Tuisblad   Wie is ons?   Argief   Soek Artikels   Beknopte Index   Registreer  Hulpstaaf   Foto's  
Login   Register    FAQ    Search
It is currently Sat Sep 04, 2010 3:20 am

All times are UTC + 2 hours

Post new topic Reply to topic  [ 62 posts ]  Go to page 1, 2, 3, 4, 5  Next
Author Message
 Post subject: Christelike Tydverdryf of Stokperdjies
PostPosted: Thu May 07, 2009 2:41 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Jun 03, 2008 9:05 am
Posts: 536
Location: Sandton, Gauteng
Ek wil graag weet wat beskou word as goeie christelik tydverdryf of goeie stokperdjies vir die christene waaroor 'n mens nie hoef skuldig te voel of te twyfel of dit reg of verkeerd is nie. Wat kan 'n mens doen in die weeksaande of so by die huis en wat is lekker buitekant in die natuur ens.?

Groete
Popjappi

_________________
------------------------------------------------------------------
Dan 12:4
En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Christelike Tydverdryf of Stokperdjies
PostPosted: Thu May 07, 2009 5:25 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Dec 11, 2007 6:05 pm
Posts: 7496
Liewe Popjappi wrote:
Ek wil graag weet wat beskou word as goeie christelik tydverdryf of goeie stokperdjies vir die christene waaroor 'n mens nie hoef skuldig te voel of te twyfel of dit reg of verkeerd is nie. Wat kan 'n mens doen in die weeksaande of so by die huis en wat is lekker buitekant in die natuur ens.?

Dit hang seker maar af van watter tipe Christen jy is, hoe jy jouself kan vermaak in jou vryetyd en watter stokperdjie jou aandag die langste hou.

Is jy 'n tipe Christen wat sonde in alles sien, gaan min dinge wat die wêreld bied jou kan bevredig in jou vryetydbesteding.

Is jy 'n tipe Christen wat glo alles is geoorloof in liefde sonder om ander te na te kom, gaan van die skuiwe maak in skaak, al is dit op die rekenaar op Red Hot Pawn tot teater waardeer, jou vreugde gee.

Soos jy verantwoordelikheid neem vir jou eie geloof, neem verantwoordelikheid vir jou vryetydbesteding en stokperdjie beoefening van jou keuse.

Baie groete
Kat

_________________
Die Bybel less-weight, dalk?

Really????? those pics of yours speak absolute volumes...its not one sees..its about what one doesn't see

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Christelike Tydverdryf of Stokperdjies
PostPosted: Thu May 07, 2009 5:32 pm 
Offline

Joined: Fri Feb 01, 2008 5:00 pm
Posts: 2543
Location: Limbo
Popjappi wrote:
...waaroor 'n mens nie hoef skuldig te voel of te twyfel of dit reg of verkeerd is nie.

Kon God nie maar 'n ou lysie saamstel nie?

_________________
Waar is die Bybelhoofstukke oor mirresyne en die ewige lewe?

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Christelike Tydverdryf of Stokperdjies
PostPosted: Thu May 07, 2009 5:35 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Dec 11, 2007 6:05 pm
Posts: 7496
Liewe Wolf wrote:
Kon God nie maar 'n ou lysie saamstel nie?

Nee. Ons kan mos kies.

God gun mos die duiwel sy pret ook.

Baie groete
Kat :twisted:

_________________
Die Bybel less-weight, dalk?

Really????? those pics of yours speak absolute volumes...its not one sees..its about what one doesn't see

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Christelike Tydverdryf of Stokperdjies
PostPosted: Thu May 07, 2009 5:52 pm 
Offline

Joined: Fri Feb 01, 2008 5:00 pm
Posts: 2543
Location: Limbo
Kat wrote:
Nee. Ons kan mos kies.

Nou hoekom het die memo nog nie vir Popjapsnoet bereik nie?

Het God vir tradisionele Moslemvroue ook vryewil gegee?

