Eishkom

Hier word robuuste debat gevoer oor enige onderwerp met die minimum moderering. Deelnemers wissel van gelowig tot ateïs, van Christen tot Moslem, spiritueel en alles tussenin. Hier word jou oortuigings onder die loep geneem en getoets.
User avatar
Frikkadel
Posts: 294
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: Eishkom

Post by Frikkadel » Wed Mar 20, 2019 8:31 pm

Al wat ek kan doen is om in die nag die werk in te haal Dae.

plompie
Posts: 385
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Eishkom

Post by plompie » Thu Mar 21, 2019 7:48 am

Ek is nou in Welkom vir 'n paar dae. Het "Google Maps" GPS verloor op my cell vir maklik 2 uur BFN enroute Welkom. Lyk my die loadshedding affekteer dit ook.

Anyhow: As stages 5 en hoër inskop gaan mens probleme begin kry met inverter gebaseerde backup systems: Die batterye kry nie genoeg kans om te herlaai nie; dus die batterye verloor al hoe meer kapasiteit. Jy's miskien op 90% kapasiteit dan skop die tweede loadshedding event in, wat jou laat op 70%; maar jy herstel net tot 80% ens ens ... goeie resep om jou batterye vinnig op te fok.

So dalk tog tyd om te kyk na 'n generator.

User avatar
DieAnderEk
Posts: 474
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Eishkom

Post by DieAnderEk » Thu Mar 21, 2019 6:50 pm

Dis presies wat nou besig is om met my ouers se alarmsisteem te gebeur. Blykbaar maak dit ook dat dit die sekuriteitsmaatskappy onbedoeld laat weet dat hulle moet kom kyk as dit aan is, of iets. Mense raak al bang hulle yskaste pak op, ens. Ek vermoed daar gaan vanaf fase 5 groot kak kom.
I was an omnipotent being until I accidentally tried to shave with Occam's Razor.
- flagbearer223
http://www.reddit.com/r/fifthworldprobl ... identally/

User avatar
Frikkadel
Posts: 294
Joined: Tue Jan 29, 2019 10:35 am
Location: Ek is hier, is jy blind?

Re: Eishkom

Post by Frikkadel » Fri Mar 22, 2019 12:03 am

plompie wrote:
Thu Mar 21, 2019 7:48 am

So dalk tog tyd om te kyk na 'n generator.
Aaag fok!. Ek wil nou na inverter gekyk het.

My alarm se battery het heeldag gehou voor fase 4. Nou haal dit nie 2.5 uur nie. Jirre, ek is al so gatvol vir Eishkom se kak.

plompie
Posts: 385
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Eishkom

Post by plompie » Fri Mar 22, 2019 5:26 am

Ja swaer. Gelukkig het Ramaphosa plegtig belowe die eskom krisis sal verby gaan. :roll:
Hy't egter nagelaat om by te voeg wanneer en deur wie dit opgelos sal word.

Of: Deur wie dit veroorsaak was, en vir hoe lank die "oplossing" gaan hou, for that matter.

plompie
Posts: 385
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Eishkom

Post by plompie » Tue Dec 10, 2019 6:03 am

DAE wrote:Ek vermoed daar gaan vanaf fase 5 groot kak kom.
Profetiese woorde ... :x
Ek het 3 inverter/deep cycle battery sisteme vir x2 hek-; lig- en comms stelsels plus vir my huis.
Gelukkig is al drie darem redelik "overspecced" - die kleinste, vir een van die hekstelsels, bestaan het 'n 3Kva Axpert inverter met 2x 100aH deepcycle batterye - beslis genoeg tot en met fase 4 probleme.
Maar met gereelde fase 5 en 6 sal die batterye straks nie genoeg tyd kry om te herstel nie ... beslis sal hulle kapasiteit vinniger daal.

Een van my kliënte het so paar jaar terug nog 'n privaatskool gebou - effens buite die stad waar daar geen Eskom-stelsels was nie. Ontwikkelaars sal weet dat munisipaliteite (ens) lank nie meer geld investeer in infrastruktuur nie ... JY moet daarvoor betaal; maar hulle charge jou nog steeds asof dit hulle belegging is. Tóé (2015) was die kwotasie vir Eskom krag sowel as Solar fully off-grid rondom R1M. Natuurlik het die skool Solar gegaan, alhoewel ek glo hulle het op die ou end nader aan R1.3M gespandeer.

