Tuisblad   Wie is ons?   Argief   Soek Artikels   Beknopte Index   Registreer  Hulpstaaf   Foto's  
Login   Register    FAQ    Search
It is currently Fri Sep 10, 2010 6:44 pm

All times are UTC + 2 hours

Post new topic Reply to topic  [ 138 posts ]  Go to page Previous  1, 2, 3, 4, 5, 6, 7 ... 10  Next
Author Message
 Post subject:
PostPosted: Mon Oct 08, 2007 10:55 am 
Offline

Joined: Fri Oct 28, 2005 6:01 pm
Posts: 13278
Location: Kaapstad
Jean wrote:
mari wrote:
Nathan se wonderwerk is aan die gebeur....

Dis goeie nuus. Daar is 'n hele paar mense wat wag vir die wonderwerk om te gebeur. Ek wonder net wanneer?

Wat? Gaan Nathan 'n kerk stig?
Waar het ek dit mis gelees?

_________________
Elke dag is mooi

http://www.oepsadysie.co.za

Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Mon Oct 08, 2007 11:20 am 
Offline
User avatar

Joined: Sat Oct 06, 2007 5:50 pm
Posts: 103
Location: Teatro Alla Scala
Annette wrote:
Jean wrote:
mari wrote:
Nathan se wonderwerk is aan die gebeur....

Dis goeie nuus. Daar is 'n hele paar mense wat wag vir die wonderwerk om te gebeur. Ek wonder net wanneer?

Wat? Gaan Nathan 'n kerk stig?
Waar het ek dit mis gelees?

Nee, nee, nee hy gaan dalkies die sluier lig oor 'Secret societies and occult brotherhoods'......

So suffer a little longer dear children...

Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Tue Oct 09, 2007 2:25 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sat Jun 03, 2006 2:39 pm
Posts: 6361
Location: Planeet Aarde
Elimelek skryf: "2. Wat is die toekoms van die karakter "Nathan Bond" na aanleiding van alles wat gebeur het? Geloofwaardigheid is 'n moeilik om te verkry as 'n mens dit verloor het. Is dit nie dalk tyd om vir Nathan vaarwel te roep nie?"

My mening: Well said sir! Inderdaad!

_________________
"Religion is the masterpiece of the art of animal training, for it trains people as to how they shall think." - Schopenhauer

Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Tue Oct 09, 2007 2:40 pm 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 13289
Location: Weskaap
Estian Bosch wrote:
Elimelek skryf: "2. Wat is die toekoms van die karakter "Nathan Bond" na aanleiding van alles wat gebeur het? Geloofwaardigheid is 'n moeilik om te verkry as 'n mens dit verloor het. Is dit nie dalk tyd om vir Nathan vaarwel te roep nie?"

My mening: Well said sir! Inderdaad!

Miskien het die karakter Nathan Bond die boodskap gekry en daarom is dit dat hy so stil is. Die raad om Nathan Bond en TART te begrawe is ook vanuit voorheen goedgesinde bronne aan hom oorgedra.

Anders sou ons seker al van hom gehoor het.

Iemand anders stel dit so:
Ek dink dit sal 'n goeie ding wees as Nathan Bond en TART 'n salige dood sterf - 'n groot jammerte want dink net wat hy kon bereik het om mense se oë oop te gemaak het. Maar nou het hy alles gekanselleer en sal hy nooit weer enige geloofwaardigheid hê nie. Wat hy daarin sê, sal mense nie eens lees nie. Die delete-knoppie sal van nou af oortyd werk.

So verander dinge. Dit is nou maar die verloop van die ou lewe. Net nou die dag nog skryf Nathan op Kletskerk

Quote:
Uûûûhhhhh-ûh!

TART word tans in oorleg met derde partye verander. Anders as julle-weet-Wie is hiér 'n opstanding wat werklik gaan plaasvind! Klaarblyklik is daar 'n paar mense wat reken TART maak 'n bydrae! Nou kan jy meer!?

Daar is baie goeie intellektuele gronde om, byvoorbeeld, die opstanding van TART Remarks te bely.

_________________
We must move out again into the open air of intellectual discussion with the world, and risk shocking people if we are to cut any ice. - Dietrich Bonhoeffer

Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Tue Oct 09, 2007 3:48 pm 
Offline

Joined: Wed Mar 22, 2006 3:45 pm
Posts: 463
Ek was nog nooit 'n aanhanger of bewonderaar van die heer Bond nie, inteendeel. Maar dit is nie vir my duidelik, uit wat tot dusver op KK gese is, hoe die optredes van die "regte mens" agter Bond die intellektuele geloofwaardigheid van Nathan B se argumente raak nie.

