Tuisblad   Wie is ons?   Argief   Soek Artikels   Beknopte Index   Registreer  Hulpstaaf   Foto's  
Login   Register    FAQ    Search
It is currently Fri Sep 10, 2010 7:47 pm

All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 158 posts ]  Go to page Previous  1 ... 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9 ... 11  Next
Author Message
 Post subject: Re: onner die boom...
PostPosted: Fri Feb 26, 2010 4:45 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed May 30, 2007 11:38 am
Posts: 3803
Location: Pretoria
Wat is dit wat jou so laat stres het, Karel Kat?

_________________
To make an apple pie from scratch, you must first invent the universe. (Carl Sagan)


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: onner die boom...
PostPosted: Fri Feb 26, 2010 6:55 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Jan 05, 2010 8:23 am
Posts: 638
Location: Jozi
Karel Kat wrote:
Bodhi vandag het ek my gat af gestress en gewens ek het die kalmte van Buddha lankal bemeester. Nou ja. Dan skink ek maar vir my 'n koppietjie groen tee voor ek die wyn oopmaak. :|



Vrydae is nogal "trying times". Dis wanneer mens kalmte in die gemoed wil vertroetel na 'n week se "stormsee". Boeddhas is ons ook nou nie, maar ons kan seker die aroma van die Boeddha kweek, of hoe?

Nou ja, 'n maklik manier is om bloot te konsentreer op jou asemhaling of na goeie musiek te luister en konsentreer op die note. Maar ander kere is 'n koppie groentee en 'n goeie glas rooi wyn blerrie lekker ontspannend.

So van die Boeddha gepraat; 'n gediggie vir die naweek:

BLOMME VIR BOEDHA

(ek) asem in (ek) asem
uit (ek) asem alles
in
en
uit
en ruik die trossie mimosamane
geel soos somer

en die stil stilte
voor jou voorhoof
soos somer in die middaguur

(ek) asem 'n somer stilte
en die reuk van trossie mimosamane
'n alles
in
en
uit
en
in


breyten breytenbach

uit Die ysterkoei moet sweet(Perskor)


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: onner die boom...
PostPosted: Fri Feb 26, 2010 11:44 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Nov 03, 2008 3:02 am
Posts: 3638
Ag Nostus He Donis wrote:
Wat is dit wat jou so laat stres het, Karel Kat?


Huis oordrag-moleste. Hopelik sal dit volgende week uitgesorteer word. Ek dink 'n paar mense in Sydney staar 'n blou Maandag in die gesig...en ek hoop dis nie ek nie. :mrgreen:

Dankie vir die gedig Bodhi.

_________________
I have yet to hear a man ask for advice on how to combine marriage and a career. - Gloria Steinem.


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: onner die boom...
PostPosted: Sat Feb 27, 2010 10:39 am 
Offline
User avatar

Joined: Tue Jan 05, 2010 8:23 am
Posts: 638
Location: Jozi
lees vandag so ietsie oor boeddhisme en kom toe op hierdie stukkie wysheid van vroue-boeddhis af;

Jane Hirshfield seven-word summary of Buddhism:
“Everything is connected.
Everything changes.
Pay attention.”


seker een van die korste en raakste beskrywings wat ek nog van boeddhisme gesien het


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: onner die boom...
PostPosted: Wed Mar 03, 2010 3:56 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Jan 05, 2010 8:23 am
Posts: 638
Location: Jozi
Gaan nou vir 'n rukkie nie onner die boom sit nie, maar kan seker so af-en-toe inloer om hallo te se of om ietsie te los; iets soos 'n klein haiku.

wolke wa' jy kyk
ma' op Fuji skyn die son
vlerke swiep daaroor


en vir vanaand drink ek 'n kamielie tee...ek ken nie de Afrikaans vir Camomile


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: onner die boom...
PostPosted: Wed Mar 03, 2010 8:11 pm 
Offline
User avatar

Joined: Thu Nov 12, 2009 9:04 pm
Posts: 216
Ja ou Bohdie

Moenie die waarheid soek nie. Hou net op om ander se opinie te waardeer.

Ek drink 'n Hibiscus teetjie langs die waterstroompie.


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: onner die boom...
PostPosted: Thu Mar 04, 2010 3:43 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Jan 05, 2010 8:23 am
Posts: 638
Location: Jozi
Attie

Sorry wens ek kon doen wat jy vra; ma' ander mense se opinies is belangrik vir my. en wys my nou iemand wat nie waarheid soek nie?

geniet die Hibiscus teetjie langs die waterstroompie. vandag het ek 'n ryswyntjie langs die pad geniet en more 'n groenteejie.

(burp) en so gaan dit maar...


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: onner die boom...
PostPosted: Thu Mar 04, 2010 3:55 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Dec 11, 2007 6:05 pm
Posts: 7547
Liewe Bodhidharma

Quote:
(burp) en so gaan dit maar...


Ek word vertel, ek was 'n koliekbaba, tot op 11 maande geskreeu. Ek weet nie wat gebeur toe nie, maar toe skreeu ek nie meer nie.

