"Ope brief" aan Frikkadel

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 588
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by Kameraad Eksteen » Sat Feb 09, 2019 2:43 pm

Ek dink wat ons nodig het is 'n nuwe draad met die naam "Die Ware Frik", en dan volg ons hom op met "Die Nuwe Frik" en selfs "Frik Gesels", "Frik se Kletshoekie", "Frik en die Dywel" en sommer nog 'n spul "... vir Frik" drade.

Ek sal 'n bietjie dink wat ons in daai drade kan sit.

Wat van "Frik se Boekresensies"? Dit beloof 'n lekker een te wees. Ons kan dalk begin met Five Escape Brexit Island van Enid Blyton?

User avatar
Frikkadel
Posts: 294
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by Frikkadel » Sat Feb 09, 2019 3:34 pm

Ek stel nogal belang in Brexit. Ek het skoonfamilie daar wat met dieselfde strooi begin sit soos daai tyd met ons toe die mense begin blikkieskos opgaar het.
Maar jou boekie het natuurlik niks met Brexit uit te waai nie.
Ek sal weer in die .....sop wees oor daai boek se resensie. :D

Moet tog ook nie Frik se braai-tips vergeet nie.

PS: Ek wil ook tog net onder die beswaarde oud lede se aandag bring, dat Kameraad Eksteen se postcount van 2.25 posts per dag, ook heelwat meer is as die moderator s'n teen 1.75 posts per dag. Julle moet tog nie hierdie sluimerende moontlik dominerende lid van die forum mis kyk nie. As ek weg is, is hy moontlik julle grootste probleem. Kyk die moderator moet altyd die meeste pos, dis mos darem KK tradisie, en alles moet weer dieselfde wees voor die Frik dominansie.

frixen
Posts: 6
Joined: Sun Nov 18, 2018 8:02 am

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by frixen » Fri Feb 22, 2019 8:16 pm

Kameraad Eksteen wrote:
Sat Feb 09, 2019 2:43 pm

Ek sal 'n bietjie dink wat ons in daai drade kan sit.
En sy nuutste treffer: "Die Frik wat nooit was nie." Sy nie-so-subtiele pogings om te verhoed dat die ou KK perdalks weer online kom.

User avatar
Frikkadel
Posts: 294
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by Frikkadel » Fri Feb 22, 2019 11:22 pm

frixen wrote:
Fri Feb 22, 2019 8:16 pm
Kameraad Eksteen wrote:
Sat Feb 09, 2019 2:43 pm

Ek sal 'n bietjie dink wat ons in daai drade kan sit.
En sy nuutste treffer: "Die Frik wat nooit was nie." Sy nie-so-subtiele pogings om te verhoed dat die ou KK perdalks weer online kom.
Die ou KK waarna jy verlang, sal nooit weer wees terwyl ek hier is nie, hoe gouer jy dit aanvaar, hoe beter vir jou. Nie subtiel, genoeg? Die argiewe is 'n ander saak, dit sal verwelkom word.

Andre
Posts: 1
Joined: Mon Jun 10, 2019 3:11 pm

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by Andre » Mon Jun 10, 2019 3:18 pm

Snaaks hoe mens vir die beste deel van 10 jaar nie op 'n forum is nie en tog is dieselfde ou skermunkels nog al die pad besig met dieselfde ou dramas. Dankie vir die nostalgie Frik!

Sem
Posts: 1
Joined: Fri Jun 14, 2019 12:34 am

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by Sem » Sun Jun 16, 2019 11:05 pm

Ek loer vir die 1ste keer in jare weer in en al wat ek kan dink is "The more things change, the more they stay the same"

Die persoon wat die onderwerp begin het was spot on.

Ek het amper opgewonde geraak toe ek die nuwe KK sien, maar toe bederf Frik se inskrywings dit. Darem lyk dit of Saad gefokof het.

User avatar
Frikkadel
Posts: 294
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by Frikkadel » Fri Feb 14, 2020 1:29 am

frixen wrote:
Fri Feb 22, 2019 8:16 pm
Kameraad Eksteen wrote:
Sat Feb 09, 2019 2:43 pm

Ek sal 'n bietjie dink wat ons in daai drade kan sit.
En sy nuutste treffer: "Die Frik wat nooit was nie." Sy nie-so-subtiele pogings om te verhoed dat die ou KK perdalks weer online kom.
Gots, een jaar later en die beloofde terugtog na KK-aan het nog nie plaas gevind nie. Frixen, jy was toe maar net 'n aandag soekende doos. Fokken useluse klomp oud lede. KK gaan nog net tot Oktober bestaan, better hurry up as hierdie ou vuisvoos phoenix nog moet rise from the ashes.

Jirre tog, sluit tog nou die ou donnerse plek en kry klaar, sodat ek soos beloof, many moons ago, die deur agter my kan toetrek.

Gideon, jammer oor jou joppie, Plompie, ek hoop die knieg is al beter, en antie Vix, jy skryf so mooi verstaanbaar, tot Plompie verstaan jou. Nederig, fok jou haha. Al wat ek kon dink om vir jou te sê, want ek het dit nooit vir jou gesê nie. Kameraad, steek solank die molotov cocktail aan, en brand die ou donnerse websaaitjie af.

Gaan in vrede broers en suster.

User avatar
vixen
Posts: 401
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by vixen » Fri Feb 14, 2020 3:11 pm

Frikkadel wrote:
Fri Feb 14, 2020 1:29 am

Ja wel, ek het nie gedink jou ego is so kleinserig om kop uit te trek voor 'n "klomp useluse"(?) oud lede (?) nie. Kyk net hoe het jou spelling verswak omdat jy nie meer hier is nie. Plaas gevind = plaasgevind.

User avatar
Frikkadel
Posts: 294
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by Frikkadel » Sat Feb 15, 2020 1:50 pm

Aag Antie, my spellcheck en joune verskil seker maar. So what? :lol:

Ai jirre, wanneer het ek my ooit aan egos gesteur? Ek het nie eers so iets nie.

Soms, laat in die nag, as ek op my eie forum besig is, onthou ek KK, en kom kyk of julle nog skop. Nou die nag sit en wag ek weer vir iets om te install, en blaai deur die ou drade, toe sien ek weer die een, en lees dit uit verveeldheid uit, en om wakker te bly. Daarom die pos hier. Geen ander rede nie, is jy nou heppie? Is my spelling korrek?

User avatar
vixen
Posts: 401
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: "Ope brief" aan Frikkadel

Post by vixen » Sat Feb 15, 2020 3:10 pm

Frikkadel wrote:
Sat Feb 15, 2020 1:50 pm
Is my spelling korrek?
Ek weet net as dit nie korrek is nie.

Post Reply