"Ope brief" aan Frikkadel

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
Post Reply
frixen
Posts: 6
Joined: Sun Nov 18, 2018 8:02 am

"Ope brief" aan Frikkadel

Post by frixen » Sun Feb 03, 2019 10:25 am

Frikkadel,

(Sien tl;dr: onderaan, as jy nie alles wil lees nie.)

Heelwat mense het dit wat hier volg al in een of ander vorm vir jou probeer sê by verskeie geleenthede en oor baie jare. Op maniere wat gewissel het van diplomaties/subtiel tot reguit en kras.

Alles sonder dat dit 'n snars verskil gemaak het aan die onderliggende probleem. Ek het dus nie veel hoop dat hierdie 'rant' van my dit gaan doen nie, maar ek gaan nogtans probeer. Daarby, het ek geen twyfel dat hierdie brief jou hewig gaan ontstel nie, maar (al kan jy dit nie insien nie) is dit nie die doel van hierdie brief nie.

So, wat is die probleem waarvan ek praat?

In kort: niemand, maar niemand, is lus vir 'n KK waar enige inkarnasie van 'n Frik (of enige iemand anders, for that matter) "aan bewind" is nie. Dit sluit in ou-KK deelnemers, sowel as nuwe deelnemers. Maar niemand het oor die laaste 8+ jaar meer gedoen as jy om te probeer om aan bewind te kom op KK nie. Die feit dat in 2019 hier bykans niks meer aangaan nie, het meer met jou konstante pogings tot oorname te doen as enige van die ander bydraende faktore - soos die uittog na facebook, Jean se vertrek, verlore argiewe, nuwe forum sagteware, ens.

Ek het lankal al telling verloor van die aantal kere wat jy al ge-'rage quit' het uit KK. Ongelukkig kon jy jouself net nog nooit nie sover kry om vir lank genoeg weg te bly nie, want as jy kon, sou jy sien dat die deelnemers en (sinvolle) bydraes telkens na so 'n "uittrede" van jou uiteindelik stelselmatig weer toeneem. Jy kan dit selfs 'n herstel of gesond word van KK noem, as jy wil. Ongelukkig neem daardie herstelproses elke keer effens langer en uiteindelik sal dit waarskynlik onherstelbaar word, as dit nie reeds die geval is nie. (Ek dink nie ons is al by daardie punt nie, anders sou ek nie eers die moeite gedoen het om hierdie te pos nie.)

Die toekoms van KK is dus in my beskeie opinie - ironies genoeg - werklik tot 'n groot mate in jou hande. Jy kan KK se voortbestaan help verseker, deur die volgende voorstelle ernstig te oorweeg:

Gaan dink dieper na oor waarom jy werklik hier is. Jou eie (talle!) verduidelikings oor jou motiewe vir jou "attitude" en gepaardgaande aksies op KK hou eenvoudig nie water nie en jy weerspreek jouself hieroor gereeld. Ja, ek weet dis 'n aanvegbare stelling en om dit te bewys gaan moeilik of onmoontlik wees, maar ek dink die punt is geldig. As onlangse voorbeeld: Jy sê nou deesdae "anonimiteit is prioriteit", maar probeer al vir jare en nog steeds obsessief uitvis wie agter elke skuilnaam sit. Meer so, as enige ander KK-deelnemer waarvan ek kan onthou sedert 2006.

Hou op om KK-moderator te probeer speel. As jy so graag moderator van 'n forum wil wees, gaan skep jou eie en kyk hoe ver bring dit jou. Miskien verstom jy ons almal! Veral as jy die "attitude" en tegnieke gebruik, wat jy hier op KK toegelaat word om te doen. Byvoorbeeld, om screenshots te plaas van hoeveel deelnemers wanneer aangeteken het en dan boonop met hulle te raas oor hulle nie pos nie, het die teenoorgestelde uitwerking van wat jy (skynbaar) in gedagte het. Soos die dominee wat met die lidmate in die kerk raas oor daar so min van hulle is.

Jy hoef regtig nie op elke liewe pos te reageer nie. Ook nie hierdie ene nie. Veral (en spesifiek) as jou reaksie bloot is om te wys jy is nog hier en om jou "post count" so vinnig as moontlik so hoog as moontlik te kry. Pro tip: dis een van die maklikste manier om op ander deelnemers se ignoreer-lyste te beland - veral as die oorgrote meerderheid van jou plasing niksseggend of skoorsoekend is.

