Tuisblad   Wie is ons?   Argief   Soek Artikels   Beknopte Index   Registreer  Hulpstaaf   Foto's  
Login   Register    FAQ    Search
It is currently Fri Sep 10, 2010 9:14 pm

All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 15 posts ] 
Author Message
 Post subject: Patrone..
PostPosted: Wed Sep 17, 2008 4:38 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Jan 29, 2007 11:21 pm
Posts: 6296
Location: Gewese Brakpanner... Siriaas..
Attie Geesloos wrote:
CDJ?

Wat wil jy leer wat ek nie reeds vir jou gese het nie, my Baas?

Leer my om weg te doen met hierdie patrone wat my logika aanvaar. Leer my om op te hou kyk vir hierdie patrone wat ek geleer het.

Wat gaan jy vir my sê?

CDJ: Attie, daar word gepraat van 24 ouderlinge in Openbaring. So-ook word daar 2 stelle van 12 klippe genoem in Josua 4. Mag ek dit van nader bekyk?
Attie: [fill in the blank]

Groete

_________________
"..Mathematical ideas about the universe (however astounding) may not add one unit of adaptability to our repertoire when the environment changes. You can't eat Goedel's Theorem but you cán eat your neighbor.." Anonymous


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Patrone..
PostPosted: Wed Sep 17, 2008 5:26 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Apr 03, 2007 12:16 pm
Posts: 4037
Location: 'n Veranderlike
CDJ

So 'n ruk gelede het ek begin praat oor die "Minorah"(kandelaar) as 'n patroon. Ek het nie juis aftrek met die gedagte gelok nie. Die rede waarom ek dit geplaas het was omdat patrone ook op 'n stadium vir my baie belangrik was. Ek het ook profetiese goed in patrone wou inlees maar ontdek toe Preterism en
Quote:
Rev 19:10 En ek het voor sy voete neergeval om hom te aanbid; maar hy het vir my gesê: Moenie! Ek is ‘n mededienskneg van jou en van jou broeders wat die getuienis van Jesus het. Aanbid God. Want die getuienis van Jesus is die gees van die profesie.
. Ek het dit op bybelskool geleer toe ons die "profeet" behandel het maar ek het dit nie in die verband van Preterism verstaan nie. Toe ek die teologie van Preterism swot ontdek ek toe 'n unieke uitkyk op die geskrifte en skielik begin al die onvervulde kerklike profesiee vir my sin maak. Meer kerke het afgestig of in geweld uitgebrand oor valse profesie as enige iets anders in die geskiedenis van die Kerk. Wat is die probleem? Hoekom al die denominasies en al die onversoenbare verskille? Hoekom al die onvervulde profesie en dogma? Neem nou maar die NGK en apartheid. Jy kan nie 'n beter voorbeeld kry nie.

Wat ek verstaan is dat die profesie by Jesus en Sy vervulling as Messias stop. Dit is onmoontlik om die profesie van die geskrigte, ja selfs Openbaring suksesvol deur te trek tot en met vandag. Die geskrifte se profesie het in vervulling gekom. Dit was 'n openbaring van Christus en dit het daar geeindig.

Ek en jy lewe in die nuwe bedeling, die nuwe aarde en die nuwe hemel wat totaal en al geskei is van die oue. Die geestelike wette is anders. Party werk nog vir die wat gered word maar daarna verander dit. Dis waarom enige iets, wat die gekrifte betref, wat as patroon tot na christus deur getrek word misluk.

Die reels van die hemel geld hier en nie dit van die geskrifte/aarde nie.

Nou hoe nou sou jy vra. Wel die enigste standvastige ding is die "Geloof" van God. Dit het nooit verander nie.

Ek moet gou gaan braai vir aandete. Ek sal later byvoeg.

_________________
The power of NOW! Timeless and enternal!


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Patrone..
PostPosted: Wed Sep 17, 2008 5:40 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Jan 29, 2007 11:21 pm
Posts: 6296
Location: Gewese Brakpanner... Siriaas..
Goed so. Dan gaan ons na verskillende gedeeltes kyk deur die Preterism-brille & die Oorblyfsel-brille..

