Tuisblad   Wie is ons?   Argief   Soek Artikels   Beknopte Index   Registreer  Hulpstaaf   Foto's  
Login   Register    FAQ    Search
It is currently Fri Sep 10, 2010 7:23 pm

All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 138 posts ]  Go to page Previous  1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8 ... 10  Next
Author Message
 Post subject:
PostPosted: Wed Oct 10, 2007 1:37 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sat Oct 06, 2007 5:50 pm
Posts: 103
Location: Teatro Alla Scala
Estian Bosch wrote:
[b] Nathan Bond het, a la Jesus, gesterf sodat rede kan leef.[/b


Wat help 'rede' as dit nie gepaard gaan met gesonde verstand en oordeel nie.


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Wed Oct 10, 2007 2:04 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sun Jun 11, 2006 4:12 pm
Posts: 1688
Location: Noordwes
Stiaantjie
Quote:
Nathan Bond, het, wat my aanbetref, ironies, deur sy eie optrede, dié grootste en belangrikste bewys téén blinde geloof in 'n "God" gelewer.

He he he...jy is gerook of getrek ne? Want jou redenasie hieroor maak GEEN sin nie. :roll: Jy het êrens gehoor van 'n bel wat hang maar gn clue oor hoe om die klok aan die lui te kry nie. :lol:

_________________
"Op Avontuur saam met Hom"
"To be a monk is to be alone with the Alone"


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Wed Oct 10, 2007 2:08 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed Feb 07, 2007 12:59 pm
Posts: 1214
Location: Kaapstad
Estian Bosch wrote:
Nathan Bond, het, wat my aanbetref, ironies, deur sy eie optrede, dié grootste en belangrikste bewys téén blinde geloof in 'n "God" gelewer. Nathan is gekruisig. Ek hoop net dat die Christen-"God", en al die smouse daarvan (dominees) ook eendag op soortgelyke wyse ontbloot en gekruisig sal word. Nathan Bond het, a la Jesus, gesterf sodat rede kan leef.


Natuurlik stem ek nie saam met aspekte van die stelling nie maar dit is wragtig oulik gestel. Mooi man.:lol:

Groete
Johan

_________________
Believing there is no God gives me more room for belief in family, people, love, truth, beauty, sex, Jell-o, and all the other things I can prove and that make this life the best life I will ever have. - Penn Jillette


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Wed Oct 10, 2007 3:22 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Apr 10, 2006 10:22 am
Posts: 6063
Location: Cabo da Boa Esperança
Wat het Drewan Baird, so vier of wat jare gelede, genoop om die pen op te neem en onder die skuilnaam Nathan E. Bond te begin skryf? Hy het immers nie vóór daardie tyd homself besig gehou met geskrifte soos TART Remarks wat die lig gesien het nie. Nee, hy was nie eens (altyd) by sake van religieuse belang betrokke nie. 'n Eiendomsagent was hy al (voltyds of deeltyds weet ek nie) en daar is gerugte van ander transaksies wat blykbaar nie altyd na wense verloop het nie. Mense in sy tuisdorp wat die naam Drewan Baird ken, en geen benul eers van 'n karakter met die naam Nathan Bond het nie, of van sy besondere skryftalent weet nie, sal maklik sê jy moet lig loop vir daai man! Baird weet dit. Maar hy weet ook dat hy oor uitstekende grammatika-vaardighede - en met 'n goeie agtergrondkennis van die motiverings agter, byvoorbeeld, Die Bybel, Dawkins et al, ensovoorts - beskik. Sy diksie wat van hoogstaande gehalte is en wat nie sómmer as "gladdebek"-uitsprake uitgeken sal word nie. Sy "talente" is aan hom bekend.

Maar wat nou?

Daar's 'n Franse gesegde wat lui: "l'occasion fait le larron" (the opportunity creates the thief), en ek herinner my aan die 1965-fliek, "Once a Thief", met Alain Delon in die hoofrol.

Drewan Baird het, toe sy planne begin opraak in die veld waar hy hom voorheen bevind het, vir homsélf 'n núwe geleentheid geskep waar hy as Nathan E. Bond, soos vertolk deur homself en vír homself, die "romantiese" hoofrol in "Carry On Thief", uit sy eie pen, te kon verseker. Alain Delon word nie alom beskou as 'n goeie akteur nie en, glo my, Drewan Baird sal ook geen Oscar verdien vir sy manewales nie. "Carry On Thief" het uitgeloop op niks meer nie as 'n comedy of errors.