En laastens, vat 'n rêrige breek van KK. As jy regtig omgee vir KK (ek is nie self meer hiervan oortuig nie, maar ek sal jou steeds die voordeel van die twyfel gee) gaan op 'n KK-sabbatical vir 'n jaar of twee. As jy terugkom en niks is oor van KK nie, het jy niks verloor nie, want hier gaan mos alreeds niks aan nie. Ek dink egter jy kan net wen: daar is 'n groter kans sonder jou dat KK sal kan herstel en groei na iets wat meer mense sal wil gebruik. En die ekstra tyd wat jy tydens die sabbatical aan ander belangstellings kan spandeer, kan jou lewe dalk net meer verryk as die huidige KK. Probeer dit.

tl;dr: Daar is geen aanvraag vir die soort KK wat jy so onophoudelik probeer skep nie.

NS. Jy weet nie wie ek is nie. Jy sal ook nooit weet wie ek is nie. Dit gaan jou egter nie keer om alles in jou vermoë te doen om te probeer uitvind wie ek is nie. Dit alleen, behoort genoeg te wees om jou te laat nadink oor my voorstelle. Ek hou egter nie my asem op nie.

User avatar
Frikkadel
Posts: 294
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by Frikkadel » Sun Feb 03, 2019 4:04 pm

Jis frixen

Ek is jammer, maar die pos gaan die wind uit jou seile neem. En nee, jou pos ontstel my nie in die minste nie.

Jou pos bevat baie waarhede, maar het so baie mis persepsies aangaande my as persoon.. Ek gaan nie die moeite doen om dit te bespreek nie, want ek voel geen nut om myself te probeer verdedig, of te verduidelik aan enigeen op die saait nie. Dit is soos dit is, my onlangse pogings om myself te verduidelik, het ook nes die ander misluk. Jou persepsie van my is verteenwoordigend van die oorgrote KK deelnemers, huidig of tans. Daar is jy in die kol, en hoe meer ek probeer verduidelik, hoe minder glo julle my. Gevestigde persepsies is een van die moeilikste goed om te verander, en ek het juis die week amptelik moed op gee, om verder te poog.

Wat my telkens terug lok na die plek, is vir my self een groot misterie, ek weet nie wat dit is nie. Ek was nog nooit gelukkig hier nie, ek het eerlikwaar nog nooit probeer om die plek te run of te oorheers nie, maar dit het gebeur om een of ander rede. Die gif wat daar buite teenoor my is, raak ook tans vir my te veel om te handle, ek het dit nie nodig in my lewe nie. Die moderator draad was in elk geval een moerse grap, maar dit versterk ongelukkig jou persepsie van my. Gelukkig het ek dit vir Dae in die gange pertinent genoem, ek wil nie eers sy job toegedraai in rooi linte hê nie.

Ek is lankal klaar met KK, en as ek eerlik is met myself, gee ek nie 'n fok om of KK bly voort bestaan of nie. Ek voel egter skuldig, dat ek moontlik die grootste rede is hoekom KK nie meer KK is nie. My eie verontskuldiging, wat ek myself probeer wys maak het, dat baie van my aksies, reaksies was op al die kak wat gedurende my nagenoeg 10 jaar op die saait my kant toe geslinger is, hou ook nie meer water nie

Ek het ook respek vir iemand met die balls soos jy, wie ookal jy is, om dit vir my reguit te sê, en nie doekies om te draai nie, dis hoe ek dinge ook hanteer. Ek besef waar die pos vandaan kom en ek is regtig nie kwaad of hartseer, of in die eer gekrenk daaroor nie. As mense my so ervaar, moet daar iewers 'n rede voor wees.

Hier is vir jou 'n kykie agter die skerms van die ware ek, en hoe my gevoel regtig jeens die ou KK, en huidige een is. Dis grepe uit 'n email aan Dae so 'n tyd terug.
Hy kan dit bevestig, deny, en/of my antwoord, sommer hier in die oopte. Hy het my nie persoonlik geantwoord op die email nie.
As jy dink jou werk as moderator sal makliker wees as ek nie deelneem nie, laat weet gerus, ......... KK het my soveel in die lewe geleer, en ek is baie dankbaar daarvoor. Noem dit tog vir Jean eendag as jy met hom kontak het,...............
So KK het sy doel gedien waar dit my aangaan, dubbel en dwars, so ek het geen probleem om met ‘n smaail weg te stap nie................
So daar het jy dit nou, jou pos hier verander eintlik niks, miskien net om vir my closure te gee voor ek finaal hier pad gee. En ek belowe jou, as ek besluit dis finaal, dan is dit. Niks of niemand sal my anders oortuig nie.

