Tuisblad  Wie is ons?   Argief  Soek Artikels   Beknopte Index  Registreer  
Teken Aan   FAQ   Soek   Forum   Hulpstaaf   Foto's  

Wie is ons?

Gesprek onbeperk!

Kontakbesonderhede:
Webmeester en inhoudsredakteur: Jean Oosthuizen
Epos adres: jean@kletskerk.co.za

Kletskerk is ‘n onafhanklike forum en het geen bande met enige kerk of ander organisasie nie. Die forum word onderhou deur middel van deelnemers se vrywillige bydraes.

Kletskerk is 'n OOP forum waar enigiemand sy/haar mening oor geloof, kerk en ander sake kan gee. Mense van verskillende kerke, geloofsoortuigings asook agnostici en ateïste neem aan die forum deel. Ter wille van 'n oop gesprek word die minimum moderering toegepas.

Menings wat op Kletskerk uitgespreek word verteenwoordig nie die standpunt van enige spesifieke kerk of geloofsoortuiging nie en ook nie noodwendig die standpunt van die webredakteur nie.

Deelnemers aan die gesprek moet verwag dat hulle menings gaan hoor wat vir sommige skokkend mag wees. Aan die ander bied dit 'n geleentheid om te hoor wat mense in en buite die kerk regtig oor geloofsake dink.

Deelnemers word aangemoedig om hulle eie oortuigings met vrymoedigheid te stel en te reageer op ander se plasings.

Die moderators van die forum behou die reg voor om plasings te modereer of te verwyder maar onderneem om oop gesprek aan te moedig.

In die gees van die oop gesprek wil Kletskerk ‘n geleentheid bied waar deelnemers aangemoedig word om in ‘n veilige ruimte uiteenlopende standpunte te stel sonder vrees vir veroordeling of verkettering.

Openbare gesprekke tussen gelowiges, ateïste en andersdenkendes dateer reeds uit die vroegste eeue. Op Kletskerk wil ons hierdie gesprek onbevange in Afrikaans verder voer.

Die forum behoort aan sy deelnemers. ‘n Ryke verskeidenheid van mense met sterk uiteenlopende oortuigings wat dikwels hewig van mekaar verskil.

Ons krag lê in ons diversiteit. Ons is nie allergies vir mekaar omdat ons anders of verskillend glo nie. Ons put ons krag daaruit dat ons nie ‘n ingeteelde groepie eendersdenkende mense is wat mekaar heeltyd op die skouer klop nie. Ons gee nie om as ons van mekaar verskil nie en gun mekaar ruimte om dit te doen.

Ons glo aan gesprek onbeperk. Ons is nie napraters nie. Ons is nie bang om dinge te bevraagteken nie. Ons vrees nie die kerk, die regering, politieke partye of die duiwel nie. Ons slaan mekaar soms bloedneus en dikwels reageer ons oorhaastig in ons ywer om ons sê op Sê jou Sê te sê. Maar die gesprek bly in wese onbeperk.

Verdra die teestander. Al het hy nie reg met sy verskil nie, hy het die reg om te verskil. – CJ langenhoven

 
Die dag toe God weggeraak het....
Nuwe fossiel laat kreasioniste met eier in die gesig
Eugene Terreblanche vermoor
Bybelse potholes
Ek word bang
NG Kerk se moderatuur sê Kletskerk is 'n verleentheid
NG Kerk wil saambly weer bekyk
Is wetenskaplike studie sonde?
Ateïstiese dominee glo in 'n "God wat nie bestaan"
KLETSKERK VIR BEGINNERS


Skryf in op ons nuusbrief.
Name:
Email:
Laai AF
Kletskerk

Bemark jou Blad ook
klasifiseerd
Kontak
South Africa's Top Sites


Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group
Style edited by Lee for phpBB3