Tuisblad   Wie is ons?   Argief   Soek Artikels   Beknopte Index   Registreer  Hulpstaaf   Foto's  
Login   Register    FAQ    Search
It is currently Thu Sep 09, 2010 6:10 am

All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 17 posts ]  Go to page 1, 2  Next
Author Message
 Post subject: Die Hel Kom...
PostPosted: Sun Oct 28, 2007 12:17 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Aug 21, 2006 10:26 am
Posts: 5183
Location: Bloubergstrand
Telkom...of Helkom? Eerder Helkom sou ék sê!!!

Ek trek vandag. My meubels trek more. En my ADSL konneksie...? Wel volgens Telkom trek dit eers na die 15de November! Fok!

So ek dag maar net ek sê baai vir nou. Ek sien julle weer....ééndag!

K '-)

_________________
Everybody wants to go to heaven; but nobody wants to die.


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Sun Oct 28, 2007 1:39 pm 
Offline

Joined: Fri Apr 28, 2006 7:14 pm
Posts: 1508
Location: down under
Voorspoed met die trek Batseba.
hoop nie jy kry "internet withdrawel symptoms" nie
:-)


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Sun Oct 28, 2007 2:09 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed Feb 07, 2007 12:59 pm
Posts: 1214
Location: Kaapstad
Ons trek ook more en dan trek ons weer terug oor sewe maande. Ons bou aan, dis hoekom. Na navraag het ek besluit om nie my ADSL te skuif nie. Telkom is net te treurig en die toegevoegde stres het ek nie nodig nie. Ek het maar breeband gereël vir die volgende paar maande. Hoop net dit gaan goed werk

Hier is dit chaos. Ons het sommer nog so klompie spaar kinders wat ons ook moet saamtrek. Vriende sin wat vassit in Frankryk oor die stakings daar.

Sterkte met jou trek ook Batsie.

Groete
Johan

_________________
Believing there is no God gives me more room for belief in family, people, love, truth, beauty, sex, Jell-o, and all the other things I can prove and that make this life the best life I will ever have. - Penn Jillette


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Sun Oct 28, 2007 3:55 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Aug 21, 2006 10:26 am
Posts: 5183
Location: Bloubergstrand
jcl wrote:
Ons trek ook more en dan trek ons weer terug oor sewe maande. Ons bou aan, dis hoekom. Na navraag het ek besluit om nie my ADSL te skuif nie. Telkom is net te treurig en die toegevoegde stres het ek nie nodig nie. Ek het maar breeband gereël vir die volgende paar maande. Hoop net dit gaan goed werk

Hier is dit chaos. Ons het sommer nog so klompie spaar kinders wat ons ook moet saamtrek. Vriende sin wat vassit in Frankryk oor die stakings daar.

Sterkte met jou trek ook Batsie.

Groete
Johan


Hey Johan!

Ek wil net sê... kinders het ook hande en arms. Gebruik hulle... :lol:

Lekker trek. Aan my kant is dit nog net die kantoor, (ek wil vannaand nog bietjie werk en klets voor ek my PC vir oulaas van die netwerk ontkoppel), en ons klere, dan is ek klaar... wê! :wink:

K

_________________
Everybody wants to go to heaven; but nobody wants to die.


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Sun Oct 28, 2007 4:12 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed Feb 07, 2007 12:59 pm
Posts: 1214
Location: Kaapstad
Wees bekommerd :wink: . Ek is sekerlik nou al baie na aan kindermishandeling. Die bloedjies bloei.

My grootste vrees is dat die treklorrie more net eenvoudig gaan verby hou as hulle sien wat kom. Maar nou ja. Oor nege maande is alles weer rustig. Anders as met ʼn swangerskap kan ek daarop geld sit.

Groete
Johan

_________________
Believing there is no God gives me more room for belief in family, people, love, truth, beauty, sex, Jell-o, and all the other things I can prove and that make this life the best life I will ever have. - Penn Jillette


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Sun Oct 28, 2007 4:18 pm 
Offline
User avatar

Joined: Thu Nov 17, 2005 3:18 pm
Posts: 4190
Location: Zuid-Afrikaansche Hoofstad van Porofense ya Bokone Bophirima
Einde November kom ek aan die beurt. Ek het nou die aand met 'n 3G-foon die sein by die nuwe adres gaan meet. Lyk my dit is maar aan en af daar :cry: .

Delf, ek is nou 6km nader aan jou en byna by die werk. Ek sal my been vir jou flits as jy in die oggende verby my ry!

Sterkte Bats en Ots! Ek bid vir julle, ek bedoel... break a leg of iets!

_________________
Hou jou beursie toe en jou kop oop!


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Sat Nov 03, 2007 10:50 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Aug 21, 2006 10:26 am
Posts: 5183
Location: Bloubergstrand
Telkom se gat.