Die finale skop onder gat sal egter vir my wees, as mense kom pos op jou draad, en bevestig dat jy namens die hele KK praat. Ek sal dit vir jou maklik maak, enige deelnemer huidig, of van die verlede, kan kom beaam dat jou gevoel, die algemene gevoel is onder die meeste vd deelnemers. Daar is slegs 2 lede wie se opinie ek fokol voor voel nie. Jy ken my mos nou bitter goed, elke wese van bestaan, so jy behoort te weet wie die 2 is. So ek benodig net een deelnemer om te bevestig wat jy hier gesê het, dat ek die enkele rede is wat KK so voortbestaan kelder. Dis al wat ek vra.

My mind is in elke geval 99.9% op gemaak, so dit gaan ook nie veel van 'n verkil maak, of niemand jou pos hier bo gaan bevestig, of 300 dit wel gaan bevestig nie. Ek dink net julle skuld my die finale guns. En dan is daar natuurlik die .01% wat my besluit kan verander, but if you are a betting man, sal jy nie op daai buite perd jou geld sit nie.

Vir eers, net dit. Ek gaan nie met jou of enige een anders argumenteer oor hier die draad van jou nie. Ek gaan jou daai laaste plesiertjie ontneem, want jy is net soveel vol gif. Hoekom, want ek kan.
Ek gaan dit wel dophou, tot my besluit 100% is.
Gits, dis nou nie dat KK 'n baie belangrike faktor in my lewe is nie. Deesdae is die % onbeduidend klein, soos jy seker sal sien in my email aan Dae.

Ek het jou geantwoord so goed as wat ek kon, hoop dit is genoeg. Indien nie, weet jy natuurlik wat jy kan doen met jou ongelukkigheid daaroor.
Last edited by Frikkadel on Sun Feb 03, 2019 4:30 pm, edited 1 time in total.

Dreinrot
Posts: 3
Joined: Mon Jan 21, 2019 2:47 pm

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by Dreinrot » Sun Feb 03, 2019 4:29 pm

Daai was nou een barshou van 'n verduideliking, Frixen! Genugtig! Pleks jy het al anderdag gepraat!

User avatar
vixen
Posts: 394
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by vixen » Sun Feb 03, 2019 8:47 pm

Ek is skoon jaloers op die brief aan Frikkadel. Ek wil ook so cv hê. Tallie sin was maar flou op die glo-draad.

plompie
Posts: 354
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by plompie » Sun Feb 03, 2019 9:22 pm

Hierdie is dan seker 'n poging om te verbeter daarop?

nederig
Posts: 100
Joined: Tue Aug 28, 2018 9:18 am

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by nederig » Mon Feb 04, 2019 12:03 am

Frikkadel wrote:
Sun Feb 03, 2019 4:04 pm
Die finale skop onder gat sal egter vir my wees, as mense kom pos op jou draad, en bevestig dat jy namens die hele KK praat. Ek sal dit vir jou maklik maak, enige deelnemer huidig, of van die verlede, kan kom beaam dat jou gevoel, die algemene gevoel is onder die meeste vd deelnemers. Daar is slegs 2 lede wie se opinie ek fokol voor voel nie. Jy ken my mos nou bitter goed, elke wese van bestaan, so jy behoort te weet wie die 2 is. So ek benodig net een deelnemer om te bevestig wat jy hier gesê het, dat ek die enkele rede is wat KK so voortbestaan kelder. Dis al wat ek vra.
Frik, jy het bietjie rof hierso aangegaan die laaste paar weke. Tot ek, wat soortvan destyds (10 jaar terug!!) besluit het om aan te hou deelneem juis oor (onder andere) jou skrywes/ getuienisse en so, het so nou en dan ge'flinch' met jou 'fok dit! fok dat! fok jou! fok julle! dose!! fok almal! jissis! doen wat ek wil hê julle moet doen!' die laaste ruk. En dan jou opreg jammer gekry as niemand regtig reageer nie, en dan 'Double-Up' jy net jou pogings, wat weer geignoreer word! As jy so verveeld en goeters is in die vroee oggendure terwyl jy rekenaars regmaak en so, hoekom speel jy nie eerder Solitaire of Freecell nie? :mrgreen:

Ek is nie daai 'een deelnemer' wat jy soek om te bevestig dat jy Kletskerk se voortbestaan 'kelder' nie. Ek dink jy, op jou beste, is 10 keer beter as die 2de beste hierso.

Jy is net nie (op die oomblik) vir my op jou beste nie. Maar ek is vol vertroue dat jy uit hierdie 'relapse' kan kom, uit die stof kan opstaan en so!

plompie
Posts: 354
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by plompie » Mon Feb 04, 2019 6:12 am

Frikkedoris, ek wou eers stilbly op hierdie draad, maar toe kom gesels Nederig hierso en ek moet bieg dat ek met die meeste wat hy hier noem saamstem.

Alhoewel ek natuurlik nie seker kan wees nie, dank ek "die persoon wat dink ons sal nooit raai wie hy/sy regtig is nie", is waarskynlik Tallie.