Tot vandag toe, sukkel ek om te (burp). Dit kan baie pynlik wees. My veearts, my man se broer, het aan my verduidelik 'n kleppie by my werk foutief. My man het hom verseker hy is bly, hy kon verduidelik oor net een fabrieksfout aan my.

So geniet jou (burp's), met wat ookal, wanneer hulle kom. Dis 'n voorreg om nie met 'n (burp) fabrieksfout geissue te word nie.

Baie groete
Kat

_________________
Die Bybel less-weight, dalk?

Really????? those pics of yours speak absolute volumes...its not one sees..its about what one doesn't see


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: onner die boom...
PostPosted: Thu Mar 04, 2010 5:15 pm 
Offline
User avatar

Joined: Thu Nov 12, 2009 9:04 pm
Posts: 216
Ai ou Bodhie

Een van twee dingetjies is waar

1) Of jy reken die Buddha praat stront,
2) Of jy reken jy praat saam met die Buddha stront

'n Ander ding is ook waar

'n Buddha trol is jy beslis maar jy hoef nie te worry oor die illusies nie.


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: onner die boom...
PostPosted: Sun Mar 07, 2010 10:11 am 
Offline
User avatar

Joined: Tue Jan 05, 2010 8:23 am
Posts: 638
Location: Jozi
attie wrote:
Een van twee dingetjies is waar

1) Of jy reken die Buddha praat stront,
2) Of jy reken jy praat saam met die Buddha stront

'n Ander ding is ook waar

'n Buddha trol is jy beslis maar jy hoef nie te worry oor die illusies nie.
Ai ou Bodhie

Een van twee dingetjies is waar

1) Of jy reken die Buddha praat stront,
2) Of jy reken jy praat saam met die Buddha stront

'n Ander ding is ook waar

'n Buddha trol is jy beslis maar jy hoef nie te worry oor die illusies nie.



:)


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: onner die boom...
PostPosted: Sun Mar 07, 2010 10:18 am 
Offline
User avatar

Joined: Tue Jan 05, 2010 8:23 am
Posts: 638
Location: Jozi
Kat wrote:
So geniet jou (burp's), met wat ookal, wanneer hulle kom. Dis 'n voorreg om nie met 'n (burp) fabrieksfout geissue te word nie.



Ja, burp en winde laat is goed vir 'n mens. Om die goed in te hou blaas jou net op met warm lug.

vandag is baie renerig so onner die boom kan ek nie sit en moet maar my tee in-huisig neem. het vandag ook so bitejie tyd om te kyk wat op die klerkswerf aangaan.

so 'n vinnige blik laat dit lyk of Saad Bekker diep spore trap daar op die SJSwerf. Goed dat ons bietjie hoor van die Moslems.


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: onner die boom...
PostPosted: Tue Mar 09, 2010 7:41 am 
Offline
User avatar

Joined: Tue Dec 11, 2007 6:05 pm
Posts: 7547
Liewe Bodhi

Quote:
Ja, burp en winde laat is goed vir 'n mens. Om die goed in te hou blaas jou net op met warm lug.


En hitte wat na die kop toe gaan is net moeilikheid vir die hele liggaam. Ons is nie ontwerp of geprogrameer om te veel hitte te kan hanteer nie, veral nie tussen ons ore nie.

Quote:
vandag is baie renerig so onner die boom kan ek nie sit en moet maar my tee in-huisig neem. het vandag ook so bitejie tyd om te kyk wat op die klerkswerf aangaan.


My tamatie boompie knak eintlik onder die vrugte en min het ek nodig gehad om die een te versorg. Die reën van bo het net dat die boompie groei en vrugte dra. Ek los net nou vir eers die vrugte om ryp te word aan die boom. Hulle is pragtige gesonde tamaties.

Quote:
so 'n vinnige blik laat dit lyk of Saad Bekker diep spore trap daar op die SJSwerf. Goed dat ons bietjie hoor van die Moslems.


Ek stem met jou saam. Saad het gesorg dat ek as leek oor die Moslem godsdiens heelwat meer weet as 'n week of twee gelede.

Kletskerk groei net omdat almal se insette in verdraagdaamheid geduld word.

Ek is net 'n klein bietjie bekommerd oor Saad. Ek wonder wanneer maak hy tyd om na sy eie welsyn ook om te sien. 'n Mens moet soms net rus onner die boom met 'n drink dingetjie net, om jou eie krag te herwin en af te koel tussen jou eie ore, om anner weer te kan inspireer met nuwe ywer.

Jesus beveel aan ons moet anner liefhê soos ons self en wanneer ons onsself verwaarloos, is ons regtig nie instaat om anner lief te kan hê nie.

Bodhi, wat beveel Bodha aan in die selfversorging departement?

Baie groete
Kat

_________________
Die Bybel less-weight, dalk?

Really????? those pics of yours speak absolute volumes...its not one sees..its about what one doesn't see


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: onner die boom...
PostPosted: Tue Mar 09, 2010 3:17 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Jan 05, 2010 8:23 am
Posts: 638
Location: Jozi
Kat wrote:
Ek is net 'n klein bietjie bekommerd oor Saad. Ek wonder wanneer maak hy tyd om na sy eie welsyn ook om te sien. 'n Mens moet soms net rus onner die boom met 'n drink dingetjie net, om jou eie krag te herwin en af te koel tussen jou eie ore, om anner weer te kan inspireer met nuwe ywer.


