Poespasklets

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
User avatar
DieAnderEk
Posts: 495
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Poespasklets

Post by DieAnderEk » Tue Jun 11, 2019 9:05 pm

Dankie Frik. Lyke opgestapel dalk, maar opgestaan? Nog nie...
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

plompie
Posts: 409
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Poespasklets

Post by plompie » Fri Jun 14, 2019 5:18 am

Ja wel, Kletskerk is dood en ek twyfel ten sterkste of dit ooit weer sal of kan opgewek word. Wat die redes hiervoor sou wees kan ek maar net bespiegel.

Ek weet toe ek aangesluit het [ek verbeel my dit was rondom 2010; maar kan dit self kwalik glo .... 9 jaar!] was die forum nog redelik lewendig - alhoewel vele oud deelnemers skynbaar toe reeds al verdwyn het.

Wat ek baie goed kan onthou van my begin jare, is 'n sekere minagting van / arrogansie jeens nuwe deelnemers - spesifiek met betrekking tot onderwerpe wat deur hierdie "ou stryders" [gaap ...] as holrug gery beskou was. Dalk was een van die uitsonderings Kameraad, wat my op 'n stadium "'n vars briesie" genoem het ... :lol:

Ek onthou ook die "pushback" toe ek daai sg "50 redes" draad begin het. In alle eerlikheid, vandag sou ek dit nooit gedoen het nie; ek voel ek is "vêr verby" dit ... maar glo my: Tóé was dit vir my, persoonlik, relevant en het ek sommer baie "geresoneer" met die inhoud. Ek doen nog steeds, maar dit neem nie meer my gedagtes op nie; ek is glad nie meer evangeliserend daaroor nie; ens. [Ek druk myself dalk swak uit].

Daar is, aan die einde van die dag, geen "nuwe" argumente en/of bewyse vir/teen geloof nie.

Maar: Daar is wel gereeld nuwe potensiële deelnemers: Die probleem is natuurlik hoe om hulle na Kletskerk te trek; en of die wat kan; hoegenaamd belangstel om te probeer. Jean is byvoorbeeld een van die mense wat "kan".

nederig
Posts: 100
Joined: Tue Aug 28, 2018 9:18 am

Re: Poespasklets

Post by nederig » Fri Jun 14, 2019 10:04 am

plompie wrote:
Fri Jun 14, 2019 5:18 am
Wat ek baie goed kan onthou van my begin jare, is 'n sekere minagting van / arrogansie jeens nuwe deelnemers - spesifiek met betrekking tot onderwerpe wat deur hierdie "ou stryders" [gaap ...] as holrug gery beskou was.
Nee man! Dit was glad nie minagting/ arrogansie nie, ons het net bietjie met jou gespeel! Dit was altyd so lekker as jy jou so vererg het vir sekere deelnemers (soos ek!), mens kon die rook uit die skerm sien kom!
plompie wrote:Ek onthou ook die "pushback" toe ek daai sg "50 redes" draad begin het. In alle eerlikheid, vandag sou ek dit nooit gedoen het nie; ek voel ek is "vêr verby" dit ... maar glo my: Tóé was dit vir my, persoonlik, relevant en het ek sommer baie "geresoneer" met die inhoud.
Ek is nog besig om aan my kommentaar te werk oor daai 50 redes, maar met die ou argiewe wat nie meer daar is vir verwysing nie, haak ek bietjie vas!

Wil jy nie groot asseblief weer een of ander tyd, as jy 'n kansie het, kortliks daardie 50 redes hierso bespreek nie? :mrgreen:

plompie
Posts: 409
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Poespasklets

Post by plompie » Fri Jun 14, 2019 5:12 pm

Nederig wrote:Nee man! Dit was glad nie minagting/ arrogansie nie, ons het net bietjie met jou gespeel!
Die "minagting/arrogansie" is glad nie verwysend na myself nie; plus my waarneming is subjektief.
Nederig wrote:Ek is nog besig om aan my kommentaar te werk oor daai 50 redes, maar met die ou argiewe wat nie meer daar is vir verwysing nie, haak ek bietjie vas! ...Wil jy nie groot asseblief weer een of ander tyd, as jy 'n kansie het, kortliks daardie 50 redes hierso bespreek nie?
Nee wat. Jy was nooit regtig van plan om daarop kommentaar te lewer nie. Jy het maar net met my probeer "speel". Maar dis orraait hoor, en vorm nie deel van die subjektief waargenome "minagting/arrogansie" nie.