So ek het eers stilgebly want ek het nie met alles wat hy/sy sê saamgestem nie [plus ander redes]. Ek stem (byvoorbeeld) nie saam dat jy "die forum probeer oorneem" nie. In elk geval, nie doelbewustelik nie.

Maar die "rants", die onnodige vloek [ek het elders genoem ek wil nie hypocritical oorkom nie] ... dis bietjie van 'n ander storie ... hier stem ek saam.

Ook met die "jy hoef werklik nie op elke plasing te reageer nie". Dis nogal 'n goeie punt, want deur paragrawe vol te reageer op 'n plasing waarop jy nie werklik iets substantiefs het om te sê nie ... dink bietjie mooi: Daai paragrawe gaan vol retoriek wees wat eintlik niksseggend is. En soms is vloek 'n legitimate metode van versterking van dit wat mens wil sê ... maar watter doel dien dit as daar regtig NIKS is om te versterk nie?

EK wil nie hê jy moet vir "twee jaar" jouself weerhou van KK nie. Beslis nie.

frixen
Posts: 6
Joined: Sun Nov 18, 2018 8:02 am

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by frixen » Mon Feb 04, 2019 10:44 am

Soos plompie, wou ek ook aanvanklik nie verder op my eie draad skryf nie en veral nie argumenteer nie. Uit respek vir Frikkadel se opmerking, dat "Ek gaan nie met jou of enige een anders argumenteer oor hier die draad van jou nie."

Die reaksie(s) op die draad, noop my egter om 'n paar opvolg opmerkings te maak.

Ek dink Frikkadel se antwoord was prysenswaardig. Respek.

Nêrens in my plasing het ek beweer dat Frikkadel alleen verantwoordelik is vir die huidige KK-stand, of KK se toekoms nie. Dit is woorde wat hy in my mond gesit het, toe hy geskryf het: "So ek benodig net een deelnemer om te bevestig wat jy hier gesê het, dat ek die enkele rede is wat KK so voortbestaan kelder." Ek het wel geïmpliseer dat hy die grootste enkele rede is, maar niks gesê van "kelder" nie - en daarby staan ek. Maar dis mos hoegenaamd nie dieselfde as om te sê dat hy "die enkele rede" is nie.

En dan nog 'n ding. Kyk byvoorbeeld nou waartoe lei hierdie kultuur van ontmaskering waarin Frikkadel 'n reuse (maar NIE eksklusiewe!) rol gespeel het om op KK te help kweek. Dat plompie dit nodig ag om te spekuleer oor wie ek nou eintlik is:
plompie wrote:
Mon Feb 04, 2019 6:12 am

Alhoewel ek natuurlik nie seker kan wees nie, dank ek "die persoon wat dink ons sal nooit raai wie hy/sy regtig is nie", is waarskynlik Tallie.

Hy raai natuurlik verkeerd, maar hoekom moet ons bly karring oor daardie soort ding? Dit skrik regtig enige voornemende deelnemers af - oud en nuut.

Ek weet nie of Tallie nog hier lees nie (lyk of Tallie lanklaas hier geskryf het), maar dalk sal Tallie sommer self hier kom reageer op hierdie wilde, onnodige verdagmakery (as email notifications aangesit is vir aanhalings). Tallie?
Tallie wrote:
Sat Nov 24, 2018 6:20 am
:)
Hopelik kan ons nou aanbeweeg. Ek het gesê wat ek gedink het lankal nodig was om te sê in die oopte. Dankie aan almal wat die moeite gedoen het om te reageer. Ik heb gesegd...

plompie
Posts: 354
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by plompie » Mon Feb 04, 2019 11:05 am

Frixen wrote:Kyk byvoorbeeld nou waartoe lei hierdie kultuur van ontmaskering waarin Frikkadel 'n reuse (maar NIE eksklusiewe!) rol gespeel het om op KK te help kweek. Dat plompie dit nodig ag ...
Jammer oor die ontmaskering, Frixen. ;)

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 549
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by Kameraad Eksteen » Mon Feb 04, 2019 11:52 am

plompie wrote:
Mon Feb 04, 2019 11:05 am
Frixen wrote:Kyk byvoorbeeld nou waartoe lei hierdie kultuur van ontmaskering waarin Frikkadel 'n reuse (maar NIE eksklusiewe!) rol gespeel het om op KK te help kweek. Dat plompie dit nodig ag ...
Jammer oor die ontmaskering, Frixen. ;)
Maar as dit nie Talie was nie, wie gebruik dan sulke ordentlike hogere Afrikaans, en ken die hele melodrama van die plek? Hmmm.

Post Reply