"Ope brief" aan Frikkadel

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 549
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by Kameraad Eksteen » Wed Feb 06, 2019 12:28 pm

Frikkadel wrote:
Wed Feb 06, 2019 10:08 am
'n kykie probeer gee in die ware ek, vir 'n slag.
Dit kan dalk wreed klink, maar niemand stel belang daarin nie, maar dis die waarheid. Indien jy iets oor jouself leer, great! Kyk ons almal soek "validation", erkenning, aanvaarding, "belonging", sense of self ens. Ek moet eerder sê, mense is deesdae al hoe meer desperaat opsoek na hierdie betekenis in hul lewe, en daar is maar min daarvan wat jy uit die internet gaan kry. Ek het al internet "content" geskep wat viraal gegaan het wat miljoene der miljoene hits van waardering gekry het, wat oor en oor gesteel was, maar aan die einde van die dag laat dit jou leeg en honger vir nog.

Daai ware ek gaan jy nie op die internet kry nie.
Frikkadel wrote:
Wed Feb 06, 2019 10:08 am
Indien ek daarop reageer, sal ek sover moontlik persoonlike shit daaruit hou.
Jy soos Waldemar se fantastiese stuk wat jou lomerig maak?

User avatar
Frikkadel
Posts: 294
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by Frikkadel » Wed Feb 06, 2019 12:51 pm

Kameraad Eksteen wrote:
Wed Feb 06, 2019 12:28 pm

Jy soos Waldemar se fantastiese stuk wat jou lomerig maak?
Ok dan, nie heeltemal steriel soos jy nie, en die antwoord is ook nie steriel nie, en my deelname sal nooit steriel wees nie. Ek waardeer jou insig soos altyd.(sien, ook nie steriel nie) Ek verstaan jou manier, en dis faain, almal het hul eie manier. Ek soek geensins validation op die internet nie, ek het dit nie nodig nie. Jammer dat jy dit so sien.

Aangaande Waldemar se stuk, great uiteengesit, ek sal seker nooit so 'n pos kan maak nie. My comment het egter reaksie uit gelok, ja seker steeds stout van my. Plomp het egter laat deurskemer, die topic van sy draad is iets wat nogal vir hom belangrik is. Ek weet hy het nie my hulp nodig om dit reg te trek nie, maar ek het. Alhowel Wald se pos uitstekend is, het dit my nog steeds verveel, waar Plomp se oorspronklike idee vir die draad my interesseer.

Dis maar soos dit is Kameraad. Ek sal ook seker in die vervolg steeds poog om 'n meer nie-steriele aanslag uit jou te kry, maar dit sal net wees as ek 'n bietjie die pos vergeet het. So ja, my forum deelnames sal steeds ver van perfek wees uit jou oogpunt, maar dis maar soos dit is. Probeer om dit te werk ok, hier is net plek vir een Kameraad.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 466
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by DieAnderEk » Wed Feb 06, 2019 1:07 pm

As 'n post op Facebook/Reddit/ens. my verveel, scroll ek gewoonlik net verby.
I was an omnipotent being until I accidentally tried to shave with Occam's Razor.
- flagbearer223
http://www.reddit.com/r/fifthworldprobl ... identally/

User avatar
Frikkadel
Posts: 294
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by Frikkadel » Wed Feb 06, 2019 1:47 pm

DieAnderEk wrote:
Wed Feb 06, 2019 1:07 pm
As 'n post op Facebook/Reddit/ens. my verveel, scroll ek gewoonlik net verby.
Nou sorg dat daar meer posse is, ek kan nie tans net verby scroll nie, dan is daar amper niks meer oor nie. :mrgreen:

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 549
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by Kameraad Eksteen » Wed Feb 06, 2019 2:29 pm

Frikkadel wrote:
Wed Feb 06, 2019 12:51 pm
Ek soek geensins validation op die internet nie, ek het dit nie nodig nie. Jammer dat jy dit so sien.
Geluk, jy is die enigste persoon op die internet wat dit nie soek nie.

User avatar
Frikkadel
Posts: 294
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by Frikkadel » Wed Feb 06, 2019 2:34 pm

Kameraad Eksteen wrote:
Wed Feb 06, 2019 2:29 pm
Frikkadel wrote:
Wed Feb 06, 2019 12:51 pm
Ek soek geensins validation op die internet nie, ek het dit nie nodig nie. Jammer dat jy dit so sien.
Geluk, jy is die enigste persoon op die internet wat dit nie soek nie.
Sug! ja ok, whatever!

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 549
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by Kameraad Eksteen » Wed Feb 06, 2019 3:26 pm

Frikkadel wrote:
Wed Feb 06, 2019 2:34 pm

Sug! ja ok, whatever!
Dis nie nou tyd om beskeie te raak nie, hier het jy iets ongeloofliks beet!

User avatar
Frikkadel
Posts: 294
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by Frikkadel » Wed Feb 06, 2019 3:44 pm

Kameraad Eksteen wrote:
Wed Feb 06, 2019 3:26 pm
Frikkadel wrote:
Wed Feb 06, 2019 2:34 pm

Sug! ja ok, whatever!
Dis nie nou tyd om beskeie te raak nie, hier het jy iets ongeloofliks beet!
My pogings om myself te verduidelik weerspreek my denke. Ek kom agter ek doen baie dinge onbewustelik, sal moet werk daaraan. Dankie ne.

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 549
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by Kameraad Eksteen » Wed Feb 06, 2019 4:08 pm

Frikkadel wrote:
Wed Feb 06, 2019 3:44 pm
My pogings om myself te verduidelik weerspreek my denke.

Briljant!


Moet nou net nie dat Plompie die juweel raaklees nie. :lol:

User avatar
Frikkadel
Posts: 294
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by Frikkadel » Wed Feb 06, 2019 5:34 pm

Kameraad, weird dinge gebeur met my die jaar. Ek weet, dis weer persoonlike mambo jumbo, maar whatever.
Ek het 'n besliste plan van dinge wat ek wil verander in my lewe, en ewe skielik van die begin van die jaar, is alles baie meer duidelik vir my. Soos in amper glas helder.

Ek dink ook hier het pas iets by my in gekliek by KK. Ek weet wat 'n plek soos die se waarde vir my persoonlik is, m.b.t. 'n klankbord. Ek weet wat ek hier wil maak, en hoe ek dit wil doen. Ek weet ook presies hoe my gedrag moet wees. Die beswaardes het natuurlik 'n groot rol daarin gespeel. Ongelukkig vir hulle, beteken dit ek gaan bly deelneem, solank dit vir my waarde inhou. As dit soms, al is dit net een keer vir iemand anders van waarde is, great. Nedrig se comment hier iewers, het my om getik. Ek verstaan ook Wil-Weet se punt oor selfsug baie beter, ons moet dit soms hê om te survive. As ek selfsugtig is deur hier te bly deelneem, dan is ek ten minste eerlik daaroor. My lus om te loop was ook eerlik, ek was op die punt om nooit weer die website oop te maak nie. Jirre, alles is weird!

Edit: Sorry, geen meer drade oor demone nie, die irrasionele shit het real geraak. Sal miskien eendag daaroor praat, maar nie nou nie.
Last edited by Frikkadel on Wed Feb 06, 2019 11:15 pm, edited 1 time in total.

Post Reply