Tuisblad   Wie is ons?   Argief   Soek Artikels   Beknopte Index   Registreer  Hulpstaaf   Foto's  
Login   Register    FAQ    Search
It is currently Fri Sep 10, 2010 6:42 pm

All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 62 posts ]  Go to page 1, 2, 3, 4, 5  Next
Author Message
 Post subject: KLETSKERK VIR BEGINNERS
PostPosted: Tue Oct 16, 2007 3:21 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sat Oct 29, 2005 4:20 pm
Posts: 6224
Location: Sheol (Ou Testamentiese doderyk)
:idea:

In hierdie aardige dae waarin ons onsself bevind (die van ons wat n self het). sou ek dit waardeer as ons hierdie n draad kon gebruik vir tips aan nuwe kletsers oor hoe om kletskerk te speel. Wat wens julle het julle geweet toe julle hier aangeland het? Wat sou jy vanuit jou eie ervaring vir nuwe kletsers wou noem, insoverre dit volgens jou goeie raad sou wees. Voeg gerus julle eie idees by myne en voel vry om wat ek hier opbring te ignoreer.

Image

WC se tips vir nuwe kletsers

(Hierdie is nie bevele of voorskrifte nie, net voorstelle wat julle kan ignoreer na hartelus)

1) Vergeet van die naam van hierdie forum. Hierdie is nie n kerk nie en nie almal is Christene nie. Jy sal hier die uiterste meningsverskille, persoonlikhede, en manier van doen raakloop. Sien dus hierdie forum as n grepie uit die wereld soos dit daarbuite is eerder as n die wereld soos jy dit graag sou wil he

2) As jy n Christen is, weet daar is enersyds ander christene wat van jou gaan verskil en ateiste wat dinge gaan kwytraak wat jou mag aanstoot gee. Weet dit byvoorbaat en, eerder as om dit as n irritasie te sien, beskou dit as n oeferning vir jou sendingwerk in die werklike lewe daarbuite. As jy hier kan cope kan jy enige plek regkom.

3) As jy n ateis is en n siek behoefte het om aanstoot te gee, doen die res van ons atties n guns en bedwing jouself. Moenie deur gevloek of ander obsene opmerking Christene versterk in hulle vermoede dat ateiste eintlik undercover sataniste is nie. Skoktaktiek gaan niemand oortuig van wat jy meen hulle behoort te weet nie.

4) Moenie te gou oordeel nie. Dit sal goed wees as jy as nuweling eers die vorige postings van ander kletsers hier gaan lees sodat jy nie n idee van hulle kry wat nie stem met wat hulle eintlik is nie. Ons het almal n storie en jy sal die ander kletsers meer waardeur as jy n pad in sy of haar skoene gestap het - of langsaan.

5) Probeer net vir een oomblik in jou lewe die saak van die ander persoon se kant af sien - al is dit net ter wille van die argument. Niemand is moedswillig stupid of lasterlik soos dit vir jou mag lyk nie en almal het n pad in hulle eie denke gestap wat hule laat skryf soos hulle doen.

6) Skryf asb onder net een verbruikersnaam.

7) Moenie dink jy gaan Kletskerk hervorm nie. As jy hier inval gewapen met kennis van n klomp gunsteling christelike of ateistiese bronne, moenie verwag jou herhaling daarvan hier gaan ander oortuig nie. Een ding wat nuwe kletsers ontnugter is die idee dat as jy net vir mense mooi uitspel hoe jy dink sal almal sien jy is reg. Not gonna happen - ons val almal vir daai een en is almal gevangenes van ons eie subjektiewe verwysingsraamwerke.

8 ) Verwag misverstand, beide van wat jy skryf en misverstand deur jou van wat ander skryf. Onthou, vir meeste mense hier is sielkundige oorlewing alles en geluk belangriker as waarheid. Mense praat verby mekaar want niemand kan hulleself so ver kry dat ook hulle dalk net so clueless is soos wat ander vir hulle oorkom nie.

9) Los vir Jean uit en moenie dit persoonlik opneem as mense nie op alles wat jy skryf so reageer soos jy gehoop het nie. Hier kan enige iets gebeur.

10) Neem alles wat WC skryf met n knippie sout. Hy is in gesprek met homself. Moenie laat hy jou enigsens intimideer nie maar moet ook nie sy rantings net afskiet nie - dit gaan eendag terugkom om by jou te spook en eers dan sal jy begrip en waardering he vir wat die fool hier probeer aanvang.

11) Moenie alles wat jy op die internet lees glo en omdat dit saamstem wat vir jou reg lyk nie. Daar is tonne idees daarbuite wat mense dink omdat dit deur n goeie of slim persoon geskryf is of bloot op n respektabele site verskyn dit feitlik is.

