Tuisblad   Wie is ons?   Argief   Soek Artikels   Beknopte Index   Registreer  Hulpstaaf   Foto's  
Login   Register    FAQ    Search
It is currently Sat Sep 04, 2010 3:31 am

All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 138 posts ]  Go to page 1, 2, 3, 4, 5 ... 10  Next
Author Message
 Post subject: Nathan Bond – Wat is hier aan die gang?
PostPosted: Wed Oct 03, 2007 3:05 pm 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 13242
Location: Weskaap
Hierdie draad gaan oor bepaalde vrae wat mense hier op die forum direk raak. Ek dink dit is gepas dat al die betrokke partye kans kry om hulle saak op 'n beskaafde manier te stel. Ongelukkig het die draad vroeg reeds ontspoor en het ek bepaalde poste verwyder. Die oorspronlike poste het ek almal gecopy en gebêre. Ek vertrou ons kan nou die gesprek ordentlik verder voer. Indien nie sluit of verwyder ek die draad.


Verskeie mense het oor ‘n tydperk van maande gesamentlik geld “belê” in sogenaamde projekte wat deur Nathan Bond in die vooruitsig gestel is maar wat nog nie gerealiseer het nie. Niemand weet wat het van die geld geword nie.

Party mense het na bewering ook geld aan hom geleen en dit nooit weer teruggekry nie. Sommige persone met aansien se name is na bewering ook deur hom gebruik om sy saak te bevorder. Hieroor is die betrokke persone bitter ongelukkig omdat hulle glo nie kennis gedra het dat hulle naam daaraan gekoppel word nie. Van hulle oorweeg nou regstappe.

Met beloftes van allerlei lofwaardige projekte het Nathan Bond na bewering verskeie gereelde deelnemers op Kletskerk oortuig om geld voor te skiet vir allerlei projekte. Om geloofwaardigheid aan hierdie projekte te verleen het hy bekende name gebuik en die indruk gewek dat hulle deel is van sy beoogde skemas. Nathan reageeer self hier onder daarop.

Hulle het vanoggend met skok op my navrae reageer toe ek hulle daaroor inlig. Albei ontken kategories dat hulle enige iets te doen het met Nathan Bond se planne.

Ek beskik oor dokumente waarin Nathan meen hy en 'n bekende persoon is van mening dat, 'n lesingtoer van Dawkins, Harris, Dennett en andere winsgewend bedryf kan word as dit deur 'n verantwoordelike organisasie gedoen word. Nathan Bond sê ook ook dat hulle TART Remarks wou uitbou wat verskeie blogs en 'n professionele webwerf sou insluit. Daar sou ook gereelde persverklarings uitgereik word, kommentaar gelewer word in bekende publikasies en selfs 'n uitgewery op die been gebring word.

Op ‘n ander plek in die dokument skryf Nathan Bond aan sy beleggers/borge/skenkers hy beplan ‘n stigting wat sal dien as 'n dinkskrum om rasionaliteit te bevorder. Hy het te kenne gegee twee bekende mense weet albei daarvan. Een van hulle sou glo aan die hoof van die stigting staan.
Hy skryf:
Quote:
Oor die stigting beplan ek om 'n omvattende voorlegging, strategiese plan, taktiese plan, metingsmetodiek en begroting aan jou voor te lê: 'n volledige sakeplan om beleggers te werf en 'n kapitaalsterk stigting daar te stel. Hierdie notas is natuurlik uiters vertroulik en daarom kan ek jou sê dat ek reeds met XXXX en XXXXX hieroor gepraat het - dit is die kaliber amptenaar wat aan die hoof van so 'n stigting behoort te staan. Ek sal hierdie idee later telefonies met jou bespreek en die sakeplan graag met jou samewerking wil finaliseer.


My bron sê hy dink nie Nathan Bond kan verder van sy kant af enige redelike verwagting op vertroulikheid oor die dokumente in my besit oorhou nie. Hy het my toestemming gegee om dit hier te plaas en is self 'n lid van die forum wat voorheen gereeld deelgeneem het.