Ek vra die vraag, is hierdie persoon 'n gewoontemisdadiger of is hy nie?

_________________
“As soon as the lunatics start running the asylum you have big problems.” - Nick Fry (CEO - Mercedes GP Petronas Formula One Team)

“I must be crazy to be in a loony bin like this.” - Jack Nicholson (One Flew Over the Cuckoo's Nest)


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Wed Oct 10, 2007 8:43 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Aug 21, 2006 10:26 am
Posts: 5186
Location: Bloubergstrand
Ek wonder nou net...

Gaan almal nou op hierdie draad sit en bitch en bespiegel tot in lengte van dae; of gaan julle iets doen? Julle weet... soos in aksie neem. Woorde beteken minder as niks as mens dit nie deurvoer tot die praktyk nie.

O, en Kriskas, die lande lê leeg en die oes is missing. Respek? Eerlikheid? Integriteit?

Ja right!

K

_________________
Everybody wants to go to heaven; but nobody wants to die.


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Wed Oct 10, 2007 8:56 pm 
Offline

Joined: Tue Jan 16, 2007 5:06 pm
Posts: 114
Location: VanOorDieSee
batseba

as daar iets is wat ek kan doen, spreek die woord! indien ek kan sal ek met graagte help. jy weet hoe om my te kontak so doen dit gerus.

so by the way, ek ken 'n gemors wat met gemors deal. spreek die woord en ek gee jou sy persoonlike sel no.

spreek die woord ou girl dan kan ons wanneer alles afgehandel is met 'n glasie wyn lekker vry.

sterkte en groete

ekke


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Thu Oct 11, 2007 8:29 am 
Offline

Joined: Wed Mar 22, 2006 3:45 pm
Posts: 463
Sidney, wil jy se dat NB net 'n fasade was wat geskep is om die ou daaragter se verskuilde agendas te bevorder?

Genugtig. As dit so is, is daar 'n hengse klomp mense wat vir 'n ride gevat is, insluitende ons klomp "godiote".

En steeds swyg Bond in alle tale. Dis nou die ou wat daarop geroem het dat hy jou altyd die waarheid in jou gesig sal vertel, of jy daarvan hou of nie.

Gerhard


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Thu Oct 11, 2007 8:44 am 
Offline
User avatar

Joined: Sun Jun 11, 2006 4:12 pm
Posts: 1688
Location: Noordwes
Gerhard
Quote:
En steeds swyg Bond in alle tale. Dis nou die ou wat daarop geroem het dat hy jou altyd die waarheid in jou gesig sal vertel, of jy daarvan hou of nie.

Dit hang natuurlik af na wie se waarheid het NB verwys...syne, joune, myne, sy slagoffers s'n...... my gevoel is dat die man maar altyd homself en sy optrede sal regverdig. Hy is nie die vark nie, ons is...Dis sy waarheid.
Mens kry die neiging nogal heelwat in terapie - dat iemand nie accountable vir sy of haar eie dade en situasie wil wees nie, maar altyd die ewige slagoffer is.... :roll:

_________________
"Op Avontuur saam met Hom"
"To be a monk is to be alone with the Alone"


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Thu Oct 11, 2007 10:27 am 
Offline
User avatar

Joined: Mon Apr 10, 2006 10:22 am
Posts: 6063
Location: Cabo da Boa Esperança
Kriskras wrote:
Dit hang natuurlik af na wie se waarheid het NB verwys...syne, joune, myne, sy slagoffers s'n...... my gevoel is dat die man maar altyd homself en sy optrede sal regverdig. Hy is nie die vark nie, ons is...Dis sy waarheid.


Dit is dalk 'n eenvoudige manier om daarna te kyk, Kriskras. My opinie is dat dit veel meer kompleks is, of kan wees. Soos ek al vantevore gesê het, die man se sogenaamde "talente" is deur die bank opvallend en waar hy fouteer kan nie geredelik uitgewys word nie.

As jy egter sy geskrifte noukeurig bestudeer sal jy agterkom dat hy gewéldig baie die aanhalings van ander outeurs gebruik om sy eie "fênsie" woorde in te verpak. Neem nou daardie geskrifte as 'n geheel en stroop dit van al die aanhalings en eksterne idees en kyk waarmee jy oorbly: 'n aanmekaargerygde klomp, amper boheemse, woorde wat op hulle eie nie veel van die man se skeppingsoorspronklikheid sê nie, en niks meer is as slim camouflage nie.