12) Lirieke / Lyrics
© woorde en musiek: Koos du Plessis

EK KEN 'N OU OU LIEDJIE
VAN LEWENSWEL EN WEE
VAN LANK-VERGANE SKEPE IN
DIE KELDERS VAN DIE SEE

DIE WOORDE IS VERGETE
EN TOG, DIE DEUNTJIE DRAAL
SOOS VAAG-BEKENDE GREPIES IN
'N BAIE OU VERHAAL

KOOR:
VAN SWERWERS SONDER RIGTING
VAN SOEKERS WAT NOOIT VIND
EN EINDELIK WAS ALMAL MAAR
NET KINDERS VAN DIE WIND

GESIGTE, DROME, NAME
IS DEUR DIE WIND VERWAAI
EN WAARHEEN DAARDIE WOORDE IS
SOU NET 'N KIND KON RAAI

KOOR:
SWERWERS SONDER RIGTING
SOEKERS WAT NOOIT VIND
EN EINDELIK WAS ALMAL MAAR
NET KINDERS VAN DIE WIND


:wink:

_________________
There ain't no answer.
There ain't gonna be any answer.
There never has been an answer.
That's the answer.

--Gertrude Stein


Last edited by Wedergestorwe Christen on Tue Oct 16, 2007 3:32 pm, edited 2 times in total.

Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Tue Oct 16, 2007 3:40 pm 
Offline
User avatar

Joined: Fri Feb 09, 2007 11:32 am
Posts: 2452
13) As heelwat KK'ers nie met jou saamstem nie, beteken dit nie dat daar 'n sameswering teen jou aan die gang is nie, of dat 'n sekere groep "opteam" teen jou nie. Dit beteken slegs dat baie mense van jou verskil.

(Maw, jy is waarskynlik verkeerd.) :wink:


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Tue Oct 16, 2007 3:45 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Aug 21, 2006 11:01 pm
Posts: 2686
12b) Net WC is geoorloof om met gesag lirieke te plaas, verkieslik vanaf die blockbuster Watership Down.

13) Leer woorde soos "satansgeval", "waterkoppie", en "weskoppies-pasient" aan en maak dit jou eie.

14) Moet nooit, ooit erken dat jy jag, al gejag het, of wil jag nie. Nooit nie.

15) AnswersinGeneses tel nie as 'n verwysing nie.

16) Die woord moffie is nie 'n belediging vir moffies nie.

_________________
...As U die Christus is, sê vir ons. En Hy antwoord hulle: As Ek vir u sê, sal u tog nie glo nie. - Luk 22:67

En Ek sal strafgerigte oefen aan al die gode van Egipte, Ek, die HERE. - Ex 12:12


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Tue Oct 16, 2007 3:46 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed Feb 07, 2007 12:59 pm
Posts: 1214
Location: Kaapstad
17) Maak nie saak wat jy sê as 'n gelowige nie, moet net nie sê jy glo soos 'n kind nie. WC en Stefan sal kinderkrans rympies vir jou neersit en jou naam totaal gat maak. Jy sal nie weer iets skryf vir ten minste 'n maand daarna nie.

_________________
Believing there is no God gives me more room for belief in family, people, love, truth, beauty, sex, Jell-o, and all the other things I can prove and that make this life the best life I will ever have. - Penn Jillette


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Tue Oct 16, 2007 3:51 pm 
Offline
User avatar

Joined: Thu Nov 17, 2005 3:18 pm
Posts: 4190
Location: Zuid-Afrikaansche Hoofstad van Porofense ya Bokone Bophirima
18 ) Met tye nommer ons al die bydraes, God, vet en nugter alleen* weet hoekom.

* Aan WC ontleen.

PS. WC, jy't vergeet om nuwe gebruikers aan ons masturbatorium bekend te stel. Die draadtrekdraad. Voor jy kom oordeel oor hoe ander die hand in eie boesem steek, besoek liefs eers hierdie draad.

PPS. Moet om Jesus naam nie 'n quote binne 'n quote binne 'n quote quote nie.

_________________
Hou jou beursie toe en jou kop oop!


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Tue Oct 16, 2007 3:56 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sat Oct 29, 2005 10:58 am
Posts: 1395
Location: Suid Kaap
:idea: oppas vir labeltjies.... wat jy saai maai jy

:idea: laat weet tog maar van waar jy is.... daar mag dalk 'n KK braai om die draai van jou opduik......

:idea: en ja, ons kuier nie net kuber nie, maar ook face to face.... maar los dan die kuber kloue waar hulle hoort..... ( die kapenaars that is.... die valies het anderse braais bleikbaar........ )

:wink:
m

_________________
to yourself be true....


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Tue Oct 16, 2007 3:56 pm 
Offline
User avatar

Joined: Fri Feb 09, 2007 11:32 am
Posts: 2452
19) As jy bydrae tot 'n lysie maak, kyk tog dat jy nie 'n nommer wat al reeds gebruik is, weer gebruik nie.

Ja, ek kyk vir jou, Fila.