Albei die persone na wie Nathan verwys was vanoggend heeltemal in die duister was oor presies wat aan die gang is en is bitter ongelukkig. Daar word aangedring op antwoorde. Een van hulle sê hy kan nie bekostig om onder hierdie soort wolk te funksioneer nie. Ook nie sy eie naam wat ingesleep word by fondswerwingaksies nie. Wat het van die geld geword wat reeds ingesamel is wil hy weet? En hoekom word daar van ‘n stigting gepraat? Vir watter doel? Is daar ‘n sakeplan aan enige van die leners/skenkers voorgelê? En as daar geld ingekom het, wat het daarvan geword. En wie se name word gebruik hiervoor?

Die ander persoon sê hy weet ook niks van Nathan Bond se planne nie. Toe ek vanoggend met hom praat was hy uiters verbaas en sê dit is tog gek om te dink dat hy by so iets betrokke sou raak te midde van sy huidige werk.

Nog ‘n projek waarvan niks gekom het nie was ‘n Godsdiens & Kinders publikasie. Nathan Bond het gesê hy befonds dit persoonlik met die hulp van 5 mense.

Hy skryf soos volg aan iemand wat voorheen gereeld op Kletskerk deelgeneem het en hom hier op KK ontmoet het.

Quote:
Ek hoop jy sal 'n bydra maak, soos jy aangedui het. Ek het reeds 'n basisteks voorberei en moet dit nou net in Afrikaans ook skryf. Ek het R15,000 bewillig en bydraes van R2,000 elk van vier belangstellendes ontvang. Ek sal jou ondersteuning hoog op die prys stel, en as dit geleë is ontvang ek dié bedrag graag:

Die geld moes elke keer alles in Bond se vrou se bankrekening betaal word. Die vermoede is dat hy nie self oor ‘n bankrekening beskik nie.

Nathan op die been wou bring ‘n publikasie met die naam Suffer little children.

Respek vir kinders lê my na aan die hart, skryf Bond aan een van die mense by wie hy geld ingesamel het. Die publikasie sou glo in ‘n glans buiteblad gebind word en aan jeugorganisasies, beide staats- en private instansies, beskikbaar gestel word.

Dit sou volgens hom hopelik ook “deur simpatieke joernaliste vermeld word, met kontakbesonderhede vir bestellings.”

TART en Kletskerk en Prometheus Ongebonde sou glo ook blootstelling bied.

Met die publikasie wat reeds moes verskyn wou hy glo respek vir kinders bewerkstellig. Hy skryf soos volg daaroor in een van die briewe in my besit.

Quote:
Respek vir kinders, sodat kinders met minder bagasie kan reis. Respek. Menswaardigheid. Respek vir kinders. Vir my is dít, respek vir "klein volwassenes", die hoogste goed!

Ek wil nie godsdiens afkraak nie; ek wil volwassenes bereik om kinders die voorreg te gee om sélf te ontwikkel. (Sien die Anais Nin verwysing.) En ek wil kinders bereik en vir hulle sê dat dit oukei is om te dink en om anders te wees en om vrae te vra en om meer te wil weet...


Daarop antwoord een van die skenkers soos volg

Quote:
Re jou Kinderbybel... Ek dra met groot graagte R2,000 by -- aangeheg. Meer nog, met jou goedkeuring sou ek graag 'n handjievol simpatieke vriende wou nader met 'n versoek om ook by te dra.


Met die volgende waarskuwing daarby wat skynbaar op dowe ore geval het

Quote:
'n Waarskuwing: "My" mense is almal in die finansiële wêreld, so hulle verwag redelike goeie boekhouding en verslagdoening oor die projek. Ek hoop nie dit is 'n probleem nie.


Die keerdatum vir die publikasie was 28 Februarie 2007. Daar het sover bekend niks van die publikasie gekom nie.

Van die partye oorweeg dit tans om die saak by die polisie aan te gee en is besig om regsadvies in te win.

Kletskerk beskik oor nog inligting.

Aangesien hierdie ‘n interaktiewe forum is het Nathan Bond natuurlik die volste reg om sy saak hier so volledig as wat hy wil in sy eie woorde te stel. Ek nooi hom uit om dit so volledig te doen soos wat hy goeddink.

Ek wil asseblief ook alle deelnemers versoek om die gesprek beskaafd te voer. Dit gaan nie hier om iemand wat lê te skop nie. Dit gaan oor deursigtigheid en eerlikheid.

Jean

_________________
We must move out again into the open air of intellectual discussion with the world, and risk shocking people if we are to cut any ice. - Dietrich Bonhoeffer


Last edited by Jean on Fri Oct 12, 2007 9:57 am, edited 5 times in total.

Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Wed Oct 03, 2007 4:43 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sun Nov 06, 2005 4:51 pm
Posts: 4717
Dankie Jean, dat jy my bedag gemaak het op hierdie draad.

In die week van 15 Januarie vanjaar het ek 'n gespreksgenoot op Kletskerk gevra of hy sou weet van mense wat bereid sou wees om geld te bewillig vir 'n essay oor die invloed van godsdiens op kinders. My korrespondent het entoesiasties aangebied om self 'n bydrae te maak en om 'n paar enersdenkende mense te nader om ook bydraes te maak.

Ek onthou dat my reaksie een van verbasing was. Ek wou verwysings hê…

Op 23 Januarie vanjaar het ek die voorstel per epos aan my korrespondent gestuur. Daarin sê ek dat ek R15,000 wil bymekaarmaak en dat ek hulp sou waardeer. Ek het uiteindelik R7,000 deur my korrespondent se hulp gekry.

Op 11 Junie vanjaar het ek 'n finale teks na my ondersteuners gestuur en gesê dat ek die essay graag wil laat publiseer deur 'n organisasie wat die impak daarvan sal kan optimiseer, en nie noodwendig as 'n skrywe van Nathan Bond nie. Ek het voorts gesê dat ek meen die beste geleentheid moet gebruik word vir maksimum impak. 'n Geleentheid rondom die nuwe Kinderwet byvoorbeeld, of iets in dier voge. In 'n telefoongesprek rondom hierdie laaste epos het ek my korrespondent gevra of hy tevrede is dat die stuk gespubliseer word wanneer die meeste impak gekry kan word. Ek onthou dat my korrespondent hartlik saamgestem het. Ek het hom weereens bedank vir sy ondersteuning.

In die epos van 23 Januarie het ek – baie opgewonde! – gesê dat ek ook wil praat oor "'n Dinkskrum oor 'n Stigting om rasionaliteit te bevorder".

Ek skryf:

"Oor die stigting beplan ek om 'n omvattende voorlegging, strategiese plan, taktiese plan, metingsmetodiek en begroting aan jou voor te lê: 'n volledige sakeplan om beleggers te werf en 'n kapitaalsterk stigting daar te stel. Hierdie notas is natuurlik uiters vertroulik en daarom kan ek jou sê dat ek reeds met dr. George Claasen en dr. Ben du Toit hieroor gepraat het - dit is die kaliber amptenaar wat aan die hoof van so 'n stigting behoort te staan. Ek sal hierdie idee later telefonies met jou bespreek en die sakeplan graag met jou samewerking wil finaliseer.

"Terloops, ek en George is van mening dat, byvoorbeeld, 'n lesingtoer van Dawkins, Harris, Dennett en andere winsgewend bedryf kan word as dit deur 'n verantwoordelike organisasie gedoen word. Ons wil TART Remarks uitbou en insluit; verskeie blogs en 'n professionele webwerf onderhou; gereelde persverklarings uitreik; kommentaar lewer in bekende publikasies; 'n uitgewery op die been bring, en so meer."

Dan skryf ek 'n laaste paragraaf: "Oor die eerste inisiatief - die Godsdiens & Kinders publikasie…"

Die epos begin só:

Beste…

Ons gesprek verlede week verwys.

Daar is nou twee items op die agenda:

1. 'n Kort publikasie oor godsdiens en kinders;
2. 'n Dinkskrum oor 'n Stigting om rasionaliteit te bevorder.

Daar is twee inisiatiewe. Twee afsonderlike inisiatiewe. Oor die tweede een soek ek hulp om dit te laat gebeur. Oor die eerste een droom ek. Ek vra nie geld nie. Ek maak nie beloftes nie. Ek vra hulp om 'n "volledige sakeplan om beleggers te werf en 'n kapitaalsterk stigting daar te stel" saam te stel. Dít het nooit gebeur nie – die sakeplan nie; die werwing van beleggers nie; die stigting van 'n organisasie om rasionaliteit te bevorder nie. En daar is nooit geld gevra vir hierdie Stigting wat ek baie graag op die been sou wou bring nie. Dit bly 'n idee wat ek koester, maar dit het nog nie gebeur nie.

