Uit 'n ander hoek

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
Post Reply
User avatar
DieAnderEk
Posts: 502
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Uit 'n ander hoek

Post by DieAnderEk » Wed Sep 02, 2020 12:39 pm

'n Paar van julle het seker al na Jean Oosthuizen se radioprogram geluister wat al 'n paar jaar (onderbroke) op die lug is.* Ek meen dis seker bietjie soos Kletskerk Lite, maar op radio, en sonder mense wat met mekaar baklei. Ek volg vir Jean op Facebook en ná elke program gooi hy die SMSe wat mense na hulle toe stuur oor die episode. 'n Mens sou sweer hy is 'n direkte gesant van Satan homself wat na die aarde toe gestuur is om Christene te verlei. Dit is deesdae vir my moeilik om myself te plaas in daardie mindset, veral in 2020 waar die godsdiensdebat tog meer hoofstroom geraak het en mense meer gewoond behoort te wees aan die idee van om sekere idees in godsdiens te bevraagteken. Aan die ander kant is daar seker heelwat wat nooit debatte lees of dalk selfs aanlyn gaan nie - hulle luister net radio, stuur SMSe en skryf seker nou en dan 'n woedende brief aan die koerant. Daar is darem 'n paar mense wat die program prys. Ek self dink dit is nie sleg nie, en dat hulle seker meer tyd sal nodig hê om opponerende standpunte aan te bied. Soos dit nou staan is dit dalk net 'n bietjie te kort in my opinie. Sommige onderwerpe is ook nie vir my so interessant nie, maar dis darem in die minderheid.

Ek het wel die laaste tyd min geluister, maar as daar 'n interessante gesprek is sal ek bietjie skryf hier. Miskien is daar kwessies waaroor ons kan herkou.

O ja, die potgooie is hier:

http://www.rsg.co.za/Program-Vorige/356 ... ander-hoek
* Jean Oosthuizen Sondag-aande op RSG waar daar uit ʼn ander hoek gesels word oor spiritualiteit en geloofsake. Uit ʼn ander hoek is ʼn program waar daar eerlik en reguit oor geloof gesels word en nie weggeskram word om ook minder bekende en selfs uitdagende denkrigtings, oor geloof en spiritualiteit te ondersoek nie. Uit ʼn ander hoek bied aan gewone mense én bekendes ʼn geleentheid om eerlik en gemaklik oor hulle geloofslewe te praat. Ons wil graag oop denke bevorder en die geloofgesprek sinvol voer sodat luisteraars hulle eie gevolgtrekkings kan maak. wrote: (Facebook-blad)
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
vixen
Posts: 409
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Uit 'n ander hoek

Post by vixen » Tue Sep 15, 2020 8:45 am

Laat ek nou gou hierdie pos voor ek weer vergeet om te “save”, want hoe meer dae hoe meer dinge.
DieAnderEk wrote:
Wed Sep 02, 2020 12:39 pm
'n Paar van julle het seker al na Jean Oosthuizen se radioprogram geluister wat al 'n paar jaar (onderbroke) op die lug is.
Ja ek het al in my spoor op sy program afgekom en laasweek na twee potgooie geluister, danksy die pos.
Ek meen dis seker bietjie soos Kletskerk Lite, maar op radio, en sonder mense wat met mekaar baklei.
Ook maar goed hy herinner luisteraars, so in die middel van die gesprek, waarna geluister word want op 'n punt dwaal ek af en hoor niks verder nie. Ek het ook al deur die radio 'n gesprek gehad. Gelukkig was ek voorbereid anders het ek nou nog gepraat.
Ek volg vir Jean op Facebook en ná elke program gooi hy die SMSe wat mense na hulle toe stuur oor die episode.
Ek was nie destyds met die groot trek een van die uitverkoreniste nie. So wanneer ek soms daar oor die draad loer word ek herinner aan sy woord, "..jy is nie welkom hier nie. Jy weet wie jy is," dan sak ek maar oor sy wingerd wat so suur is.
'n Mens sou sweer hy is 'n direkte gesant van Satan homself wat na die aarde toe gestuur is om Christene te verlei.
Is dit nou hy of jy wat my verlei het om die smsse te gaan lees, nadat ek na Sondagaand se potgooi geluister het en klaar weer vergeet het waaroor dit gaan?
Dit is deesdae vir my moeilik om myself te plaas in daardie mindset, veral in 2020 waar die godsdiensdebat tog meer hoofstroom geraak het en mense meer gewoond behoort te wees aan die idee van om sekere idees in godsdiens te bevraagteken.
Ek wag nog vir jou antwoord op my vraag vir 'n ander woord vir "godsdiens."
Aan die ander kant is daar seker heelwat wat nooit debatte lees of dalk selfs aanlyn gaan nie - hulle luister net radio, stuur SMSe en skryf seker nou en dan 'n woedende brief aan die koerant.
Ek wonder oor die lesersgetal wat styg hier, maar self te slap om rekord te hou oor hoeveel keer ek ingaan op 'n onderwerp. Jy is nogal vinnig op spammers.
Daar is darem 'n paar mense wat die program prys. Ek self dink dit is nie sleg nie, en dat hulle seker meer tyd sal nodig hê om opponerende standpunte aan te bied. Soos dit nou staan is dit dalk net 'n bietjie te kort in my opinie. Sommige onderwerpe is ook nie vir my so interessant nie, maar dis darem in die minderheid.
Wat keer hulle om verder hier te kom deelneem? Been there, done that?
Ek het wel die laaste tyd min geluister, maar as daar 'n interessante gesprek is sal ek bietjie skryf hier.
Ek het nog nie op 'n nuwe onderwep onder die potgooie afgekom nie. Soos reeds genoem, ek het na hierdie twee geluister:
Uit 'n ander hoek 6 September 2020
As godsdiens veronderstel is om na vrede te streef, waarom is daar dan so baie godsdiensgeweld in die wêreld? Jean Oosthuizen gesels hieroor met die godsdienskenners proff. Farid Esack en Willie Esterhuyse uit ʼn Christelike- en Moslem-perspektief.
1983 vertaling: MATTEUS 10:34
“Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie maar die swaard.
en
Uit 'n ander hoek 23 Augustus 2020
Wat is die nut van gebed in die moderne tyd? Waarvoor bid mens vandag, en is daar iets soos gebedsgenesing? Dit is van die vrae waaroor Jean Oosthuizen met sy gaste, die teoloë prof. Hansie Wolmarans en Terblanche Jordaan gesels.
Op die ou KK was die Onse Vader gebed in diepte bespreek. Die inleiding (wat al lankal aan my krap) het my na die aanlyn Bybel laat gaan want deesdae is niks veilig, wat openlik in my huis rondlê nie, net om agter te kom dat die nuwe vertalers het dit reeds verander:
1983 Vertaling: MATTEUS 6:9
“So moet julle bid: “Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word;
Die Bybel vir Almal:
Julle moet só bid: “Ons Vader wat in die hemel is ons bid dat al die mense u heilige Naam sal eer
omdat U God is
Jean vra in die gesprek ook uit oor gebedskettings. Kry ek toe ook gister 'n gebedsversoek oor die droogte in 'n sekere deel van die land. “Lees dit asb bid vir hulle en stuur aan met 'n gebed in jou hart vir mense wat bitter swaarkry...," sonder 'n dreigement, maar met 'n herinnering. "God verhoor gebede as Sy kinders vir mekaar bid.."