nederig
Posts: 100
Joined: Tue Aug 28, 2018 9:18 am

Re: Poespasklets

Post by nederig » Tue Jun 18, 2019 10:13 pm

plompie wrote:
Fri Jun 14, 2019 5:12 pm
Nederig wrote:Ek is nog besig om aan my kommentaar te werk oor daai 50 redes, maar met die ou argiewe wat nie meer daar is vir verwysing nie, haak ek bietjie vas! ...Wil jy nie groot asseblief weer een of ander tyd, as jy 'n kansie het, kortliks daardie 50 redes hierso bespreek nie?
Nee wat. Jy was nooit regtig van plan om daarop kommentaar te lewer nie. Jy het maar net met my probeer "speel".
Kyk, ek het verseker my ligte oomblikke gehad met my geselsies met jou, maar ek het nogals daai 50 redes draad van jou respekteer, nie noodwendig oor jou nie maar omdat ek gedink het (en nog steeds dink) dat dit 'n goeie draad was. Ek het ander mense wat die draad daai tyd probeer 'hijack' of 'ridicule' het probeer vertel dat hulle groot asseblief moet ophou om dit te doen en so, en ek het op tye my hart uitgestort daarso. So, as dit is hoe jy voel, dat ek met jou probeer "speel" het (op DAARDIE spesifieke draad bedoel ek!) moet jy gaan kak.

Hierdie pos van jou, waar jy my so mooi vertel oor hoe en wat ek dink en doen en voel en wat my planne is en was en so, is nie die eerste keer nie. Jy het dit ook gedoen iewers anders, oor daai kommentaar van my oor Kraai en die Antie wat vir hom wou gebid het, toe ek gese het dit was nie vir my snaaks nie, en dat ek nie lekker voel oor die hele storie nie. Jy het toe ook vir my mooi vertel dat jy WEET waarom ek so voel.

Jy was daar verkeerd, en jy is nou alweer verkeerd hierso.

0 uit 2 sover (wat MY aanbetref) vir daai gawe wat jy dink jy het, waar jy weet hoe ander mense dink en voel en hoekom hulle doen en voel wat hulle doen en voel en so.

My beskeie advies is, konsentreer eerder op die ANDER gawes wat jy het. Behalwe natuurlik as ek die uitsondering op die reel is, as jy gereeld spot-on is met daai "clairvoyant" ding elders.

plompie
Posts: 409
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Poespasklets

Post by plompie » Wed Jun 19, 2019 11:23 am

Nederig wrote:Kyk, ek het verseker my ligte oomblikke gehad met my geselsies met jou, maar ek het nogals daai 50 redes draad van jou respekteer, nie noodwendig oor jou nie maar omdat ek gedink het (en nog steeds dink) dat dit 'n goeie draad was. Ek het ander mense wat die draad daai tyd probeer 'hijack' of 'ridicule' het probeer vertel dat hulle groot asseblief moet ophou om dit te doen en so, en ek het op tye my hart uitgestort daarso. So, as dit is hoe jy voel, dat ek met jou probeer "speel" het (op DAARDIE spesifieke draad bedoel ek!) moet jy gaan kak.
.
Nee, ek het nie na "daardie spesifieke draad" verwys [met die "spelery"] nie. Daar was net soveel "ligte oomblikke" (soos hierbo) waar jy telkemale genoem het van jou "ernstige voorneme" om kommentaar daarop te lewer dat ek dit maar altyd in ligte luim opgeneem het. Nêrens het ek gesê; of daarop gesinspeel; dat JY minagting teenoor die draad self gehad het nie ... Ek is om die waarheid te sê ietwat verstom oor jou redelike skerp reaksie.

Dankie vir die res van die kommentaar.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 495
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Poespasklets

Post by DieAnderEk » Wed Jun 19, 2019 11:27 am

Ek weet nie of mense eens die moeite doen om te kyk wat gaan aan op SjS nie, so net vir ingeval.

Wat 50 redes betref, as ek reg onthou het dit darem bietjie gesprek ontlok, en Plompie jy het darem moeite gedoen daarmee. Vir die rekord, daar is tans 'n bietjie van 'n probleem om die argief in die hande te probeer kry, maar ek werk daaraan.

Groete
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

plompie
Posts: 409
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Poespasklets

Post by plompie » Wed Jun 19, 2019 12:26 pm

Ja DAE - toe Nederig spelerig [altans so het ek gedink] melding maak van "wil ek dit nie weer plaas nie" ... toe gaan soek ek op my hardeskyf. [Regtig]. So wraggies waar sien ek nou ek het self nie 'n kopie daarvan nie!