Is daar enigiemand wat graag wil aandui dat hy, of sy, 'n bydrae tot so 'n Stigting gemaak het? Ek hoor graag van jou!

Vir dr. George Claassen het ek die opperste agting. 'n Stigting om rasionaliteit te bevorder sou mank gaan aan behoefte van iemand soos hy se insette en leierskap. 'n Vriend, 'n baie dierbare vriend, wat ek deur eie toedoen verloor het, dr. Ben du Toit, was die ander man wat ek gemeen het (en steeds meen!) 'n onbeskryflike groot bydra tot so 'n Stigting vir Rasionaliteit sou maak. Hy dink buite die boks – lees sy boeke.

Natúúrlik sal lesingtoere soos voorgestel winsgewend bedryf kan word! Natuurlik sal enigiemand met meer as twee breinselle meen dat dit kan werk.

En dan gaan ek voort: "Ons wil TART Remarks uitbou en insluit; verskeie blogs en 'n professionele webwerf onderhou; gereelde persverklarings uitreik; kommentaar lewer in bekende publikasies; 'n uitgewery op die been bring, en so meer."

As iemand uit hierdie sin wil aflei dat ek meen dat Claassen en Du Toit reeds deel is van so 'n Stigting, dan vra ek onvoorwaardelik om verskoning – hulle was nie en is nie deel nie, maar ek meen hulle behoort van so iets deel te wees!

Met Ben het ek geskerts: "As ons jou salaris kon verdubbel sal jy bedank nè!?"

Ben het net gelag. Want natuurlik sou hy nie bedank nie; die man se integriteit spreek boekdele – hy sal nie dit waaraan hy sy lewe gewy het die rug op draai nie.

'n Opgewonde gesprek met dr. Claassen oor die heerlike droom van 'n amptelike kapitaalkragtige organisasie wat rasionaliteit kan bevorder.

'n Vriendelike gesprek met dr. Du Toit - 'n kerkman van aansien en inbors wat nooit eers sou oorweeg om sy roeping te bedank nie.

'n Epos aan iemand wat reeds 'n entoesiastiese ondersteuner van my werk is (was) en wat die verstandelike vermoë en organisatoriese kennis het om so 'n stigting op die been te help bring.

My idee… en drie mense met wie ek my idee vertroulik deel. Net drie mense. Niémand anders nie.

Maar soos ek sê: Ek hoor graag van iemand wat in my droom "belê" het.

As die openbaarmaking van 'n persoonlike epos dr. George Claassen en dr. Ben du Toit benadeel het, vra ek om verskoning.

Nathan Bond
(Drewan Baird)

_________________
If the lord had meant us to have faith, he'd have given us lobotomies. ~ Zlatko


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Wed Oct 03, 2007 4:49 pm 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 13242
Location: Weskaap
Dankie Nathan,

Dit is die tipe van gesprek wat ek in gedagte gehad het. Die rede waarom die draad in die eerste plek hier geplaas is, is omdat dit mense raak wat al vir lank op KK is. Daar is kommer by baie mense en hulle soek na antwoorde.

As ons dit beskaafd kan doen is ek bereid om dit openlik en deursigtig hier te doen. Anders verwyder ek die draad. Ek is ook bereid dat ek en jy Nathan eers daaroor praat per epos voordat die draad verder gevoer word.

Dankie vir jou reaksie
Jean

_________________
We must move out again into the open air of intellectual discussion with the world, and risk shocking people if we are to cut any ice. - Dietrich Bonhoeffer


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Wed Oct 03, 2007 4:51 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Feb 05, 2007 9:27 pm
Posts: 3438
Nee okay

Maar waar is die geld wat die mense se weggeraak het? Is daar 'n boek op die rakke of nie?

Ek kan nie so lekker uitmaak uit die plasing nie


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Wed Oct 03, 2007 5:01 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Apr 10, 2006 10:22 am
Posts: 6043
Location: Cabo da Boa Esperança
Ek wil dit hier vir die rekord meld dat die laaste keer wat ek met Nathan in 'n telefoniese gesprek was - 25 Sep. 21:11 - waartydens ek hom verwittig het dat ek nie meer bereid was om my webwerf beskikbaar te maak waar TART Remarks-uitgawes vir relatief-gemaklike aflaai geherberg kon word nie, is die verbinding sonder antwoord, of waarskuwing, verbreek.

