Tuisblad   Wie is ons?   Argief   Soek Artikels   Beknopte Index   Registreer  Hulpstaaf   Foto's  
Login   Register    FAQ    Soek
Dit is tans Wed Jul 23, 2014 3:10 am

Alle tye is UTC + 2 hours




Post new topic Antwoord  [ 4 poste ] 
Skrywer Boodskap
 Pos onderwerp: UIT DIE MOND VAN ‘N KIND : MY OUPA EN OUMA
PostPosted: Tue Jun 26, 2007 8:40 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sun Feb 12, 2006 9:21 pm
Posts: 1751
Location: Swartland - Boland
Reputation point: 189
Uitstekende goeie reputasieUitstekende goeie reputasieUitstekende goeie reputasieUitstekende goeie reputasie
My skoonouers hou die naweek "kindernaweek". My eie ouers is al 25+ jaar terug dood en ek is een skoonseun wat nie kla oor sy skoonma en skoonpa nie. Ek het 'n deel gelees uit Piet Naude se boek "Stories van die lewe" en dit verwerk. Wat 'n voorrreg om nog skoonouers te mag hê, al is hulle 90+ jaar oud.

•Oupas is mans-oumas en oumas is ma - mense.
•ʼn Oupa is iemand nes ek, net biekie slimmer, want hy kan my help met somme wat Pappa nie kan doen nie. Ouma sal dan al die lekker warm beskuit aandra en jou bederf met koffie en dan druk jy die beskuit so diep in die koffie beker sonner dat jy raas kry.
•Oupas gaan stap graag met sienkies en gesels net oor die plaas en skape. Oumas sal met jou gaan sit op die rusbank en na jou luister, nes die Here sou doen en sal met sussies praat oor hoe hulle pop pop gespeel het en met so klein stukkie materiaal vir hulle poppe klere gemaak het.
•ʼn Oupa werk nie; hy het tyt vir jou, behalwe as hy slaap. Oupas slaap graag. As oupa slaap dan bederf ouma jou met al die sjokolades wat sy so onder die komberse wegsteek in die gangkas.
•‘n Oupa kan nie meer mooi sien nie, want hy wil altyt weet wat jy doen. Maar dis lekker om vir hom te sê, omlat hy regtig wil weet. As jy dalkies stout was sal ouma sê dat dit nog glad nie die einde van die wêreld is nie.
•Oupas het baaaie geld, want hulle koop elke dag die koerant en gooi tien rant in die kerk. Oumas het so kaart wat sy gebruik om vir my daarie mooi skoene te koop wat so duur is en ek weet nie wie betaal die kaart nie. Maar die kaart betaal vir baie dinge.
•‘n Oupa is iemant wat altyt bly is om jou te sien, daarom hou hy altyt lekkers in sy sak en as jy nader kom dan moet jy eers so liggies aan die oor getrek word. Oumas hou meer daarvan om vir jou poeding met baie custard te gee en dan kan jy haar voorskoot aantrek, al is dit te groot vir jou.
•Oupas vertel een storie tien maal. Elke keer anders. Jakkels en Wolf stories is mooi al het ek nog nie ‘n rerige jakkels en wolf gesien nie. Dis so goed soos tien stories. Oumas ken weer kook en geniet uit hulle koppe uit en daars niks wat sy nie kan kook of bak nie en met eiers en meel kan oumas toor.
•Almal moet probeer om ‘n oupa en ouma te kry, want hulle is lekkerder as telewiesie kyk en die grootste stuk goud wat ek nog gesien het.

Verwerk uit (Stories v.d. lewe : Piet Naude)en opgedra aan al die oupas en oumas van Aandskemering : Junie 2007, Kimberley.
Met baie liefde en dankbaarheid.
Rico en Hannie Kruger – aan oupa Koos en ouma Jacomina Jacobs

_________________
http://www.woes.co.za > boekwinkel>Bart
"Resentment is like taking poison and waiting for the other person to die.” - Nelson Mandela


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp:
PostPosted: Wed Jun 27, 2007 1:08 am 
Offline

Joined: Fri Oct 28, 2005 6:01 pm
Posts: 14210
Location: Kaapstad
Reputation point: 982
Een van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestesEen van die heel bestes
My oumas en oupas wat soort van uniek.
Nie een van hulle was troetelmense nie, en dit het my uitstekend gepas.
Pa se ma was 'n moeilike ou mens. Kwaai. Maar sy het nooit 'n kwaai woord na my kant toe laat kom nie. As sy haar uitvat vir 'n spesiale geleentheid, het sy haar valstande ingesit en 'n horlosie om die arm gesit.

Pa se pa was my lieflingoupa. Altyd geglimlag. Hy het vir my my eerste boek gegee om te lees, die kersfees voordat ek skool begin het. ( het later uitgevind ek is die enigste kleinkind wat ooit 'n boek van hom gekry het). Oupa kon ook die boerekonsertina speel, en dit was vir my bewonderingswaardig. Van oupa het ek my gene vir sterk koffiedrink gekry. As oupa iemand regtig egtig wou bederf, het hy Sondae spens toe geloop, en dan self 'n paar druppels van sy geliefde Worcestersous op jou vlies gedrup.