8)

_________________
"..Mathematical ideas about the universe (however astounding) may not add one unit of adaptability to our repertoire when the environment changes. You can't eat Goedel's Theorem but you cán eat your neighbor.." Anonymous


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Patrone..
PostPosted: Wed Sep 17, 2008 6:08 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Apr 03, 2007 12:16 pm
Posts: 4037
Location: 'n Veranderlike
CDJIV wrote:
Goed so. Dan gaan ons na verskillende gedeeltes kyk deur die Preterism-brille & die Oorblyfsel-brille..

8)
Is ek reg as ek verstaan dat jy bedoel dat die "oorblyfsel-brille" van toepassing is op die wat nog gered word?

_________________
The power of NOW! Timeless and enternal!


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Patrone..
PostPosted: Thu Sep 18, 2008 6:17 am 
Offline
User avatar

Joined: Mon Jan 29, 2007 11:21 pm
Posts: 6296
Location: Gewese Brakpanner... Siriaas..
Kom ek verduidelik dit vir jou in CDJ terme soos ek dit verstaan.

Ons is geleer van hierdie rebellie en magiese stryd wat volg om siele. Wie glo word gered, wie nie glo nie word verwerp, vir ewig.

Goed, hier's die ander weergawe. Almal gaan fine wees. Daar is sommiges wat kan glo, en sommiges wat nie kan glo nie, en dan is daar alles inbetween. Die Twee Oorblyfsels word eerste "verlos" (Fase 1), dan die groepe waaruit die Oorblyfsels kom (Fase 2), en dan die res (Fase 3). Iemand wat dalk meer van die tale weet as ek (ek weet mos baie..) sal vir jou kan sê dat geen van die NT "redding"-werkwoorde verse dui op n gebeurtenis wat al klaar is nie, d.w.s. niemand is nog gered nie. Die Twee Oorblyfsels (wat een word) is eerste - Christus se Bruid.

So, wat moet gebeur? Die Christendom moet met n "spies" gesteek word en "sterf/slaap" sodat die Bruid uitgehaal kan word. Lyk die Christendom (Kerk) vir jou aan die slaap of sterwend? Dis eintlik n goeie teken.

Dis maar kortliks dit.

_________________
"..Mathematical ideas about the universe (however astounding) may not add one unit of adaptability to our repertoire when the environment changes. You can't eat Goedel's Theorem but you cán eat your neighbor.." Anonymous


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Patrone..
PostPosted: Thu Sep 18, 2008 8:50 am 
Offline
User avatar

Joined: Tue Apr 03, 2007 12:16 pm
Posts: 4037
Location: 'n Veranderlike
CDJ

O nee ek kan nie met sulke kamtige onvervulde en futureristic geskrigte saamstem nie. God se geloof sal dit nooit toelaat nie en ook nie Sy Liefde nie. Hy is nie 'n wreedaard nie. Hy is nie 'n puppetteer nie. Dis 'n blatante ontkenning van Sy karakter. Ek is genoodsaak om die skrifte te verstaan binne die 70 jaar vervullingstydperk. Dit vanuit daardie lig te verstaan wat die nuwe testamentiese openbaring betref. Die nuwe testamentiese openbaring was nie iets nuuts of uniek nie. Ek moet ook verstaan dat die mense van die oomblik nie mooi geweet het wat aangaan nie. Veral die scribes. Die geskrifte is nie vir na die tyd nie en daarom het die Bybel ook tot 'n einde gekom en kry jy nie vandag boek nommer vyf miljoen in die bybel nie. In werklikheid was daar nie veronderstel om nog 'n bybel te wees nie. Daarom is daar ook geen Joodse tempel vir aanbidding nie. Dit maak nie regtig saak hoe die taal van daardie tyd gelyk het nie. Die bybel self verkondig dat dit nie die Woord van God is nie. Genesis 1 gee 'n baie duidelike beskrywing van hoe God se geloof werk nl. HY HET GESE EN DIT WAS SO. Capish en klaar. Op die Sewende dag het hy van sy werke gerus. Capish en klaar. Hy het gese; "Hierdie is my geliefde seun!" Capish en klaar en dit was 'n afgehandelde saak. God is nie 'n waarsegster nie. God se woord is profeties. Ware profesie is 'n woord van "Capish en klaar" dis nou en in die oomblik en jy hoef nie daarvoor te wag of daaroor te wonder nie want God is dieselfde gister, vandag tot in alle ewigheid. Genesis was net 'n openbaring van dit wat reeds vir ewig so was. Die Woord van God was aan die begin en dit is die alfa en die omega. Die begin en die einde. Dit was nie een ding aan die begin om iets anders aan die einde te wees nie. Dit wat was, is nou en sal ook wees in die toekoms. God is nie 'n jack in 'n boks wat met surprises uitspring nie.Hoe sal mens so 'n God kan vertrou? As Hy iemand was wat mense aan lyntjies hou is Hy mos onredelik om van die mens te verwag om deur die geloof te wandel. Ek wil nie so 'n God ken nie. Dit grens aan geestelike bedrog.

