"Ope brief" aan Frikkadel

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
User avatar
Frikkadel
Posts: 294
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by Frikkadel » Fri Feb 08, 2019 1:37 pm

:mrgreen: WeggooiKind, jip, jy verdien daai een.

Ek voel nou so half verplig om daai postcount aan die rol te hou, net sodat julle nie verstik in jul eie persepsies nie.

'n Rede hoekom my postcount altyd hoog is, is omdat ek gesprekke voer hier. Ek maak nie stellings en sit agteroor, en kyk hoe mense met mekaar verskil oor dit nie. Ek neem deel aan GESPREKKE. Ek het Kameraad het al gesprekke gehad op die ou KK, wat vir 50 blasye aangegaan het. Ok, neem nou weg die ander responses, en jy sit nog steeds met sowat 40 BLADSYE oor. Jissie, dit was lekkerrrrr. Kyk, na dit, is byvoorbeeld, iets soos feminisme, iets heeltemal meer, as wat dit was op bladsy een, verseker!

En natuurlik, het ek op die ou KK, bladsy vol baklei met mense soos jy. As ek reg onthou, Ystervark het nogal heelwat kommentaar daaroor gehad daai tyd, het 'ek 1000 posse bereik in iets soos 'n maand! En geëindig met sowat 13 000 op die einde. Dis verskriklik!! Ek hoop iemand daarbo vergewe my daarvoor. Jislaaik, en daar is mos wonderlike ingeboude KK funksies, soos die Foe Ignore, en die gewone ou muis wieletjie ne, om net so lekker verby te scoll. Met my moet jy dit maar stel op so 10 lyne op 'n slag. Wat? Jy nie geweet van daai funksie nie!
/ 11.80 posts per day)
Sal my sokkies moet optrek, dink dit was gemiddeld so 15 per dag op die ou KK. Kon meer gewees het.
Last edited by Frikkadel on Fri Feb 08, 2019 2:21 pm, edited 1 time in total.

User avatar
Frikkadel
Posts: 294
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by Frikkadel » Fri Feb 08, 2019 2:06 pm

Sorry ne, soos Kameraad sê dis kompulsie. Net nog ietsie.

Ek het vir so 'n tyd lank niks gesê op KK nie. En so 'n bietjie ge-FB. My een pel laat toe van hom hoor. Jislaaik, jy wat nooit op FB deelneem nie, vanwaar die ewe skielike verbal diaree." Oopsie! Waars daai KK login nou weer. Na so 10 minute se scroll, kry ek darem toe die een wat ek wou gebruik. (kug)

What can I say, I might be a needy person. :cry:

User avatar
Frikkadel
Posts: 294
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by Frikkadel » Fri Feb 08, 2019 2:15 pm

Laastens(vir die volgende 10 min, belowe)

Frixen laat my dink aan 'n kombinasie tussen bbnet wat leer skryf het, en Rico wat elke dag hier kom bid het.

WeggooiRekening
Posts: 3
Joined: Fri Feb 08, 2019 12:01 pm

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by WeggooiRekening » Fri Feb 08, 2019 2:24 pm

Frikkadel wrote:
Fri Feb 08, 2019 1:25 pm
Nogal opvallend hoe oud KK lede nie hul ou KK forum name gebruik op hierdie draad nie. Kameraad, jou gewone, sarkastiese, of perverse mening oor dit?
Jy hoef nie versterkings in te roep van Kameraad af nie, ek kan sommer self vir jou die antwoord gee.

Die rede waarom ou deelnemers onder nuwe name kom kapsie maak teen jou styl, is juis as gevolg van jou styl, soos Frixen dit baie mooi verwoord het, in my opinie. Daardie ou deelnemers (myself ingesluit) sal dit dalk oorweeg om weer te kom deelneem, maar nie solank hierdie styl Kletskerk definieer nie. En as ons durf registreer en deelneem op ons ou name, volg daar eers 'n witch hunt om te bepaal of ons is wie ons claim om te wees, en eers as dit tot jou bevrediging uitgesorteer is, dan volg al die gepaardgaande ou koeie terugdonner in die sloot in, sodat ons tog net nie moet dink die "ou Frik" (wat almal in die eerste plek weggejaag het) is nog met ons nie.