_________________
Waar is die Bybelhoofstukke oor mirresyne en die ewige lewe?

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Christelike Tydverdryf of Stokperdjies
PostPosted: Thu May 07, 2009 6:05 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Dec 11, 2007 6:05 pm
Posts: 7496
Beste Wolf:)

Quote:
Nou hoekom het die memo nog nie vir Popjapsnoet bereik nie?

Ek weet nie. Dalk het sy nog nie gekies om haar memo te lees wat sy ontvang het nie.

Quote:
Het God vir tradisionele Moslemvroue ook vryewil gegee?

Natuurlik, hoe dink jy vermeerder hulle sonder vryewil?

Baie groete
Kat :twisted:

_________________
Die Bybel less-weight, dalk?

Really????? those pics of yours speak absolute volumes...its not one sees..its about what one doesn't see

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Christelike Tydverdryf of Stokperdjies
PostPosted: Thu May 07, 2009 6:17 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Dec 11, 2007 6:05 pm
Posts: 7496
Popjappi, ek is oortuig daarvan fotografie is 'n sondelose tydverdryf. Hang natuurlik af wat jy afneem.

Kat :twisted:

Attachments:
Duif in die hemel.jpg
Duif in die hemel.jpg [ 80.98 KiB | Viewed 1170 times ]

_________________
Die Bybel less-weight, dalk?

Really????? those pics of yours speak absolute volumes...its not one sees..its about what one doesn't see
Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Christelike Tydverdryf of Stokperdjies
PostPosted: Thu May 07, 2009 7:04 pm 
Offline

Joined: Fri May 01, 2009 10:48 pm
Posts: 372
Wolf wrote:
Kat wrote:
Nee. Ons kan mos kies.

Nou hoekom het die memo nog nie vir Popjapsnoet bereik nie?

Het God vir tradisionele Moslemvroue ook vryewil gegee?

Moslems aanbid mos die 'verkeerde' god.

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Christelike Tydverdryf of Stokperdjies
PostPosted: Thu May 07, 2009 7:46 pm 
Offline

Joined: Fri Feb 01, 2008 5:00 pm
Posts: 2543
Location: Limbo
Obelix wrote:
Moslems aanbid mos die 'verkeerde' god.

O nee, dit werk so!:

Wanneer die Doppers besluit oor 'n ding, dan is die Gatjapôners en die Stoepsitters verkeerd.

Wanneer die AGS die Doppers bedreig, dan is die Drie Susterkerke as 'n geheel reg.

Wanneer die Katolieke die Drie Susters bedreig, dan is die protestante reg.

Wanneer die Jode die Christene bedreig, dan is Katoliek en Protestant saam Christelik en reg.

Wanneer Islam kak maak, dan is die Jode en Christene God se kinders, een net sonder die Nuwe Testament.

Wanneer die ateïste die klomp bedreig, dan is Jesus nog 'n profeet van Islam en ewe skielik ook een van die gottens van die Hindoes. Almal glo dieselfde God, aanbid net op verskillende wyses.

So karring dit aan. Tot by die volgende sinode wat daar oor 'n spesifieke geloofsbelydenis gepraat word, dan begin die storie van voor af.

_________________
Waar is die Bybelhoofstukke oor mirresyne en die ewige lewe?

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Christelike Tydverdryf of Stokperdjies
PostPosted: Thu May 07, 2009 7:51 pm 

Op watter bus ry jy?

Ek stap nog steeds die helse lang pad.

Popjappi, nog 'n stokperdjie, sonder sonde. Stap. Hang net af wie jy aan die einde van die pad gaan ontmoet, natuurlik.

Kat :twisted:

_________________
Die Bybel less-weight, dalk?

Really????? those pics of yours speak absolute volumes...its not one sees..its about what one doesn't see

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Christelike Tydverdryf of Stokperdjies
PostPosted: Thu May 07, 2009 8:16 pm 
Offline

Joined: Fri Feb 01, 2008 5:00 pm
Posts: 2543
Location: Limbo
Solank dit nie vaya con Dios is nie. Vaya con Dios beteken stap saam God.

