"Ope brief" aan Frikkadel

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 588
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by Kameraad Eksteen » Wed Feb 06, 2019 6:08 pm

Frikkadel wrote:
Wed Feb 06, 2019 5:34 pm
m.b.t. 'n klankbord.
Nou maar "go for it". As dit vir jou werk, jy weet klankborde is maar dun gesaai oor die net deesdae, nou het ons meer "echo chambers" orals, wat redelik toksies kan raak.

User avatar
Frikkadel
Posts: 294
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by Frikkadel » Wed Feb 06, 2019 6:15 pm

Kameraad Eksteen wrote:
Wed Feb 06, 2019 6:08 pm
Frikkadel wrote:
Wed Feb 06, 2019 5:34 pm
m.b.t. 'n klankbord.
Nou maar "go for it". As dit vir jou werk, jy weet klankborde is maar dun gesaai oor die net deesdae, nou het ons meer "echo chambers" orals, wat redelik toksies kan raak.
Hehe, ja, KK was nog altyd vir my alles behalwe 'n echo chamber.. As jy bedoel wat ek dink jy bedoel, dat 'n EC 'n plekkie is waar ons mekkaar warm broei, dan nee, beslis nie vir my op KK nie, alles behalwe. Soos in teenpole, en dis hoe ek dit laaik. Warm-poep beteken vir my absoluut niks. Weet nog nie wat dit gaan beteken as 'n klomp mense met my saamstem nie, sal dit hanteer op sy tyd, as dit ooit gebeur. Huidig is dit heel eenvoudig.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 481
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by DieAnderEk » Thu Feb 07, 2019 8:52 am

Kameraad Eksteen wrote:
Wed Feb 06, 2019 4:08 pm
Frikkadel wrote:
Wed Feb 06, 2019 3:44 pm
My pogings om myself te verduidelik weerspreek my denke.

Briljant!


Moet nou net nie dat Plompie die juweel raaklees nie. :lol:
Tyd vir 'n "Kletskerkers se briljantste sêgoed"-draad?
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
Frikkadel
Posts: 294
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by Frikkadel » Thu Feb 07, 2019 12:18 pm

DieAnderEk wrote:
Thu Feb 07, 2019 8:52 am

Tyd vir 'n "Kletskerkers se briljantste sêgoed"-draad?
Nah. :mrgreen: Onthou Kameraad en Waldemar is meesal fyn met hul sarkasme. ;)

User avatar
DieAnderEk
Posts: 481
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by DieAnderEk » Thu Feb 07, 2019 1:10 pm

Die ou "Briljantste sêgoed" het beslis ook 'n hele paar sarkastiese inskrywings gehad, ek sê maar net.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
Frikkadel
Posts: 294
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by Frikkadel » Thu Feb 07, 2019 1:22 pm

DieAnderEk wrote:
Thu Feb 07, 2019 1:10 pm
Die ou "Briljantste sêgoed" het beslis ook 'n hele paar sarkastiese inskrywings gehad, ek sê maar net.
Dis juis hulle wat ek onthou haha.

WeggooiRekening
Posts: 3
Joined: Fri Feb 08, 2019 12:01 pm

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by WeggooiRekening » Fri Feb 08, 2019 12:24 pm

Bietjie "late to the party", maar siende dat alle Frikke feitlik onmiddellik na my ignore-list toe verban word, het ek baie van die drama aanvanklik gemis. Jammer Frikkadel.

Iemand wat nog nooit voorheen van KK gehoor het, totdat ons 'n paar maande gelede daaroor begin gesels het nie, vra my vroeër die week, "Nou hoe kom ek by kletskerk uit? Moet ek 'n invite kry, of iets?"

Nee, sê ek, enige iemand enige plek in die wêreld kan dit lees. Dis net as jy wil skryf, dat jy moet registreer, as jy wil. Hier is die URL.

WhatsApp die volgende dag: "Dis nie waar nie. Ek kan nie na kletskerk kyk nie!!!"

Nadat ons daai confusion uitgesorteer het (veroorsaak deur Google, natuurlik), het ek die volgende dag baie interessante terugvoer gekry, soos gesien vanuit die perspektief van 'n buitestaander. En dit lyk regtig nie goed nie. En, om eerlik te wees, het dit my bietjie laat skaamkry. Ons wat al lank hier is en al vergeet het hoe dit was, kan moontlik 'n les of twee hieruit leer, dink ek.