Saad sien na homself om. In navolging van Islam behoort 'n volgeling minstens (as ek reg onthou) vyf keer deur die dag te bid. Dit opsigself skep sy eie 'rus". Vir my is dit mediteer; iets wat jou "batteries charge" sonder om te slaap.

Praat van so 'n ou drink dingetjie.

Elke religie het mos sy eie soort drink dingetjie. Die Christene het wyn en Boeddhiste het tee. Koffie was blykbaar die Moslems se drankie van keuse. Blykbaar voor die Italianers besluit het om die bone te rooster het die Moslems dit al gebruik soos 'n tee.

Eintlik is dit nogal 'n interessante ding hoe elke religie sy eie drink dingetjie het. In Japan byvoorbeeld is daar sekere Zen sektes wat ryswyn ook drink.

Is daar dalk nog religieuse drinkgewoontes waarvan ek nie weet nie?

Kat wrote:
Bodhi, wat beveel Bodha aan in die selfversorging departement?


ek neem aan die "Bodha" moet 'Boeddha" lees? Wel, Kat dit is 'n tall order! Hoe gee 'n mens 84000 wyses van "selfversorging" aan ander mense in een leeftyd behalwe as jy die Boeddha is? Siende dat jy 'n Christen is stel ek voor dat jy die beste voorbeeld van een kan wees sonder om jou naaste te benadeel. En terloops ek dink jou naaste is enige persoon in jou onmiddelike nabyheid. As daar 'n Moslem/Heiden/boeddhis/Ateis naby jou is (1 meter van jou), dan is hy jou naaste. Die Christen wat 1000 of 100 of 1 km weg is is op daardie stadium irrelevant (let wel; "op daardie stadium"). Wel dis hoe ek dit sien in alle geval. Ander mag verskil.

Nou ja eendag sal ons weer plek in die Heelal vir Al die Gode vind om vreedsaam saam te lewe.


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: onner die boom...
PostPosted: Wed Mar 17, 2010 7:45 am 
Offline
User avatar

Joined: Tue Dec 11, 2007 6:05 pm
Posts: 7547
Bodhidharma :wink:

Quote:
Saad sien na homself om. In navolging van Islam behoort 'n volgeling minstens (as ek reg onthou) vyf keer deur die dag te bid. Dit opsigself skep sy eie 'rus". Vir my is dit mediteer; iets wat jou "batteries charge" sonder om te slaap.


Ek het 'n paar sjokolade kursusse bygebring in my lewe. En elke keer wanneer ons so bymekaar sit, open die dame met die woorde:

Chocolate teaches you patience.

Ek het jou lanklaas onner die boom ontmoet en dit bly vir my lekker om te weet hier is een vreedsame draad op Kletskerk waar ons net rustig oor die lewe kan besin en kuier.

Ek het al voorheen genoem dik boeke lees is nou nie my passie in die lewe nie.

Een van my belangstellings wat baie sin gee aan my lewe is kort kragtige aanhalings van mense. Ek put meer uit so 'n aanhaling en ek het tyd om in my tuin ook te kom. Blomme vir my huis te pluk maak my rustig, baie meer as om deur 'n dik boek te worstel op my stadige lees spoed. Ek het nooit geleer om vinnig te lees nie.

Nou het ek op die internet een aanhaling gevind van Boeddha in Afrikaans,( :wink:, nou weet jy hoekom kan ek nie ordentlik spel nie, ek lees te min ) wat ek graag met jou deel.

http://www.andiquote.co.za/outeurs/Boeddha.html

Die grootste gebed is geduld.

Geduld, is belangrik in die lewe. Hetsy ons dit aanleer deur met gesmelte sjokolade te werk of te bid, geduld hou jou kalm. En 'n kalm mens is baie naby alreeds in die lewe, aan hemel op aarde.

'n Storie van drank in my lewe, deel ek op 'n latere geleentheid met jou. Nou moet ek sorg ek kom nugter by die werk op nog 'n koppie koffie.

Baie groete
Kat 8)

_________________
Die Bybel less-weight, dalk?

Really????? those pics of yours speak absolute volumes...its not one sees..its about what one doesn't see


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: onner die boom...
PostPosted: Wed Mar 17, 2010 10:30 am 
Offline
User avatar

Joined: Wed May 30, 2007 11:38 am
Posts: 3803
Location: Pretoria
Hey Boedie, jy raak nou lui jong! Net toe ek begin dink dis nie nodig om al die drade te lees nie, ek kan sommer hier 'n update kom kry?

_________________
To make an apple pie from scratch, you must first invent the universe. (Carl Sagan)


Top
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 158 posts ]  Go to page Previous  1 ... 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9 ... 11  Next

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Search for:
Jump to:  




South Africa's Top Sites Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
Style edited by LEE for phpBB3