Dit raak dalk tyd om maar ook tot hierdie stap oor te gaan en ten volle off-grid te gaan. Ek meen, ek hou alreeds (bv) self die munisipale gras, straat/eiland voor my eiendom in stand want die munisipaliteit doen dit nie, of te min. So dit kos my dubbeld. Maar dit help nie om kwaad te word nie - ek kan f@kkol daaraan doen nie moet dit maar net aanvaar.

Maar ek is in twee hieroor. Want met al hoe minder mense wat Eskom se krag gebruik, verlaag hulle inkomste, en die geld moet iewers vandaan verhaal word. So ons gaan maar net k@k en betaal - of jy nou in die Transvaal is of nie! Indirekte belasting kan jy nie ontduik nie, maar ek is ook bekommerd oor die direkte belasting: Reeds is daar bv sprake dat munisipaliteite die kostes van krag wil sny; maar 'n basiese fooi hef vir die infrastruktuur. So al gebruik jy geen krag nie, sal jy dan nog steeds hierdie heffing moet betaal. Sal seker iets soos "beskikbaarheid van elektrisiteit" genoem word. Hulle kan maklik besluit op 'n heffing van (sê) R650/maand; en die kragkoste aanvanklik te verlaag met 20%. Dus ek/jy, poeph@l, betaal nog steeds om die korrupsie in stand te hou ... terwyl Eskom minder en minder elektrisiteit hoef te voorsien.

Die munisipaliteit sit dalk tóg elektriseit in - dis nou vir die squatterskamp langs die skool. Miskien sal die skool nie beskikbaarheidsfooie betaal nie? Maar ek en jy wat huise besit waar die infrastruktuur reeds in plek was gaan tog nie wegkom hiervan nie?

User avatar
DieAnderEk
Posts: 474
Joined: Fri Aug 24, 2018 2:17 pm

Re: Eishkom

Post by DieAnderEk » Tue Dec 10, 2019 5:57 pm

plompie wrote:
Tue Dec 10, 2019 6:03 am
Profetiese woorde ... :x
Ek het só gehoop ek was verkeerd.
plompie wrote:
Tue Dec 10, 2019 6:03 am
Ek het 3 inverter/deep cycle battery sisteme vir x2 hek-; lig- en comms stelsels plus vir my huis.
Gelukkig is al drie darem redelik "overspecced" - die kleinste, vir een van die hekstelsels, bestaan het 'n 3Kva Axpert inverter met 2x 100aH deepcycle batterye - beslis genoeg tot en met fase 4 probleme.
Maar met gereelde fase 5 en 6 sal die batterye straks nie genoeg tyd kry om te herstel nie ... beslis sal hulle kapasiteit vinniger daal.
Min of meer dieselfde gebeur met my ouers, met spesifieke verwysings na hulle alarmstelsel, wat nou nie meer gou genoeg kan laai nie. Dit gebeur al met fase 4. Ek is bietjie bekommerd oor hulle veiligheid, maar hulle het darem sekuriteit wat om die draai is.
plompie wrote:
Tue Dec 10, 2019 6:03 am
Dit raak dalk tyd om maar ook tot hierdie stap oor te gaan en ten volle off-grid te gaan.
Soos ek verstaan is solar maar 'n duur belegging en tensy jy full anarchist wil gaan is daar nie vreeslik baie opsies as jou inkomste redelik laag is nie. Mens kan darem gas vir sommige goed gebruik maar ek wil graag weet hoe kostes sal vergelyk.
plompie wrote:
Tue Dec 10, 2019 6:03 am
So ons gaan maar net k@k en betaal
Waarskynlik.
plompie wrote:
Tue Dec 10, 2019 6:03 am
Dus ek/jy, poeph@l, betaal nog steeds om die korrupsie in stand te hou ... terwyl Eskom minder en minder elektrisiteit hoef te voorsien.
Dit klink presies na die tipe plan waarmee hulle vorendag sal kom.
plompie wrote:
Tue Dec 10, 2019 6:03 am
Die munisipaliteit sit dalk tóg elektriseit in - dis nou vir die squatterskamp langs die skool. Miskien sal die skool nie beskikbaarheidsfooie betaal nie? Maar ek en jy wat huise besit waar die infrastruktuur reeds in plek was gaan tog nie wegkom hiervan nie?
En daar beskryf jy die Soweto-probleem, waar 'n beduidende persentasie van Eskom se output gratis gebruik, en dit sal so bly want hulle stem ANC.

