Eishkom

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
Post Reply
User avatar
DieAnderEk
Posts: 495
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Eishkom

Post by DieAnderEk » Tue Feb 12, 2019 12:51 pm

Iemand op Facebook post hierdie.
"This morning we have unexpectedly lost six additional generating units." – Eskom. I have unexpectedly lost many things over the years – car keys, sanity, virginity etc. But never anything as big as a generating unit. If you do spot one of them, please notify Eskom." - Trashh Potado
Soos ek verstaan is dit 'n domino-effek, as die een eenheid gaan dan is daar groter druk op die res van die grid. Maar dis tog seker nie iets wat moes gebeur het nie. Daar is baie praatjies van sabotasie, gegewe die tydsberekening van SONA, verkiesing, ens. Nou sit die publiek met die (on)gebakte pere. Ek dink wel meeste mense stem saam dat grootskaalse korrupsie en onbevoegdheid 'n rol speel. Ons weet Eskom kan lankal nie meer hulle enorme skuld delg nie. Is dit maar "more of the same"? En of hierdie geval nou sabotasie is of nie, is dit nie skrikwekkend dat die land so maklik gesaboteer kan word nie?
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

Lachdanan
Posts: 30
Joined: Wed Oct 03, 2018 8:46 pm

Re: Eishkom

Post by Lachdanan » Tue Feb 12, 2019 1:10 pm

Dit is ongelooflik toevallig dat ou Cyril aankondig dat hulle nou gaan doen wat in die 1996 "white paper" reeds voorgestel is, die vakbonde die volgende dag aankondig "we will meet you in the streets" en 4 dae later is daar so baie "unplanned outages" dat Eskom vir die eerste keer sedert 2013 4000 mW moet sny - sommer so ewe skielik, oornag, uit die bloute uit.

My swaer was a junior (pas uit Varsity) elektriese ingenieur by Eskom en het op 23 so R330 000/jaar meer verdien as ek wat toe reeds 15 jaar in die arbeidsmark was en a relatiewe mid-senior pos in a korporatiewe telekommunikasiemaatskappy beklee het. Ek sien die gemiddelde Eskom salaris is R600 000/jaar - dis die gemiddeld van almal op die "payroll" - daai is skrikwekkend!

Ek is redelik seker, sonder om alarmisties te wees, dat dit net a kwessie van tyd is voor iemand die verkeerde knoppie druk en die hele besigheid sy gat sien en dan is daar so a paar weke van duisternis voordat hulle dit weer kan "sync" en die duisternis verby is. Eks redelik seker die Suidlanders gaar blikkieskos op vir so a geleentheid... nie seker dat ek hulle hierdie keer kan uitlag en fouteer nie.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 495
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Eishkom

Post by DieAnderEk » Tue Feb 12, 2019 1:39 pm

Ja die salarisse vir daai top ouens speel beslis 'n groot rol in hulle finansiële probleme. Ek dink ook blikkieskos is actually nie 'n slegte idee nie, en ek is gewoonlik nie een van daai ouens wat laer trek nie. Dit sal seker weer regkom, maar mens weet nooit. PS Blikkieskos hou net 'n paar jaar, so gooi maar daai '94-blikkies weg :mrgreen:
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
Kameraad Eksteen
Posts: 590
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:44 pm

Re: Eishkom

Post by Kameraad Eksteen » Tue Feb 12, 2019 2:05 pm

Kom ek los die een sommer hier... weer!

https://www.youtube.com/watch?v=p3MiH1aLqHs

User avatar
DieAnderEk
Posts: 495
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Eishkom

Post by DieAnderEk » Tue Feb 12, 2019 2:22 pm

Haha. Dink ons moet daai ou draad vir toebies weer begin.
Make no mistake about it – enlightenment is a destructive process. It has nothing to do with becoming better or being happier. Enlightenment is the crumbling away of untruth. It’s seeing through the facade of pretense. It’s the complete eradication of everything we imagined to be true.
— Adyashanti

User avatar
Frikkadel
Posts: 296
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: Eishkom

Post by Frikkadel » Tue Feb 12, 2019 8:24 pm

Hoe spel mens sug sodat julle daai moerse lang een kan hoor?

Moes 18:00 afgegaan het, is nou 20:00 af. Stink kragopwekkertjie loop. Een pc, een laptop wat nog moet klaar vanaand en een LED loop darem fine, maar ek sien daai dips, en my hol knyp.

plompie
Posts: 409
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Eishkom

Post by plompie » Tue Feb 12, 2019 8:54 pm

Hmm hier ook. Behalwe, ek het eers agtergekom toe ek die yskas oopmaak en die liggie brand nie ...

User avatar
Frikkadel
Posts: 296
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: Eishkom

Post by Frikkadel » Tue Feb 12, 2019 9:42 pm

Ek weet nie eers waar my yskas is nie.

User avatar
vixen
Posts: 409
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Eishkom

Post by vixen » Wed Feb 13, 2019 8:20 am

Julle kla oor elektrisiteit? Ek glo nie die ouens wat vroeg huistoe gaan kla daaroor nie. Gister het ek lekker my motor se toeter gebruik vir die wat nie weet wat om te doen as die verkeersligte nie werk nie.

User avatar
Frikkadel
Posts: 296
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: Eishkom

Post by Frikkadel » Wed Feb 13, 2019 6:35 pm

vixen wrote:
Wed Feb 13, 2019 8:20 am
Julle kla oor elektrisiteit? Ek glo nie die ouens wat vroeg huistoe gaan kla daaroor nie. Gister het ek lekker my motor se toeter gebruik vir die wat nie weet wat om te doen as die verkeersligte nie werk nie.
Hier by my vloei die verkeer beter as die krag af is by die verkeersligte(mooi woordjie, was altyd robotte, maar net in SA) Maar my dorp dink soos ek aan oplossings(kug) Hulle het battery by die Verkeersligte installeer, so al het ons nie krag nie, werk die robots nog steeds.

Kyk, ek raak so moerig in spitsverkeer as die speedcops dink hulle moet die verkeer beheer by die robots. Hulle neuk net alles op. :arrow:

Post Reply