Dis dieselfde styl wat nuwe deelnemers totentaal afsit van Kletskerk. Granted, op hierdie stelling is my sample size = 1, maar dit maak dit nie ongeldig nie. Ek dink dis belangrik dat die gesprek gevoer moet word.

Jy weet natuurlik dat alle voornemende deelnemers (oud en nuut) eers rooflesers is? Wat nie die "Foe Ignore" opsie het nie?

User avatar
Frikkadel
Posts: 294
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by Frikkadel » Fri Feb 08, 2019 2:39 pm

WeggooiKind wrote:
Fri Feb 08, 2019 2:24 pm
Die rede waarom ou deelnemers onder nuwe name kom kapsie maak teen jou styl, is juis as gevolg van jou styl, soos Frixen dit baie mooi verwoord het, in my opinie. Daardie ou deelnemers (myself ingesluit) sal dit dalk oorweeg om weer te kom deelneem, maar nie solank hierdie styl Kletskerk definieer nie.
Ok goed, laat ons nou ernstig soos grootmense die ding uit redeneer.
Wat presies impliseer jy met my "styl" en hoe "definieer" dit KK? So die een swaeltjie maak toe tog die somer?

WeggooiKind wrote:
Fri Feb 08, 2019 2:24 pm
En as ons durf registreer en deelneem op ons ou name, volg daar eers 'n witch hunt om te bepaal of ons is wie ons claim om te wees,
Dit kan jy regtig nie voor my deur gooi nie. Gaan soek die trolle wat dit veroorsaak het op die nuwe KK. Ek was my hande in onskuld.
Ons dink ons praat met Saad, toe kom daar nog 'n Saad en nog een. Voorstelle hoe ons dit gaan bekamp sal verwelkom word.
WeggooiKind wrote:
Fri Feb 08, 2019 2:24 pm
en eers as dit tot jou bevrediging uitgesorteer is, dan volg al die gepaardgaande ou koeie terugdonner in die sloot in, sodat ons tog net nie moet dink die "ou Frik" (wat almal in die eerste plek weggejaag het) is nog met ons nie.
So ek word skuldig gehou en was die enigste een wat oor die trolle met ou KK name 'n probleem gehad het? Verder meer, ek het my les geleer om soos JULLE dit sien, persoonlike shit uit te snuffel. Dit was uitsluitlik om my gespreksgenoot beter te verstaan, en ook dit wat hy of sy sê, in perspektief te sien. Ou Koeie pla my in die minste, maar dit pla julle duidelik een moerse hou. Jammer ne, dis dis die waarheid.
WeggooiKind wrote:
Fri Feb 08, 2019 2:24 pm
Ek dink dis belangrik dat die gesprek gevoer moet word.
Ek probeer my bes.
WeggooiKind wrote:
Fri Feb 08, 2019 2:24 pm
Jy weet natuurlik dat alle voornemende deelnemers (oud en nuut) eers rooflesers is? Wat nie die "Foe Ignore" opsie het nie?
Ja, maar almal het muise, en op tablets is dit nog makliker. Moet my nou nie op 'n gebied aanvat waar jy nie gaan wen nie. Grappetjie ne.

Edit:
Bietjie "late to the party", maar siende dat alle Frikke feitlik onmiddellik na my ignore-list toe verban word, het ek baie van die drama aanvanklik gemis. Jammer Frikkadel.
Wat beteken jy is hier onder 'n ander naam hier geregistreer, anders as die een wat jy nou gebruik. Jy het alles gemis( ja right) omdat ek op jou ignore lysie is. Toemaar, ek stel nie belang om die huidige lede lysie te scan en te wonder wie jy regtig is nie. Maar ek weet jy praat bollie. Niemand lees KK terwyl hul heeltyd ingelog is nie, en as jy nie ingelog is nie, werk die ignore lysie ook nie.
Last edited by Frikkadel on Fri Feb 08, 2019 6:01 pm, edited 2 times in total.