Self sien ek dus geen fout daarin dat Jean hom per e-pos verwittig het nie. Die kanse dat hy jou sal lees is groter as wat hy na jou sal luister, maar kan nie sonder meer gewaarborg word nie. Veral as hy nie 'n voorbereide antwoord het op die doel van jou oproep of e-pos nie.

Insoverre dit Suffer the children betref, ek staan vóór my kind in enige situasie, nie ágter hom nie! Dit is reeds dáárom dat ek finansiële bystand, wat ek vermoed het vir 'n goeie doel sou wees, gegee het. Presies waar die skrywer daarvan staan, ten opsigte van kinders, het ek nou my bedenkinge oor.

Vir die tweede maal vandag: "For sucks fake! Fakes suck big time!"

_________________
“As soon as the lunatics start running the asylum you have big problems.” - Nick Fry (CEO - Mercedes GP Petronas Formula One Team)

“I must be crazy to be in a loony bin like this.” - Jack Nicholson (One Flew Over the Cuckoo's Nest)


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Wed Oct 03, 2007 6:14 pm 
Offline
User avatar

Joined: Sun Nov 06, 2005 4:51 pm
Posts: 4717
Jean wrote:
Dankie Nathan,

Dit is die tipe van gesprek wat ek in gedagte gehad het. Die rede waarom die draad in die eerste plek hier geplaas is, is omdat dit mense raak wat al vir lank op KK is. Daar is kommer by baie mense en hulle soek na antwoorde.

As ons dit beskaafd kan doen is ek bereid om dit openlik en deursigtig hier te doen. Anders verwyder ek die draad. Ek is ook bereid dat ek en jy Nathan eers daaroor praat per epos voordat die draad verder gevoer word.

Dankie vir jou reaksie
Jean


Jean

Dankie, maar ek meen dat ek by jou integriteit as individu en joernalis kan berus. Jy hoef niks vooraf met my uit te klaar nie, maar ek waardeer jou aanbod geweldig.

Ek het nogals heelwat te sê, Jean, oor die gebeure van die afgelope maande, en oor die gebeure rondom my oor die afgelope dae hier op Kletskerk. Ook oor die persoonlike eposse van vandag waarop jy ge-cc is. Ek sal later vandag, of vroeg môre - na die "nugterheid van slaap" per persoonlike epos daarop reageer.

Maar terug by die "openbare" dinge hier opi' Kerk, die Kerk wat vir my dierbaar bly:

In Elsa Joubert se Die reise van Isobelle, sê Leonora: "Die mens is, om te kan bestaan, vol wraak. As hy geslaan word, wil hy iemand anders slaan, dit verlig hom. Die edel gemoed is hy wat sê: nie verder nie. 'A brave man will try to make the evil stop with him. He shall keep the blow. No man shall fight it from him, and that is a sublime ambition.'"

Die afgelope dae is die tweede maal in sewe jaar dat ek hierdie woorde oproep.

Dit is nié 'n verontskuldiging nie. Dit is nié 'n verskoning nie. Dit is nié 'n verduideliking nie. Dit is 'n keuse.

Ek wil graag hiermee volstaan. Ek is bereid om pa te staan vir my foute. Ek het al. Ek sal weer. Dít, Jean, laat my praat. Want jy sien, ek ken die ánder kant - ek bedoel nie die ander kant van die sake voor hande nie; ek bedoel die ánder kant,

_________________
If the lord had meant us to have faith, he'd have given us lobotomies. ~ Zlatko


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Wed Oct 03, 2007 6:16 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed Jun 14, 2006 11:45 am
Posts: 12277
Vir die rekord: ek is ook bedrieg. Die fynere detail is onbelangrik, behalwe vir die volgende...

Ek is woedend dat ek terugbetaal is met die geld van ander wat bedrieg is. Ek is woedend dat ek, op KletsKerk en elders, iemand verdedig het wat my en ander gewetenloos belieg en bedrieg het. Woorde soos "dierbare vriend" sal nooit weer dieselfde wees nie. Ek is woedend dat ek so naïef was om gevaarligte wat flits toe te skryf aan eksentrisiteit - 'n eienskap wat my nog altyd geïnteresseer het. En ek is veral woedend omdat ek die sob stories oor 'n beweerde groot empatie met menslike lyding vir soetkoek opgevreet het.