Wat redding betref is dit ook net soos met die Woord van God. Die Christen is reeds gered, word nog steeds gered en sal in die toekoms ook gered word. Redding is 'n ewige proses. Gister vandag en more. Dit het begin werk voor die grondlegging van die aarde. Dit werk nou en dit sal in die toekoms ook werk. Dit waarvan jy reeds gered is, is verby. Dit wat jy op die oomblik gered word is besig om te gebeur en dit waarvan jy nog gered gaan word sal so in die toekoms wees maar sekere goed soos bv. die wedergeboorte is iets wat in die oomblik 'n afgehandelde saak is omdat dit in jou gees gebeur. Ek het nog nooit iemand gesien wat sy hele lewe lank gebore word nie dis tog belaglik. Die wedergeboorte vind deur die krag van God in jou gees plaas. Jou vlees sal nie die ewigheid beerwe nie. Die vernuwing van die siel is iets wat jou hele lewe lank sal gebeur. En hierdie vernuwing is 'n aflegging van die vlees. Die werking van die kruis. Rom8:16 Die Gees van God getuig saam met ons gees dat ons die kinders van God is!Capish en klaar! Dit was al reeds so vir Paulus en die wederkoms het nie eens plaasgevind nie. Met die wederkoms agter die rug is dit ongetwyfeld so! God verwag nie van die mens om Lotto te speel met die ewige lewe nie. Die ewigelewe is gewaarborgde kontant in die bank en die einde van die skat is ongeken. Dis nie iets wat mens hoop om te wen soos wanneer mens dobbel nie.

Net 'n inleiding.

_________________
The power of NOW! Timeless and enternal!


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Patrone..
PostPosted: Thu Sep 18, 2008 11:02 am 
Offline
User avatar

Joined: Mon Jan 29, 2007 11:21 pm
Posts: 6296
Location: Gewese Brakpanner... Siriaas..
Attie,

Sjoe, duidelik is jou kennis en agtergrond tonne meer as myne want ek sukkel om by te hou, maar ek gaan probeer..

Quote:
O nee ek kan nie met sulke kamtige onvervulde en futureristic geskrigte saamstem nie. God se geloof sal dit nooit toelaat nie en ook nie Sy Liefde nie. Hy is nie 'n wreedaard nie. Hy is nie 'n puppetteer nie. Dis 'n blatante ontkenning van Sy karakter.
Soos wat ek deur hierdie patrone gaan, kom daar nog n karakter-eienskap van God na vore: Hy is geheimsinnig. Hy versteek dinge met die doel om dit te aan die lig te bring. Dinge word opsetlik geconfuse sodat ons dit nie kan uitfigure nie. Die beste wat ons kan doen is om die skaduwees te herken.

Quote:
Ek is genoodsaak om die skrifte te verstaan binne die 70 jaar vervullingstydperk.
Hoekom?

Quote:
Dit vanuit daardie lig te verstaan wat die nuwe testamentiese openbaring betref. Die nuwe testamentiese openbaring was nie iets nuuts of uniek nie. Ek moet ook verstaan dat die mense van die oomblik nie mooi geweet het wat aangaan nie. Veral die scribes. Die geskrifte is nie vir na die tyd nie en daarom het die Bybel ook tot 'n einde gekom en kry jy nie vandag boek nommer vyf miljoen in die bybel nie. In werklikheid was daar nie veronderstel om nog 'n bybel te wees nie.
Christus het gesê dat die nag kom wanneer ons nie kan werk nie, en Legio het vir Christus gevra waarom hy hulle wil pynig voor die tyd.