Ek dink egter ek mag straks skaam kry vir baie van my ou plasings. Miskien beter dat die argiewe begrawe bly ... ;)

nederig
Posts: 100
Joined: Tue Aug 28, 2018 9:18 am

Re: Poespasklets

Post by nederig » Thu Jun 20, 2019 9:27 pm

plompie wrote:
Wed Jun 19, 2019 11:23 am
Ek is om die waarheid te sê ietwat verstom oor jou redelike skerp reaksie.
En ek is om die waarheid te se, so ietwat verstom dat jy so ietwat verstom is oor my reaksie! Want jy het so soortvan, nie eers GEINSINUEER nie, maar sommer botweg GESTEL dat ek op daai 50 redes draad sommer met jou "gespeel" het, sjoe!
plompie wrote:Dankie vir die res van die kommentaar.
Groot plesier. Maar ek is nou nuuskierig, gebeur dit baie met jou? Dat jy vir mense wat jy nog nooit ontmoet het nie goeters tik, en dan tik hulle terug, en dan ewe skielik WEET jy sommer net hoe hulle voel en so?

plompie
Posts: 409
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Poespasklets

Post by plompie » Fri Jun 21, 2019 8:50 am

Gits Nederig ek bly steeds verstom oor hoekom jy nou so skoorsoekend oorkom … ek kan “gaan kak” en so. Toe ek my naam destyds so lekker gat gemaak het met jou handle, het jy ‘n gulde geleentheid laat verbygaan deur nie daarop in te cash nie. Maar nóú moet ek skuldig voel oor iets waar ek straks skuldig is, maar nog nie lekker verstaan nie. So ja – ek het amper in my tweede beker vars gemaalde Cutman & Hawk koffie verstik toe die volle geweld van jou agressie my tref.

Iewers moes jy duidelik iets hierbo gemis; verkeerd geïnterpreteer; en/of persoonlik opgeneem het. Beslis hierdie “tweede keer” in elk geval. Ek het vinnig geloer of ek daai “eerste” keer wat ek jou blykbaar presies vertel het hoe jy voel, kon opspoor maar ek kry dit nie op die Antie-draad nie. Dis nie te sê ek is onskuldig nie hoor! Dalk is ek al só gekonfyt in my klaarblyklike vermoë (die een waarvan ek beskuldig word, nl om ander se gevoelens op te som); ek kom nie eens meer agter wanneer ek dit doen nie.
Nederig wrote:Ek is nog besig om aan my kommentaar te werk oor daai 50 redes, maar met die ou argiewe wat nie meer daar is vir verwysing nie, haak ek bietjie vas! … Wil jy nie groot asseblief weer een of ander tyd, as jy 'n kansie het, kortliks daardie 50 redes hierso bespreek nie?
Hierop het ek jou geantwoord
plompie wrote:Nee wat. Jy was nooit regtig van plan om daarop kommentaar te lewer nie. Jy het maar net met my probeer "speel". Maar dis orraait hoor, en vorm nie deel van die subjektief waargenome "minagting/arrogansie" nie.
Ek het inderdaad nog altyd jou telkemaal-herhaalde voorneme om “eendag” op die 50-draad kommentaar te lewer as tong-in-die-kies opgeneem. Nou sê jy vir my (sommer agressief) nee, ek was verkeerd. En dis die TWEEDE KEER!
Nederig wrote:En ek is om die waarheid te se, so ietwat verstom dat jy so ietwat verstom is oor my reaksie! Want jy het so soortvan, nie eers GEINSINUEER nie, maar sommer botweg GESTEL dat ek op daai 50 redes draad sommer met jou "gespeel" het, sjoe!
Nee, ek het dit nie gesê nie. Maar, die feit dat ek dit beslis nie gesê het nie, is vir my minder belangrik as jou onverklaarbare agressie selfs al het sou ek dit gesê het.

Net om weer te bevestig: Ek het beslis nie gesê; of eens geïnsunieer dat jy met my op 50-redes “gespeel” het nie. To be sure, dalk het jy, want jou plasings was/is meesal tong-in-die-kies. Nee, my opmerking hier het bloot verwys na die veelvuldige kere wat jy heel plegtig jou intensie om daarop kommentaar te lewer, genoem het. Dit lees ek as tong-in-die-kies (speel). Maar, ek is nie vies daaroor nie; beslis dink ek nie jy was “minagtend” daarteenoor nie (ens) – en, so what as jy nie kommentaar wil lewer nie?

As jy egter regtig baie belangstel om kommentaar te lewer, is dit glad nie nodig vir ‘n herplasing van 50-redes nie. Ek kan die boek vir jou e-pos in .PDF formaat [of EPUB; of MOBI]. Dis presies dieselfde as wat ek geskryf het, behalwe: Myne was (a) opsommend, en (b) in Afrikaans.

Post Reply