Kan iets positiefs uit hierdie debakel kom? Die gedagtes maal nog in my kop. Maar ek dink tog so.

_________________
"If God has spoken, why is the world not convinced?" - PB Shelley

"God is silent. Now if only man would shut up." - Woody Allen


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Wed Oct 03, 2007 6:55 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Sep 17, 2007 4:15 pm
Posts: 156
Location: Wind om die hoek
.


Last edited by Embeth on Sat Jul 26, 2008 12:17 pm, edited 1 time in total.

Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Wed Oct 03, 2007 8:02 pm 
Offline
User avatar

Joined: Wed Jun 14, 2006 11:45 am
Posts: 12277
Quote:
Die edel gemoed is hy wat sê: nie verder nie. 'A brave man will try to make the evil stop with him. He shall keep the blow. No man shall fight it from him, and that is a sublime ambition.'"

Die oortreder die edele slagoffer? Bedrog sublime?

_________________
"If God has spoken, why is the world not convinced?" - PB Shelley

"God is silent. Now if only man would shut up." - Woody Allen


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Wed Oct 03, 2007 8:40 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Apr 10, 2006 10:22 am
Posts: 6043
Location: Cabo da Boa Esperança
Stefan wrote:
Kan iets positiefs uit hierdie debakel kom? Die gedagtes maal nog in my kop. Maar ek dink tog so.


Ja daar kan, Stefan. Onkruid sál mettertyd geheel en al uitgeroei word en die aanspraak dat exotics ook 'n plek in die denke-natuur verdien, sal as wanvoorstellings identifiseer word, presies soos hierdie "debakel" nou uitlig.

This is a case of the Bullshitter versus the Bullshittee, neither of which I wish to be associated with, but yet I am. The Bullshittee I am, and it is no secret that "I am", for me, is tantamount to the need to ask for a prescription for a better than good anti-acid medication.

Ek wonder of jy besef net hóé de moer in ek was, laas daar by jou!?

Liewe Got! The flippen accused will decide on the best time for the best "impact"! GFY, china! Thát was never part of any "deal"!

Take note: My moer is báie skurf.

_________________
“As soon as the lunatics start running the asylum you have big problems.” - Nick Fry (CEO - Mercedes GP Petronas Formula One Team)

“I must be crazy to be in a loony bin like this.” - Jack Nicholson (One Flew Over the Cuckoo's Nest)


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Wed Oct 03, 2007 9:09 pm 
Offline
User avatar

Joined: Mon Apr 10, 2006 10:22 am
Posts: 6043
Location: Cabo da Boa Esperança
Nathan Bond wrote:
Ek wil graag hiermee volstaan. Ek is bereid om pa te staan vir my foute. Ek het al. Ek sal weer. Dít, Jean, laat my praat. Want jy sien, ek ken die ánder kant - ek bedoel nie die ander kant van die sake voor hande nie; ek bedoel die ánder kant, (my 'vetdruk')


Dan sal jy seker 'n voorbeeld ook kan gee, of hoe? Van die "Ek het al", bedoel ek.

Op hierdie webwerf was, en is, daar vertoeë gerig dat jy jóú kant van die saak stel. Daardie kans is jou hier gegun en dit is reg so, ek stem daarmee saam. Opmerklik is dit egter dat jy tot dusver géén vertoeë om versagting aan énigiemand stel nie - dit is behalwe die "jammer-sê" aan 'n handjie-vol KK'ers op 'n ander draad.

Verskoon my, ek moet my integriteit gaan opgooi!

_________________
“As soon as the lunatics start running the asylum you have big problems.” - Nick Fry (CEO - Mercedes GP Petronas Formula One Team)

“I must be crazy to be in a loony bin like this.” - Jack Nicholson (One Flew Over the Cuckoo's Nest)


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Thu Oct 04, 2007 12:09 am 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 13242
Location: Weskaap
Nathan Bond wrote:
Ek het nogals heelwat te sê, Jean, oor die gebeure van die afgelope maande, en oor die gebeure rondom my oor die afgelope dae hier op Kletskerk. Ook oor die persoonlike eposse van vandag waarop jy ge-cc is. Ek sal later vandag, of vroeg môre - na die "nugterheid van slaap" per persoonlike epos daarop reageer.



