sal vergewe. Just repent!

_________________
"For those who believe, no proof is necessary. For those who do not believe, no proof is possible." - Stuart Chase.


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Sat Oct 06, 2007 12:00 pm 
Offline

Joined: Tue Jan 16, 2007 5:06 pm
Posts: 114
Location: VanOorDieSee
ek lees kk so gereeld as moontlik maar neem nie noodwendig aan alles deel nie. hierdie sage kan ek egter nie onder die knie kry nie. nb word letterlik uitgehaal en aangeval. baie dinge het blykbaar op kk plaasgevind en baie agter die skerms. daar is mense wat 'n dingetjie of meer verloor het. geld, vertroue, vriendskap, ens. daarom verstaan ek gedeeltelik die aanval op nb.

wat ek nie verstaan nie, is, indien alles nie hier bekend is of mag wees aan alle lesers nie, hoekom word die forum dan as platform gebruik vir nb se kruisiging. ek glo alles moet so regverdig as moontlik plaasvind, maar in my onnosele taal gestremdheid (rede hoekom ek nie greeld skryf nie) blyk hierdie nie regverdig te wees nie.

Jean, hierdie is 'n wonderlike forum maar is hierdie ding nie dalk effens uit verband geruk nie of dalk net effens eensydig nie? ek sê weereens ek het nie al die feite nie. indien die feite maande gelede geplaas is en nog daar lê vir almal om te gaan lees, is dit nog steeds onregverdig want 90% van die lesers gaan dit nie soek nie. mense is mos maar nie ver van diere af nie. hulle laaik van skop as hulle vyande lê, vir maksimum impak.

miskien is ek te onnosel om enige sin uit hierdie aanval te maak, maar ek sal nogal verlig wees indien een van twee goed gebeur. either alles word hier oopgevlek of alles word hier verwyder. dit sal ek regverdig noem. anders moet die wat direk te nagekom is mos 'n saak by die gereg gaan maak. dit word tog hier as bedrog uitgemaak.

groete aan almal

ekke


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Sat Oct 06, 2007 1:53 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed Jun 14, 2006 11:45 am
Posts: 12306
ekke wrote:
...miskien is ek te onnosel om enige sin uit hierdie aanval te maak,...

Já. Miskien tóg. Veral na alles wat bó jou eie bydrae geskrywe is. En wat jy skynbaar nie lus het om te verstaan nie.

Wat méér kan 'n mens sê as die hele, ongelukkige ou sage al reeds tot in die fynste besonderhede verduidelik is?

_________________
"If God has spoken, why is the world not convinced?" - PB Shelley

"God is silent. Now if only man would shut up." - Woody Allen


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Sat Oct 06, 2007 2:00 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Sep 17, 2007 4:15 pm
Posts: 156
Location: Wind om die hoek
Stefan wrote:
ekke wrote:
...miskien is ek te onnosel om enige sin uit hierdie aanval te maak,...

Já. Miskien tóg. Veral na alles wat bó jou eie bydrae geskrywe is. En wat jy skynbaar nie lus het om te verstaan nie.

Wat méér kan 'n mens sê as die hele, ongelukkige ou sage al reeds tot in die fynste besonderhede verduidelik is?


Baie meer. Veral as die ou puntjie wat bo die water uitsteek nou nie meer so verdedigbaar blyk te wees nie.


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Sat Oct 06, 2007 4:31 pm 
Offline

Joined: Fri Oct 28, 2005 6:01 pm
Posts: 13278
Location: Kaapstad
Liewe ekke, Jean het die geleentheid geskep vir NB om pertinente vrae op die oop forum te antwoord.
Dit het heel goed gegaan, totdat daar by die antwoordgedeelte gekom is - nou is die heer Bond soek sedert Vrydag, in teenstelling met sy belofte.

