Page 4 of 4

Re: Hoe om te Kletskerk soos 'n god

Posted: Tue Nov 13, 2018 12:34 pm
by DieAnderEk
Fanie Bekker wrote:
Wed Oct 31, 2018 12:01 pm
Vir die rekord - ek hou nie van hierdie een nie.

Ek dink dit druis lynreg in teen die gees van kletskerk.

En ek wens julle wil dit nie aanmoedig nie.

KK was nog altyd oop gesprek vir almal en almal luister na almal en lewer 'n bydrae of kritiek... selfs al is dit aanvallend en afkrakend en afbrekend. Want soms is daar baie sin in aanvallende kritiek - sin en betekenis en waarheid kom nie net in geskenkpakkies nie maar soms ook in pypbomme...

Natuurlik respekter ek jou reg om te speel met wie jy wil en in die sandput van jou keuse - maar om eksklusief te raak was nooit die idee van KK nie. Ekslusiwiteit pas eenvoudig net nie by KK nie en dit is baie meer afbrekend as opbouend.
Ek lees wat jy skryf. Ek moedig definitief nie mense aan om dit te doen nie. Maar daar is in my opinie gevalle waar dit die beste ding is om te doen. 'n Voorbeeld sal wees waar iemand net die heeltyd preek en nie regtig aan die gesprek wil deelneem nie. Ek sal eintlik sterker oorweeg om só iemand te verban as iemand wat bloot onder 'n alter ego deelneem. Daai Chris Nel-karakter was 'n voorbeeld.

Of miskien het jy vir maande en maande probeer om 'n sinvolle gesprek aan die gang te kry met daai persoon, met geen resultate nie. Dan is dit dalk maar die beste om die brug af te brand.

Re: Hoe om te Kletskerk soos 'n god

Posted: Tue Nov 13, 2018 12:38 pm
by vixen
DieAnderEk wrote:
Tue Nov 13, 2018 12:31 pm
Frik wrote:
Wed Nov 07, 2018 9:25 pm
Dubbel posse kan delete word voordat daar iemand na jou pos. Druk net die kruisie langs die potlood.
Ek sal OP opdateer, dankie.
Die tyd ook DAE asseblief. Soos dit nou aandui gee dit die dyvil 'n goeie alibi.
Uhm...lyk of dit nou saamloop. Sal weer sê as dit weer gebeur.

Re: Hoe om te Kletskerk soos 'n god

Posted: Tue Nov 13, 2018 3:05 pm
by DieAnderEk
Frik wrote:
Tue Nov 13, 2018 2:06 pm
Nope, verskil steeds. Die offline tyd verskil met 2 uur van die online tyd, m.a.w. die offline tyd is op verkeerde timezone, seker nog die default van die program.
Het verander. Ek dink dis nou reg.

Re: Hoe om te Kletskerk soos 'n god

Posted: Tue Nov 13, 2018 3:10 pm
by DieAnderEk
Haha. Als reg. Ek is ook nou al nader aan 40 as 30...

Re: Hoe om te Kletskerk soos 'n god

Posted: Tue Nov 13, 2018 3:37 pm
by DieAnderEk
Imagine that. Wilde DAE. With greater age comes greater responsibilities?

Re: Hoe om te Kletskerk soos 'n god

Posted: Wed Nov 14, 2018 9:05 am
by DieAnderEk
Nee trust my, ek is sosiaal op 'n goeie plek, maar ek dink ook goed soos fiksheid, loopbaan en finansies is uitstekende beleggings vir die langtermyn. 20s sou ek geparty het dat dit klap en min geslaap het, maar ek het nou meer 'n waardering vir die goed wat op die meer lange duur vrugte afwerp. Ek dink soos jy ouer word begin jy 'n beter prentjie kry oor prioriteite, jy kom gou agter as jy op pad is na 'n dead end wat 'n sekere leefstyl betref. Dis bv. juis die feit dat ek jonk is (maar ook nie meer so jonk nie) dat ek besef dat ek bv. moet belê in my gesondheid en ook meer moet gaan dink oor goed soos finansies.

Re: Hoe om te Kletskerk soos 'n god

Posted: Wed Nov 14, 2018 12:39 pm
by DieAnderEk
Klink of jou kids in 'n goeie plek is. :) Ek vermoed dis maar ten deels omdat daar nie vandag vir ons dinge gegee word nie, mens moet maar moue oprol en slim wees om 'n goeie lewe te hê.

Re: Hoe om te Kletskerk soos 'n god

Posted: Mon Jan 28, 2019 3:38 pm
by Jesus
Uhmm, miskien kan ek tips gee oor die draad se onderwerp. Demigods, nee wat, hulle is net goed vir Hollywood. Psst, hulle is wel 'n mite. Hoekom sal 'n god nou 'n aardse dame verkies, as hy godin kan kry hmmm? Dit behoort mos nou voor die hand liggend te wees.

Oops, daai "ek is die enigste.....sjuut ne.