Ek vat nie nee vir 'n antwoord nie. En ek het uithouvermoë. En ek is 'n knaende pyn in die gat.

.... en ek het my ADSL ...

K '-)

_________________
Everybody wants to go to heaven; but nobody wants to die.


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Sat Nov 03, 2007 11:05 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Jul 31, 2007 10:56 am
Posts: 658
Location: Nederland
Dag Batsie

Ek is bly jy kan weer asem haal.

:-)

Sok

_________________
"The reformer is always right about what is wrong. He is generally wrong about what is right." - Chesterton


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Sat Nov 03, 2007 11:10 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Aug 21, 2006 10:26 am
Posts: 5183
Location: Bloubergstrand
Hey Sokkie!

Asemhaal inderdaad! Dit het kompleet gevoel of my keel afgesny was in die paar dae wat ek nie aanlyn was nie. En nou kan ek weer werk ook. Ek het baie om in te haal. Op KK ook.

Ek sien ek het heelwat gemis...

K '-)

_________________
Everybody wants to go to heaven; but nobody wants to die.


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Sat Nov 03, 2007 11:20 pm 
Offline

Joined: Sun Jun 04, 2006 7:18 am
Posts: 1411
Wil jy nie vir ons 'n opsomming gee oor alles wat ons mis op KK nie - so blog - opgesom - sal baie tyd spaar...


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Sun Nov 04, 2007 11:58 am 
Offline
User avatar

Joined: Fri Oct 28, 2005 4:23 pm
Posts: 1037
Ek hoop julle daar onder in die beskawing tel so elke nou en dan julle se segeninge! Híér het ons internet sés wéke gevat, vandat ons die papiere ingevul het. Dis nadat die ou by die internet café gesê het, éíne Woche..
:twisted:


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Sun Nov 04, 2007 12:39 pm 
Offline
User avatar

Joined: Thu Oct 25, 2007 8:37 am
Posts: 248
Location: Grammadoelas
Batseba wrote:
Telkom se gat.

Ek vat nie nee vir 'n antwoord nie. En ek het uithouvermoë. En ek is 'n knaende pyn in die gat.

.... en ek het my ADSL ...

K '-)



:evil: :evil: :evil: ...you 'aint felt nothing yet...sit in Loobango en deel met elke flippen minuut se 'fibre breakdowns', 'degradation in services' of 'We are currently experiencing high latency on international traffic' en jy bekeer sommer so in 'two tieks' tot die onbekeerlike.

_________________
Laugh as much as you breathe and love as long as you live.


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Mon Nov 05, 2007 12:39 am 
skaap trek einde november. nuwe lyn is op selfde sentrale.

"transfer" behoort dus glad te verloop, of hoe?

transfer request is ingedien...

the adventure begins...

skaap hoop hy gaan nie met mint en roos maryn op telkom se spit bedien word nie.


Top
  
 
 Post subject:
PostPosted: Mon Nov 05, 2007 7:05 am 
Offline
User avatar

Joined: Thu Nov 17, 2005 3:18 pm
Posts: 4190
Location: Zuid-Afrikaansche Hoofstad van Porofense ya Bokone Bophirima
My trek het toe 'n maand vroeër soos 'n groot maag-dinges gekom. Maar ek is bly. Toe ek weer sien is Carl Sagan en die Bybel in die mouter gelaai, en daar gaat ek. Dinsdag is ek heeltemal klaar getrek.

3G is beter hier as in die annerkant van die dorp.

Ou Bats, as Helkom jou lam maak, kla op Hello Peter. :twisted:

Sterkte, Wolfie
PS. Bruinskaap, wat moet ek nou eet?

_________________
Hou jou beursie toe en jou kop oop!


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Mon Nov 05, 2007 9:47 am 
Offline
User avatar

Joined: Mon Aug 21, 2006 11:01 pm
Posts: 2686
Plaaswolfie wrote:
My trek het toe 'n maand vroeër soos 'n groot maag-dinges gekom. Maar ek is bly. Toe ek weer sien is Carl Sagan en die Bybel in die mouter gelaai, en daar gaat ek. Dinsdag is ek heeltemal klaar getrek.

3G is beter hier as in die annerkant van die dorp.



Laat my weet waar jy nou bly sodat ek die traktaaitjie bende kan laat weet. (Ek het 'n spaar posbus ook.. :lol: )

3G ? Watse 3G ? Laasweek was die sein verby pateties in die dorp gewees. Op die plaas nog steeds boggerol.

_________________
...As U die Christus is, sê vir ons. En Hy antwoord hulle: As Ek vir u sê, sal u tog nie glo nie. - Luk 22:67

En Ek sal strafgerigte oefen aan al die gode van Egipte, Ek, die HERE. - Ex 12:12


Top
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 17 posts ]  Go to page 1, 2  Next

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 4 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Search for:
Jump to:  




South Africa's Top Sites Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
Style edited by LEE for phpBB3