Ramaphosa het mos nou wel planne om Eskom te herstruktureer, maar dit ontvang natuurlik groot weerstand van die vakbonde. Ek dink Eskom net soos SAL is gefok en die tyd is om die draai waar daar iets dramaties sal moét gebeur.
I was an omnipotent being until I accidentally tried to shave with Occam's Razor.
- flagbearer223
http://www.reddit.com/r/fifthworldprobl ... identally/

User avatar
vixen
Posts: 398
Joined: Wed Sep 05, 2018 10:57 am
Location: In the middle of my bubble of my own perception

Re: Eishkom

Post by vixen » Tue Dec 10, 2019 6:32 pm

plompie wrote:Ek het 3 inverter/deep cycle battery sisteme vir x2 hek-; lig- en comms stelsels plus vir my huis.
Gister het my buurvrou van oorkant die pad vir my gesê dit is tyd dat ons 'n kragopwekker kry. Sy weet net hoe irriteer hare my nie...erger as die koffie gadget. Gelukkig het ek 'n tweebeen-hekoopmaker en gebruik ek selde my eie twee bene om die hek doeeer te gaan oop- en toemaak. En gas hou die pot aan die kook.

My dogter se 7K selfoon het vamiddag 'n dip in die swembad gevang. Sy verstaan nou waarom ons nooit fancy goed gehad het toe sy klein was nie.

plompie
Posts: 385
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Eishkom

Post by plompie » Thu Jun 11, 2020 9:07 pm

Nou ja waar was ons laas? O Eishkom.

Ek was redelik afgep!$ toe ek onlangs 6 ure sonder krag was en my inverter backup sisteem slegs 5 ure daarvan kon hanteer.
O.K. daar is (ek besef nou) 'n onnodige 2Kva online UPS wat óók deur my 2x200Ah's gedryf moet word - en verseker gaan ek die UPS uithaal MAAR steeds ... too close for comfort. So nou kyk ek weer na Solar.

plompie
Posts: 385
Joined: Sat Aug 25, 2018 6:28 am

Re: Eishkom

Post by plompie » Fri Jun 12, 2020 5:41 am

Ek het nog altyd gevoel Solar is:-
* finansieël nie regverdigbaar nie;
* VERAL nie totaal "off-grid" nie [weens die addisionele generator- en batterykostes]

Maar, duidelik is my 2x 200Ah's onvoldoende vir sommige kragonderbrekings (Munisipaliteite is dikwels stadig/onbekwaam om gereelde onderhoud uit te voer; en breekskades e.g. transformers wat opblaas te herstel). So duidelik is batterye op sy eie onvoldoende; iets is nodig om aan te vul. Ek voel nie 'n Generator is vir my 'n aanvaarbare oplossing nie; dus - proses van eliminasie en Solar is maar al wat oorbly.

Nou wéét ek dat ek nooit (in my leeftyd) die geld sal herwin met besparings nie BEHALWE as mens uit 'n ander oogpunt daarna kyk (wat ek nou doen). Die redenasie is:-
* Solar moet my "daytime battery" word - maw die rugsteun op minstens my kritiese komponente gedurende sonskyn. Sodoende kan my batterye (waarop ek sal verbeter - verdubbel) voldoende wees vir saans.
* Noudat ek in elk geval bogenoemde kostes (waarskynlik) sal aangaan, kan ek netsowel (sê) R30K ekstra op 'n groter, beter inverter spandeer; sowel as (sê) R30K ekstra op solar panele sodat ek sodoende ALLES gedurende sonskyn van die stelsel af kan dryf. Hierdie R60K glo ek behoort ek binne 5 jaar of minder te herwin uit besparings.

Het reeds begin voelers uitsteek na kwotasies / kostes; en besig om verder na te vors. Dusver is dit redelik duidelik dat ek kan verwag om tussen R35K en R100K te betaal vir 'n ordentlike (hybrid) inverter alleen.

Edit:- Ek skryf hieroor want dikwels het forumlede ervaring, kennis/raad wat waardevol kan wees, en/of sienings wat kan help met perspektief.

Post Reply