Soos dit my lyk, staan die Bond-karakter op sy eie.

Maar dit is weereens 'n geval van, party mense hier weet wat gebeur het en ander - soos ek - moet staatmaak op die bietjie inligting wat op KK verskyn het.

So, miskien is die mense reg wat dink dat NB se geloofwaardigheid daarmee heen is.

Gerhard

Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Tue Oct 09, 2007 4:21 pm 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 13289
Location: Weskaap
Wat die onderhandelings oor TART en Nathan se drome oor TART se toekoms betref was daar die afgelope jaar baie nuwe planne en idees wat skynbaar nie uitgewerk het nie.

Die feit dat nie gerealiseer het nie beteken natuurlik nie noodwendig dat dit nie eerlike pogings was nie. Dit is ook nie die eerste projek van hom wat platgeval het nie. Van die ander projekte se besonderhede is ook bekend.

Op 23 Januarie vanjaar skryf Nathan Bond aan een van sy korrespondente: “Ons wil TART Remarks uitbou en insluit; verskeie blogs en 'n professionele webwerf onderhou; gereelde persverklarings uitreik; kommentaar lewer in bekende publikasies; 'n uitgewery op die been bring, en so meer.

Dit was glo nadat hy met iemand anders gesels het oor die moontlikheid om 'n fonds tot stand te bring om lesingtoere en so meer te reël, en om Skeptic SA uit te bou. Hy het toe gesê hy meen ‘n deeglike sakeplan behoort voorberei te word, en het volgens hom reeds daarmee begin.

Dit word in April laat vaar na verder gesprekke.

Hy vind skynbaar ‘n nuwe sakevennoot en op 14 Mei skryf hy in TART

Quote:
May 14, 2007 Vol 2 No 16

Publisher’s note
I am negotiating the sale of TART Remarks to a like-minded publisher with the resources to expand the magazine beyond my expectation. Therefore I ask readers to bear with possible irregular editions for May and June.
At this time I wish to thank my readers for illimitable support – both personally, and for the concept of TART’s in your face objection to religion’s illegitimate influence in our world.
Be certain, be very certain, that I will never compromise the small but growing influence of TART. Not even for pecuniary progression... and I do boast a small, but proud reputation for not yielding to Midas.
The cover of this edition has been fermenting in my mind for a very long time. I am frequently told that I am fighting stooges (Afrikaans: strooipoppe), that I am continuously missing the real target; that “God” is not the kinda guy I think he is.

En sowat drie maande later op 6 Augustus op KK:

Quote:
TART word tans in oorleg met derde partye verander. Anders as julle-weet-Wie is hiér 'n opstanding wat werklik gaan plaasvind! Klaarblyklik is daar 'n paar mense wat reken TART maak 'n bydrae! Nou kan jy meer!?

Daar is baie goeie intellektuele gronde om, byvoorbeeld, die opstanding van TART Remarks te bely.

_________________
We must move out again into the open air of intellectual discussion with the world, and risk shocking people if we are to cut any ice. - Dietrich Bonhoeffer

Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Tue Oct 09, 2007 5:03 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Apr 10, 2006 10:22 am
Posts: 6063
Location: Cabo da Boa Esperança
Jean wrote:
Miskien het die karakter Nathan Bond die boodskap gekry en daarom is dit dat hy so stil is. Die raad om Nathan Bond en TART te begrawe is ook vanuit voorheen goedgesinde bronne aan hom oorgedra.

Dalk sit hy al saam met Leroy Tecumseh van Buren ('n NB-skepping) bínne in (die sewer) Manhole (sic).

Iemand moet nou nog net die deksel opsit en 'n locking device aanbring. Toxic waste, en so aan.

En so sien Drieswan Baard toe sy selfgeskepte gat!

Ek verlekker my geensins daaraan nie.

The show must, and it will, go on. With or without Drewan Baird.

_________________
“As soon as the lunatics start running the asylum you have big problems.” - Nick Fry (CEO - Mercedes GP Petronas Formula One Team)

“I must be crazy to be in a loony bin like this.” - Jack Nicholson (One Flew Over the Cuckoo's Nest)

Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Tue Oct 09, 2007 8:59 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sun Feb 12, 2006 9:21 pm
Posts: 1643
Location: Swartland - Boland
Barend , Jean :

Jammer dat ek nou eers antwoord. Ek het verwag dat NB sou reageer. Barend, ek het nie gedink dat Ben du Toit by so iets betrokke sou raak nie en ja, hy verteenwoordig ‘n kerk.
Quote:
Elimelek skryf: "2. Wat is die toekoms van die karakter "Nathan Bond" na aanleiding van alles wat gebeur het? Geloofwaardigheid is 'n moeilik om te verkry as 'n mens dit verloor het. Is dit nie dalk tyd om vir Nathan vaarwel te roep nie?"