Ma se ma was my lieflingsouma. Sy was van daardie mense wat mens nooit sien iets doen het nie, maar as jy weer kyk, dan is die kos reg op die tafel. Van ouma het ek my kuiergene gekry.
Van die vier was ouma ook die enigste een wat huisgodsdiens gehou het.

Ma se Pa was 'n stil mens. Hy kon perd ry, en was baie lief vir diere, veral honde.Net soos ek. Ek kan nie onthou dat ek ooit Oupa en Ouma in diepe filosofiese gesprekke met mekaar gesien het nie.
Ouma het die opdragte gegee, en oupa het sonder teepraat gedoen.:))

_________________
Elke dag is mooi

http://www.oepsadysie.co.za


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp: Re: UIT DIE MOND VAN ‘N KIND : MY OUPA EN OUMA
PostPosted: Wed Jun 27, 2007 7:17 am 
Offline
User avatar

Joined: Thu Jun 21, 2007 9:53 am
Posts: 251
Reputation point: 0
Soek nog reputasie
R J Kruger skryf:
My skoonouers hou die naweek "kindernaweek". My eie ouers is al 25+ jaar terug dood en ek is een skoonseun wat nie kla oor sy skoonma en skoonpa nie. Ek het 'n deel gelees uit Piet Naude se boek "Stories van die lewe" en dit verwerk. Wat 'n voorrreg om nog skoonouers te mag hê, al is hulle 90+ jaar oud.

•Oupas is mans-oumas en oumas is ma - mense.
•ʼn Oupa is iemand nes ek, net biekie slimmer, want hy kan my help met somme wat Pappa nie kan doen nie. Ouma sal dan al die lekker warm beskuit aandra en jou bederf met koffie en dan druk jy die beskuit so diep in die koffie beker sonner dat jy raas kry.
•Oupas gaan stap graag met sienkies en gesels net oor die plaas en skape. Oumas sal met jou gaan sit op die rusbank en na jou luister, nes die Here sou doen en sal met sussies praat oor hoe hulle pop pop gespeel het en met so klein stukkie materiaal vir hulle poppe klere gemaak het.
•ʼn Oupa werk nie; hy het tyt vir jou, behalwe as hy slaap. Oupas slaap graag. As oupa slaap dan bederf ouma jou met al die sjokolades wat sy so onder die komberse wegsteek in die gangkas.
•‘n Oupa kan nie meer mooi sien nie, want hy wil altyt weet wat jy doen. Maar dis lekker om vir hom te sê, omlat hy regtig wil weet. As jy dalkies stout was sal ouma sê dat dit nog glad nie die einde van die wêreld is nie.
•Oupas het baaaie geld, want hulle koop elke dag die koerant en gooi tien rant in die kerk. Oumas het so kaart wat sy gebruik om vir my daarie mooi skoene te koop wat so duur is en ek weet nie wie betaal die kaart nie. Maar die kaart betaal vir baie dinge.
•‘n Oupa is iemant wat altyt bly is om jou te sien, daarom hou hy altyt lekkers in sy sak en as jy nader kom dan moet jy eers so liggies aan die oor getrek word. Oumas hou meer daarvan om vir jou poeding met baie custard te gee en dan kan jy haar voorskoot aantrek, al is dit te groot vir jou.
•Oupas vertel een storie tien maal. Elke keer anders. Jakkels en Wolf stories is mooi al het ek nog nie ‘n rerige jakkels en wolf gesien nie. Dis so goed soos tien stories. Oumas ken weer kook en geniet uit hulle koppe uit en daars niks wat sy nie kan kook of bak nie en met eiers en meel kan oumas toor.
•Almal moet probeer om ‘n oupa en ouma te kry, want hulle is lekkerder as telewiesie kyk en die grootste stuk goud wat ek nog gesien het.

Verwerk uit (Stories v.d. lewe : Piet Naude)en opgedra aan al die oupas en oumas van Aandskemering : Junie 2007, Kimberley.
Met baie liefde en dankbaarheid.
Rico en Hannie Kruger – aan oupa Koos en ouma Jacomina Jacobs


Baie goed Rico. My seuntjie se altyd, gee net vir oupa 'n stuk draad en hy kan enige iets regmaak :wink:


Boontoe
 Profile  
 
 Pos onderwerp:
PostPosted: Wed Jun 27, 2007 7:32 am 
Offline
User avatar

Joined: Tue Oct 24, 2006 11:28 am
Posts: 803
Reputation point: 0
Soek nog reputasie
Moet herken dis nogal oulik. :)
@

_________________
Jou ma is `n xtin!


Boontoe
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sorteer volgens  
Post new topic Antwoord  [ 4 poste ] 

Alle tye is UTC + 2 hours


Wie is aanlyn

Gebruikers tans in die forum: Bing [Bot] en 3 gaste


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
Jy kan nie aanhegsels pos in die forum

Soek vir:
Spring na:  
cron
South Africa's Top Sites Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
Style edited by LEE for phpBB3