Die ou spreekwoord van wat jy saai sal jy maai is hier in werking.
NB weet baie goed dat hier deelnemers is wat nie val vir net mooi woordjies en vae verwysings nie, omdat hyself by uitstek dieselfde toegepas het.
Nou het die rolle van aanvaller en verdediger deur sy eie keuse en toedoen verander.

_________________
Elke dag is mooi

http://www.oepsadysie.co.za


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Sat Oct 06, 2007 11:40 pm 
Offline

Joined: Thu May 24, 2007 2:51 pm
Posts: 504
Nathan Bond

Vergun my die volgende vrae.

1. Hoe verstaan jy die woord integriteit? Aan die een kant gebruik jy jou eie naam (ongevraagd en uit die bloute) om die erns van jou bydrae aan te toon, aan die ander kant word dit opgevolg met 'n lang stilte. Vir my is dit moeilik om hierdie uiteenlopende reaksies te laat rym.

2. Wat is die toekoms van die karakter "Nathan Bond" na aanleiding van alles wat gebeur het? Geloofwaardigheid is 'n moeilik om te verkry as 'n mens dit verloor het. Is dit nie dalk tyd om vir Nathan vaarwel te roep nie?

3. Hoe gaan jy regmaak wat jy verbrou het? Is 'n belofte of onderneming op hierdie stadium nie te gou nie?

Hartseer groete
:(

Elimelek


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Sun Oct 07, 2007 12:19 am 
Offline

Joined: Tue Jan 16, 2007 5:06 pm
Posts: 114
Location: VanOorDieSee
ok ek is dan onnosel, maar wat is verwyder van die blad tov hierdie sage?

as dit bedrog was, is daar 'n saak by die gereg ingedien?

ja ek weet nb kon sy saak stel(hopelik sal hy nog) maar ek is steeds, met alle respek, van mening dat dit 'n tipiese joernalistieke sensasie storie is om iemand te skop wat lê. dit blyk net te eensydig. ongelukkig het ek nie gelees wat afgehaal is nie en daarom kan en wil ek nie kant kies voor alles bekend is nie. wat is so geheim dat dit moes afgehaal word?

ek kry die gevoel dat hier 'n groepie pelle op die blad is wat hulself as 'n groep intellektueles beskou wat verhewe is bo ander, gelowiges of nie. nederigheid is nie eintlik 'n sterk eienskap by party van die deelnemers nie maar eerder 'n grootheidswaan. ek wonder hoe hulle sal reageer indien hulle nie agter hulle taalvaardigheid kan skuil nie maar van aangesig tot aangesig met ander moet gesels.

jean, dit lyk of jy party van die deelnemers meer inligting per e-pos gestuur het en hulle het blykbaar toe meer begrip gehad vir jou motiewe. dit is nie 'n uitdaging nie, maar ek wonder of jy dieselfde vir my sal doen? my beroep is so ver verwyder van joune soos die suid en noordpool van mekaar en ek ken nie eers die mense wat hierby betrokke is nie. ek is terdeë bewus dat jy my niks skuld nie maar sal dit tog waardeer. anders antwoord my net 'n ja of nee of jou intensies werklik suiwer was met hierdie draad en of dit jou joernalistieke instink is wat oorgeneem het. ek wys nie 'n vinger nie maar soos jy reeds gesien het, my onnoselheid is reeds bevestig.

laastens, die bybel wat die gelowiges aan glo, sê: boekekennis het geen waarde nie maar wysheid wel(as ek dit nie verkeerd het nie). so kom ons lê wysheid aan die dag en hanteer hierdie saak met meer omsigtigheid en sonder wraak gevoelens. dit is tog nie vir kk om te oordeel nie. wraak het geen doel nie dit vererger net die vernedering.

onnosel groete

ekke


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Sun Oct 07, 2007 8:30 am 
Offline
User avatar

Joined: Sat Oct 29, 2005 4:20 pm
Posts: 6224
Location: Sheol (Ou Testamentiese doderyk)
ekke wrote:
laastens, die bybel wat die gelowiges aan glo, sê: boekekennis het geen waarde nie maar wysheid wel(as ek dit nie verkeerd het nie).