12 is n baie belangrike getal in die Bybel. Saul, Dawid en Salomo het op sekere plekke vir 40 jaar elk regeer = 120. Die mens se dae word ingekort na 120jaar. Volgens die storie van die Bybel is ons naby die 6000ste jaar. n Jubilee is veronderstel gevier elke 49 jaar, maar dis nêrens opgeteken dat hulle een suksesvol gevier het nie. Hoekom? Wat word actually gevier met n Jubilee? Weet jy?

Nou ja, 120 * 49 = 5880. Attie, net vir interessantheid, kyk waar val 40 Jubilees na die skepping van Adam. Tel dan nog 40 Jubilees by en kyk waar val jy dan. Sonder om te probeer snaaks wees, as dinge volgens jou by 70nC gestop het, dan is ons 40 Jubilees kort.

Quote:
Ware profesie is 'n woord van "Capish en klaar" dis nou en in die oomblik en jy hoef nie daarvoor te wag of daaroor te wonder nie want God is dieselfde gister, vandag tot in alle ewigheid.
Dink jy ons gaan ooit vir God of Jesus ontmoet?

Quote:
God is nie 'n jack in 'n boks wat met surprises uitspring nie. Hoe sal mens so 'n God kan vertrou?
Hoekom is die Wet daar? Sodat ons kan agterkom hoe God te werk gaan. Die Wet is n patroon waarvolgens God sy werk verrig. Dus, jy kan Hom vertrou, want Hy doen niks buite Sy Wet nie.

Quote:
As Hy iemand was wat mense aan lyntjies hou is Hy mos onredelik om van die mens te verwag om deur die geloof te wandel. Ek wil nie so 'n God ken nie. Dit grens aan geestelike bedrog.
Voor ek kommentaar lewer, sê eers hoekom dit geestelike bedrog is.

Quote:
maar sekere goed soos bv. die wedergeboorte is iets wat in die oomblik 'n afgehandelde saak is omdat dit in jou gees gebeur. Ek het nog nooit iemand gesien wat sy hele lewe lank gebore word nie dis tog belaglik. Die wedergeboorte vind deur die krag van God in jou gees plaas.
Nee, ek stem nie. Geen wedergeboorte het al plaasgevind nie. Jy kannie wedergebore wees en nogsteeds in jou liggaam wees nie - op die meeste is "aardse wedergeboorte" slegs n simbool op dit wat kom. Nes die doop slegs n simbool is.

Quote:
Dit was al reeds so vir Paulus en die wederkoms het nie eens plaasgevind nie. Met die wederkoms agter die rug is dit ongetwyfeld so!
Watse wederkoms?

Quote:
God verwag nie van die mens om Lotto te speel met die ewige lewe nie. Die ewigelewe is gewaarborgde kontant in die bank en die einde van die skat is ongeken. Dis nie iets wat mens hoop om te wen soos wanneer mens dobbel nie.
Doen bietjie navorsing oor die term "zoen aionion", voor jy sê n mens dobbel met die ewige lewe. Sekeres gaan dit nie kry nie (ek insluitend), maar look on the bright side..

Jy moet nog kommentaar lewer oor my eerste pos se 24 ouderlinge en 2 x 12 klippe.. :mrgreen:

Groete

_________________
"..Mathematical ideas about the universe (however astounding) may not add one unit of adaptability to our repertoire when the environment changes. You can't eat Goedel's Theorem but you cán eat your neighbor.." Anonymous


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Patrone..
PostPosted: Thu Sep 18, 2008 2:24 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Apr 03, 2007 12:16 pm
Posts: 4037
Location: 'n Veranderlike
CDJ

Jy moet al jou sommetjies so 5880 jaar plus so 2012 of is dit nou 2006 jaar terug skyf in die verlede in en dan voor dit so 6*Millenia toevoeg, 12 maal. Die dag wat jy dag 1 noem was reeds die einde van 'n 1000 millennia. Patrone is iets wat plaasgevind het gedurende die skepping. Vandag beleef ons nog steeds van die fisiese manifistasies daarvan maar die werke van God was reeds voor die aarde se skepping volbrag.

Eintlik wil ek glad nie aan patrone sommetjies raak nie. In die afgelope 200 jaar van bekende geskiedenis het duisende se sommetjies elke keer en amper elke jaar misluk. Hou hierdie gedagte in ag:
Christus was reeds voor die grondlegging van die aarde gekruisig. Wat in Jerusalem in die jaar van Christus se kruisiging gebeur het was maar net nog een van vele manifistasies van dit wat etlike miljoene jare van te vore gebeur het en net so was sy wederkoms in die jaar 70 ook.