User avatar
Frikkadel
Posts: 294
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by Frikkadel » Fri Feb 08, 2019 2:54 pm

Daardie ou deelnemers (myself ingesluit) sal dit dalk oorweeg om weer te kom deelneem
Raait, so hoe moet ek nou hierdie verstaan? Is daar 'n anti-Frik groep in die lewe geroep? Is jy en Frixen hul spokesman? Hoeveel oud deelnemers wil graag terug kom, as daar nie 'n Frik is wat met sy styl die plek oorheers/oordonder nie?
En dit sal een moerse guns wees, en sommer om seker te maak jy bullshit nie, wat is hul ou forum name, joune ingesluit? Ek meen, wat kan ek nou met daai inligting doen, wat julle brose sieletjies gaan skade berokken?

Ek sou nooit kon raai......toemaar, laat ek liewer my mondjie styf toe hou. Gewese aasvoëls is ook toe net mense afterall.

User avatar
Frikkadel
Posts: 294
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by Frikkadel » Fri Feb 08, 2019 5:21 pm

Nog so 'n laaste gedagte vir die dag, voor ek by my "kerkdiens" van die dag uitkom.

Ek gaan julle oud beswaarde KK deelnemers dieselfde raad gee, wat my uiterste goeie klankbord bru my gegee het.

Kry julle koppe uit julle holle uit, en hou op sanik! Kom neem deel, of bly weg. Kom haal my af van KK, of los my.

Maar moenie julle probleme myne maak nie.

Met dit gesê sal ek dit waardeer as jy vorige posse volledig beantwoord, want ek het ook vrae. Ek verstaan nie lekker alles nie.

Jy is die tweede een wat aan die deur kom klop, ek gaan wraggies nie by die derde een in detail al jul besware sit en ontleed en beantwoord nie. So make this one count.

User avatar
Frikkadel
Posts: 294
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by Frikkadel » Sat Feb 09, 2019 12:08 pm

Ek raak alweer ongeduldig omdat dinge sloer op die draad. Dit is maar ongelukkig my natuur.
As dit nie 'n vinnige einde bereik nie, dan gaan ek dit maar afskryf en noord kyk.
Ek is teen die tyd super gatvol vir al die bespreking rondom my. Ek wil net graag aan drade deelneem. En nie weer aan een soos die die nie, daarvan was daar al te veel.

Ek gaan al my forum maniertjies wat ek ek hier geleer het laat vaar, en die wat ek self verantwoordelik was ook. Ek gaan net so naby aan moontlik wees as wat die persoon agter die skuilnaam is. Jip, ek het al te veel forum baadjies aangetrek, en nou kry ek warm. Ja Kameraad, jy kan dit sien as nog 'n kop in die hol benadering. Ek wil net die score settle en klaar kry.

Van nou af is ek daai eenvoudige bleskop dikgat rokende ou soos my avatar dit voorstel. Niemand of niks anders nie.

Of julle dit nou so aanvaar of nie, ek gaan regtig nie my kop daaroor breek nie. Of KK voortgaan of nie, is nie my verantwoordelikheid of bekommernis nie. En hoe dit voortgaan nog minder. Van nou af is my deelname freelance. As julle nou lank genoeg gedink het, en oor 'n maand weer hierdie draad optel, sal ek julle antwoord, maar dit sal die laaste keer wees. Ek gaan nie aanhou karring hier nie, my eerste besluit sou steeds die beste gewees het, om niks hier te sê nie.

plompie
Posts: 353
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by plompie » Sat Feb 09, 2019 1:30 pm

Ai, Frik. Wag laat ek raai ... Jy het toe nie met iemand gesels nie? ;)

User avatar
Frikkadel
Posts: 294
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by Frikkadel » Sat Feb 09, 2019 1:33 pm

plompie wrote:
Sat Feb 09, 2019 1:30 pm
Ai, Frik. Wag laat ek raai ... Jy het toe nie met iemand gesels nie? ;)
Nee Plompie, net met jou.

Post Reply