Nathan,

Dankie vir jou respons. Soos jy kan sien loop die emosies hoog. Party is kwaad. Baie kwaad! Ander is hartseer en ander is teleurgesteld. Sommige sien dit as 'n geleentheid om vir hulle self 'n punt of twee aan te teken al weet hulle nie mooi waaroor alles gaan nie. So is dit.

Ek sou verkies om nie in die posisie wees waarin ek my tans bevind nie maar ek is teen wil en dank daarin. Jy het egter meer as genoeg dinge om jou op die oomblik oor te bekommer as om na my gevoel hieroor te luister. Jou eie posisie is sekerlik veel onaangenamer. Ek het groot begrip daarvoor.

Ek dink al heeldag en heel aand aan dit wat hier voor ons aan die gebeur is en dit wat hiertoe gelei het. Op 'n manier wil ek glo jy verstaan nogal ook mý kant van die saak al het ons die afgelope tyd vreemdelinge vir mekaar geword.

Uit die eposse waarna jy verwys wat ook aan my ge cc is blyk dit duidelik hoe diep die emosies loop. Soos jy in my antwoord daarop gesien het respekteer ek die privaatheid daarvan.

Wat die openbare dinge op Kletskerk betref lê dit by jouself om te besluit hoe jy daarop wil reageer. Ek hoop jy sal die wysheid vind om die regte dinge te doen.

Groete
Jean

_________________
We must move out again into the open air of intellectual discussion with the world, and risk shocking people if we are to cut any ice. - Dietrich Bonhoeffer


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Thu Oct 04, 2007 4:50 am 
Offline
User avatar

Joined: Mon Sep 17, 2007 4:15 pm
Posts: 156
Location: Wind om die hoek
.


Last edited by Embeth on Sat Jul 26, 2008 12:18 pm, edited 1 time in total.

Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Thu Oct 04, 2007 8:29 am 
Offline
Site Admin
User avatar

Joined: Thu Oct 27, 2005 2:27 pm
Posts: 13242
Location: Weskaap
Embeth wrote:
Jy praat van deursigtigheid maar indien dinge nie skeef geloop het nie sou ons ander wat buite die binnekring staan ooit geweet het van al die befondsing en skemas wat agter die skerms aan die gang was?


Die antwoord spreek tog vanself. Dit is maar oral in die lewe so, as dinge nie skeefloop nie kom dit nie op die lappe nie. As mense nie ongelukkig gevoel het oor CUM se optrede met André Bartlett se boek nie sou die CUM draad ook nooit die lig gesien het. So werk dit maar. As van die skenkers hier nie vrae gehad oor bepaalde goed nie sou ek óók nie daarvan geweet het nie.

Dat die les wat jy uit hierdie debakel kan leer jou ontsnap is ongelukkig nie iets waarmee ek kan help nie. Maar so van deursigtigheid gepraat: Is daar enige spesifike rede waarom jy dit verkies om nou onder 'n ander naam deel te neem as voorheen of misgis ek my? Ag, as jy daarop wil antwoord doen dit maar liewer op 'n ander draad. Hierdie draad het 'n ander doel.

_________________
We must move out again into the open air of intellectual discussion with the world, and risk shocking people if we are to cut any ice. - Dietrich Bonhoeffer


Top
 Profile  
 
 Post subject:
PostPosted: Thu Oct 04, 2007 8:54 am 
Offline

Joined: Fri Oct 28, 2005 6:01 pm
Posts: 13278
Location: Kaapstad
Liewe Embeth - hierdie is 'n oefening om 'n ou idioom te bewys - al loop 'n leuen nog hoe snel, die waarheid agterhaal hom wel.
Laat ons nou maar dinge op ons unieke KK manier doen - dit gee diegene wat wil verduidelik, en bors skoonmaak, en die ander kant se ander kant van die saak te hoor , en dan veral die wat wil vrae vra ( mskien later) die geleentheid om dinge in die reine te bring.
Laat daar antwoorde wees.
Niemand dwing jou om die draad te lees nie.

Nietemin.

Jean moet nou maar my vrae ook wegsny en bêre vir later as hy dink dit moet.
Ek het nie tyd vir lospraatjies nie.
Ek het ook nie tyd om op die manne se manier om om en om te praat en nie direkte vrae te vra en antwoorde te lees wat nie antwoorde is nie.