In kort, kon hierdie persoon nie verstaan waarom ek hoegenaamd enige tyd sou wil afstaan aan KK nie. My "pleidooie" dat dit darem nie altyd so gaan nie, het net-net daarin geslaag om die vriendskap te red, maar ek kon nie anders as om te wonder of ander voornemende deelnemers (veral as hulle KK toevallig raak-surf) nie soortgelyke sentimente ervaar nie. Soos (en ek paraphrase hier):

- Geen substansie nie.

- Jy moet deur soveel stront sif om hier en daar ietsie te lees waaraan die skrywer dalk 10 sekondes se dinktyd spandeer het, voor hy dit gepos het. Ek het nie die tyd of geduld daarvoor nie, sorry.

- Dit lyk soos 'n one-man-show. And not a very pleasant man, btw. Wie is hierdie Frikkadel? Ken jy hom?!

Half in my eer gekrenk, gaan ontban ek toe die Frikke (want ek kon net raai dat dit 'n groot rol moes speel in daardie persepsies) en kon toe dadelik sien hoe skeef die beeld is, relatief tot my ge-filterde view van KK, wat na buite uitgaan oor Kletskerk.

En toe maak ek 'n paar sommetjies om te probeer sien of dit my verbeelding is. En dit blyk nie te wees nie! Ek bedoel, Frikkadel pos amper 5 keer meer as die deelnemer met die hoogste aantal poste tot op datum en amper 6 keer meer as die moderator. Sure dit "bewys" nie Frixen se stellings nie, maar ek dink ek verstaan waar die "aan bewind" en "oorname" gedagtes vandaan kom. Ter illustrasie:

Image
Last edited by WeggooiRekening on Fri Feb 08, 2019 12:42 pm, edited 1 time in total.

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 588
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by Kameraad Eksteen » Fri Feb 08, 2019 12:35 pm

WeggooiRekening wrote:
Fri Feb 08, 2019 12:24 pm
My "pleidooie" dat dit darem nie altyd so gaan nie, het net-net daarin geslaag om die vriendskap te red
Sjoe, ek is bly oor jou vriend, dat die jou nou kon vergewe na dit alles en so. En ons is almal baie jammer oor KK, veral Frik, maar ons kan onsself nie help nie, dis 'n kompulsie. Frik probeer ook vreeslik hard, regtig, maar jy moet verstaan, hy het sy redes.

User avatar
Frikkadel
Posts: 294
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by Frikkadel » Fri Feb 08, 2019 12:48 pm

Ek kan jou nie eers aanspreek op daai forum naam nie, so ek sal jou maar klas as last/late responder.

Natuurlik geen verrassing dat ek die eerste een is om te reageer nie. Edit: Jissie Kameraad!!! My reputasie !

Man ja, daai ou probleempie kom al van dag een af met my deelname hier. Ek wil nie eers meer kyk na my post count nie. Jy kan maar Jesus ook byvoeg as jy wil, en daar is daar nog ander moontlike profiele ook wat ge-wipe is. Dan lyk jou Pie-chart nog erger, seker amper 80%. Sit gou nog so +- 750 post counts by myne vir 'n nuwe chart.

Het jy/julle al ooit dit in konsiderasie geneem, dat ou Frik-Gesig net moontlik lief is vir baie praat op 'n forum, omdat hy nie juis 'n kletskous is in die regte lewe nie. Ek bedoel, my share in gesprekke daarbuite is glad nie ooreenstemmig met jou chart nie, daar is dit normaal(kug)

Sê vir jou maatjie, ons almal werk bitter hard aan die substansie, ek belowe. Maar as ons net wil bollie praat, is dit net so lekker. Daar is nie reëls of KK voorvader geeste wat dit kan en gaan verbied nie. 'n Arrogante stelling, you betcha!

Hoop jy geniet jou KK aftrede 'n hond uit 'n bos uit hoor. As jy wil kom iets verander hier, is daar net een manier, jy weet mos ne.

Bye for now.

User avatar
Frikkadel
Posts: 294
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by Frikkadel » Fri Feb 08, 2019 1:25 pm

Nogal opvallend hoe oud KK lede nie hul ou KK forum name gebruik op hierdie draad nie. Kameraad, jou gewone, sarkastiese, of perverse mening oor dit?

Post Reply