NIKS IS NUUT NIE CDJ.

Hier is 'n paar links wat jy kan begin lees.

http://www.preteristarchive.com/
http://www.preteristplanet.com/index.html

http://www.preteristcentral.com/newbookpage.htm

http://www.preteristcosmos.com/

_________________
The power of NOW! Timeless and enternal!


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Patrone..
PostPosted: Thu Sep 18, 2008 2:53 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Jan 29, 2007 11:21 pm
Posts: 6296
Location: Gewese Brakpanner... Siriaas..
Attie wrote:
Hier is 'n paar links wat jy kan begin lees.
Attie, het jy van jou friggen baaik afgeval? Hoe de dônner moet ek deur al hierdie goed gaan? Ek kry nie eens kans om by my eie goed uittekom nie!

:twisted:

_________________
"..Mathematical ideas about the universe (however astounding) may not add one unit of adaptability to our repertoire when the environment changes. You can't eat Goedel's Theorem but you cán eat your neighbor.." Anonymous


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Patrone..
PostPosted: Thu Sep 18, 2008 3:06 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Apr 03, 2007 12:16 pm
Posts: 4037
Location: 'n Veranderlike
CDJIV wrote:
Attie wrote:
Hier is 'n paar links wat jy kan begin lees.
Attie, het jy van jou friggen baaik afgeval? Hoe de dônner moet ek deur al hierdie goed gaan? Ek kry nie eens kans om by my eie goed uittekom nie!

:twisted:


Ok maar dan verstaan jy seker dat ek ook nie al jou goed kan lees en antwoord nie.

Die Bybel leer net van 'n "Second coming" en nie 'n derde nie. Ook leer die bybel van net Twee Adams en nie 'n derde een nie. Net hierdie gedagte is vir my meer as genoeg bewyse dat alles reeds gebeur het soos in die boek Openbaring opgesluit. Laaaaaaank, laaaaaank gelede

_________________
The power of NOW! Timeless and enternal!


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Patrone..
PostPosted: Thu Sep 18, 2008 3:25 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Jan 29, 2007 11:21 pm
Posts: 6296
Location: Gewese Brakpanner... Siriaas..
Gaan ons vir God ontmoet?

_________________
"..Mathematical ideas about the universe (however astounding) may not add one unit of adaptability to our repertoire when the environment changes. You can't eat Goedel's Theorem but you cán eat your neighbor.." Anonymous


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Patrone..
PostPosted: Thu Sep 18, 2008 3:42 pm 
Offline
User avatar

Joined: Tue Apr 03, 2007 12:16 pm
Posts: 4037
Location: 'n Veranderlike
CDJIV wrote:
Gaan ons vir God ontmoet?


Natuurlik Joh 14:23 belowe dat jy Hom sal ontmoet as jy ore het. Nie ver in die toekoms in nie maar nou! Baie het al! Nee ek was verkeerd, Hy sal jou ontmoet en Hy lieg nie!

_________________
The power of NOW! Timeless and enternal!


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Patrone..
PostPosted: Sat Mar 06, 2010 10:26 am 
Offline
User avatar

Joined: Mon Jan 29, 2007 11:21 pm
Posts: 6296
Location: Gewese Brakpanner... Siriaas..
Hi,

So gepraat van patrone - iemand stuur nou die dag hierdie twee gedeeltes. Hier is die eerste een - dis n gelykenis in Lukas..

Luk 13:6-9 "..En Hy het hierdie gelykenis uitgespreek: ‘n Man het ‘n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was, en hy het gekom en vrugte daaraan gesoek en niks gekry nie. Toe sê hy vir die tuinier: Kyk, drie jaar kom ek om vrugte aan hierdie vyeboom te soek en ek kry niks nie; kap hom uit. Waarvoor maak hy die grond nog onvrugbaar? Maar hy antwoord en sê vir hom: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan totdat ek om hom gespit en mis gegooi het. As hy dan vrugte dra, goed; maar so nie, dan kan u hom anderjaar uitkap.."

Lees nou die volgende gedeelte in Levitikus.