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Tue Oct 16, 2007 3:57 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sat Oct 29, 2005 4:20 pm
Posts: 6224
Location: Sheol (Ou Testamentiese doderyk)
jcl wrote:
17) Maak nie saak wat jy sê as 'n gelowige nie, moet net nie sê jy glo soos 'n kind nie. WC en Stefan sal kinderkrans rympies vir jou neersit en jou naam totaal gat maak. Jy sal nie weer iets skryf vir ten minste 'n maand daarna nie.

:lol:
:twisted:

Die bose kringloop van WC vs JCL gesprekke...

Image

:wink:

_________________
There ain't no answer.
There ain't gonna be any answer.
There never has been an answer.
That's the answer.

--Gertrude Stein


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Tue Oct 16, 2007 4:03 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sat Oct 29, 2005 4:20 pm
Posts: 6224
Location: Sheol (Ou Testamentiese doderyk)
20) Hierdie is nie n tip nie. Ek vier net double digits.

21) Hierdie is ook nie n tip nie. Ek vier net my tips se mondigwording.

22) As jy nie antwoorde het nie is daar altyd humor.

23) Meeste kletsers is eintlik genuinely nice mense as jy hulle eers beter leer ken. Kletskerk bring die beste en slegste uit mense uit.

24) Dis OK (maar damn swaar) om net te erken jy weet nie.

_________________
There ain't no answer.
There ain't gonna be any answer.
There never has been an answer.
That's the answer.

--Gertrude Stein


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Tue Oct 16, 2007 4:08 pm 
Offline
User avatar

Joined: Fri Feb 09, 2007 11:32 am
Posts: 2452
25) Jou versigtig uitgedinkte stukkie humor sal altyd 'n selfs skerper stukkie humor tot gevolg hê.

Jy het nooit die laaste sê nie.


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Tue Oct 16, 2007 4:10 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Aug 21, 2006 11:01 pm
Posts: 2686
Icon wrote:
25) Jou versigtig uitgedinkte stukkie humor sal altyd 'n selfs skerper stukkie humor tot gevolg hê.

Jy het nooit die laaste sê nie.


26) Nooit nie.

_________________
...As U die Christus is, sê vir ons. En Hy antwoord hulle: As Ek vir u sê, sal u tog nie glo nie. - Luk 22:67

En Ek sal strafgerigte oefen aan al die gode van Egipte, Ek, die HERE. - Ex 12:12


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Tue Oct 16, 2007 4:11 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed Feb 07, 2007 12:59 pm
Posts: 1214
Location: Kaapstad
27) Moenie 'n vark kies as 'n avatar nie dan vreet die WC's jou op. :wink:

_________________
Believing there is no God gives me more room for belief in family, people, love, truth, beauty, sex, Jell-o, and all the other things I can prove and that make this life the best life I will ever have. - Penn Jillette


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Tue Oct 16, 2007 4:11 pm 
Offline
User avatar

Joined: Fri Feb 09, 2007 11:32 am
Posts: 2452
Die Filadelfieer wrote:
Icon wrote:
25) Jou versigtig uitgedinkte stukkie humor sal altyd 'n selfs skerper stukkie humor tot gevolg hê.

Jy het nooit die laaste sê nie.


26) Nooit nie.


28) Waarhede wat kwytgeraak word, word oor en oor bewys.


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Tue Oct 16, 2007 4:13 pm 
Offline
User avatar

Joined: Fri Feb 09, 2007 11:32 am
Posts: 2452
29) 'n 8 met 'n regter-hakie word 'n 8)


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Tue Oct 16, 2007 4:14 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Aug 21, 2006 10:26 am
Posts: 5186
Location: Bloubergstrand
Waarskuwings aan nuwe deelnemers:

30) Pasop vir Dr Samuels (Nuwe Era Denkers) - Hy het ontsnap van Weskoppies. Hy is gewapen en gevaarlik. Moet hom ook nie vir tee ontmoet nie.

31) Pasop vir die Baas. Hy is 'n regverdige man, maar baie streng. Hy is ook bekend as Jean. As jy reeds meer as 7 keer by hom die kak was, (O ja, ons mag vloek ook), dan mag jy hom Baasjaan noem.

32) Pasop vir Batseba. Sy hou van vry. As jy 'n Ds of Gristenis is, sal sy jou agter die preekstoel insleep en jou misbruik tot jy smeek en bid om genade. As jy 'n ateis of agnos is, sal sy jou tot haar voordeel ge(mis)bruik in die openbaar en elders.

K

_________________
Everybody wants to go to heaven; but nobody wants to die.


Last edited by batseba on Tue Oct 16, 2007 4:23 pm, edited 1 time in total.

Top
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 62 posts ]  Go to page 1, 2, 3, 4, 5  Next

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 7 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Search for:
Jump to:  




South Africa's Top Sites Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
Style edited by LEE for phpBB3