Hoe om te Kletskerk soos 'n god

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
User avatar
DieAnderEk
Posts: 502
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Hoe om te Kletskerk soos 'n god

Post by DieAnderEk » Fri Oct 05, 2018 11:12 am

Die doel van hierdie draad is om nuttige wenke neer te skryf wat veral vir nuwelinge sal help. Skryf enigiets hier neer wat jy dink die ervaring makliker sal maak en ek sal die hierdie plasing edit met die nuwe inligting. Of maak 'n post oor iets wat jy nie regkry nie en hopelik sal ek/ons jou kan help, en dan voeg ek dit ook hier by.

(1) Hoe om na jou "User Control Panel" of profiel te gaan:
- Scroll heeltemal op boontoe. Aan die regterkant sien jy jou gebruikersnaam met 'n pyltjie langsaan. Kliek op die naam of pyltjie en kliek dan op die toepaslike opsie. Jy kan dit ook gebruik om uit te teken.

(2) As jy pas aangesluit het dan moet jy eers inskryf ("subscribe") aan 'n onderwerp om e-posse of kennisgewings te ontvang. Jy kan na jou kontrolepaneel toe gaan om dit outomaties te doen. Gaan soontoe, en kliek dan op "Board preferences", en dan op "Edit notification options". Scroll ondertoe en stel wat jy verkies. As jy eerder fisies aan 'n spesifieke draad wil subscribe, gaan na die draad toe. Scroll dan ondertoe en kliek op die knoppie met die prentjie van die spanner op, net regs van "Post reply". Die boonste opsie op die dropdown sê "Subscribe topic". Die regmerkie beteken nie dat jy reeds ingeskryf is nie. Kliek daarop en nou behoort dit te sê "Unsubscribe topic". Jy is nou op daardie draad ingeskryf.

(3) Om 'n nuwe draad oop te maak, gaan na die forum toe (op hierdie stadium slegs "Sê jou sê"). Hier is die skakel. Jy behoort nou 'n lys van onderwerpe te sien wat mense oopgemaak het. Bo (en onder, as jy afscroll) links is daar 'n knoppie wat sê "New topic". Kliek daarop - nou kan jy 'n nuwe onderwerp begin met 'n titel en teks. Jy kan ook 'n emoticon kies as jy wil. In uitsonderlike omstandighede kan 'n draad ge-"sticky" word, wat beteken dat dit altyd bo bly op die lys van drade - as jy voel dit is nodig, kontak 'n admin.

(4) Om 'n plasing uit te vee, kliek op die kruisie langs die potlood.

(5) Hoe om 'n prentjie te plak: Op die vorige Kletskerk kon 'n mens nog 'n prentjie oplaai. Ek is nog nie seker of dit hier moontlik is nie. Maar 'n mens kan wel image URLs plak deur die img-etikette te gebruik. Die maklikste is om op die knoppie bó te druk wat lyk soos 'n boksie met iets soos 'n berg en 'n son binne-in (op hierdie stadium vierde van regs af). Dit genereer outomaties die img-etikette. Hier is 'n voorbeeld (jy kan hierdie hele plasing quote om te kyk na die kode):

Image

As jy aanlyn 'n prentjie sien, kan jy (in Chrome) die URL kry deur te regs-kliek en te kliek op "Copy image address". Nou hoef jy dit net te paste in KK tussen die tags.

(6) Hoe om 'n YouTube-video te plak: Ek het 'n stukkie BBCode by die admin panel gevoeg om dit nou moontlik te maak om YouTube-skakels te plak. Gaan na die YouTube-video en kopieer die adres (bo óf onder "Share"). Kopieer die stukkie wat kom ná die "v="-deel (of ná die ".be/"-deel onder "Share") en plak dit tussen [youtube]-etikette. In die editor (kliek op "Full Editor & Preview" as jy in "Quick reply"-modus is) kan jy ook kliek op die "youtube"-knoppie wat nou bo verskyn om dit vir jou makliker te maak. Dit is handig om te kliek op "preview" om seker te maak dat die video wel korrek verskyn voordat jy submit. Hier is 'n voorbeeld:


youtu.be/bZsuM_L6BgY

PS Dit het eers gewerk en nou weer nie. Ek sal opvolg.

