Poespasklets

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
User avatar
vixen
Posts: 393
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Poespasklets

Post by vixen » Sat Oct 05, 2019 9:18 pm

nederig wrote:
Sat Oct 05, 2019 8:41 pm
My gevoel: daardie tipe merkies op 'n kar gee net meer karakter aan die kar! My 2012 Hyundai Elantra is vol van daai tipe merkies, ek 'bodder' nie eers met versekeringseise of privaat panelbeaters nie - ek vat dit op die 'chin' en ry voort, en hou aan om my bes te doen om te keer dat minibus taxi bestuurders voor my insny op die paaie!
Die eerste eina is altyd die ergste al sal dit met 'n bietjie spoeg verdwyn. My grief is meer oor die versekering en die kwotasie wat duidelik 'n melkery is.

User avatar
vixen
Posts: 393
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Poespasklets

Post by vixen » Sat Oct 05, 2019 9:26 pm

nederig wrote:
Sat Oct 05, 2019 9:06 pm
En anyway, vixen, daai merkies was jy sommer met bietjie petrol af - as jy weer volmaak, vra die petroljoggie om net daarso te vryf met bietjie petrol!
Sies nee. Sy is 'n lady, sy gaan salon toe.

plompie
Posts: 353
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Poespasklets

Post by plompie » Mon Oct 07, 2019 6:03 am

vixen wrote: Gooi maar nog. Kleinseun het sy oogbank oopgeval.
Ahum ... gelukkig is ek maar dom met slim quick comebacks. ;)
Hy's automaties. Maak net seker die bean hopper & tenk is vol en druk self die knoppie ... :mrgreen:

User avatar
vixen
Posts: 393
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Poespasklets

Post by vixen » Mon Oct 07, 2019 8:42 am

plompie wrote:
Mon Oct 07, 2019 6:03 am
vixen wrote: Gooi maar nog. Kleinseun het sy oogbank oopgeval.
Ahum ... gelukkig is ek maar dom met slim quick comebacks.
Hy's automaties. Maak net seker die bean hopper & tenk is vol en druk self die knoppie ...
My man s'n hou my op my tone. Elke keer as die tenk begin met sy nonsies spring ek op om 'n kraan te gaan toedraai want dit klink soos 'n opwasbak wat oorloop. Verder is hy 'n pyn wat die wêreld volstaan vir niks.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 466
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Poespasklets

Post by DieAnderEk » Sat Oct 19, 2019 4:03 pm

Beste Kletskerkers

Die Kletskerk-domein verval binnekort. Sien hier. Ek wil maar hoor wat die belangstelling is om dit lewend te hou.

Uit die R240 per maand het ons reeds 'n bedrag van R100 vasgemaak. Ek is bereid om die jaarlikse hernuwingsbedrag ook te betaal.

Groete,

DAE
I was an omnipotent being until I accidentally tried to shave with Occam's Razor.
- flagbearer223
http://www.reddit.com/r/fifthworldprobl ... identally/

User avatar
vixen
Posts: 393
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Poespasklets

Post by vixen » Thu Oct 31, 2019 2:02 pm

Om 13H15 het die aarde onder ons 'n bietjie geskud. Al die pad van Fillipyne af?

User avatar
DieAnderEk
Posts: 466
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Poespasklets

Post by DieAnderEk » Sun Feb 16, 2020 5:05 pm

Nou ja mense, toe vind ek myself in 'n onaangename mediese verknorsing. Borspyne, hoë bloeddruk ens. My hart is darem OK lyk dit my. Skryf maar hier as jy my 'n kloppie op die rug wil gee.

Wat's nuus aan julle kant?
I was an omnipotent being until I accidentally tried to shave with Occam's Razor.
- flagbearer223
http://www.reddit.com/r/fifthworldprobl ... identally/

User avatar
vixen
Posts: 393
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Poespasklets

Post by vixen » Sun Feb 16, 2020 8:16 pm

DieAnderEk wrote:
Sun Feb 16, 2020 5:05 pm
Nou ja mense, toe vind ek myself in 'n onaangename mediese verknorsing. Borspyne, hoë bloeddruk ens. My hart is darem OK lyk dit my. Skryf maar hier as jy my 'n kloppie op die rug wil gee.

Wat's nuus aan julle kant?
Dit is warm in Durban, maar dit sien julle seker op die nuus. Al kan ek die see van my stoep af sien....die energie ontbreek om strand toe te gaan. Ons byt maar vas onder loadshedding.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 466
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Poespasklets

Post by DieAnderEk » Sun Feb 16, 2020 9:50 pm

Is die beurtkrag by julle ook erg? My ma-hulle in PE tref dit baie swaar selfs met fase 2. Sommer iets soos 8,5 ure elke dag. Fase 3 was 13,5 ure by hulle. Dis nie naastenby so erg hier in Pretoria nie.
I was an omnipotent being until I accidentally tried to shave with Occam's Razor.
- flagbearer223
http://www.reddit.com/r/fifthworldprobl ... identally/

plompie
Posts: 353
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Poespasklets

Post by plompie » Mon Feb 17, 2020 6:21 am

DieAnderEk wrote:
Sun Feb 16, 2020 9:50 pm
Is die beurtkrag by julle ook erg? My ma-hulle in PE tref dit baie swaar selfs met fase 2. Sommer iets soos 8,5 ure elke dag. Fase 3 was 13,5 ure by hulle. Dis nie naastenby so erg hier in Pretoria nie.
13.5 ure vir fase 3? Sjoe dis regtig kwaai, en onverstaanbaar.
Hier in my dorpie [OL] beteken fase 3 'n maks van 6 uur per dag, en soms net 3.

Post Reply