_________________
Waar is die Bybelhoofstukke oor mirresyne en die ewige lewe?

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Christelike Tydverdryf of Stokperdjies
PostPosted: Thu May 07, 2009 8:36 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Dec 11, 2007 6:05 pm
Posts: 7496
Liewe Wolf wrote:
Solank dit nie vaya con Dios is nie. Vaya con Dios beteken stap saam God.

Nah ney nah.

http://www.youtube.com/watch?v=7LUm-E4GPU8

Popjappi, Dawid het wel voor die ark gedans. So ek dink dans is 'n sondelose tydverdryf.

Kat :twisted:

_________________
Die Bybel less-weight, dalk?

Really????? those pics of yours speak absolute volumes...its not one sees..its about what one doesn't see

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Christelike Tydverdryf of Stokperdjies
PostPosted: Fri May 08, 2009 6:28 am 
Offline
User avatar

Joined: Mon Nov 03, 2008 3:02 am
Posts: 3623
Kat wrote:
So ek dink dans is 'n sondelose tydverdryf.

Behalwe as dit tot seks lei. Of wag, is dit seks wat sonde is as dit tot dans lei...?

kk

_________________
I have yet to hear a man ask for advice on how to combine marriage and a career. - Gloria Steinem.

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Christelike Tydverdryf of Stokperdjies
PostPosted: Fri May 08, 2009 7:08 am 
Offline
User avatar

Joined: Tue Jun 03, 2008 9:05 am
Posts: 536
Location: Sandton, Gauteng
Baie dankie vir al jul insette.

Kat Skryf dit hang af van watter tipe christen jy is.

Ek glo as jy waarlik heiligmaking wil nastreef is daar sekere dinge wat onaanvaarbaar sal wees soos byvoorbeeld die game wat ek gespeel het World of Warcraft want daarin is witchcraft en as jy doodgaan dan word jy vir 'n spook tot jy resurrect en daar is geweld etc. Ek glo nie as mens alles opoffer vir die Here dat 'n mens dit kan speel nie, al is dit net 'n game vat dit baie tyd van Bybelstudies en tyd vir gebed weg. Ek kan glad nie die game speel, en dan weer gou bid vir rein gedagtes ens net om dit môre weer te speel nie.

Ek het gister juis 'n vers in die Bybel raakgelees wat sê as jy deur die Gees wandel jy nie kan doen wat jy wil nie.

En soos byvoorbeeld tv-series wat ons tog so graag kyk. Ek weet nie maar hulle gebruik die Here se naam baie. As mens daarna kyk en net aanhou kyk dan keur jy dit half goed of hoe?Sit 'n mens dan nie in die kring van die spotters nie. Vir my voel dit verkeerd.

Ek het darm paar hobbies maar 'n mens wil partykeer bietjie iets anders doen.

Vrouens het baie soos scrapbook/naaldwerk/kookkuns/brei/hekel/fotografie/kaartjiesmaak/skryf/natuurprogramme kyk etc, maar watter hobbies is daar vir 'n man?

groete

Popjapsnoet

_________________
------------------------------------------------------------------
Dan 12:4
En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.

Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Christelike Tydverdryf of Stokperdjies
PostPosted: Fri May 08, 2009 7:11 am 
Offline
User avatar

Joined: Mon Nov 03, 2008 3:02 am
Posts: 3623
Popjapsnoet, nou is jy dan 'n man?

kk

_________________
I have yet to hear a man ask for advice on how to combine marriage and a career. - Gloria Steinem.

Top
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 62 posts ]  Go to page 1, 2, 3, 4, 5  Next

All times are UTC + 2 hours

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Search for:
Jump to:  

South Africa's Top Sites Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
Style edited by LEE for phpBB3