Reëls van die forum - lees asseblief

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
User avatar
DieAnderEk
Posts: 502
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Reëls van die forum - lees asseblief

Post by DieAnderEk » Tue Feb 12, 2019 10:21 am

Ek het nou nog nie hiernatoe teruggekom nie. Dankie vir daai quote. Ek dink egter jou interpretasie is nie altyd so heeltemal in die kol nie.
Frikkadel wrote:As 'n brose siel dink jou aanmerkings gerig tot hom of haar grens aan laster, dink maar net met wie jy praat. Jy weet nie wie daai persoon regtig is nie, jy kan ook nie bewys wie daai persoon regtig is nie, want daai persoon se ware identiteit word beskerm die die Terms of Use...Goed wat hier gesê word, is van een "trol" aan 'n ander "trol". Gesigloos, naamloos, ID-loos ens. Ek dink dit kan nie duideliker wees nie.
Nope. As jy laster teen iemand kan jy nog steeds in die hof beland, want dit is volgens die landswette waarvoor die ToU voorsiening maak. Dit maak nie saak hoe anoniem jy is nie. Jy hoef my nie te glo nie, maar dit is hoe ek dit verstaan nadat ek met 'n regskenner gesels het.

Dit beteken natuurlik nog steeds nie dat jy iemand se identiteit mag openbaar maak nie, soos jy uitgewys het. Maar die ouens wat die site host is wel verplig, in die geval van 'n hofsaak, om daardie inligting aan die owerhede bekend te maak.
You agree not to post any abusive, obscene, vulgar, slanderous, hateful, threatening, sexually-orientated or any other material that may violate any laws be it of your country
Dit stem min of meer ooreen met my OP, alhoewel die areas soms grys is. Ek dink dit kom maar daarop neer dat mods die reg voorbehou om in te gryp as hulle dink daardie lyne word oorgesteek.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
Frikkadel
Posts: 296
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: Reëls van die forum - lees asseblief

Post by Frikkadel » Tue Feb 12, 2019 6:57 pm

Jy weet ek interpreteer alles anders, vra net vir Plomp.

User avatar
Frikkadel
Posts: 296
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: Reëls van die forum - lees asseblief

Post by Frikkadel » Wed Feb 13, 2019 6:17 pm

DieAnderEk wrote:
Tue Feb 12, 2019 10:21 am
Jy hoef my nie te glo nie, maar dit is hoe ek dit verstaan nadat ek met 'n regskenner gesels het.
Ek glo jou net soveel as wat Plompie glo regte egte demone maak my lewe soms moeilik. Is jou pel 'n internet regskenner? Of doen hy/sy bond oordragte. :mrgreen: My commonsense sê vir my jy kan nie laster teen 'n naamlose. id-lose, geboorte-naamlose identiteit nie. Dis net so goed jy laster teen die Mickey Mouse clown in Disney Park. :D

En jy moet seker eendag, natuurlik wanneer jy saam met my stem, al die ander praatjies op die draad delete, sodat net die reëls hier staan, of jy kan dit gaan plak daar waar dit hoort.

Dink jy nie ek het my roeping gemis nie? Dink ek sou 'n bakgat advokaat maak, ek gee nooit moed op nie. :mrgreen: Laat jou net so 'n bietjie rus sodat jy so 'n vals idee het, jy het jou punt gemaak. ;)

Oh my god, een vreeslike idee tref my soos 'n bom. Praat jy van jou pel die regskenner, of daai ander een? :shock: :shock: :shock: :shock:
Ai jirre DAE, as dit die ander een is, is dit so goed jy vra die ice cream salesman of ice cream sleg vir jou tanne is. Nee man!

User avatar
DieAnderEk
Posts: 502
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Reëls van die forum - lees asseblief

Post by DieAnderEk » Thu Feb 14, 2019 9:54 am

Nee nie daai ander een nie. Regte egte pel van my, prokureur. Niemand op die Internet is regtig naamloos en gesigloos nie. Daar is maniere om jou te ID, soos jy sekerlik weet. Dis nou tensy jy regtig moeite doen, Dark Web / Chinese hacker tipe stuff.

Ek dink ek los die praatjies soos hulle nou daar is, die OP gaan nie weg nie en ek kan dit update wanneer dit nodig is, op grond van waaroor ons hier gesels. So ek sien nog geen rede om die draad te sluit nie.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
Frikkadel
Posts: 296
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: Reëls van die forum - lees asseblief

Post by Frikkadel » Thu Feb 14, 2019 11:00 am

Nee man, moenie die draad sluit nie, ek wil later nog weer kom redeneer

Ek sien wat jy bedoel, jy edit net jou eerste posse, gedink die reels le hier tussen al ons gesels.
So is jou prokkie 'n internet law expert?

User avatar
DieAnderEk
Posts: 502
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Reëls van die forum - lees asseblief

Post by DieAnderEk » Thu Feb 14, 2019 2:03 pm

Sover ek weet het hy wye ervaring, dis egter nie sy spesialiteit nie. Voel vry om self met regskenners te gesels, 'n tweede opinie is altyd welkom.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
Frikkadel
Posts: 296
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: Reëls van die forum - lees asseblief

Post by Frikkadel » Thu Feb 14, 2019 3:02 pm

DieAnderEk wrote:
Thu Feb 14, 2019 2:03 pm
Sover ek weet het hy wye ervaring, dis egter nie sy spesialiteit nie. Voel vry om self met regskenners te gesels, 'n tweede opinie is altyd welkom.
Nee wat. Ek kan nie eers tik so warm kry ek nie, nou moet ek nog met 'n regskenner gaan praat oor stront.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 502
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Reëls van die forum - lees asseblief

Post by DieAnderEk » Thu Feb 14, 2019 4:01 pm

Nou ja tot dit gebeur is dit die hoogste gesag wat ons het. Beter om aan die veilige kant te wees dan, dit was ook verbatim sy woorde aan my.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
Rif
Posts: 19
Joined: Mon Feb 18, 2019 8:09 pm

Re: Reëls van die forum - lees asseblief

Post by Rif » Mon Feb 18, 2019 8:16 pm

Hi, ek is nuut hier (maar dit is seker obvious).

Ek het 'n vraag ... daar is soveel ou skakels wat hier op kletskerk was, wat nie meer werk nie - is daardie gesprekke VIR ALTYD weg?

Of is dit ge-backup en nog net nie ge-restore nie?

User avatar
DieAnderEk
Posts: 502
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Reëls van die forum - lees asseblief

Post by DieAnderEk » Tue Feb 19, 2019 9:44 am

Môre Rif

Ek weet nou nie of jy regtig nuut is of 'n oud-deelnemer nie, maar welkom in elk geval. Die ou Kletskerk is gebackup, so niks is weg nie. Die ander admin (Kraai) moes 'n nuwe KK opsit omdat die sagteware moes opdateer maar die databasis was te groot vir dit.

Groete

Post Reply