Well said sir! Inderdaad!

My mening : Sluit die hoofstuk af, maak die boek toe. Daar is lesse te leer en ek dink een van die lesse is juis geloofwaardigheid in dit wat jy skryf. Al verskil ons, hoekom nie, al word ‘n ou soms kwaad, hoekom nie, ons is almal net mense.

Ek dink KK se karakter is groter as die insident.

Sella.

_________________
http://www.woes.co.za > boekwinkel>Bart
"Resentment is like taking poison and waiting for the other person to die.” - Nelson Mandela

Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Tue Oct 09, 2007 9:47 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Apr 10, 2006 10:22 am
Posts: 6063
Location: Cabo da Boa Esperança
Snaaks wie almal nou deel is van daardies wat Barrabas se vryheid bo die van Jesus s'n verkies het.

Hier is 'n waskom, hier's water, dè, was julle hande maar ........, en bêre maar nou die ou talentjie onner 'n klip!

O nee, maar dis nie diesjêlfde nie, ons is nie almal sóó nie ...... :roll:

Ja, môre Oom, daar lê 'n muis, dood. - Ou Afrikaanse gesegde

_________________
“As soon as the lunatics start running the asylum you have big problems.” - Nick Fry (CEO - Mercedes GP Petronas Formula One Team)

“I must be crazy to be in a loony bin like this.” - Jack Nicholson (One Flew Over the Cuckoo's Nest)

Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Tue Oct 09, 2007 9:52 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sat Feb 18, 2006 9:59 pm
Posts: 1496
Location: Kolonie
Ek wonder tot watter mate het KletsKerk se lede deelname gehad aan die status/aansien/populariteit/kredietwaardigheid - die skep van die Bond beeld, wat aanvanklik op Sênet 'n seepkissie gehad het, maar later hier 'n hele "gemeente" kon vermaak het.
By popular demand miskien?

Ek dink nog steeds die intellek agter die Bond beeld is begaafd. Blykbaar egter net nie op alle gebiede nie - anders sou hy nie gestruikel het nie.

Hierdie petalje laat my dink aan die vraag wat handel oor hoe groot die gat sal wees in die emmer water as jy jou vinger daarin gedruk het en weer uittrek ...

Kinner

_________________
I Don’t Know and You Don’t Either. Hê... hê... hê... hê... hê... hê... hê...

Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Tue Oct 09, 2007 10:17 pm 
Sidney wrote:
Snaaks wie almal nou deel is van daardies wat Barrabas se vryheid bo die van Jesus s'n verkies het.

Hier is 'n waskom, hier's water, dè, was julle hande maar ........, en bêre maar nou die ou talentjie onner 'n klip!

O nee, maar dis nie diesjêlfde nie, ons is nie almal sóó nie ...... :roll:

Ja, môre Oom, daar lê 'n muis, dood. - Ou Afrikaanse gesegde

Sidney

Nathan Bond WAS Kletskerk, onthou?

Die ikoon, op KK, van freedom of spreech/screetch.

Hy het altyd een of ander spesiale dispensation van die moderator gekry, maak nie saak watse nonsens hy (NB) geskryf het of hoe bombasties hy dit verwoord het nie.

Onthou jy met watse trompetgeskal elkeen van Nathan se gesprekke, Tweegesprekke et al hier op KK verkondig is?

Daar was waarde geheg aan NB se bydraes suiwer omdat vanaf NB gekom het.

Op die keper beskou, insoverre ek 'n keper tot my beskikking het, sou ek slegs dievolgende toevoeg:

Nathan Bond, in all his guises, took an almighty amount of people for the ride of their lifetime. But they were enthusiastic passengers.

And for that, they have no-one else to blame except their own misplaced enthusiasm, misjudgement and idiocy.

Gotsk!!!

Godiote!!

He was right, in the end.

We are all total idiots.

Top
  
 Post subject:
PostPosted: Tue Oct 09, 2007 10:28 pm 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 13289
Location: Weskaap
Kinner wrote:
Hierdie petalje laat my dink aan die vraag wat handel oor hoe groot die gat sal wees in die emmer water as jy jou vinger daarin gedruk het en weer uittrek ...