Mmmmmmmmmmmm

:lol:

n Populere charismaties-fundamentalistiese anti-intellektuele siening, inderdaad.

:roll:

Dekonstruksie se moses, is dit nie? n Boek wat mense wil wysmaak boekekennis het geen waarde nie! (volgens jou anyway) Maar hoe kan mens jou op idees in n boek beroep om teen idees in boeke uit te vaar?

:roll:

_________________
There ain't no answer.
There ain't gonna be any answer.
There never has been an answer.
That's the answer.

--Gertrude Stein


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Mon Oct 08, 2007 10:14 am 
Offline

Joined: Fri Oct 28, 2005 6:01 pm
Posts: 13278
Location: Kaapstad
Ons kan Nathan bedank vir een nuwe ding - daar is 'n nuwe woord vir mense soos hy - uitgedink deur 'n slim dame in ons geselskap gister - hy is 'n betottelaar.

_________________
Elke dag is mooi

http://www.oepsadysie.co.za


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Mon Oct 08, 2007 10:23 am 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 13277
Location: Weskaap
Die aangewese persoon om op die vrae hier te antwoord is Nathan Bond. Hy weet van die draad maar net so min as wat vir Bennie Mosterd kan dwing om hier te antwoord op al die vrae aan hom net so min kan ek dit met Nathan of sie ook al doen. Rico ek dink Barend het jou vraag ten opsigte van Ben goed geantwoord. Hy was by geen skema betrokke nie en Nathan sê dit self. Lees gerus maar weer die poste.

_________________
We must move out again into the open air of intellectual discussion with the world, and risk shocking people if we are to cut any ice. - Dietrich Bonhoeffer


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Mon Oct 08, 2007 10:41 am 
Offline
User avatar

Joined: Sat Oct 29, 2005 10:58 am
Posts: 1395
Location: Suid Kaap
Nathan se wonderwerk is aan die gebeur....

Hy is aan die slaekant van
misinformasie.......
misinterpretasie....
misverstand..........
misrepresentasie.....

God is besig om Sy Eie Hart aan Drewn te openbaar op 'n baie unike manier......

Ons op KK wat onsself gelowiges noem kan net saam glo dat die Waarheid Nathan Bond sal vrymaak......

God se genade is groter as die duisterste leuen.......

shalom
m

_________________
to yourself be true....


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Mon Oct 08, 2007 10:45 am 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 13277
Location: Weskaap
mari wrote:
Nathan se wonderwerk is aan die gebeur....



Dis goeie nuus. Daar is 'n hele paar mense wat wag vir die wonderwerk om te gebeur. Ek wonder net wanneer?

_________________
We must move out again into the open air of intellectual discussion with the world, and risk shocking people if we are to cut any ice. - Dietrich Bonhoeffer


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Mon Oct 08, 2007 10:50 am 
Offline
User avatar

Joined: Mon Apr 10, 2006 10:22 am
Posts: 6062
Location: Cabo da Boa Esperança
Jean wrote:
mari wrote:
Nathan se wonderwerk is aan die gebeur....



Dis goeie nuus. Daar is 'n hele paar mense wat wag vir die wonderwerk om te gebeur. Ek wonder net wanneer?


Wanneer Martin Welz dit in die hande kry dalk? Dit is indien Noseweek enigsins daarin sou belangstel.

Wie weet, dalk stel Deon Maas belang?

Ek sal nie weet wanneer nie.

_________________
“As soon as the lunatics start running the asylum you have big problems.” - Nick Fry (CEO - Mercedes GP Petronas Formula One Team)

“I must be crazy to be in a loony bin like this.” - Jack Nicholson (One Flew Over the Cuckoo's Nest)


Top
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 138 posts ]  Go to page Previous  1, 2, 3, 4, 5, 6 ... 10  Next

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 4 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Search for:
Jump to:  




South Africa's Top Sites Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
Style edited by LEE for phpBB3