My vrae het ongelukkig nie met die ander kant of met die tweede party te doen nie, en ek sal graag van Nathan, hier, 'n paar eerlike antwoorde wil hoor, as hy daartoe in staat is.


Ongelukkig is die onus en bewyslas op hom, en ek maak maar staat op sy talent om uiters kreatief te wees, om wel met naslaanbare bewyse te kan kom en voor te lê.
Ek het nie tyd vir vae praatjies on onbenullige datums nie.

Laat ek dan nou ook vooraf stel dat ek die vrae sal vra soos dit by my opkom, en dat ek nie my woorde versigtig gaan kies en gaan wonder en redigeer om te bepaal of elke woord op die regte plek is waar dit die beste impak kan lewer nie - dit is nie my skryfstyl nie.


1) Waar kom die beoogde bedrag van R15 000 vandaan, en van watter bron het jy die ander R8000 gekry wat jy kwansuis self sou befonds het?

2) Watter een van die volgende stellings is waar:
a) Jy sou help om 'n nuwe Afrikaanse Radiostasie in die OosKaap te vestig.
b) Jy sou 'n nuwe bemarkingsbesigheid begin het
c) Daar is nog nie eers begin om enigiets tov die beoogde simposium te doen nie, behalwe om fondse te probeer in.
d) Die kinderboek is nog nie begin nie.
e) Die boek, waaroor daar titelvoorstelle op KK gevra is, gaan nooit verskyn nie.
f) Die boek, wat sou verskyn het, en ek by navrae aan jou op KK van gehoor het, nou verander sou word na 'n 'n virtuele boek met iets soos "askance" in die titel is heelwaarskynlik begin om iemand te beïndruk, maar sal heelwaarskynlik nie verder gaan nie.
g) Jy is besig met 'n projek wat glo "untitled" genoem word, maar wat heelwaarskynlik ook net iets is waarmee jy iemand wil beïndruk, maar wat nooit verder sal gaan nie.
h) Watter marknavorsing, hoe lank en hoe wyd het jy gedoen met enigeen van die beoogde boeke.

3) Hoeveel, in totaal, het jy verdien met harde, eerlike werk - waar jy 'n voltooide produk gelewer het, en ten volle daarvoor vergoed is deur 'n tevrede klieënt vir die periode 1/12/2006 - 31/8/2007.?
'n Spesifieke bedrag word nie vereis nie - net om te bewys dat daar wel sulke inkomstes was.
Dit is nie onredelike vraag nie - want slegs 'n gewetenlose moroon sal al sy tyd verwyl met "projekte" wat absoluut geen geld inbring om te sorg vir sy gesin nie.

4) Iets waarvan niemand praat nie, maar 'n wesentlike feit is, is dat geen mens deesdae, onder die nuwe belastingwet, lenings van meer as R2000 mag maak sonder om belasbare rente te eis nie. Die ontvanger het die reg om die rente verskuldig op 'n lening te bepaal, en die lener te belas, of hy/sy dit gekry het of nie.
Die mense wat dus R2000 of minder aan NB geleen het, is veilig, maar ek sal net graag wil weet of daar duidelik onderskeid getref is van gelde wat ge-in is of daar 'n duidelike onderskeid tussen "donasies" en lenings is. En of die donateurs en leners bewus is of hulle 'n donateur of 'n lener is.
Daar moet ook by elke leningsooreenkoms 'n dokument wees wat die rentekoers aangee, en die bedrae en datums van terugbetaling van enige lening wat nie binne 2 maande terugbetaal sou wees nie.
Ons moet ons nuwe regering daarvoor bedank.

5) Die feit dat jy "donasies" ontvang het, beteken dit dat jy dit aan die Ontvanger moet verklaar.
Het jy "donasies" ontvang NB?

6) Het jy al ooit iewers om sielkundige hulp gaan aanklop? Jy behoort dit te doen, want dit is eintlik al manier hoe jy so gou moontlik op die regte spoor gehelp kan word.

7) Is ons nou aan die begin van die volgende 7-jaar siklus?

_________________
Elke dag is mooi

http://www.oepsadysie.co.za


Top
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 138 posts ]  Go to page 1, 2, 3, 4, 5 ... 10  Next

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 4 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Search for:
Jump to:  




South Africa's Top Sites Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
Style edited by LEE for phpBB3