Tuisblad   Wie is ons?   Argief   Soek Artikels   Beknopte Index   Registreer  Hulpstaaf   Foto's  
Login   Register    FAQ    Soek
Dit is tans Mon Sep 01, 2014 3:37 pm

Alle tye is UTC + 2 hours




Post new topic Antwoord  [ 4 poste ] 
Skrywer Boodskap
 Pos onderwerp: Gatjieponders, stoepsitters en doppers
PostPosted: Thu Jul 02, 2009 11:55 am 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 14406
Location: Weskaap
Reputation point: 516
Een van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestes
Die dopperdebat het my opnut laat dink aan die drie Afrikaanse susterkerke se byname vir lidmate. As NG lidmaat weet ek ons is die gatjieponders genoem. Dit kom na beste van my wete van die lang manelpakke wat die ouderlinge van die NG Kerk in die ou dae gedra het wat so lang pant agter gehad het. Ek onthou goed my oupa het ook so een kerk toe gedra.

Ek dink amper die Hervormers se naam stoepsitters kom daarvandaan dat hulle op die stoep bly sit het tydens die boere-oorlog en nie wou gaan veg nie maar Daan en Thomas kan kon seker hiermee help. Seker die dat Thomas sy geweer gaan inhandig het nou die dag. Hy wil oppie stoep sit.

Waar die Doppers se naam vandaan kom het ek nie geweet nie en moes vanoggend by een van hulle geleerdes gaan kers opsteek waar die naam vandaan kom.

Hy laat weet soos volg:
Haal aan:
1. Dopper = Domper (iemand wat altyd die lig as ‘t ware uitdoof). Naam is gebruik voor die stigting van die GKSA in 1859 en dui waarskynlik op mense wat die sg liberale lig van die Kaapse NG Kerk wou uitdoof.

2. Dopper = ‘n kommetjie wat destyds op die kop geplaas is en alle hare wat uitsteek is afgesny. ‘n Baie spesifieke haarstyl soos aangedui op die fotos.

Die waarheid lê iewers tussen 1 en 2 as mens na die prentjie kyk!

Image

En dan is daar natuurlik nog die ander "sektes" ook soos die Happy clappies ens. :D

_________________
Mag die bome groen bly
en die sterre wit,
en mag daar altyd mense wees
wat mekaar sonder skaamte
in die oë kan kyk –
...want die lewe is ‘n asem lank
en die sterre op die Anderplek donker.

- Breyten Breytenbach


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Gatjieponders, stoepsitters en doppers
PostPosted: Thu Jul 02, 2009 12:18 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Apr 27, 2009 9:04 pm
Posts: 3483
Reputation point: 0
Soek nog reputasie
As rationale denke nie genoeg was om my uit die dopper kerk te kry nie sou daai haarstyl dit vir seker gedoen het.

_________________
Image


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Gatjieponders, stoepsitters en doppers
PostPosted: Thu Jul 02, 2009 2:35 pm 
Offline
User avatar

Joined: Thu Jun 21, 2007 3:22 pm
Posts: 2973
Location: ...
Reputation point: 648
Een van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestes
Jean skryf:
Ek dink amper die Hervormers se naam stoepsitters kom daarvandaan dat hulle op die stoep bly sit het tydens die boere-oorlog en nie wou gaan veg nie maar Daan en Thomas kan kon seker hiermee help. Seker die dat Thomas sy geweer gaan inhandig het nou die dag. Hy wil oppie stoep sit.

Ja ons is die stoepsitters wat heel en al dag op die stoepe gesit het en die dogma so vervolmaak het totdat ons onsself so in 'n kassie gehad het dat God ons nie eers daaruit kan kry nie.
Kyk ons klomp hou nie van oorlog nie eerder liefde en nasiebou. :wink:
Die outydse Enfield .303 geweer is 'n seer saak. Dit lyk of die storie gevries is totdat die hofsaak verby is...

Jan

_________________
Ek kan nie meer glo voordat ek nie self my vinger in Jesus se gate gedruk het nie. Johannes 20:27


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: Gatjieponders, stoepsitters en doppers
PostPosted: Thu Jul 02, 2009 2:57 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed Jan 02, 2008 2:53 pm
Posts: 4465
Location: KZN-Suidkus
Reputation point: 1310
Meester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester KletskerkerMeester Kletskerker
Nou dat ek daai haarstyl mooi bekyk, besef ek nou eers dat Lady Di dalk 'n dopper was!

_________________
As profesionele ongeskoolde beach bum verklaar ek hiermee dat alle advies, raad, beoordeling, opinie, inskrywing, verklaring en enige geskrewe woord wat ek op hierdie forum plaas, ek so doen in my profesionele hoedanigheid.
Mag Gooogle jou genadig wees?


Boontoe
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sorteer volgens  
Post new topic Antwoord  [ 4 poste ] 

Alle tye is UTC + 2 hours


Wie is aanlyn

Gebruikers tans in die forum: No registered users en 3 gaste


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
Jy kan nie aanhegsels pos in die forum

Soek vir:
Spring na:  
South Africa's Top Sites Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
Style edited by LEE for phpBB3