Reëls van die forum - lees asseblief

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
User avatar
Rif
Posts: 19
Joined: Mon Feb 18, 2019 8:09 pm

Re: Reëls van die forum - lees asseblief

Post by Rif » Tue Feb 19, 2019 10:25 am

DieAnderEk wrote:
Tue Feb 19, 2019 9:44 am
Môre Rif

Ek weet nou nie of jy regtig nuut is of 'n oud-deelnemer nie, maar welkom in elk geval. Die ou Kletskerk is gebackup, so niks is weg nie. Die ander admin (Kraai) moes 'n nuwe KK opsit omdat die sagteware moes opdateer maar die databasis was te groot vir dit.

Groete
Regtig nuut. Dankie, ek voel reeds welkom! Hoe loop die pad nou vorentoe? Kan Kraai die die databasis split (ek neem aan dit is SQL) en dit dan probeer oplaai? Frikkadel se^ dis BAIE GROOT ... hoe groot? Ek wil regtig graag help.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 481
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Reëls van die forum - lees asseblief

Post by DieAnderEk » Tue Feb 19, 2019 10:44 am

Ek het gou gaan kyk na my gesprekke met Kraai. Dis 'n 136 MB SQL file (so pas afgelaai). Kraai het êrens gepraat van 'n 4 GB file so ek sal moet kyk wat gaan aan. Ek het nou net vir die eerste keer ingelog. Mens kan dit ook export as CodeGen, OpenDocument Text, YAML, CSV, Microsoft Word 2000, JSON, PHP array, LaTeX, PDF, Texy! text, CSV for Microsoft Excel, MediaWiki Table en OpenDocument Spreadsheet. Daar is ook opsies om dit "quick" te export, of "custom" met addisionele opsies. Ek het nou die SQL met 'n "quick" opsie afgelaai.

Jy sal verstaan as ek vir sekuriteitsredes jou nie toegang wil gee tot die databasis aanlyn nie, maar ek kan dalk die lêer self êrens op die cloud vir jou sit. Ek sal met Kraai hoor of dit OK is.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
Rif
Posts: 19
Joined: Mon Feb 18, 2019 8:09 pm

Re: Reëls van die forum - lees asseblief

Post by Rif » Tue Feb 19, 2019 12:09 pm

DieAnderEk wrote:
Tue Feb 19, 2019 10:44 am
Ek het gou gaan kyk na my gesprekke met Kraai. Dis 'n 136 MB SQL file (so pas afgelaai). Kraai het êrens gepraat van 'n 4 GB file so ek sal moet kyk wat gaan aan...

Jy sal verstaan as ek vir sekuriteitsredes jou nie toegang wil gee tot die databasis aanlyn nie, maar ek kan dalk die lêer self êrens op die cloud vir jou sit. Ek sal met Kraai hoor of dit OK is.
Baie dankie. Ja, die verskil tussen 136MB en 4GB is enorm! Ek verstaan ook die "sekuriteitsredes" heeltemal.

User avatar
Rif
Posts: 19
Joined: Mon Feb 18, 2019 8:09 pm

Re: Reëls van die forum - lees asseblief

Post by Rif » Fri Feb 22, 2019 5:01 pm

DieAnderEk wrote:
Tue Feb 19, 2019 10:44 am
... ek kan dalk die lêer self êrens op die cloud vir jou sit. Ek sal met Kraai hoor of dit OK is.
Wat sê Kraai toe? Is dit OK as ek 'n kopie kry om op my eie linux server met phpBB te probeer?

User avatar
Frikkadel
Posts: 294
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: Reëls van die forum - lees asseblief

Post by Frikkadel » Fri Feb 22, 2019 5:10 pm

Rif, as ek mag, wil ek graag by jou weet, watse waarde hou die argiewe van KK vir jou in? Kan verstaan as jy 'n oud deelnemer is, maar as 'n splinternuwe een, laat dit my kop krap. Of laaik jy net om mense te help, of om problem solving te doen?

User avatar
Rif
Posts: 19
Joined: Mon Feb 18, 2019 8:09 pm

Re: Reëls van die forum - lees asseblief

Post by Rif » Sat Feb 23, 2019 1:47 pm

Frikkadel wrote:
Fri Feb 22, 2019 5:10 pm
Of laaik jy net om mense te help, of om problem solving te doen?
Frikkadel, dankie vir jou vraag. Dankie ook vir die maklike uitweg wat jy my bied om die vraag te ontduik. Alhoewel ek " laaik om mense te help" en "problem solving te doen" is dit nie die HELE waarheid nie. Daar is 'n onderwerp wat hier op Kletskerk in diepte in Afrikaans bespreek was waaroor daar weinig inligting iewers anders beskikbaar is. As ek die onderwerp Google dan is daar 'n paar nuttige skakels wat na kletskerk.co.za verwys ... maar as ek die skakel volg, kom ek net by "The requested topic does not exist." uit, wat my baie frustreer. Daarom wil ek regtig graag help regmaak wat hier gebreek het.

Hier is 'n voorbeeld ... http://kletskerk.co.za/viewtopic.php?f= ... view=print

plompie
Posts: 406
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Reëls van die forum - lees asseblief

Post by plompie » Sun Feb 24, 2019 8:17 am

Ek stem saam met Rif - dit kan net goed wees om die argiewe te laat herleef. Moenie vergeet nie: Op KK se "heyday" het hier baie mense deelgeneem vanuit alle denkrigtings - waarvan vele besondere insigte ge-openbaar het.

Daardie tipe van openhartige gesprekke sal jy nie sommer in 'n boek, of in Rapport, of by NG sinodes kry nie.

User avatar
Frikkadel
Posts: 294
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: Reëls van die forum - lees asseblief

Post by Frikkadel » Sun Feb 24, 2019 10:04 am

Jip, vir my persoonlik was dit soos 'n time capsule, kon gaan kyk hoe het ek 10 jaar terug gedink oor goed. Geen ander platvorm bied so 'n geskiedenis nie.

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 588
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Reëls van die forum - lees asseblief

Post by Kameraad Eksteen » Sun Feb 24, 2019 10:24 am

Rif wrote:
Sat Feb 23, 2019 1:47 pm
Daar is 'n onderwerp wat hier op Kletskerk in diepte in Afrikaans bespreek was waaroor daar weinig inligting iewers anders beskikbaar is.
Die Blourokfabel!

Ek dink dit was meer 'n monoloog as 'n bespreking, as ek reg onthou.

User avatar
Frikkadel
Posts: 294
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: Reëls van die forum - lees asseblief

Post by Frikkadel » Sun Feb 24, 2019 10:47 am

Hehe, jy kan dit onmoontlik hieruit kry nie Kameraad : php?f=1&t=8030&

Post Reply