(7) Hoe om iemand te ignoreer, sodat jy sy/haar plasings nie meer sien nie:
- Gaan na jou kontrolepaneel. Kliek op "Friends & Foes" bo, en dan "Manage foes" aan die linkerkant. Tik die persoon se naam in en "Submit". Jy kan ook op "Find a member" kliek as jy nie heeltemal kan onthou hoe om dit te spel nie of iets. Jy kan ook vriende byvoeg onder "Manage friends". Ek dink dit sal dan wys wanneer daardie persoon aanlyn is.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
DieAnderEk
Posts: 502
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Hoe om te Kletskerk soos 'n god

Post by DieAnderEk » Mon Oct 08, 2018 2:55 pm

Frik wrote:
Mon Oct 08, 2018 2:46 pm
Hoe maak mens 'n nuwe draad oop?
Ek sien jy het wragtie nog nie 'n draad oopgemaak nie. Ek het die OP opgedateer, hoop dit help.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

Saad
Posts: 126
Joined: Fri Oct 05, 2018 10:39 am

Re: Hoe om te Kletskerk soos 'n god

Post by Saad » Mon Oct 08, 2018 2:58 pm

DieAnderEk wrote:
Mon Oct 08, 2018 2:55 pm
Frik wrote:
Mon Oct 08, 2018 2:46 pm
Hoe maak mens 'n nuwe draad oop?
Ek sien jy het wragtie nog nie 'n draad oopgemaak nie. Ek het die OP opgedateer, hoop dit help.
Ja Kameraad ook nie . Die twee siele het al meer as 200 post gedoen. Sien jy nou wat is aasvoels.

Lachdanan
Posts: 30
Joined: Wed Oct 03, 2018 8:46 pm

Re: Hoe om te Kletskerk soos 'n god

Post by Lachdanan » Wed Oct 10, 2018 10:33 pm

DieAnderEk wrote:
Fri Oct 05, 2018 11:12 am
(5) (ongetoets) Hoe om iemand te ignoreer, sodat jy sy/haar plasings nie meer sien nie:
- Gaan na jou kontrolepaneel. Kliek op "Friends & Foes" bo, en dan "Manage foes" aan die linkerkant. Tik die persoon se naam in en "Submit". Jy kan ook op "Find a member" kliek as jy nie heeltemal kan onthou hoe om dit te spel nie of iets. Jy kan ook vriende byvoeg onder "Manage friends". Ek dink dit sal dan wys wanneer daardie persoon aanlyn is.
Dit werk.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 502
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Hoe om te Kletskerk soos 'n god

Post by DieAnderEk » Thu Oct 11, 2018 9:02 am

Frik wrote:
Wed Oct 10, 2018 5:37 pm
Ek het 'n stukkie BBCode by die admin panel gevoeg
Ne!! Ek is impress!! Dan kan jy mos baie goedjies reg toor soos wat dit op die ou KK was.
Ag dankie maar eintlik ken ek glad nie BBCode nie, ek was gelukkig om op 'n video af te kom waar ek letterlik net die kode gecopy en paste het. Ek onthou ons kon YT-video's plak op die ou saait, en was verbaas toe ek sien hier was dit nie moontlik nie (of nie so maklik nie in elk geval).

PS Die video wil nou weer nie vir my wys nie, sien jy/julle dit?
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
DieAnderEk
Posts: 502
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Hoe om te Kletskerk soos 'n god

Post by DieAnderEk » Thu Oct 11, 2018 9:03 am

Lachdanan wrote:
Wed Oct 10, 2018 10:33 pm
Dit werk.
Ek het opgedateer dankie.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
DieAnderEk
Posts: 502
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Hoe om te Kletskerk soos 'n god

Post by DieAnderEk » Thu Oct 11, 2018 9:16 am

Toe ek getoets het wou dit nie wys toe die afmetings groter was nie. Ek het rondgespeel en toe werk dit skielik. Maar nou weer nie. *sug*
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
DieAnderEk
Posts: 502
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Hoe om te Kletskerk soos 'n god

Post by DieAnderEk » Thu Oct 11, 2018 9:51 am

Ug ja. Ek het dit nou weer kleiner en kleiner gemaak (terwyl ek die aspect ratio dieselfde gehou het) maar nog geen geluk. Ek sal terugkom hiernatoe.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
Trol-Le Meilleur
Posts: 56
Joined: Tue Oct 16, 2018 10:08 pm
Location: Virtual Reality
Contact:

Re: Hoe om te Kletskerk soos 'n god

Post by Trol-Le Meilleur » Tue Oct 16, 2018 11:49 pm

DieAnderEk wrote:
Thu Oct 11, 2018 9:51 am
Ug ja. Ek het dit nou weer kleiner en kleiner gemaak (terwyl ek die aspect ratio dieselfde gehou het) maar nog geen geluk. Ek sal terugkom hiernatoe.
Ek sien dit werk nog nie reg nie.
Slegs die Moderator(DAE) (nie Kraai-fontein)kan my ware identity verskaf as hy dit kan uitvind. Kletskerkie moet tog beskerm word teen trolle.

User avatar
Trol-Le Meilleur
Posts: 56
Joined: Tue Oct 16, 2018 10:08 pm
Location: Virtual Reality
Contact:

Re: Hoe om te Kletskerk soos 'n god

Post by Trol-Le Meilleur » Wed Oct 17, 2018 12:13 am

DAE, hoe werk Remember Me login keys?
Slegs die Moderator(DAE) (nie Kraai-fontein)kan my ware identity verskaf as hy dit kan uitvind. Kletskerkie moet tog beskerm word teen trolle.

Post Reply