En SPAR se advertensie: "Kom koop 'n armband ter ondersteuning vir die wat swaarkry.,," Na een kommentaar daar (in die koerant} is die draad gesluit dus pos ek my antwoord hier: Nee dankie vir die armband. Oom Cyril het reeds miljarde belowe.
O ja, die potgooie is hier:
Miskien is daar kwessies waaroor ons kan herkou.
Waarvoor wag jy nou eintlik?

User avatar
DieAnderEk
Posts: 502
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Uit 'n ander hoek

Post by DieAnderEk » Wed Sep 16, 2020 6:29 pm

vixen wrote:
Tue Sep 15, 2020 8:45 am
Ek was nie destyds met die groot trek een van die uitverkoreniste nie. So wanneer ek soms daar oor die draad loer word ek herinner aan sy woord, "..jy is nie welkom hier nie. Jy weet wie jy is," dan sak ek maar oor sy wingerd wat so suur is.
Is dit nou Vixen-speak vir "Jean het jou nie gefriend nie"?
vixen wrote:
Tue Sep 15, 2020 8:45 am
Is dit nou hy of jy wat my verlei het om die smsse te gaan lees, nadat ek na Sondagaand se potgooi geluister het en klaar weer vergeet het waaroor dit gaan?
Die SMSe is soms definitief meer vermaaklik as die praatjie. Was dit darem die moeite werd?
vixen wrote:
Tue Sep 15, 2020 8:45 am
Ek wonder oor die lesersgetal wat styg hier, maar self te slap om rekord te hou oor hoeveel keer ek ingaan op 'n onderwerp. Jy is nogal vinnig op spammers.
Dis nogal maklik om die spammers weg te hou. Do the double whammy: Vee die draad uit en permanente ban. En ja, ek dink daar is nog 'n paar mense wat lees maar nie deelneem nie.
vixen wrote:
Tue Sep 15, 2020 8:45 am
Wat keer hulle om verder hier te kom deelneem? Been there, done that?
Nie heeltemal dieselfde nie. Jy het 'n halfuur op die lug en jy's klaar, met seker so 'n bietjie voorbereiding, en baie mense wat luister, met Jean wat mooi fasiliteer. Op "Tweegesprek" het dit seker baie langer gevat, en daar's seker net 'n paar wat gelees het.
vixen wrote:
Tue Sep 15, 2020 8:45 am
Waarvoor wag jy nou eintlik?
Ek wag nie, ek kyk wanneer ek tyd kry.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
vixen
Posts: 409
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Uit 'n ander hoek

Post by vixen » Sat Sep 19, 2020 9:09 am

DieAnderEk wrote:
Wed Sep 16, 2020 6:29 pm
Die SMSe is soms definitief meer vermaaklik as die praatjie. Was dit darem die moeite werd?['/quote]
Ook maar goed ek het nou weer (vanoggend)daar gaan lees omdat een wat hy uitgesonder het, aan my gekrap het. Toe sien ek my duiwel het namens my die pos ge=like.
DieAnderEk wrote:
Wed Sep 16, 2020 6:29 pm
Ek wag nie, ek kyk wanneer ek tyd kry.
Dan wag ons maar. Weet jy of daar 'n nuwe reeks op die horison is, na afloop van die huidige een?

User avatar
DieAnderEk
Posts: 502
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Uit 'n ander hoek

Post by DieAnderEk » Sat Sep 19, 2020 1:16 pm

Weet nie, maar hulle is al deur 'n paar seisoene, so ek dink die kans is goed.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

Post Reply