Eishkom

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
plompie
Posts: 385
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Eishkom

Post by plompie » Sat Jun 27, 2020 2:27 am

STAP 3 : PANELE

Ek het besluit op 12x 365w Canadian Kumax panele = 4380w. Dis nou op 'n 5 Kw inverter en 'n 250/100 MPPT.

'n Interessante gevolg van ons pogings om die panele met die MPPT controller te match [sodat jy binne die veilige perke bly], is dit dat wil voorkom asof die hoër panele veel beter werk saam met die goedkoper en kleiner 150/100 MPPT!
So, met die 150/100 model kan jy bv 5460 watt genereer met veiligheid met 12x450w panele. Sit jy hierdie selfde panele op die groter MPPT werk dit nie ...

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 570
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Eishkom

Post by Kameraad Eksteen » Sat Jun 27, 2020 12:16 pm

Dit hang alles af van hoe jy die panele koppel en verkieslik sou ek op 48V werk. Om hemelsnaam werk op 48V.

Byvoorbeeld, as jy die 5400W in parallel koppel is die 450A, wat malligheid is. String jy hulle in drie groepe van 48V op is dit maar 'n minder as 30A. En as jy die kleiner panele gebruik is dit net oor die 20A.

Check jou somme.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 474
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Eishkom

Post by DieAnderEk » Sat Jun 27, 2020 12:17 pm

plompie wrote:
Fri Jun 26, 2020 3:09 pm
DAE dit klink vir my asof jou situasie hom uitstekend leen tot 'n tipiese "Elegante Minimalistiese" benadering soos verwys na op hierdie draad.
Die laptop + 1 LED lig kan wraggies nie soveel krag verbruik nie; minsens sal jy kan werk terwyl die GF jou kop krap :lol: [Want; hoekom sal jy worry oor die TV vir haar?]
Ek wens laptops kon run op gas, dan sou ek OK wees. Moet nou maar eers die batterystorie uitsorteer. Ek het die '"Elegante Minimalistiese" benadering'-storie gemis, is dit goedkoop en maklik?
I was an omnipotent being until I accidentally tried to shave with Occam's Razor.
- flagbearer223
http://www.reddit.com/r/fifthworldprobl ... identally/

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 570
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Eishkom

Post by Kameraad Eksteen » Sat Jun 27, 2020 1:33 pm

DieAnderEk wrote:
Sat Jun 27, 2020 12:17 pm
Ek wens laptops kon run op gas, dan sou ek OK wees. Moet nou maar eers die batterystorie uitsorteer. Ek het die '"Elegante Minimalistiese" benadering'-storie gemis, is dit goedkoop en maklik?
Nee, ongelukkig is jou mees elegante en goedkoopste oplossing 'n nuwe battery.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 474
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Eishkom

Post by DieAnderEk » Sat Jun 27, 2020 2:16 pm

So gedog...
I was an omnipotent being until I accidentally tried to shave with Occam's Razor.
- flagbearer223
http://www.reddit.com/r/fifthworldprobl ... identally/

plompie
Posts: 385
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Eishkom

Post by plompie » Sat Jun 27, 2020 2:22 pm

4 serie; 3 parallel. 48V.

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 570
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Eishkom

Post by Kameraad Eksteen » Sat Jun 27, 2020 2:24 pm

plompie wrote:
Sat Jun 27, 2020 2:22 pm
4 serie; 3 parallel. 48V.
Jip!

In serie tel jy die volt en die ampère bly dieselfde (dws, wat een paneel se "rating" sou wees.)

In parallel tel jy die ampère op en die volt bly dieselfde.

plompie
Posts: 385
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Eishkom

Post by plompie » Sat Jun 27, 2020 5:14 pm

Dankie. Ek het nooit werklik nodig gehad (in my lyn van werke) om te worry oor ampere vs volts ens nie.
Daar is egter 'n Victron Excel spreadsheet waar jy die nodige parameters insit en vinnig kan sien of jy veilig is: Paneel; Serie/Parallel en Qty en MPPT. So ons het darem al daai dinge gecheck.

Edit: So op 365x12= 4380 watts wys alle parameters groen; nie een oorskrei die veiligheidsperke nie [met 4 in serie; 3 in p]. In elk geval, op 'n 5Kva inverter [as ek reg verstaan] moet jy wetlik die inverter limit tot 3.5 Kw terwyl grid-tied; alhoewel die volle 4380 (of whatever die array verskaf op 'n gegewe stadium onder gegewe kondisies) gebruik kan word tydens 'n kragonderbreking.
So vir my wil dit voorkom asof al die komponente dusver goed gebalanseerd is, bv:-
* Meer panele? Nee - want (a) dan moet ek nog 'n MPPT bysit (b) straks groter inverter en (c) onnodig vir backup doeleindes [my primêre dryfveer]; terwyl ROI uiters swak.
* Groter as 6.1Kwh battery? Weereens: Onnodig, want (a) [6.1 x 80% / 0.8] = 6.1 ure waaroor ek nou vir alle praktiese doeleindes nie in die dagtyd meer oor hoef te worry nie; (b) slapenstyd word dit (ongeveer) [6.1 x 80% / 0.55] = 8.7 ure; (c) weereens die ROI argument en (d) dis dom om te veel op battery-tegnologie te spandeer terwyl die volgende deurbraak (graphene/supercap?) dalk om die draai is.
* Groter inverter? Nee, want die enigste goeie rede hiervoor sou wees "off-grid", waar die inverter blootgestel word aan meer en hoër peaks; terwyl met grid-tied vat Eskom die peaks.

Anyhow: bg is maar nou volgens my beperkte verstaan so ek mag verkeerd wees.

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 570
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Eishkom

Post by Kameraad Eksteen » Fri Jul 03, 2020 10:46 am

plompie wrote:
Sat Jun 27, 2020 5:14 pm
(of whatever die array verskaf op 'n gegewe stadium onder gegewe kondisies)
Jy kan soveel krag gebruik soos wat jou inverter kan lewer, of dit nou dubbeld is wat jou panele bied maak eintlik nie saak nie. Ek het baie 800w getrek toe ek net 160W se panele gehad het, byvoorbeeld, en met gewone deep cycle batterye is dit goed om hulle so nou en dan so te "cycle".

plompie
Posts: 385
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Eishkom

Post by plompie » Fri Jul 03, 2020 9:23 pm

Kameraad Eksteen wrote:
Fri Jul 03, 2020 10:46 am
plompie wrote:
Sat Jun 27, 2020 5:14 pm
(of whatever die array verskaf op 'n gegewe stadium onder gegewe kondisies)
Jy kan soveel krag gebruik soos wat jou inverter kan lewer, of dit nou dubbeld is wat jou panele bied maak eintlik nie saak nie. Ek het baie 800w getrek toe ek net 160W se panele gehad het, byvoorbeeld, en met gewone deep cycle batterye is dit goed om hulle so nou en dan so te "cycle".
My verstaan is dat daar 'n (wetlike) limiet is vanaf die panele (wat verskil afhangende van die inverter) terwyl grid-tied connected; maar dat hierdie limiet wegval as die grid onbeskikbaar is.
Ek mag verkeerd verstaan het.

Post Reply