Uit die aard van die saak word hierdie NB-kwessie alleenlik vanuit 'n Kletskerk-perspektief hier bespreek maar dit is duidelik dat KK nie die epicentre van die beweegredes ágter Nathan Endeavour Bond is nie. There's more than meets the eye, soos die Ingelse sal sê, en dit is my hoop dat die mense, geregistreerd sowel as onregistreerd, wat hier lees die saak verder sal, of kan, neem.

Om dit alles bloot onder te mat in te vee sou, myns insiens, ewe krimineel wees. Oneerlikheid is nie iets wat ek sommer ligtelik opneem nie, en mense wat klein sondetjies bely sodat jy moet dink hulle het nie groteres nie, maak my dik de bliksem in.

En ja, Gerhard, hy het vir baie, baie meer mense as net ek en jy en Jan Alleman vir 'n "ride" gevat. Hy het álmal wat hom gelees het, sowel as die persone wie hy so graag aanhaal en by witvoetjie soek, vir 'n "ride" - nie noodwendig 'n finansiële een nie - gevat.

_________________
“As soon as the lunatics start running the asylum you have big problems.” - Nick Fry (CEO - Mercedes GP Petronas Formula One Team)

“I must be crazy to be in a loony bin like this.” - Jack Nicholson (One Flew Over the Cuckoo's Nest)


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Thu Oct 11, 2007 10:52 am 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 13289
Location: Weskaap
Sidney wrote:
Om dit alles bloot onder te mat in te vee sou, myns insiens, ewe krimineel wees. Oneerlikheid is nie iets wat ek sommer ligtelik opneem nie, en mense wat klein sondetjies bely sodat jy moet dink hulle het nie groteres nie, maak my dik de bliksem in.


Dit is waarom ek het gehoop het Nathan sou self aan die gesprek deelneem en dat ons dit dan afhandel. Mens kan nie vir altyd derms uitryg nie. Een of ander tyd moet mens aangaan.

Maar hier is baie vrae gevra, beskuldigings gemaak en verdag gesaai. Ook teenoor my eie intensies om die draad te begin.

Daarom het ek vir Nathan reg aan die begin persoonlik genooi om deel te neem en self sy verhaal te vertel. Ek het he die indruk gekry hy gaan dit doen ook. Nou lyk dit nie meer so nie. Ek hoop steeds hy doen dit.

Dit laat my met die vraag wat nou met die draad?

Gaan die draad net oor Nathan Bond die karakter of gaan dit oor meer as dit? Moet die storie van die man agter die karakter ook vertel word of nie?

Sluit die vorige stories van jare gelede enigsins hierby aan of het dit niks met vandag te doen nie? Is daar 'n verband tussen toe en nou of nie? Dit is hieroor waaroor ek die laaste paar dae baie wonder en dink.

_________________
We must move out again into the open air of intellectual discussion with the world, and risk shocking people if we are to cut any ice. - Dietrich Bonhoeffer


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Thu Oct 11, 2007 11:03 am 
Offline
User avatar

Joined: Mon Mar 26, 2007 10:41 pm
Posts: 2010
Location: Johannesburg
Hi Bats,

Ek dink ek het so idee hoe jy (en sommige van die ander) nou voel, en jou verwagting vir justice and restitution is heel verstaanbaar.

My oud vennoot Tweedledee , ‘n uiters begaafde regs man , met ‘n paar uitgewysde hooggeregshof sake onder sy belt, vlug nou al sedert 1998, toe hy weer voet in die land gesit het, van dorp tot dorp met sy gesin.

Net gister dink ek weer aan hom en ek wonder hoe sy seuns, veral die oudste wat ‘n briljante kind is en wat groot ambisie en die vermoë gehad het om sy merk in die regte te maak met hul situasie cope. Ek wonder of hy nog saam met hulle is ...die laaste wat ek hom gesien het, het hy op ‘n sypaadjie gesit, onder ‘n straat lamp met ‘n linker voorarm wat aan flarde gesny was met ‘n skerp voorwerp...een van die littekens was ‘n pentagram ...en met ‘n geel plastiese sak langs hom waarin ‘n duur okkultiese glans tydskrif was. Hy was toe 17 en in die middel van sy matriek jaar. Ek het sy pa verwittig waar hy is en saam met hom gewag totdat hulle hom kom oplaai het en ...met ‘n afgeremde Mercedes en ‘n venter ...op pad na ‘n ‘nuwe’ dorp.