Kinner

Kinner ek dink elkeen van ons deelnemers word op 'n manier deur die res geweeg en beoordeel. Daarom word sommige se insette ernstig opgeneem en ander s'n nie. Aan ander steur mens jou gewoon glad nie meer nie.

In Nathan se geval het hy ongetwyfeld baie keer goed gesê wat mens laat dink het. Om dit te ontken sal gewoon oneerlik wees. Ongelukklig het sy styl dikwels van sy goeie argumente versmoor.

Nathan Bond was egter nog nooit die spil waarom KK gedraai het nie. Die lang tyd waarin hy afwesig was het dit bewys. Die forum het soos altyd aangegaan en ook nie minder deelnemers gelok nie.

Op die oomblik is die Nathan 'n onderwerp van bespreking maar dit sal ook weldra verbygaan.

_________________
We must move out again into the open air of intellectual discussion with the world, and risk shocking people if we are to cut any ice. - Dietrich Bonhoeffer

Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Tue Oct 09, 2007 10:35 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Apr 10, 2006 10:22 am
Posts: 6063
Location: Cabo da Boa Esperança
You're wrong. Not áll were exactly beguiled by the exhibit. On the contrary, many reprimanded the specimen, and in no uncertain terms. Taken for a ride (sic)? Yes! A last ride, almost as in Casey's Last Ride, but not quite.

_________________
“As soon as the lunatics start running the asylum you have big problems.” - Nick Fry (CEO - Mercedes GP Petronas Formula One Team)

“I must be crazy to be in a loony bin like this.” - Jack Nicholson (One Flew Over the Cuckoo's Nest)

Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Tue Oct 09, 2007 11:10 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sun Jun 11, 2006 4:12 pm
Posts: 1688
Location: Noordwes
Wat ek nou die dag in 'n pb aan 'n deelnemer geskrywe het, dink ek is hier steeds van toepassing - t.o.v NB en sy willing passangers: Wat jy saai sal jy maai. Hopelik leer almal iets hieruit - veral om mekaar met groter respek en eerlikheid te hanteer ... sodat integriteit iets van sy merk op ons almal laat.... :!:

_________________
"Op Avontuur saam met Hom"
"To be a monk is to be alone with the Alone"

Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Wed Oct 10, 2007 12:33 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sat Jun 03, 2006 2:39 pm
Posts: 6361
Location: Planeet Aarde
Jean skryf: "In Nathan se geval het hy ongetwyfeld baie keer goed gesê wat mens laat dink het. Om dit te ontken sal gewoon oneerlik wees. Ongelukklig het sy styl dikwels van sy goeie argumente versmoor.

Nathan Bond was egter nog nooit die spil waarom KK gedraai het nie. Die lang tyd waarin hy afwesig was het dit bewys. Die forum het soos altyd aangegaan en ook nie minder deelnemers gelok nie.

Op die oomblik is die Nathan 'n onderwerp van bespreking maar dit sal ook weldra verbygaan.
"

My mening: Kletskerk het gesprekke rondom "God"e as kern. "God"e is mensgemaak. Enige "God", insluitend Nathan Bond, is mensgemaak. Deelnemers het vrye keuses (wil) om "God"e te volg en te aanbid, of nie. Sommiges het blind in Nathan Bond geglo op dieselfde wyse as wat Christene byvoorbeeld in hul 3-enige "God" glo.

Die enigste verskil tussen Nathan Bond en die Christen-"God" is dat daar genoeg tyd was om Nathan te ontbloot.

Dominees wat mense, tot hul eie voordeel, rondom die Christen-"God" mobiliseer voel veilig teen ontbloting vir die eenvoudige rede dat niemand lank genoeg sal lewe om hul bedrog te ontbloot nie.

Nathan Bond, het, wat my aanbetref, ironies, deur sy eie optrede, dié grootste en belangrikste bewys téén blinde geloof in 'n "God" gelewer. Nathan is gekruisig. Ek hoop net dat die Christen-"God", en al die smouse daarvan (dominees) ook eendag op soortgelyke wyse ontbloot en gekruisig sal word. Nathan Bond het, a la Jesus, gesterf sodat rede kan leef.

Tyd, en niks anders nie, is egter aan daardie "God", en smouse, se kant.

_________________
"Religion is the masterpiece of the art of animal training, for it trains people as to how they shall think." - Schopenhauer

Top
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 138 posts ]  Go to page Previous  1, 2, 3, 4, 5, 6, 7 ... 10  Next

All times are UTC + 2 hours

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 7 guests

You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Search for:
Jump to:  

South Africa's Top Sites Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
Style edited by LEE for phpBB3