Lev 19:23 "..En as julle in die land inkom en allerhande vrugtebome plant, moet julle hulle vrugte as verbode beskou; drie jaar lank moet hulle vir julle verbode wees; daar mag nie van geëet word nie. Maar in die vierde jaar moet al hulle vrugte ‘n heilige feesgawe aan die HERE wees; en in die vyfde jaar mag julle hulle vrugte eet dit alles om hulle opbrings vir julle meer te maak. Ek is die HERE julle God.."

Dit maak my mos nou wonder en my brein hardloop. In die OT is dit n wet wat onderhou moes word, maar in die NT word dit gebruik as n gelykenis. Was dit nie dan n gelykenis van die begin af nie? Is die hele wet nie dan slegs n gelykenis nie?

Ek sit nou die dag so en kyk na n baie dramatiese skildery van die die kruisiging en wonder toe, dis alles baie mooi maar al wat die skildery doen is beeld uit wat in die Bybel staan. Dit het slegs die beeld gevat en dit omskep in n skildery. Dis asof ons nie die gelykenisse self verstaan nie, maar ons kan maklik hierdie skilderye verf en voorgee ons weet wat dit beteken.

Is Levitikus nie slegs een groot gelykenis nie?

Groete

_________________
"..Mathematical ideas about the universe (however astounding) may not add one unit of adaptability to our repertoire when the environment changes. You can't eat Goedel's Theorem but you cán eat your neighbor.." Anonymous


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Patrone..
PostPosted: Tue Mar 09, 2010 2:51 pm 
Offline
User avatar

Joined: Thu Oct 25, 2007 3:47 pm
Posts: 3647
Location: Groningen, Nederland
CDJIV wrote:
Is Levitikus nie slegs een groot gelykenis nie?

'n Gelykenis van wat?

Soos dit vir my lyk is Levitikus bedoel as letterlike wette, Moses en daai ouens (of wie dit ookal was, soos wat ek verstaan was het Moses moontlik nooit bestaan nie) het gemaak asof hulle namens God praat en 'n stel reëls geskep (natuurlik beïnvloed deur o.a. die Egiptenare, sien tien gebooie) om die volk te beheer. Mense dink ek het al baie lank voor daai tye agtergekom dat dit maklik is om deur middel van godsdiens mense te manipuleer.

Ek twyfel ook of die mense van daai tyd slim genoeg was om verskuilde boodskappe in te smokkel, maar jy is welkom om my verkeerd te bewys.

Groete,

DAE

_________________
"It is not acceptable to have a religion where the alternative to faith is punishment — that's how you train dogs, not develop people." - Deng Ming-Dao


Top
 Profile  
 
 Post subject: Re: Patrone..
PostPosted: Thu Mar 11, 2010 6:09 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Jan 29, 2007 11:21 pm
Posts: 6296
Location: Gewese Brakpanner... Siriaas..
DieAnderEk wrote:
'n Gelykenis van wat?
Dieselfde gelykenis as Lukas 13:6-9.

DieAnderEk wrote:
Soos dit vir my lyk is Levitikus bedoel as letterlike wette,
Wat is die praktiese doel van Levitikus 19:23-25 dan?

DieAnderEk wrote:
Moses en daai ouens (of wie dit ookal was, soos wat ek verstaan was het Moses moontlik nooit bestaan nie) het gemaak asof hulle namens God praat en 'n stel reëls geskep (natuurlik beïnvloed deur o.a. die Egiptenare, sien tien gebooie) om die volk te beheer. Mense dink ek het al baie lank voor daai tye agtergekom dat dit maklik is om deur middel van godsdiens mense te manipuleer.
Hoe manipuleer jy mense met Levitikus 19:23-25?

DieAnderEk wrote:
Ek twyfel ook of die mense van daai tyd slim genoeg was om verskuilde boodskappe in te smokkel, maar jy is welkom om my verkeerd te bewys.
Met graagte. :D

Joh 2:19 "..Jesus antwoord en sê vir hulle: Breek hierdie tempel af, en in drie dae sal Ek dit oprig.."

Proverbs 1:6 "..To understand a proverb, and the interpretation; the words of the wise, and their dark sayings.."

Groete

_________________
"..Mathematical ideas about the universe (however astounding) may not add one unit of adaptability to our repertoire when the environment changes. You can't eat Goedel's Theorem but you cán eat your neighbor.." Anonymous


Top
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 15 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Search for:
Jump to:  




South Africa's Top Sites Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
Style edited by LEE for phpBB3