Ek dink dis ‘n baie erger vonnis is as wat enige hof hom sou opgelê het.

Die verdere down-side van die storie is dat hy nie mag praktiseer nie en a.g.v. die ‘op pak in die middel van die nag en hol bestaan’ wat hy voer het hy geen noemenswaardige verwysings nie, en op die ouderdom 53 is hy nou aangewese op verdagte survival tactics wat vir seker ander mense van tyd tot tyd seer maak.

Wat hom besiel het om met die trust rekenings te waai weet ek tot vandag toe nie...dit moes ‘n periode van waansin gewees het....ek weet nie...maar die lewe wat hy nou lei is hel en ek wens dit niemand toe nie.

Hoe jy ook al na jou justice en restoration uitsien, weet maar dat Nathan se lewe vorentoe baie maklik kan gaan draai waar Tweedledee hom tans bevind en dit insigself is sekerlik nie wat jy hom regtig toewens nie.

Vir Nathan, wat vir seker hierdie draad volg;

Nathan, maak asb. jou sake reg met die ouens hier op KK en elders. Ons almal vang studid goed aan van tyd tot tyd maar op die stadium van jou lewe kan jy nie bekostig om in die kolk van vernietiging te land waar Tweedledee hom bevind nie.

Maak kontak met die mense wat nou kwaad is en maak finansieel commitments waar nodig, wat nou haalbaar is, gegewe jou moeilike finansieele situasie en stick by daai reëlings...kom hel o high water.……en vertrou en ken jou familie in al hierdie en ander reëlings.

Sterkte vir die pad voorentoe. Onthou dis tydelik ....en as jy by jou commitments stick sal ander deure vir jou gaan oopgaan wat die afhandeling van die verpligtinge en pars tydperk bespoedig.

Groetnis Tweedledum


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Thu Oct 11, 2007 12:33 pm 
Offline
User avatar

Joined: Fri Aug 10, 2007 5:54 am
Posts: 12
Location: Waar ek staan met my kop in die sand.
lukas skryf:

Quote:
Maak kontak met die mense wat nou kwaad is en maak finansieel commitments waar nodig, wat nou haalbaar is, gegewe jou moeilike finansieele situasie en stick by daai reëlings...kom hel o high water.……en vertrou en ken jou familie in al hierdie en ander reëlings.


Wat jy se is, wees 'n man! Ja daar is baie wat deur moeilike tye anderkant uitgekom het, daar is beter, meer begaafde mense as hy, wat al die pad byster geraak het.

Wat ek hier sien is frustrasie met 'n persoon wat nie man genoeg is, om die wat hy koudbloedig ingeloop het, in die oe te kyk, EN die waarheid aan hulle te erken nie.

Net as ek vir hom jammer voel dan besef ek dat hy hierdie mense nogsteeds inloop. Man of muis?

Jean verwyder al my poste so ek weet nie of iemand hierdie gelees gaan kry nie. Jean besin mater.

AB

_________________
Favourite movie - Swindlers List


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Thu Oct 11, 2007 12:42 pm 
Offline

Joined: Wed Mar 22, 2006 3:45 pm
Posts: 463
Is Andrew Barr nie dalk Drewan Baird nie??

Gerhard


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Thu Oct 11, 2007 2:04 pm 
Gerhard54 wrote:
Is Andrew Barr nie dalk Drewan Baird nie??

Gerhard


Ek het juis gewonder waarom Andrew Barr my nie meer PM nie...

The thick plottens... :lol:


Top
  
 
 Post subject:
PostPosted: Thu Oct 11, 2007 2:09 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sat Oct 06, 2007 5:50 pm
Posts: 103
Location: Teatro Alla Scala
sonia c wrote:
Gerhard54 wrote:
Is Andrew Barr nie dalk Drewan Baird nie??

Gerhard


Ek het juis gewonder waarom Andrew Barr my nie meer PM nie...

The thick plottens... :lol:


Ons kon neefs gewees het ek wou flussies skryf 'the plot thickens'......


Top
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 138 posts ]  Go to page Previous  1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8 ... 10  Next

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 6 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Search for:
Jump to:  




South Africa's Top Sites Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
Style edited by LEE for phpBB3